Ek geniet ook altyd daai …
Ek geniet ook altyd daai 'Gemeenskaplike" ablusies, veral as daar so jong dametjie is wat graag gemeenskap met my wil he?
Ons het 'n kampblik vir ons sente
Op die blik het ons kamp koste neergeskryf en ook al die nice to haves wat ons nog wil aankoop vir kamp. Elke maand knyp elke familie lid sy deeltjie af en merk op die blik met 'n kruisie vir wat dit is. Dan word dit kamp spaar rekening toe oorgeplaas.
1 Kamp Koste
2 Diesel
3 Kos
4 Drinkgoed
5 Nice to haves.
Kamp budget word opgetrek so 2 maande voordie kamp en die geld ingedeel volgens die behoeftes.
(Met net 'n bietjie beplanning en voorbereiding (bv deur die jaar koop jy elke maand wanneer jy inkopies doen een of 2 x blikkies ingemaakte goed, sunlight, houtskool of sjampoo of of of ens ens (Of wanneer daar 'n sale is). So na 8 maande het jy vir die vakansie basises jou voorraad aangekoop en in die karavaan of kamp kas gepak. Dan is daar slegs paar goedtjies om met jou laaste 2 pay's die res aan te koop.
Ons doen dit nou al 6 jaar en dit werk vir ons. Min uitgawes voor ons vertrek en onthou ons verpak ook van die goed in kleiner maat so spaar op gewig en spasie en in die kas bly genoeg oor om vir die volgende kamp naweek ook te gebruik.
Julle sal verbaas wees hoe baie voorraad jy deur die jaar opgaar en dan is dit basies net brandstof wat 'n uitgawe is.
Dit bly belangrik om jou kamplyste op te trek en daar volgens jou beplanning te doen. (Sit elke keer by of haal af van die lys) totdat jy 'n bestaande kern lys het waarmee jy gemaklik kan kamp. (Eerstens jy spaar baie gewig want niks is onnodig nie en jy spaar baie onmiddelike kostes voor jy en tydens jou kamp want jy het mos voorraad in jou kamp kas).
(Ek gooi ook Diesel in kanne en stoor dit vir wanneer daar onluste/ loadshedding ens is of voor diesel prys opgaan 4 x kanne en jou tenk is vol (As jy nou nie baie baie vêr ry nie) en daar is geld vir vars drinkgoed ook
.
Baie slim en gedissplineerd…
Baie slim en gedissplineerd Riaan. Is jy in die weermag? ![]()
Anton ,ek dra net…
Anton ,ek dra net blommetjies klere vir die mooigeit![]()
Gister aand
Ek gesels so met my skoonseun wat ook se dit raak duur om te kamp ek se toe vir hom ja dis so maar beplan goed bere elke maand n paar rand en maak seker sodra jy oppad is na jou kamp plek is die ook reeds betaal dan is dit op einde van dag nie so rof nie ek se weer kamp is koning lank lewe kamp en braai vure
10 Jaar gelede het ek…
10 Jaar gelede het ek kwartaaliks vakansie beplan maar nou jaarliks eish !! Spandeer nou al my kampgeld aan die huis maintenance en kamp ver te min. Stem moet spaar en begroot vir die kampe.
My goal is om betaal te word…
My goal is om betaal te word om te kamp ![]()
My goal is om betaal te word…
My goal is om betaal te word om te kamp
Lyk my jy slaag daarin - met al jou aanbiedinge om verniet te gaan kamp.
As mens vergelyk met chalets…
As mens vergelyk met chalets, woonstelle, of hotelle, is kamp nog steeds baie goedkoper. Toe gegee, jou sleep kombinasie is 'n groot uitgawe, maar as jy nie daarop skuld nie, kom jy baie verder as die mense wat daai chalets ens moet betaal, hulle het net 'n klein bietjie voordeel op die brandstof verbruik, maar verloor ver in die totale prentjie.
Kamp, is in elk geval steeds by verre lekkerder en, glo dit, meer hieginies. Jy slaap in jou eie kooi, wat vir my baie belangrik is.
Petrol en diesel
Ja en daar kom petrol en diesel pryse lekke af vir desember sal help dat ouens hulle waens kan haak en gaan kamp
Moet altwee my voertuie…
Moet altwee my voertuie volmaak maar het gister net R100 in my daaglikse voertuig gegooi tot woensdag. Die ander voertuig is nog op 1/4 . Ek ry ook die 22ste af Danbaai toe en die verlaging sal wel 'n verskil maak.
Ek sal seker maar die Pajero…
Ek sal seker maar die Pajero vandag gaan vol maak. nog altyd geglo goedkoop koop is duur koop.
Maar skrikerig vir die "cheap" brandstof, kom dit nie dalk van sjina af nie???
As julle dink kamp is duur,…
As julle dink kamp is duur, probeer chalets. R1300 plus pd in Sanparke. Ja die mense wat teen kamp is sal vir jou vra wat van die koste van jou karavaan/ tente ens, maar die geen argument nie. Ons weet dat na 'n paar jaar kry jy basies jou geld terug vir die karavaan sou jy dit wou verkoop/inruil. Ons nie sulke ywerige kampers soos die meeste van julle nie, maar kamp bly 'n bargain. Wat sou dit vir Chris gekos het as hy vir 46 dae in Kruger in chalets moes gaan bly?
maar kamp bly 'n bargain. …
maar kamp bly 'n bargain.
... en dit is flippen lekkerrrrr .....![]()
Kamp oe kamp
Dis nie net goedkoper nie maar jy maak soveel meer vrinne as jy kamp die ou langs jou woonstel rondafel sal jou groet en jou miskien onthou by kamp is die verewig en die vibe net soveel lekkerder kamp is en bly koning
Gryskop-tyd
Wat sou dit vir Chris gekos het as hy vir 46 dae in Kruger in chalets moes gaan bly?
Sarel, net om jou 'n idee te gee t.o.v. wat jy hierbo noem. My 46 nagte in die wildtuin (eerskomende Mei-Jun) kos my in totaal R12 069.50 - m.a.w. R262.38 per nag. Maar die grootste gedeelte van binne die gryskop-afslagtyd, wanneer ons bo-60's 40% agslag kry op kampeerkostes Sondag- tot Donderdagaande. Jy betaal egter wel vol-tarief vir Vrydag- en Saterdagaande.
Ek is egter binnekort (26 Jan - 3 Feb) in die wildtuin in chalets/rondawels. Dit is ook in die gryskop afslagtyd, maar die afslag verskil van kamp tot kamp. Die totale koste vir die 9 nagte beloop R7 364.92 - m.a.w. R818.32 per nag. Dit is meer as drie keer die kostes van kampeer. Daarvoor kan jy maar jou wa sleep wildtuin toe.
Maar na die 46 nagte in die wildtuin gaan ons Eiland Spa toe vanaf 15 Junie tot 16 September (92 aande). My totale verblyfkoste beloop R10 860 - oftewel R118.04 per nag. Daarvoor kan ek inderwaarheid nie bekostig om by die huis te bly nie.





Kamp verslag? Nee donner…
Kamp verslag?
Nee donner nadat ek gister gesien het my flysheet is kapoet was ek vanoggend vroeg op kantoor om te werk vir geld sodat ek die ding kan vervang.
Ek sal vannaand probeer om te begin werk aan die verslag.
Maar hier is die kort weergawe: " Julle kan maar gaan"
Oom Phillip is wel nog besig om die plek klaar te maak en klomp klein dingetjies in plek te sit, maar ek is baie happy en vroulief ook. Ek kan nie wag om weer daar te gaan kamp nie, en hierdie keer by die staanplekke met gemeenskaplike ablsuies , want ek glo dit gaan NOG lekkerder wees.