Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57143 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Karoo heel balm is net die… Stof tot nadenke neef Herman -6 minutes ago
Beslis moeite werd en is nie… WilSur se 2011 Exclusive Krag… Noel -11 minutes ago
Ek het nie veel hoop nie,… Kampforum SuperBru Mona -13 minutes ago
Ingrams Kamfer Room Stof tot nadenke Johan K -14 minutes ago
As ek n week lank plakkies… Stof tot nadenke Noel -15 minutes ago
Goeie middag maters. Ek is… Julie 2019 - Koffiekroeg Noel -34 minutes ago
Danie, is saam met jou bly… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -35 minutes ago
Ek moet bieg die nuwe… Kampforum SuperBru Groot G -1 hour ago

Kosmaak in die tent of wa

Pretoria
Submitted by leeu on Wed, 30/05/2018 - 11:19

Goeie dag almal, ek sal graag wil weet hoe maak julle kos as julle kamp, ek is amper 100% oortuig niemand gebruik hulle stofies in die wa nie.

Ek vra dit maar om myself weer voor te berei omdat my karavaan en behoeftes verander het. Het julle 'n stofie in die tent op 'n tafel en is dit 'n 220V stoof of gas stoof, en waar maak julle hom staan?

Jammer as dit al voorheen hier bespreek was.

Groete

Centurion

Voortrekker

Wed, 30/05/2018 - 12:18

Ek sien die Induksie en ceran 1 plaat stofies is baie populer vir so aan die buitekant van die waens.  Klein, vinnig en effektief. 

 

Meyerton

Segekok

Wed, 30/05/2018 - 12:36

Ek het altyd my kombuis buite onder die tent gemaak. Met een van die kampe het die luiheid my oorval en het ek die bakkie se kombuis gebruik. Doen dit nou maar so omdat dit vir my gemaklik is om dit so te doen.

Sorg net dat ek die bakie langs die tent stop. Die kombuis is volledig uit gerus met als wat nodig is.Kombuis1

As ek gaan rond ry word dit net terug geskuif en die deur toegemaak.  

Jozie

It'l Dodat

Wed, 30/05/2018 - 12:40

Back in the day's when I had a van I used both, nowadays I just tent camp...

Used the stoofie in the van for making late night / cold / miserable weather ....  coffee / snacks / eaty thingies and the such, especially at night, but mostly used a 2 plate gas stove under the rally ......  Suppose that passes for a tent..... and the braai / fire pit....

Caravans are a bit like Landrover's... Everyone set's their van's up as they want them.... Personally I would not get rid of the old inside gas stoofie, when you want to stop off along the way, or go where there is no electricity, It's nice to hear the shhhhhhhhhhhhhhhhh of the stoofie.....

But then, that's  just me...

 

Centurion

Voortrekker

Wed, 30/05/2018 - 12:42

Willem, ek het eerste die draad se volle link addres gecopy. (Jy hoef eintlik net /node/.....  in te sit)

Toe, in die reply blok, tik ek "Wilsur se Buiteblad" en highlight dit.

Kliek dan op die link knoppie op die editor ( lyk soos 'n ketting skakel)

'n venstertjie maak dan oop waarin jy die link paste. Kliek save. Die teks sal dan 'n ander kleur vertoon.

Dit is partykeer moeilik met die foon of tablet om meer as 1 woord te highlight.

Jammer om jou draad te kaap leeu angel

 

Pretoria

leeu

Wed, 30/05/2018 - 12:51

Baie dankie vir die wat antwoord, die induksie stofies is maar duur, is hulle nie?

Segekok, ek hou van jou kombuis idee.

Willsur, ek hou van jou oond idee, kan sommer brood bak ook.

Port Elizabeth

Antie

Wed, 30/05/2018 - 13:17

Ons het nie meer 'n stofie binne in die karavaan nie.  Selfs die dae toe ons dit gehad het, het ek nooit in die karavaan gekook nie.  Ek glo die stoom van die kospotte pak aan op jou kaste en mure en maak dit taai/vetterig.  Ons het 'n tafel in die tent, waarop 'n gasstoof staan met twee lekker groot plate.  Ons kook net daarop, verder kook ons op die kole in swart potte of foelie.  Ons het op 'n stadium 'n elektriese oond gehad maar dit so min gebruik dat dit nie die moeite werd was om dit saam te ry nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 30/05/2018 - 14:15

Die debat oor 'n binne- of buitekombuis sal net solank met ons wees soos die Ford/Toyota/Lanrover debat.

Ons verkies ons Exclusive se binne-kombuisie, maar kook nooit daar nie. Alle kosvoorbereidings word by die binne-kombuis gedoen omdat alles byderhand is - die yskas, mikrogolfoond, kruideniersware, potte, panne, kombuisgereedskap en 'n wasbak met lopende warm en koue water.  Die werklike kokery vind in die tent/rally plaas op 'n gasstofie, of elektriese braaipan, of in 'n elektriese oondjie, of in 'n gas-skottelskaar.  Andersins braai ons op 'n houtvuur se kole.

Die binne-kombuisie is baie gerieflik, alles is reeds op hul plek veral met oorslaap en maklik om gou iets te ete oppad aanmekaar te slaan.

Kyk hoe lekker gesellig maak ek koffie op ons binne-kombuisie se gasstofie by Balule in die Kruger Wildtuin waar daar nie krag is nie, ons reeds opgepak het en dit reën buite.

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 30/05/2018 - 16:00

Nie sommer nie  -  dan beteken my motivering vir 'n binne-kombuis hierbo net mooi niks nie.

Secunda

Sleep nou

Wed, 30/05/2018 - 18:07

Ons maak glad nie innie tent of wa kos nie buite is hoe ek en Berdien dit doen

Middelburg

Noel

Wed, 30/05/2018 - 19:05

Ek het die Swing vir 10 jaar gehad en die buite kombuis gasstoof min gebruik en skottelgoedwasbak nooit gebruik nie. Maak ontbyt meestal op skottelbraaier of elektriese braaipan en skottelgoed word by die scullery gewas. Ek geniet die Fleetline se binne kombuis net soos Len dit noem. Binne kombuis is lekker veral vroeg oggende en laat aande. Met die boswa word alles buite gedoen. Ek kamp nie in koue seisoene met die boswa nie.

Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 30/05/2018 - 20:39

Froggy het n stoof en dubbel wasbak binne, maar ons gebruik dit nie eintlik nie.

Dit is daar vir toer.

Ons gebruik induksie stoof buite en maak vuur vir kos.

Het ook n varkie oond, maar hy is maak klein.

Centurion

Voortrekker

Wed, 30/05/2018 - 20:51

Ons het so 'n bistro canister stofie.  Maar die blou campingaz een.  Ek sien hulle verkop nou vir R249 by makro!   Werk soos 'n bom en baie klein en kompak,

Stoof

Elarduspark

GerhardM

Wed, 30/05/2018 - 21:29

Ons het glad nie meer die stofie binne in die wa nie (uit voor ons hom gekry hetsmiley). As ons kamp is dit net skottelbraai en kole braai, by kosse is op die gas cooker top. Het nou 'n induksie stofie gratis gekry, so sal hom ook gebruik, maar alle kos word buite gekook.