Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bome omwaai November 2026 Geert -1 hour ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -14 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -15 hours ago
Hael November 2026 Geert -15 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -20 hours ago

Penta kombuis blad.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Naand sê vriende, ek is redelik raad op.

Ek wil my Penta (2005) se opwasbak en stoof uit gooi, dit is nou die kombuis gedeelte se opwas bakkie. Nou, my probleem is dit, my vrou wil nie 'n pragtige hout blad hê nie,  sy soek op stik dieselfde as wat nou in is.

Ek het die hele Vaaldriehoek deur kruis gesoek, nêrens kry ek 6mm veneer wat naastenby so kleur is nie, nog minder 6mm. In Gemiston, as ek reg onthou, kon ek op google iets op spoor, maar hul ad is misleidend, die sample wat naastenby soos die wa se kleur lyk, noem hulle "Dark Tea".  Ek doen toe navraag - hulle stock nie Dark Tea" nie.

Ek benodig 'n stuk van 1 x 1.5m van 2 tot maks 6 mm dik.

Met Jurgens  wat nog nie vol in produksie is nie,  weet ek wragtig nie waar ek gaan reg kom nie.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 31/10/2018 - 19:57

As iemand dalk weet waar ek so iets sal kan kry, en my laat weet, sal ek dit baie waardeer.

Al is dit net die veneer self (gewoonlik 1.5mm), ek kan dit dan self plak en reg sny.

Venneer
Hierdie is die naaste wat ek kon opspoor op google "Dark Tea"

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 31/10/2018 - 21:02

Johann, ek is ongelukkig te ver om te probeer help, maar het jy al probeer om by ouens wat kombuiskaste installeer, aan te klop ?

Mag ek vra, waarvoor gaan jy hierdie werkblad gebruik as jy jou stoof en opwas in die tent gaan gebruik ?

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 01/11/2018 - 03:16

Johann, ek sit met dieselfde penarie. Ek dink weer daaraan om eikehout verneer te gebruik. Ek gaan egter eers by die plekke kyk wat kombuiskaste bou soos Len van praat

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 01/11/2018 - 07:28

Len ons berei nie kos of kook glad nie in die wa nie, alles word buite gedoen. Die blad gaan dus eindlik net vir bêre plek (tydens kamp) gebruik word. Die stoof en wasbak vat baie plek onder dit (pype ens) waar mens eerder dit prakties kan gebruik. 

Die stoof werk in elk geval nie meer nie,  en due opwas kan jy beswaarlik 'n bord  in kry. 

Stoffel, ek het by al wat verskaffer is hier probeer, die verskaf net 16mm en dukker Formica, en ek wil juis weg kom van daai swaar goed.

 Die wasbak gebruik ons wel om allerande los goedjies in te gooi, maar ek wil eerder 'n uittrek laai daar in sit wat netjieser gaan wees.

Ek sal maar, as ek in Johannesburg kom, daar gaan soek by "shop fitters"

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 01/11/2018 - 08:02

Johann, ek het gister 'n naam van 'n plek gekry maar het die naam vergeet. Sal die man nou nou weer bel om die naam te kry. Hulle het blykbaar heelwat 3-6mm plywood wat verneer op het.

Sal later probeer om 'n foto te laai van wat ek wil doen. Dit is soort gelyk wat jy wil doen

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 01/11/2018 - 09:38

In Pretoria net duskant die hoeke van die ou Bloed en Bosman strate (Ken nou nog nie die nuwe name nie) in Bosmanstraat langs A.K Carrim hardeware is `n plek wat duisende van die velle verneer verkoop. Dit is so 1-2 mm dik. Feitlik enige patroon en skakering van graniet is beskikbaar.

Ek het gekoop om op bladdens te plak Moeilik om te sny maar dit het baie goed gewerk. Die rante kan met `n klein handskaaf perfek afgewerk word. Die kostes was minder as R300 per vel van 1.8 x 2.2m

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 01/11/2018 - 10:21

More Johan

al raad wat ek het is, probeer Brits woonwaens. Hulle doen groot ombouiings en herstelwerk na ongelukke, moontlik gaan hulle hê.

Hulle nommer is 012 2525169, en praat met Francois Stander.

Groete

Wessel

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 01/11/2018 - 13:37

Johann, die idee wat ek het is iets soos die. Die blou is 'n stukkie van die bestaande en die beige is die kas wat ek wil bysit nadat die twee wasbakke verwyder is.Kas 4ie beige

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 01/11/2018 - 20:06

Baie dankie julle, ek dink ek sal maar moet Pretoria toe ry, ek het vandag by die  laaste, wat ek van weet, plek gaan soek, verniet.

Danie, R300.00 per vel is glad nie baie nie, baie  dankie. Ek gaan net eers Wessel se advies probeer , net dalk kom ek daar reg,  dan kan hulle sommer die sny werk klaar doen ook.

Ek het gedink om dit met 'n "jigg saw" te sny en dan netjies af te werk met "mouse sander" met fyn skuur papier. 

Sal julle oo hoogte  houyes

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 01/11/2018 - 20:14

Stoffel dit lyk baie goed, jou wa se kombuis het dus nie so ronde deel soos die Jurgens nie?

Ek oorweeg nog laaie, en of rakkies. Die deel waar ek die wasbak uit haal, is rond, en daar gaan net plek vir een ekstra rak wees. Die deel onder die stoof is darem reghoekig, wat laaie maklik sal maak.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Fri, 02/11/2018 - 07:58

Johann 

Ek sal gou saterdag oggend probeer daar gaan draai en vir jou `n paar fotos neem van die verskillende velle verneer.

Sal sommer ook weer die prys bevestig.

Groetnis

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 02/11/2018 - 08:20

Johann, dit is hoedat my wa binne lyk behalwe die regterkant se hout deksel. My yskas is to by die boonste kas. Gaan die plek vandag bel om te hoor watter tipes verneer hulle verkoop en ook die diktessykant

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 02/11/2018 - 08:24

Johann, het die plek in Pretoria gebel. Hulle dunste board is 16mm. So hulle kan nie help nie. Daar is in Robertsham in Harry straat 54 ook 'n plek wat dit verkoop. Sal hulle ook probeer kontak. Boardmaster. Sal jou op hoogte hou

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 02/11/2018 - 11:24

daai ronding wat jy uit gegooi het, lyk baie beter

Ek het die ding gehad met 'n passie, want elke keer as 'n plastiek bakkie omval sit die rol deur vas.  Ek het ook nie van die wasbak gehou nie want dit het bo die blad uit gestaan en het 'n ronde plank op gehad wat nog hoër gestaan het.

Nie dat ons dit nou gebruik nie, maar dalk in die toekoms as daar minder goed rond staan by die kamp.

O, en dit verbeter die loop spasie.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Sun, 04/11/2018 - 16:23

Johann

Kon daar uitkom saterdag. Hulle het nog steeds die verneer nie so baie nie maar tog. Velle wissel tussen R200 - R300 Kon nie regtig jou kleur sien nie

 

Groetnis.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus