Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ons kom al nader... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -8 minutes ago
Kwang ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Lekkerlees stories Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Vervelig Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
N1 versus N12 Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -4 hours ago

Misverstande

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Terwyl ons nou so sukkel om Kampforum-maters aan die praat te kry, tog interessant hoe komies sommige misverstande kan wees :-

'n Klompie jare terug vra my swaer se vrou vir hom om 'n paar "hot cross buns" by die winkel te gaan koop.  Daar aangekom het die produknaam hom ontgaan en toe val dit hom skielik by : "kan ek asb ses "cross your hart buns" kry !

My seun stop pas nadat hy getroud is by die geriefswinkel by 'n vulstasie om gou 'n brood te koop. Sy vrou sê toe vir hom met die uitklimslag "koop sommer vir my die Weekly Gossip".  Vanuit die motor kon sy sien hoe soek hy tussen die tydskrifrakke en hy het naderhand 'n winkelassistent by om te help soek.  By die motor gekom sê hy hulle het nie die "Weekly Gossip" nie en sy vrou sê "ek soek eintlik die Huisgenoot !"

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 16/08/2018 - 19:25

Nee julle hier is jong mense wat hier lees ek hou julle dopwinkcheeky

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 17/08/2018 - 11:15

So bietjie gespot met die Nederlandse taal en dan ook misverstande;

Baie jare terug toe Petra nog mooi en jonk was, was ons lede van die Nederlandse Vereeniging, een van die dinge waarmee Petra en ek belas was, was om die nuwe rou Kaas imigrante bietjie  welkom te laat voel.

Nooi hulle maar saam na vertonings en stel hul voor aan die Suid Afrikaners, sodat hulle vinnig kan inskakel.

Voor ek verder vertel net so kort taal les, die Hollandse 'slang" woord vir die intieme daad is "Neuk" dit is dan ook waar die uitdruking ek het my vrou verneuk, of daai ou het my deur die ore geneuk, eintlik baie letterlik.

So nooi ons toe eendag die jong Nederlandse paartjie met hul twee opgeskote kinders saam met 'n klomp van ons stoere boere vriende vir 'n braai by die Fonteine by Pta.

Ons was seker so 20 grootmense en 'n spul kinners, lekker GROOT vuur, baie vleis, zaza [stywe pap] en so lekker tamatie en uiwe sous. Die klippies loop mooi, ons moet darem die Kase leer van ons nationale dop, en ek het so paar bottels "Egte Ouwe Jenever" daar sodat die boere kan proe hoes die kaasdop.

So op 'n stadium kom Geert [die nuwe Kaaskop, ons is nou nog pelle] so vertroulik by my staan en wil toe weet of die spul mense almal my pelle is. Toe ek dit bevestig, lyk hy maar redelik afgehaal, wil toe weet of hulle soort van die tipiese Suid Afrikaner verteenwoordig.

Hy reken hy het nie bessef ons is so ligtelik met die intieme kant van 'n huwelik nie? Vra hom nou wat nou. Sal hy my vertel dat twee seuns seker so 12, 13 jaag mekaar en die agterste een reken "Ek gaan jou neuk" hy se en die seun se ma sit net en kyk - pla haar blykbaar glad nie!?

Nouja, ek het toe maar vir hom en sy vrou mooi verduidelik dat neuk hier by ons iets heel anders en baie minder aangenaam is!

Hulle is nou ook al oupa en ouma, al hul kinders en kleinkinders woon ook nog hier, en hul glo vas dat dit was die heel beste besluit om na SA te emigreer? Geert, het finansieel baie goed vir homself gedoen en al hul kinders het baie goeie werke.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 17/08/2018 - 11:25

Een van my talle Neefs in Nederland het so paar jaar terug bietjie deur ons land kom toer, ook sommer so twee nagte by ons oorgeslaap.

Toe hulle van ons af verder vertrek, so met die groetery se die vroutjie vir Petra ons moet nou vir hulle ook in Amsterdam gaan kuier. Nouja Petra gebruik toe daai tipiese Afrikaanse gesegde "Ja ons sal eendag" Die vrou kyk haar erg geskok aan en se "Jullie komt tog niet na Nederland voor een dag, ju moet tog langer blyfe?"

Ja die tale sorg soms vir helse misverstande!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 17/08/2018 - 11:41

Arie, ek geniet altyd Hollands vreeslik!   Dit laat my baie lag, nie in soos lag vir die taal nie, lag want dit kom vir my komies oor.    Een van die redes is seker juis dat daar woorde is wat 'n heel ander betekenis in Afrikaans het.   Ek is nie 'n groot "fan" van Casper de Vries nie behalwe as hy 'n Nederlandse storie vertel.   Dit is lekker om iemand te hoor Hollands praat.   Jy kan gerus vir ons nog stories vertel oor die taal.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 17/08/2018 - 13:05

Ja ou Casper, in die begin baie van hom gehou, maar heelaas hy maak ook nou soos so baie ander komediante, hy glo hoe krasser hoer meer komies.

Daar is tog soveel manier om iets te beskryf sonder om so absoluut kras en blatant te wees?

Ik sal tog wel eens probere om so Nederlandsche mopje of twee hier te vertellen, Ik find ook de Nederlandsche mopjes heel erg leuk, maar soms mag dat wel in een hele grote puinhoop verander.

Dat gebeurd maar normaalweg met een flesche feesje, waar de manne te veel borreltjies in neem en de tong dan ietwat swaar in de mond ligge, dan ben de manne soms wel geneigd om effetjies kru te rake en daar houd de schattige jonge meide niet van. Het es wel heel goed sou daar net een spul jonge knulle bymekaard wesen, dan mogt het wel eens effentjies hand uit rukken, maar dat gebeurd gelukig maar heel vaakt, sou de vrouens dat hoor dan kryg wyj een draai om de ore en word na ons nest gesture.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 17/08/2018 - 13:11

Uitstekend Arie!!   Ai man, dit is nou 'n lekker lees.   Ek sien voor my hoe draai vrouens die mans se ore tot by die bed!   Lyk my die Hollandse vroue weet hoe om hulle mans te tugtig en in toom te hou.laugh

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Fri, 17/08/2018 - 16:37

Johann, ja, het ziet eruit als mijn hupse veel mensen hier, en kan er gelijk vuist geslagen, en mij annuleerteken niet langer stormloop weg snel, niet ponsen! Ik zal dus maar liever een beetje bier pour voor mezelf.

Dus zal ik log uit

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 17/08/2018 - 17:52

Op skool st 6, het n penvriendin in Holland, Marijke de Vos woon in Sommelsdijk. As ek reg onthou het ons deur die Patrys boekie ontmoet.

So met die bekendstelling van onself etc vertel sy ewe netjies dat sy twee katte het. Dit is natuurlik in Nederlands geskryf, en lyk heel aardig vir n onskuldige boerklong.  Het vir dae lank gewonder hoe so iets dan nou mogentlik kan wees, dalk net n misverstand, en dit daar gelaat tot baie jare later.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 17/08/2018 - 19:15

Herman, ek het self aan daai Hollandse woord vir 'n kat gedink, vroeër vandag.  Maar soos jy, natuurlik dit nie by naam kon noem nie, so eerder gelos.  Dit is juis een van die dinge wat ek tydens een van Casper de Vries se vertonings  geleer het.   Ek kan glo dat dit baie erg moes klink vir 'n st 6 outjie.   Gelukkig kon jy later uitvind sy is heel normaal geskape.laugh

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 17/08/2018 - 19:17

Tannie Freda, "Draai om het ore" is eintlik net 'n lekker klap teen die kop!

Sal as ek more kansie kry nog so Nederlandse mopje vertellen. Vandag virons sulke lekker dik, omtrent so 4 cm dik hamburger pattys gekoop by Toeka se Dae, dit is gestop met biltong en kaas.

Kole amper reg en ons kry netnou so paar kuier mense om die goete te try! Hoop dit is so lekker soos dit klink.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 18/08/2018 - 12:25

Maryke, 8 jarige leuke meid, die woont saam met haar Vader en Moeder aan het buitewyken van Scheveningeng [dat is waar de heerlike Haringtjies en gerookte paling vandaan komt] 

De gesinetjie heeft ook wel een hondje, Maryke se troeteldiertje, wil jullie wel eens weten, dat in Nederland heeft so wat ieder en elek een hond as troeteldier.

Op een gegefe dag vraagd Maryke of se Wagtertjie voor een wandeling mag nemen, Moe is niet ten vonde, want Wagter is op hitte. Maar Maryke hou aan met seure, sy wilt opsluit gaan stappe.

Vader bedink toe aan een planetjie, die tapt so scheutje bensien uit het auto, en smeer dat so agter op Wagter, weet je wel daar waar het eregste reuk uitkom. Nouja so gedoe en so gedaan, leiseltje om wagter se hals, en daar gaat Maryke, straat op.

Zo wat 20 min later is Maryke tuis sonder Wagter, seg moeder "Nou waar sit Wagter dan" waarop Maryke ant "Wagter heeft sonder bensien gaan stane, maar maak je maar niet ongerust, de bure se hond is besig om Wagter aan testote naar huis!"

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus