Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Oppie strand Geert - Ballito Wessel Strydom -5 hours ago
Vroeg oppie strand Geert - Ballito Geert -6 hours ago
Geert, Geert - Ballito Johann L -6 hours ago
Rona, November 2026 Johann L -6 hours ago
Reenbui Geert - Ballito Geert -7 hours ago
Turbulensie Geert - Ballito Rona du Plessis -14 hours ago

Renosters

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on

Hier in die Baai, nie eers vêr van ons huis af nie, het ons 'n privaat wildreserwe met pragtige diere.  Heelwat verskillende bokke en ander kleinwild, maar ook luiperde, renosters en leeus.   Dit is 'n mooi groot plek met groot weivelde en bome en die diere beweeg vrylik rond.  Jy ry deur met jou motor en sien die wild soos in die natuur.   Net die leeus is afgekamp, hulle kan dus nie die ander wild jag nie en word gevoer.   Jy gaan met 'n dubbelhek by hul kamp in en sien hulle ook soos in die natuur.  Geen diere is in hokke nie.

Omdat renosters by 'n ander reserwe naby Port Alfred gestroop was, het die eienaars van hierdie een besluit om drie renosters te onthoring vir hul eie beskerming.  Dit is net bietjie meer as 'n week gelede gedoen.   Donderdag nag het stropers sowaar by die reserwe ingekom en die een renoster, Bella, geskiet en wreed vermink om die horing stompie te verwyder.  Hul reken die stropers kon omtrent 300 gr horing bekom.

Nadat Bella onthoring was, was daar 'n foto van hom in die koerant met 'n klein dogtertjie wat hom op sy kop soen, toe hy nog onder verdowing was.   Dit is vir ons baie hartseer want almal is lief vir die diere by Kragga Kamma Wildpark.

Dit sê in die berig, stropers kry tot R2.5 miljoen vir 1kg horing.

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 01/07/2018 - 12:03

Ai tog, die lewe is wreed, wonder altyd hoe gaan daai mense eendag verantwoording doen vir hul lewe.

Dit is vreeslik hartseer hoe die liefde vir geld mense in die vieslikste wreedaardigste barbare kan verander? 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 01/07/2018 - 12:48

Regtig n hartseer storie, maar die stropery sal nie ophou nie, vir die vergoeding is die risiko dit werd.

In my grensdiens dae is renosters al gestroop, deur van ons eie "big brass".  Wonder hoeveel remosters loop vandag in Namibie rond......

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 01/07/2018 - 13:08

Neef, daai "Big Brass" het darem lekker hoog geleef!

Was jy ooit by daai "hotel" naby Cape vidal wat vir die top ofisiere gebou was, kanstig vir konferensies? N'kantla is 'n vulletjie teenoor daai ding, daar was darem GROOT geld spandeer, en daar was omtrent gefuif.

Ja die lekker goeie lewe in die ou SA?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 01/07/2018 - 15:35

Freda, die renosterstropery is 'n tragedie.  Die stropers stroop nog in die Kruger Wildtuin, maar dit neem stelselmatig af soos wat op hulle toegeslaan word.  Dit lyk of die stropers nou uitwyk na ander areas.

Wat die PE-geval betref, vermoed ek dit is onkundige "runners" van sindikate wat so stupid kan wees om 'n renoster sonder horing te skiet.

Ek wonder as hierdie stropers 'n behoorlike werk gehad het, wie sou die sindikate dan gebruik het om hulle vuilwerk te doen ?

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 01/07/2018 - 17:35

Len, ek dink nie werkloosheid kan hiervoor geblameer word nie, waar gaan jy meer as R2m verdien vir so "peace job".

Baie gevalle, en ek vermoed die meeste gevalle, is die sindikate welgestelde mense. Ek glo vir geen oomblik dat enige mens sy eie lewe vir paar sent sal waag nie.

Hierdie mense is hoogs betaalde diewe.

Daar is al verskeie wildbewaarders en polisie / weermag lede gevang wat by so operasie betrokke was. Dit haal die werkloosheid grootliks uit die prentjie?

Dit laat my dink aan die politieke hoender boer by Potch, hy was die grootste mond oor diere mishandling, so paar jaar gelede was hy op Cart Blanche ivm die afgryslike manier wat hy van ongewenste kuikens ontslae geraak het. 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 01/07/2018 - 17:42

Die stropery sal dan uitsterf Len, hulle sal nie iemand anders kry wat hul lewe sal waag vir so min geld nie, ek verstaan daai 'runners" kry maar minimaal?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 01/07/2018 - 17:46

Is dit nie maar altyd so nie, die ou wat die vuil werk doen, kry die minste?

Ek dink nie daai runners kan te min betaal word nie, hulle is op geleide mense wat weet hoe om 'n swaar kaliber vuurwapem te hanteer?

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 01/07/2018 - 18:23

Johann, Arie se kommentaar omskryf my bedoeling.  Die "runners" in die veld wat hul lewe waag tussen wildediere, teen-stroper eenhede en die tronk, is beslis nie die ouens wat miljoene verdien nie.  Hulle kry maar 'n klein deeltjie van die opbrengste wat gesofistikeerde sindikate in die ketting tot by lewering verdien.  As die "runners" behoorlik werk gehad het, sou hulle nooit in hierdie risiko-bedryf betrokke gewees het nie.  By verre in die minderheid is bewaringspersoneel en polisiebeamptes betrokke, maar dis net uit gierigheid om hul gewone salarisse aan te vul.

Die sindikate wat stropings laat deurvoer, kan dit nie sonder "runners" gedoen kry nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 01/07/2018 - 18:39

Ongelukkig is dit soos julle sê, die "rykman" sit in sy sitkamer, en die arm man moet sy lewe waag. 

Laat my dink aan daai liedjie van Johannes Kerkorrel, "Ha La La Afrika" (spelling) waar die mens met sy groot jag geweer alles uit roei, tot dat net die stilte oorbly.....

Ek stem ook saam dat dit by uitsondering, SAPS, weermag lede, en wild bewaardes is wat betrokke is. Die tipe van ding maak dat mens perspektief verloor, en oor reageer.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 01/07/2018 - 21:54

Ek sien daar is ook die naweek 6 leeu mannetjies vergiftig naby Pretoria. Die diere se pote en koppe is af gekap en het verdwyn??

Nou vra ek met trane in my navy bruin oge, watse siek mens doen so iets?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus