Dankie Stoffel vir jou lekker terugvoering en foto's van julle afgelope kamp by Weesgerus!
KLIEK ASB HIER ONDER OM DIE ARTIKEL TE LEES:
Dankie vir die deel Stoffel,…
Dankie vir die deel Stoffel, Weesgetus bly 'n wenner.
Gryswater, as jy nog nie daar gekamp het nie, mis jy 'n baie lekker oord.
Ai Stoffel, hoop jou sleep…
Ai Stoffel, hoop jou sleep voertuig se bedrading word gou uit gesorteer. Dit is senutergend om so te ry en jy weet die ander pad verbruikers kan nie jou seine sien nie.
Johann, het dit gister terug…
Johann, het dit gister terug gevat maar hulle kon dit nie regkry nie. Het toe gistermiddag self by die huis gekyk. Het dit toe reggekry. Dit was 'n inlyn "fuse" wat geblaas het. Die sypaneel moet verwyder word om dit te vervang. Het dit sommer verander en om dit nou te vervang is baie maklik
Daar is dit nou, nou weet jy…
Daar is dit nou, nou weet jy dit is vir jou gerieflik in die toekoms, sou iets weer verkeerd gaan.?
Lekke Dusty
Stoffel dankie vir deel puik my beurt sal kom om ook daar te kamp soveel om te doen in 2018
Dankie vir die deel, Dusty. …
Dankie vir die deel, Dusty. Wanneer is die volgende kamp?
Freda op die oomblik kamp…
Freda op die oomblik kamp ons so twee keer per jaar. My vrou kry net 2 weke verlof per jaar. Naweke is moeilik want sy werk tot 18:00 in die aand. As sy eers half sewe op 'n Vrydagaand by die huis kom dan is dit te laat om iewers te gaan kamp
Weesgerus…
Weesgerus
Hier is n foto van toe die wyfie en ek laas by weesgerus was. Dit is nog die mooiste onderdak warmwater swembad wat ek ooit gesien het en ervaar het.
Gesie,nou is daai foto net…
Gesie,nou is daai foto net so onsigbaar soos jy!?
O toemaar, daar is hy ou…
O toemaar, daar is hy nou sigbaar.
Weesgerus is 'n puik oord, ek hou natuurlik baie van sirkels 3,4 en 5.
Finger problems gehad, wou…
Finger problems gehad, wou die prentjie reg omdraai, LOL
Aai die wyfie was so mooi…
Aai die wyfie was so mooi daai aand, LOL

Ek verbeel my dan op hulle…
Ek verbeel my dan op hulle laaste mail het hulle gesê hulle het nie onderdak warem swembad nie ?
Oom Wilsur, is reg, toe ons…
Oom Wilsur, is reg, toe ons laaste keer daar was. was daar n notabord wat gese het dat dit toegemaak word vir etlike maande want hulle wil renovasie doen. Weet nie of dit nou klaar is en hoe dit nou lyk,en of weer oopgemaak is.
Groete
Wel, ek het gevra vir die…
Wel, ek het gevra vir die Julie skool vakansie.
Toe kry ek goedkoop prys by Buffelspoort.
Dit sal vir my regtig n…
Dit sal vir my regtig n verlies wees as hul so besluit het om toe te maak, die warm water gedeelte, dit was vir my die magic van weesgerus., Miskien kan mens so bietjie verstaan, daai warm water swembad was ssos n multy story building waar die een swembad afvloei na die ander, alles onder n hoe grasdak. Die onderhoud moes baie hoog wees dink ek.
Dis jammer
Ek wil n naweek gou wegbteek innie winter so warm swembad maak dit net lekke sal jammer wees as dit gebeur
Toe ons verlede jaar daar…
Toe ons verlede jaar daar was was dit in werking gewees. Jy koop net kaartjies in die kantien. Dink dit is R10.00 per persoon per dag






Stoffel - Weesgerus
Ek moet defnitief nog hier 'n draai gaan maak.