Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -3 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -4 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -5 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -7 hours ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -10 hours ago

Namakwaland se ligging

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ons praat so maklik van "gaan blommekyk in Namakwaland", en dan loop mens 'n bloutjie. Dit laat my toe soek vanoggend na die streek Namakwaland se ligging. Groot was my verbasing dat 2 dele getoon word;

Suid: 'n Strook Oos van Wuppertal wat strek tot by Middelpos en Tankwa NP.

Noord: 'n Strook Oos van Springbok, Vaalputs en Garies tot by Brandvlei in die noorde verby.

Het die strook weerskante van die N7 van Clanwilliam tot by Springbok dan in die volksmond Namakwaland geword??? 

Boonop lê die NamakwaNP teen die see bokant Groenriviermond, verby Hondeklipbaai, met boog tot by Kamieskroon.. 

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 14/09/2026 - 12:12

Ek reken dat Namakwaland is amper die oorhoofse naam van verskillende areas in die noordweste. Mense praat van die Boesmanland, die Hantam en nog 'n paar ander streeksname. Maar breedweg gesproke word na al die streke as Namakwaland verwys.

Dieselfde is van toepassing op die Boland. Swartlanders reken hulle area is deel van die Boland. So ook die Overberg, die Breederiviervallei en 'n paar ander.

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus