Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60712 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeiemôre kampvriende! … Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -8 minutes ago
The missing third.... Planning begins in earnest THE MISSING THIRD....… TWTFAWC -38 minutes ago
Dis juis Google THE MISSING THIRD....… TWTFAWC -1 hour ago
Goeie môre almal,

Terug op…
Oktober 2019 Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -9 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -9 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -9 hours ago

Wat kom leen mede kampeerders by jou

Port Elizabeth
Submitted by Antie on Tue, 04/04/2017 - 20:28
Forums

Al moet ek dit self sê, ek en Colin is redelik georganiseerd en het omtrent 100% van die tyd alles wat mens benodig as jy kamp.  Sommige goedjies gebruik jy omtrent nooit, maar dit is daar vir ingeval.

Dit het al dikwels gebeur dat bure, ewe verleë, sal kom vra of ons nie dit of dat het om vir hulle te leen nie.   Ons vind dit soms baie snaaks dat mense, iets wat hulle nodig gaan hê, nie saamgebring het nie.  Miskien omdat dit meestal klein goedjies is.    Moenie my verkeerd verstaan nie, ons is maar te bly om te help, gee nie in die minste om nie.

So, het mense al dikwels by ons kom leen:

Kurktrekker vir hul wynbottel.  (Al baie keer)
Botteloopmaker vir hul bier (wat nie 'n afdraaidoppie het nie)
Blikoopmaker vir hul blikkieskos
Rasper om kaas te rasper vir die braaibroodjies
'n Pleister vir hul kind se bloeiende knie
Hoofpynpille 
'n Bietjie Sunlight Liquid
Die Besem!   (Al baie keer)
Skoppie en borsel
'n Rooster.  (Baie mense het nog nie geleer dat meeste kampe nie roosters voorsien nie)   
Vuurhoutjies

Ons het ook al vir mense uitgehelp met iets wat hulle dan vervang het na hul by 'n winkel kon uitkom.  Selfs eendag 'n boks tissues vir die kinders se snotneusies.  Ses biere, 'n bottel brandewyn, hout, Blitz.

Ek dink die ou wat die meeste verlig is dat jy kan help, is daai man wat met die toe bottel wyn in sy hand staan.  Een ou wou ons sommer een aand 'n bottel wyn gee vir die leen van die kurktrekker.

VOORTREKKER:Gaan my vestand te bowe as iemand 'n Tent pen hammer by my kom leenl -   dis so goed soos jy staan langs my in die badkamer en vra of jy my tandeborsel kan leen -  ok nou nie heeltemaal dieslfde nie, maar amper daar.... 

SEGEKOK:

Het self ook al baie mense gehelp met die nodige wat agter gebly het of vergete is...

Op Swadini het ek ewe braaf my penne en hammer uitgehaal ...  daai grond was so hard dat ek niks kon regkry nie.  Buurman het toe vir my sy boor gebring (sonder dat ek vra) dankbaar!!    (Dink hy kon nie meer die gekap hanteer nie)
Nou ry ek my eie boor saam  net vir ingeval....

DUSTY: Het self al mense gehelp.  Meestal 'n hamer en 'n graaf. Dit is so maklik om iets te vergeet.
Het self al 'n keer gereedskap geleen om een van my vorige voertuie se sleepstang af te haal wat op die perseel gebuig het.

HARRY DU RANDT:

Besem is wat al die meeste by ons geleen is.
Dan pynpille
"Jumper" kabels, ook n keer of twee.

Die ergste vir my is, die ouers vra nie self nie, stuur altyd die kinders, "my Ma vra of ........."
Kry seker skaam ?

ANDRE SMIT:

Badplaas o Badplaas,

As jy daar gaan kamp vir 'n week of twee, GAAN jy êrens natreen. Op Badplaas reen dit egter nie net nie -- dit sous.

Met die kinners nog op skool het ons 7 Desembers agtermekaar daar gekamp vir meestal 3 weke.

Sommer na die eerste kamp en lesse geleer lyk dit met die opslaanslag soos 'n mynbou inoefening by die Smitjies soos die afleivore gegrawe word.

Dan hier by die 3de, 4de, tiende dag maak die sluise oop en dan sien jy hoe die "Lenies" rondhol vir grawe, hamers, ekstra penne en dan leen jy maar soos wat jy kan.

Tussen 'n paar van ons het ons al 'n hele tent se pale vir 'n makker bymekaargemaak wat sy hooftent se sak pale in Lichtenburg vergeet het. Nie 'n trekkie wat jy gou terugjaag om pale te gaan haal nie.

Secunda

Sleep nou

Wed, 10/05/2017 - 12:07

Vuurhoudjies , Suiker , skotelgoedsleep, braai tang hellow dis n moed om in te pak as jy kamp en die laastemaar nie die minste witgoud

Johannesburg

WilleWillemien

Thu, 11/05/2017 - 08:13

Slinger om die wa staan te maak....al menige keer.

Ander gereedskap, toue, tentpenne, maar nog nie vir my tanneborsel gevra nie.

Port Elizabeth

Antie

Thu, 11/05/2017 - 09:40

Was iemand al ooit gevra om sy vrou uit te leen?  laugh     Ek moet sê by ons huis  kom vra die enkel weduvrouens soms of hulle Colin gou kan leen om te help met iets.   Dink julle ek moet worry of leen die weduvrouens julle ook?

Secunda

Sleep nou

Fri, 27/10/2017 - 10:50

Toe ek en Berdien onlangs by Koro Koro was het n ou oorgestap en gevra vir hout om te braai ek was so oorbluf, ontkant gevang, kakebeen oop teen die grond toe gee ek hom n sakkie hout waar toe hy gebraai het en kort kort gese het dis nou hout

Secunda

Sleep nou

Sat, 11/11/2017 - 07:08

Toe ons by Koro Koro was het n ou sy tentpenne vergeet kyk ons almal is mense maar tent penne gaan saam jou tent, soos sout en peper kamp en braai daai sorg jy dat dit in moet wees so gese so help ons maar mekaar sou jy iets vergeet kamp is koning en kampers is mense soos ek en jy

Centurion

Dusty

Sun, 12/11/2017 - 05:22

Shaun, dit gebeur maklik om iets soos tentpenne by die huis te vergeet. Indien jy n tentkamper is word jou toerusting iewers by die huis gestoor. Wanner jy jou toetusting pak en jou aandag word verdeel dan is dit wanneer dit gebeur.

Ek het gewoonlik n lys wat ek aftik wanneer ek my toerusting laai. My tente en pennekas en kos word agter in die sleepvoertuig gelaai en nie in die wa nie.

Ek het n opvou graaf om watervore om die tent te maak en dit is die item wat gewoonlik geleen word. Dit is permanent in die wa en ek gee nie om om dit uit te leen nie.

Secunda

Sleep nou

Sun, 12/11/2017 - 06:12

Daai lysie om seker te maak alles is in werk soos n bom sien my een skoonseun doen dit ook hulle was laas maand Buffelspoort toe en sy hele kraat eetgery by huis vergeet. Toe sien ek hy nou lys bymekaar gemaak. Ja ons help mekaar so tussen duur wat kampers het goeie harte in ons want kamp is koning

Centurion

Voortrekker

Sun, 12/11/2017 - 06:26

Hehe.  Ons het sout en peper vergeet. "iemand" het met laaste kamp dit als uit die kombuiskas gepak. Ek het net gehaak.  Gelukkig is al ons vleis klaar gesout en spice.

Die tentpenne is darem in! laugh

Secunda

Sleep nou

Sun, 12/11/2017 - 06:34

Solank julle kon braai Anton glo julle geniet dit daar

Herwinings uitrusting....

Oom ons het n trek belt noodig............... Hoezit pel, het jy nie a spaar shackle

meer as een keer my graaf..... Nee a-a  ek gaan saam

My vice (baai keer) / al gevra vir n spaar gas bottle / n rit op my boot (NE! die blooming cheek)

een keer vis-hoek deur die vleis uithaal medise uitrusting....

Those are the more memorable ones

 

Pretoria

Slowstrike

Thu, 18/01/2018 - 11:22

Vuurhoutjies (Gewoonlik kampers wat nie rook nie) Moes dit al self gaan bedel laataand nadat die winkel al toe was en `n reënbui myne nat gelaat het ondat ek te lui was om dit weg te bêre waar dit hoort.

Kurktrekker. Een ou het sy lead en kurktrekker vergeet Hy was bereid om in die donker te sukkel met `n flits maar daai kurktrekker die moes hulle hê

 

Waar my wa staan

Arie

Fri, 19/01/2018 - 10:40

Ja ek kan nie regtig onthou wat mense al geleen het nie, maar redelik onlangs het hier mense met 'n ossewa langs ons ingetrek.

Skaar hier of hulle kom leen 'n besem, bietjie later 'n blik oopmaker, ek was so vrek bly om te sien die Voortrekker nig het saam gekom, al begin wonder watse verskoning kan ek uit dink sou die Neef dalk my vrou kom leen?

Secunda

Sleep nou

Sun, 28/01/2018 - 07:00

Ek weer deur die draad gegaan lekke gelag en weer besef hoe belangrik dit is om mooi te beplan en in te pak wat jy dag tot dag nodig gaan he vir kamp

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 08/02/2018 - 20:16

Ons het  al die gas pyp vir die braaier by die  huis vergeet.

Ons was by Mabalingwe en toe ek die vuur wil aansteek,  sien ek die gas pyp is nie in gepak nie.

Buurman van Middelburg wat daar gekamp het was toe so gaaf om vir my somner 'n hele pak blits te skenk, en, toe leer hy my hoe om blits bo op jou charcoal te pak.

In my gedagtes dink ek, "hier tom tak", nodeloos om te sê, sederdien maak ek net so as ek nie my gas pypie gebruik nie.

By Buffelspoort moes ek al menigte mense met tent  penne  help, en selfs my hamner en boor leen. (As jy eers eenkeer by Klipdraai tekamp het, ry jy nie weer sonder 'n boor nie).

Maar, dit is vir  my lekker as iemand kom hulp vra,  ek moet erken, ek hou nogal daarvan om te  help.?

Secunda

Sleep nou

Thu, 08/02/2018 - 20:20

Johann ek is ok om te help maar aai vandag dit, more dit, oormore dat, nee beplan beter pak in die nodige maat ja ons kampers help mos of hoe

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 08/02/2018 - 20:30

Shaun, as jy by  Klipdraai kamp, vir die eerste keer, gaan jy penne buig. ?

Buffelspoort het ook 'n paar plekke wat hard is.

My gas pypie kom nie meer uit  die wa uit  nie, ek het vir die huis sy eie gaan koop.

Secunda

Sleep nou

Fri, 09/02/2018 - 02:32

Johann Klipdraai sit mos in Vereniging of daar erens my een skoon seun wat in Kempton park bly se hoeka dis n puik oord ja penne het ek ook al uitgeleen maar dis soos laasjaar se bonus nooit weer gesien niewink

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 11/02/2018 - 19:22

Shaun, Klipdraai is in Meyerton, so 10 kilos van Vereeniging af.

Baie lekker oord, al wat ek nie van  hou nie,  is due volgrhde:

1. Eerste kom, eerste bedien,

2, Staanplekkke is glad nie af gemerk nie,

3, Water, krag punte en koelte kan ver raak, as jy nie vroeg daar is  nie.

Maar dit is en bly 'n gewilde oord tenspyte daarvan en die harde klip grond.