Olifants River Lodge Hiermee my persoonlike ervaring/terugvoering van onlangse besoek aan Olifants River Lodge. Die naaste dorp is Middelburg, Mpumulanga wat ongeveer 20km ver is. Olifants Riverlodge vorm eintlik deel van n klein dorp wat om hom is, genaamd Presidentsrus. Die besprekings proses het vlot verloop, ek het direk met kantoor geskakel, maar daar is ook n aanlyn opsie waar jy direk kan bespreek en betaal. Die toegangsroete is die laaste 5-6km grondpad. Vir ons met padkaravaan was dit glad nie n problem nie aangesien pad baie onlangs geskraap was. Ek het al egter ander terugvoer gehoor waar die grondpad gedeelte egter n groter uitdaging was waar dit nie onlangs geskraap was nie, so toestande gaan verskil. By aankoms is ons vriendelik ontvang. Toegangsbeheer word gedoen deur n sekuriteits man wat hefboom hanteer. Tydens inboek kry jy n permit met datum op tot wanneer jy bly, dit moet jy vir sekuriteits beampte wys om in en uit oord te gaan. Die kampeer area is werklik op die mooiste gedeelte van oord….al langs die Olifants rivier. Die staanplekke is basies 95% gras staanplekke waar gras baie netjies versorg en gesny was tydens ons verblyf….selfs om die bome en paadjies was netjies afgewerk met kantsnyer. Die staanplekke is glad nie afgemerk nie, daar is egter staanplek nommers hier en daar, maar elkeen staan net waar hy wil op die groot grasperk. Die voorste staanplekke teen die water was baie populer onder die kampeerders wat graag n lyn wou natmaak en visvang uit die rivier. Omdat die staanplekke nie afgemerk is nie, kan ek ook nie sê hoe groot staanplekke is nie. Wat ek egter wel kan noem is dat ons die lang naweek daar gekampeer het en die oord 100% vol bespreek was. Elkeen het meer as genoeg spasie vir hom/haarself gehad wat n lekker ruim ervaring gegee het….fotos sal aandui hoe kampeerders gestaan het. Die oord maak voorsiening vir 60x kampeer staanplekke, maar ek glo as hulle mooi afmerk gaan hulle maklik 120x staanplekke kan akkomodeer, maar ablusies sal dan bietjie min raak. Die meeste van die staanplekke het so mooi pragtige groen gras, dat dit nie eers nodig was vir n grondseil nie. Elke kampeerder kies maar vir himself n skaduwee boom uit. Staanplekke is baie gelyk – nie nodig vir “levelling blocks” nie. Die asblikke en krane is op paar strategiese punte geplaas, so elkeen het nie sy eie kraan nie, maar is in gerieflike reik afstand….niemand loop hom/haar dood agter kraan en asblik nie. Die 60x kampeer staanplekke word bedien deur 4x gemeenskaplike ablusie bloke. Die A-blok sin is baie luuks gerestoureer en lekker ruim. Blok B en C is in die middel van oord en is heelwat kleiner. Die grootste ablusie is die D-blok wat aan die einde van die kampeer area is. Soos genoem is Blok A se ablusie vir my die mooiste, ander is ouer maar was deurgaans baie mooi skoon gewees. Een diens wat my baie opgeval het oor die lang naweek is dat die skoonmakers tot laat die aand nog ablusies skoon maak. Ek het een oggend 5am badkamer toe gegaan {Nog pikdonker}, toe is werkers reeds besig om weer skoon te maak. Die kragpunte is normale 3-punt krag punte en is gerieflike afstand vanaf staanplekke. Wat egter hemels was van die 5 dae wat ons daar was, is dat mens nie beurtkrag daar ervaar nie….krag was 24/7 beskikbaar. Die oord het ook n netjiese stewige losstaande braaier aan elke staanplek verskaf. Vroeg oggend is asblikke en braaiers weer leeg en skoongemaak deur oord. Daar het ook n dame, ek glo sy is die kampeer area se bestuurderes, basies elke dag by elke staanplek verby gegaan om te hoor of alles nog in orde is en of ons enige iets benodig….baie vriendelik. Wat die ontspanning betref was daar genoeg om te doen vir oud en jonk. Die rivier was natuurlik n groot aantrekkingskrag vir die hengelaars, wat op n “catch and release” basis hanteer word. Dan is daar trapbootjies op die rivier….sommige het dit sommer gebruik om te kyk of hulle bass daar vanaf kon vang. Hulle het een van die mees pragtigste putt-putt bane op hul oord wat ek gesien het…ons het dit werklik baie geniet. Dan het ek items gedoen wat ek lanklaas gedoen het, soos skaak speel op n groot buitelug bord, ons het snooker gespeel en ws sommer weer lekker om n paar potte darts weer te speel. Hulle het ook n buite “snooker” spel wat mens met crocket stoke speel, maar was buite werking die naweek. Dan is daar pragtige groen grasperke by die gemeenskaplike ontspannings area met buite koue swembad en waterglybane vir kleiner kinders asook n heerlike speelpark met klimrame, paadjies, waterfonteintjies. Die onderdak warm water swembad was baie populer tydens die hele lang naweek gewees. Onder dieselfde dak is ook n kouer swembad. By die ontspannings area is n heerlike restaurant. Ons het het net die een oggend n buffet ontbyt daar ge-eet….heerlik en baie billik geprys. Hulle vra R95 per volwassene. Daar is spek, eiers, worsies, baked beans, roosterbrood, chicken pops, yogurts, pap, vrugte ensovoorts. Prys sluit ook in vrugte sappe, koffie en tee. Verder die dag bied hulle ligte etes aan soos burgers, toasties….hulle vetkoek met curry mince was absoluut uit die boonste rake. Sondae bied hulle n carvery aan….dit is n volledige 3-gang maaltyd vir R155. Ons het nie daarvan gebruik gemaak nie, want ons was lus om n vark loin op die spit by ons karavaan te braai. Dan was daar n buite maatskappy gewees was addisionele items aangebied het….Lazer adventures. Manne en dames het hul boogskiet geniet, kinders en selfs ouers met baie energie het die “paintball” wat hulle met lasers speel geniet. Die kleiduif skiet was ook baie populer. Die mees populer was die e-scooters wat hulle daar gehad het…..hulle vat jou op n toer buite die oord, seker so 5km lank, hulle was soms tot laat skemer nog goed aan die gang gewees. Oor die naweek was daar ook elke dag n hanswors vir die kleinspan gewees wat dan ballon diere vir kinders maak en hul gesigte geverf het. Een van die items wat ek altyd baie geniet is die staproetes wat n oord bied. Die oorspronlike roete is amper 5 ure se stap met pragtige uitkyk punte oor rivier en kloof. Ons het ook die ander heuwel uitgekluoter na die kruis wat sigbaar is vanaf oord in oostelike rigting. N Kaart van stap roete is beskikbaar by ontvangs waar jy ook moet inteken dat jy op staproete is, ingeval daar iets sou gebeur, dan weet hulle waar om te soek. Daar is n kiosk op die perseel wat n goeie verskeidenheid van produkte aangehou het sou jy iets vergeet het. Hout, charcoal en ys was volop. Pryse was heel billik teenoor wat dit in supermark sou kos, maar sou aanbeveel om meeste saam te neem, want as hulle nie het nie, is dit n hele ent om te ry na naaste winkel in dorp. Die atmosfeer in die oord was oor die algemeen heerlik gewees, lekker daai vakansie gevoel gekry. Die mede kampeerders was ook almal bedagsame mense wat dit ook n groot plesier maak….geen laat aand lawaaie ensovoorts nie. Vir diè wat nie wil kampeer nie, daar is verskeie ander akkomodasie beskikbaar….vanaf hout huise, rondavels tot chalets en dubbel verdieping eenhede. Daar is ook baie verskeidenheid opsies om funksies daar te hou soos konverensies, troues ensovoorts….tot 900 persoon vertrekke beskikbaar Ons het deurgaans veilig gevoel in die oord, geen rede gehad tot kommernis nie. Personeel van skoonmakers tot top bestuur was deurgaans baie vriendelik en behulpsaam gewees. Ek voel dat ons absoluut baie goeie waarde vir ons geld ontvang het. Ons het 5x nagte hier gekampeer en nie een dag verveeld geraak nie. Ek kan oord aan medekampeerders aanbeveel en glo hulle sal net so n lekker tyd soos ons daar geniet. Tip wat ek kan gee….maak jou tent maar stewig vas, want die sterk winde kom ongewaarsku deur oord gewaai. Groete
Olifants River Lodge