Kyk ek het 'n vreeslike vrees vir inspuitings, en ek oordtyf nie as ek dit sê nie. Om te illustreur hoe erg dit is sal ek eers verduidelik hoe dit lyk, en dan 'n ware aan gedukte, gebeurtenis vertel.
As ek 'n inspuiting moet kry en die suster maak daai kas oop, dan haal sy 'n hilti gun uit, soos wat sy nader kom vergroot die verdomde ding in so mate, dat dit meer soos 'n olie boor begin lyk, maar teen die tyd dat sy daai olie boor in my maar liggaampie moet kom indruk, lyk dit soos die Eiffel toring op steroids.
My dokter weet van die fobie.
So paar jaar gelede sit my buurman, bangat, vir hom lemmetjies draad reg om sy erf, en dus ook op my een muur.
Groot heerlike Albertus perske boom is toe baie naby die gevaarlike draad.
My vrou vra ek moet vir haar perskes pluk, soos dit moet wees, haak daai lem van die draad my aan die bo arm, en van die gespartel om los te kom, sny die ding net al dieper.
Lang storie kort, na ek toe die stuk lem met 'n side cutter af geknip kry, moes ons ongevalle toe om die stuk lem uit te kry want dit sny al dieper soos ek dit probeer uit haal.
Daar kom my dokter aan, maar gelukkig, vir my, is daar pasiente met meer dringende aandag, na my mening.
Na die laaste pasirnt gehelp is, se dr toe "nou is daar niemand na wie ek hom meer kan stuur nie, dis nou, of nooit".
Voor daai eerste prik, pass ek genadiglik uit, intussen verwyder hy die lem, en hulle sluit die uitgangs deure, want as ek reg kom en hy is nie klaar nie hol ek. Ek het hom mooi gevra, sny die blerrie lem lewendig uit en kry klaar.
Halfpad deur kom ek reg maar is toe nou braaf, want hy is besig in steke in te sit.
Nou, toe vra hy wanneer laas het ek 'n klem in die kaak inspuiting gehad, meer as tien jaar terug, okay, suster kry die bore reg. Ek spring vir die naaste deur en is skoon duislig soos ek hom tref, my vrou staan by die ander deur, en die suster haal daar 'n spuit boor uit, so groot soos iets wat in Kimberley se gat sou pas.
So praat-praat, bekryp die doktertjie my van 'n ander hoek, en na 'n leef tyd se mooi praat, sê hy ek kan maar gaan, hy het my so stil stil gespuit.
DUSTY: Johann,
Baie goeie storie.
My swaer is ook vreeslik bang vir daai naald. Hy was so 'n ruk gelede in die hospitaal en toe hy hoor van 'n inspuiting het hy van die hospitaal af weg geloop.
SEGEKOK: Lekker lag ek nou. Ek was ook maar bang vir daai ding. Maar het so baie gekry na die hart storie dat dit my nou nie meer pla nie.
JOHANN L: Moet darem noem, ek het ook nou in 'n mate die vrees oorwin, en die storie is darem so bietjie in gekleur.
FRANS PRETORIUS: He-he-he, dis nou klassieke storie, Johann, ek hoop nou net nie dis eintlik ware verhaal nie!!!
Nee, wat, ek het meer as 210 eenhede oor 40 jaar geskenk, van 1968 tot 2008, en moet erken in die beginjare was daar werklik ouens wat jou kon skrikmaak met hulle gewerskaf met daai naald, maar later jare was die mense beter opgelei, en meer moderne metodes.
Enigste probleem wat ek deedae het, die are waar hulle altyd bloed getrek het, het nou baie verdikte wande, en is nie meer geskik nie, en ander are is "weg"as gevolg van oormaat van anti-biotika wat ek moes kry om my lewe te red so 20 jaar terug.
Deesdae is dit baie groot gesukkel om binne-aarse behandeling te kry, ook om bloed te laat trek vir toetse.
Ekskuus vir draad-kaping!!
JOHANN L: Frans, ek het ook darem my vrees nou onder beheer gekry, maar vroeër was dit regtig erg gewees. Die liggaam trek nog steeds styf, maar ek hou darem uit.
Wat ek nie kan verstaan nie, is dat ek vir jare ook bloed geskenk , en dit was nooit vir my vrees aanjaend nie, dokter sê dit is sielkundig, met die gedagte dat daar iets in gespuit word, waar bloed skenk is om ander te help.
FREDA: Ek is nie meer bang vir 'n inspuiting nie want ek het nog nooit onuithoudbaar seergekry as dit gedoen word nie. Ek het al inspuiting gekry wat ek skaars gevoel het. Ek hou nie van inspuitings in my mond by die tandarts nie, afhangende waar dit ingespuit word, kan dit soms seer wees. En ek haat die dooie bek agterna, maar ek sien nie kans dat daar in my mond gewerk word as dit lewendig is nie. Ek trek so styf soos 'n snaar op daai stoel, vuiste gebal en kry skoon krampe in my voete!
DUSTY: Die ergste vir my was toe ek ek milogram moes kry. Buig jou vooroor en druk 'n naald met gekleurde vloeistof tussen jou rugwerwels tot in die senukanaal om te sien waar die senuwee vas gedruk word. Dan word die x-straal plate geneem. Jy voel die prikke maar is niks erger as 'n gewone inspuiting nie.
WILSUR: Bang gatte ???




