Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -25 minutes ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -1 hour ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -1 hour ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -1 hour ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -1 hour ago
Hierdie is natuurlik 'n Toep… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -1 hour ago

31 Mei 2018, Sleg geeindig

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Nie kamp verwant nie maar wek deel van my Kamp familie.

Was op pad om Surette by die werk te gaan haal na ek 'n lekker Pedi en B & Nek gehad het toe dit gebeur het ?

i
Hoek van
l
Die Sprinkaan
i
Militêre Voertuig
l
Hy het seergekry
l
Surette se kar het ook baie seer gekry.

 

Ai jammer Willem nie lekker om te sien gelukkig het niemand seergekry behalwe die voertuie .Nou begin die rondslomp en bakleiery oor wie se skuld dit was .

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 31/05/2018 - 21:51

Simpatie Willem !

Gewoonlik as jy agter in iemand vasry is jy die skuldige.  Die knaap het seker met sy selfoon gepeuter en nie aandag gegegee wat voor hom aangaan nie.

Ek voorspel 'n groot gesukkel om iets uit die Weermag te kry  -  eis eerder sommer van jou versekeraars en los die bakklei en gesukkel aan hulle oor.

0

Dit is so Len ek het jare terug so stelseltjie afgetrap met n Weermag voertuig wat in my vas gery het . Dit het amper n jaar gevat om die geld uit hulle te kry en ek wou nie van my assuransie eis nie omdat ek my no claim bonus sou verloor hulle het in my vasgery 

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 01/06/2018 - 07:38

Ai tog, jammer om te hoor Wilsur.   Ek stem saam met Len.  Om met die mense se baklei gaan net jou bloeddruk opjaag.   Laat jou assuransie dit doen.  Pay and let the pain go away!

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 01/06/2018 - 07:40

King Price is baie hulpvaardig, hulle kom self die voertuig vandag by die huis haal.  Het nie nodig om rond te ry vir keitasies nie.

Ja dit was 'n moer harde slag.  Ek het by die rooi lig gestop en gesit en kyk hoe 'n Fortuner met 'n awning aan die regterkant (so lig bruin een) regs van my oor die rooi verkeerslig jaag en ek dink die springkaan het vir hom gesit en kyk en besluit ek en hy gaan ook maar oor vlieg.

Ek wou nog die oggend die Dash Can uit my Ford uit haal en in die Swift sit vir die dag.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 01/06/2018 - 07:52

Ai sterkte Willem, ek stem saam dat die versekeraars onder mekaar veg, en jy sit terug.

Ongeag wie die baklei werk doen, mens voel net (of ek voel net) jou voertuig is nie meer wat dit was nie, so jy het permanente skade.?

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 01/06/2018 - 07:56

Op die oog af, lyk dit of hulle net die "bumper" gaan vervang, maar ek sou dat hulle die kattebak, die "chassis" en alles behoorlik deur gaan, en seker maak niks ander skade is op gedoen nie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 01/06/2018 - 09:38

Ja, dit is nie lekker nie, die sleep stang het ook gebuig en dit kan baie dinge onder geskuif het.  Die deel onder die katebak is binne toe geskuif.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus