Augrabies Falls National Park

Algemene inligting

Resensies

Centurion

Voortrekker

Wed, 13/01/2021 - 20:08

Dit is 'n pragtige park en die moeite werd om te besoek en kamp vir paar dae.

Augrabies
Augrabies
Augrabies
Augrabies
Augrabies
Augrabies
Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
Kamp Datum
4-5 Jan 2021
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Winkel en restaurant
Ablusies
4uit 5
Sekuriteit
5uit 5
0
Worcester

Wildehont

Tue, 19/01/2021 - 08:14

Was dit oop toe julle daar was? Tydens ons besoek 26 en 27 Desember, was daar ‘n kennisgewing opgeplak dat dit privaat bestuur word en tans toe is. Ons was vooraf gewaarsku deur mede-kampeerders in Kgalagadi en het vooraf alles gekoop wat ons nodig gehad het in Upington. 
 

Dit was ons tweede besoek aan die lieflike park, en ek sal weer wil gaan wanneer dit effens koeler is en vir langer as twee aande. Die valle is iets om te sien, maar die wildgebied afstroom van die valle is nog meer asemrowend en herinner baie aan Namibiese landskappe. 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
7 uit 10
Kamp Datum
26 tot 28 Des 2020
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Nee
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Koue Swembad
Ablusies
3uit 5
Sekuriteit
4uit 5
4x4 attraksies
4X4 roetes
0

Die ‘n goeie vraag. Ek het by die staanplek langs die een waarop Anton was gestaan, en die naaste kraan was agter die hok waarin die vullis weggegooi moes word so 20m van daar af. Dit is aangedui as drinkwater, so ek weet nie of daar ander krane was wat ek gemis het nie. 

0

Ek het die woonwapark aanvaarbaar gevind. Die meeste mense benut dit bloot as oorslaapplek oppad Kalaghadi toe, of met blomme kyk in Namakwaland.

Ek het 2 aande daar geslaap, en die rondry op dag 2 was die moeite werd. Ek twyfel of enige een langer as 3 aande daar sal wil spandeer.

'n Veilige oorslaap plek met 'n lang reis.

My Gradering
7 uit 10
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja, nie drinkbaar
Staanplekke?
Grond
Winkel?
Winkel en restaurant
Ablusies
4uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Vir kinders?
Geen fasiliteite
0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 23/10/2022 - 12:04

Middag Len

Ek sal graag wil hoor waaroor die klagtes is by Augrabies se kampeerplek. Ons was verlede jaar daar, soos hierbo vermeld, en ek kan nie aan ernstige probleme dink nie.

Die oorspronklike ablusieblok was skoon, en alles het gewerk. Die nuwe blok was nog nie ingebruik nie, maar dit gaan die druk verlig op die oue.

Ek sal beslis weer daar oornag oppad na elders, veral met die woonwa.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus