Ek het my ander draad begin oor die kleur, die draad is vir spuitverf raad, want die verf klou nie.
Toe die Jurgens 17 jaar terug by ons aangekom het, het die dak voor en agter op die rondings omtrent geen verf oorgehad nie. Ons het begin met die afskuur en voorbereiding vir die nuwe spuitverf. Die wa is oor gespuit met duco en mooi gepolish. Die laaste om en by 6 jaar het daai rondings weer omtrent geen verf gehad nie. Dis waar my ouers toe besluit het om die spuitverf oor te doen in 2016. 'n Neef van my het sy spuitverf sertifikaat by Toyota gedoen en verwerf. Hy het aanbeveel dat die wa toe met daai rooi onderlaag gespuit word en dan moet die bo laag met QD spuitverf gedoen word. Dis nou amper 2 jaar gelede gedoen en ek het nou klaar weer agter gekom dat die verf op die dak opdop. ![]()
Ek sal graag wil weet wat moet ek doen dat die verf klou aan die wa?
Al die ander spuitverf werk wat ek gedoen het sover hou. Ek is nou reeds besig om my swaer se Corsa te spuit waar sy verf nie mooi lyk nie. ![]()
Alles noet skoon
Gerhard maak seker die ou lady se dak is mooi skoon voor jy verf sterkte daarmee
Gerhard, wat ek gewoonlik…
Gerhard, wat ek gewoonlik doen is om sunlight liquid by die water te gooi wanneer ek die skuurwerk doen. voordar ek dan verf vee ek die oppervlak af met benzien. Dit maak die oppervlak skoon en vry van enige vetterigheid war maak dat die verf nie klou nie
Gerhard maak ook seker…
Gerhard maak ook seker waneer jy spry dat daar n water trap in die "AIR SUPPLY" lyn is. Dit kan ook wees dat water die oorsaak kan wees as die verf dit doen.
Gerhard................
...................ek kan ongelukkig nie vir jou raad gee watter verf om te gebruik of hoe om dit te doen nie. As ek egter na die afdop gedeeltes kyk, lê die fout by die onderlaag wat nie op die plaat geklou het nie want die afgeskuurde deel is weer sigbaar.
Maar op 'n ander noot, jy het die wa nou so pragtig gerestoureer en as jy weer moet verf, wil jy nie die kleur heroorweeg na die oorspronklike Jurgens 'two tone" kleur nie - dit sal die wa net meer besonders maak. Die boonste deel was wit en die onderste 'n soort van kaki (soos die Bushlapas of die boere se Toyota Landcruisers).
Oom Len...
Oom Len dit was presies sy woorde dat die onderlaag verkeerd is.
Dan die kleur was regtig nie ons keuse nie. My ma wou die wa lig grys hê, want sy kamp nie in 'n ambulans nie.
Ons kyk om die wa heeltemal wit te spuit of die "two tone" te doen. Ons hou glad nie van die kleur nie. Ek moet net daai deur vervang dan spuit ons als saam nou.
Die eerste keer...
Die eerste keer het ek haar geprep en gespuit. Gewone onderlaag en duco verf.
Two tone is maklik. Ek wil nou seker maak die verf klou nou.
Dalk 'n dom vraag, maar ek…
Dalk 'n dom vraag, maar ek het darem die verskoning dat ek glad nie tegniese kennis het nie.😀
Kan dit nie wees omdat dit alluminium plaat is nie, ek het gister na 'n stuk "off cut" gekyk, dit lyk my of dit eerder 'n soort "dai" (spelling) is wat gebruik word, of dalk selfs 'n "powder coating"?
Hy het met voorstelle...
Hy het met voorstelle gekom vanoggend. Dis 'n kollega van my.
Hy stel voor dat Prominent paints se ultra prime gebruik word die keer vir die onderlaag en hy sê dis nie nodig om tot op die metaal af te skuur nie, net die gemors af kry. Vir die bo laag stel hy voor die verf wat op sink dakke gebruik word wat die uitsit en inkrimp kan hanteer.
Oom Johan daai is "galvanised" plaat.
Jy moet maar baie seker maak…
Jy moet maar baie seker maak. Ek vermoed dit is aluminium plaat.
Is die "Prominent paints se…
Is die "Prominent paints se ultra prime" reg vir spuit verf en sal die ander bo laag verf reg wees met die onderlaag ?
Ultra Prime- Easy clean-up: Equipment is cleaned with water.
Galvanised iron:
- Remove rust, sand and clean with ProGold General Purpose Cleaner/water mixture (1:5) and scouring pads.
- Rinse with water and allow drying.
Aluminium:
- Sand, degrease with ProGold General Purpose Cleaner/water mixture (1:5), rinse with water and allow drying.
- Apply 2 coats Prominent Ultra Prime.
Application Details
- Mixing: Stir well with a flat paddle to an even consistency. Stir occasionally during use.
- Method: Roller (preferably mohair), brush, air assisted or airless spraygun.
- Thinning: Not applicable.
- Cleaning: Tap water. Remove as much of the product as possible from the application equipment before cleaning with water.
Dit pla my
Thinning: Not applicable.
Oom Willem...
Oom Willem ek het hom gevra en hy gebruik dit al baie jare so met geen probleme nie. Hy sê jy kan hom spuit
Ek sal eerder iemand soos…
Ek sal eerder iemand soos die kontak vir informasie ?
Auto Paint Centre
Theuns St &, Jakaranda St, Hennopspark, Centurion, 0172
012 653 5450
info@apcentre.co.za
GerhardEk het op twee van…
Gerhard
Ek het op twee van my navra per e-pos die volgende terugvoering gekry.





Ou Lady se dak
Ek gaan volgende week gou eendag na my pa-hulle toe dan sal ek die fotos kry toe hulle die wa in 2016 oorgespuit het en hier plaas sodat dit wys wat gedoen is.