Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 minutes ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -5 minutes ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -8 minutes ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -12 minutes ago
Netwerk24 Media24 se koerante en… Chris Boucher -33 minutes ago
'n Nuwe gunsteling?? Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -40 minutes ago

Haat en woede??

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Ek raak regtig baie bekomerd oor ons mense se toekoms, die absolute haat en woede wat ek op FB sien oor die onbenuligste ou dingetjies?

Die mense vat vlam, dit vloek onder vrouens se klere in, selfs vrouens vloek so, die absolute rasse haat van beide kleure af, en dan die ding dat almal anders moet geblameer word, ons is self NOOIT verkeerd nie.

Mense dit moet tog erg wees om met soveel haat en woede heeldag saam te leef?? Daar is nie 'n enkele ding wat reg is nie. Alles word gesien as 'n duistere sameswering om jou in te doen, alles is 'n inside jop, niemand word meer geglo nie??

En dan vir elke ou dingetjie moet 'n plek geboikot word, magties, ek mag nie Sasol ingooi nie, mag nie by Spur eet nie en nou is dit Dros se beurt.

Almal soek nou die fout by Dros en die meisietjie wat verkrag was se ouers die skuld.

En hier dog die stupid Kaaskop dit was die verkragter se skuld, nee blykbaar het Dros die ding verkeerd [!?] hanteer, die ouers [asof hulle nie al genoeg self verwyt en smart het nie] het skynbaar nie goed genoeg na die dogter gekyk nie!!!

Daar word nou gevra dat ons Dros moet boikot, really, what next!? Snaaks ek sien omtrent geen boodskap waar die ouers en dogter opgedra word in gebede nie, niemand wat simpatiseer met hulle nie, nee dit is 'n gevloek en geskel en oproepe tot boikot?? Snaaks ook dat ek nie enkele post kon kry waar die verkragter veroordeel word nie, kan nie help om te wonder as hy swart was, wat sou die reaksie dan gewees het?

Dit is genoeg om enige mens in depresie te sit.

PRETORIA
Profile picture for user Leeutemmer

Leeutemmer

Sat, 29/09/2018 - 13:26

And in the last day`s people will be lovers of money and pleasure, and there will be no love. En dit is presies waar ons vandag is.

Groete

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 29/09/2018 - 13:55

Amen.

And in the last day`s people will be lovers of money and pleasure, and there will be no love. En dit is presies waar ons vandag is.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus