Oranje/ Garieprivier deel 1
Hier is die plan...... ( Rof kort nog baie werk)
Dag 1 Ry tot by Zastron en slaap daar oor. ( Mountain View woonwapark is net die regte plek daarvoor) Ons het al daar oorgeslaap en dit was ’n baie aangename plek. Daar is ook CHALETS beskikbaar. Vir ons hier vanaf Meyerton is dit so ongeveer 550km op die agterpaaie langs.
Dag 2 Ry na die punt waar die Senqu rivier uit Lesotho kom en die Gariep rivier word, so 40 km vanaf Zastron. Is nog nie heeltemal seker of daar ’n pad is tot by die punt nie maar kan wel tot redelik naby kom met die pad. Van daar ry ons na Aliwal-Noord so naby as moontlik aan die rivier, Dit is nie altyd moontlik opreg by die rivier te ry nie. Gedeelte van die pad is grondpad en ek het geen aanduiding van die pad toestand nie.
Op Aliwal-Noord wil ek graag die Anglo Boere oorlog Blokhuis besoek en ook graag foto’s neem van die Hertzog brug waar ons dan terug sal ry vanuit die Oos-Kaap na die Vrystaat. Dan tot by Bethulie waar daar ’n lekker kampplek is waar ons kan oorstaan vir die nag. Afstand ongeveer 200km vir die dag.
Dag 3 Ry oor die 2de langste brug in SA die Hennie Steyn Brug, dit is ook ’n treinbrug, tot by Norvals Pont. Dan terug en draai dan op die R701 verby die Gariep damwal tot by Orania. Kamp hier vir die nag. Wou nog altyd gaan loer het hoë die plek lyk. Afstand vir die dag is ongeveer 177 km.
Dag 4 Orania tot by Witsand oor Hopetown en Douglas, waar die vaal rivier en die Gariep saamvloei, dan oor Griekwastad na Witsand om die brulsand te gaan kyk. Kamp in die Witsand natuurreservaat. Afstand vir die dag ongeveer 450 km
Dag 5 Ry terug Huis toe. So ongeveer 718km.
Hierdie is net ’n rowe plan en sal nog aangepas word. Het nog nie al die POI’s ingesit wat ek graag wil gaan besoek nie. Dit is ook moontlik dat die afstande kleiner gemaak sal word en ’n dag of wat bygevoeg sal word om meer tyd toe te laat vir die besoeke aan POI’s.
Die plan is dat wanneer ons dan volgende jaar die Namakwa Eko roete gaan doen tot by Alexander baai ons die hele Gariep rivier lang gery het en ’n gedeelte daarvan geroei het.
die ander opsie is om na die KNP toe te gaan vir ’n paar dae en diere te gaan kyk........ ( wil dit ook graag weer gaan doen maar was darem al daar.
Ek is nog besig met die beplanning so hierdie is nog maar ’n baie rou roete en plan. Daar is ook nog nie eers datums nie......
As daar iemand is wat meer inligting kan gee oor die omgewing, die wat is waar’s ens. sal dit baie welko wees.
Anton ek weet glad nie wat…
Anton ek weet glad nie wat die toestand van die paaie is nie maar ek dink nie dat die 4X4 roetes is nie. Dit is oop vir enige een eat wil saamry om so te maak. Ek werk nog aan die roete en soek meer inligting. Dit is amper overland.
Dit klink baie intresant. …
Dit klink baie intresant.
Die eerste persoon wat deur Oranje swem, wen n Peppersteak Pie. He He
Sal moontlik belangstel.
Al wat.............
Al wat ek weet weet, ons het jare gelede by Aliwal-Noord se uiters puik oord gekamp, maar oral lees ek dit is deesdae in 'n uiters vervalle en swak toestand. Miskien kan iemand wat onlangs daar was die toestand bevestig.
Len ek het onlangse fotos…
Len ek het onlangse fotos van die plek gesien en ek dink nie daar is n manier wat ek daar sal gaan inloer nie. ( Ek dink nie eers n enterprise polony sal daar gelukkig wees nie.. )
Lekke Deon
Deon dit klink na lekke ry baie om te sien en net te geniet ek hou die draad dop
Slegte nuus...... Ek moet…
Slegte nuus...... Ek moet hierdie eers op ys sit. Daar het n paar goed gebeur wat hierdie beplande toer dalk eers so bietjie in die wielle gaan ry. Gaan egter nog voort met navorsing en sodra dinge in plekval sal ek weer aan die toer werk.
Nou ja en so gebeur alles…
Nou ja en so gebeur alles altyd vir 'n baie goeie rede? ![]()
En hier sit en nou en wag…
En hier sit en nou en wag vir julle by Gariep dam.
Sal wag vir toer.
Deon, dit klink dalk na…
Deon, dit klink dalk na slegte nuus, maar soos Anton noem, alles gebeur met 'n doel.
Harry, lyk my jy gaan bietjie langer daar by Gatiep dam moet visvang?
My eerste gedagte was dit…
My eerste gedagte was dit gee meer tyd vir beplanning en bemarking ommdalk meer mense betrokke te kry? Dalk as julle 17 jaar wag kan ek ook saam gaan? ![]()





4x4 roetes?
Ek het gesien julle begin gesels hieroor daar op gesigboek. Is dit 4x4 roetes?