ATKV Buffelspoort

Algemene Inligting

Resensies

Brackenfell

HennieBo

Mon, 12/11/2018 - 14:59

ATKV Buffelspoort

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
7 uit 10
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Op spesiale versoek
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Verskeidenheid tipe staanplekke
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel en restaurant
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 12/11/2018 - 15:41

Ons het al paarkeer hier gekamp, lekker.

Hier is 'n foto van 2017.

.

2013

.

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Toegangbaarheid
Enige tipe voertuig
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Verskeidenheid tipe staanplekke
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Ja
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 13/11/2018 - 09:57

.........Kapenaar het ook iets te sê oor ATKV Buffelspoort in die Noordwes Provinsie.  In 2016 het ons oppad Kruger Wildtuin toe 'n gerekte naweek daar oorgestaan om in die omgewing te wees vir 'n familietroue.  Soos my ervaring met ander ATKV-oorde was die bespreking, Ontvangskantoor, staanplek, ablusie en fasiliteite absoluut puik  -  en dit was nogal 'n bedrywige langnaweek !

Hier is ons lekker staanplek onder koeltebome met 'n geplaveide stoep.

.

En hier is die netjiese, silwerskoon ablusie :-

.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Plaveisel met skadu
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Ja
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Vaalpark

Johann L

Sat, 01/12/2018 - 20:18

Wat meer kan mens sê van hierdie pragtige oord?

By sekeriteit se ontvangs word jy vriendelik gegroet deur sekeriteit wat jou bespreking bevestig, en jou versoek om by hoof ontvangs aan te meld, (dit geld net vir stiller tye, besige tye is jou papierwerk gewoonlik reg by sekeriteit) daar word jy vriendelik gehelp en papierwerk word af gehandel.

Die oord bestaan uit 4 blokke, A, B,C en D blok met elk genoegsame ablusie geriewe. Alle ablusies word deurgaans netjies gehou.

Staanplekke wissel in groote en jy moet met bespreking seker maak van die groote, ook of jy skadunet of bome se skadu verkies. Somige staanplekke het egter nie voldoende koelte nie, veral in die somer kan die paar plekke erg bak.

Sekeriteit is absoluut puik, daar is deurgaans sigbaarheid, snags is daar wagte met honde wat patrollies doen.

Met nog elke besoek van ons, het alle kampeerders by die stilte tye gehou, nog nooit 'n geraas van dronkies, of ander ervaar nie.

Hulp vir diegene wat hulp met opslaan, of oppak benodig, daar is genoeg mense wat gewillig is om te help teen vooraf onderhandelde vergoeding. (Jy moet met die hulp oor een kom met vergoeding)

In D-blok is 2 x Pentas, 1 x Fleetline, en 1 x Exclusive permanent staan gemaak, die word uit verhuur aan mense wat wil kamp, maar nie lus het vir die sleep nie. Die, is die sogenaamde "Putco" Jurgens waens.

Vermaak is daar in oorvloed, supertubes, put-put, borrelbaddens, koue- en warm swembaddens in die buite lug, sowel as 'n groot hydro spa binneshuis. Perdry ritte is ook beskikbaar, trampolines ens, om maar net 'n paar uit te sonder.

Daar is ook 'n salon waar die dames hulself kan laat pamperlang.

Saans word die tuin om die ontspannings area met groen ligte verlig.

Ons besoek Buffelspoort ten minste drie keer elke jaar.

Trappies
Dam by die onderdak swembad
Buffelspoort
Ons het op 'n lee staanplek onder bome gekuier.
Kuier plek
Aan die oorkant van die pad staan my wa
Aand
Aand toneel van die ontspannings area.
Swembad
Onderdak warm swembad.

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
9 uit 10
Kamp Datum
25 tot 30 Nov 2018
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Plaveisel met skadu
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Secunda

Sleep nou

Sun, 21/04/2019 - 19:44

Buffelspoort ook n oord vir oud en jonk hier is my resensie persoonlik vir my n oord wat ek na toe sal kom maar die wow is nie hier vir my

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
6 uit 10
Kamp Datum
18/04/2019 tot 22/04
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Plaveisel
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Ja
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Thu, 23/02/2023 - 11:31

So het ek toe Bufflespoort besoek en hier volg my eerlike resensie plus n ekstra inligting en vrae volgens n debat wat ek gevolg het op FB.

Met aankoms is ek gegroet deur vriendelike sekuritiet en bevestig dat ek wel bespreek het om daar te kom.

Daarna word ek verwys om in die lyn te stop en dan na ontvangs toe te gaan en finale papierwerk te kry.

.

 

 

 

 

 

.

 

 

 

Het toe vir my verduidelik waar die kamp plekke is en my staanplek gekry, darem nie te ver van die badkamers af nie, seker so 60-80 meter om te loop. Het toe kamp op geslaan en daar begin my vakansie.

.

Het toe eers lekker lunch gemaak, lekker ge eet, mense rondom my gaan ontmoet en begin gesels en lekker vriende gemaak. kamp is omtrent leeg, gesamentlik in blok A en B nie meer as tien kampeerders nie, baie rustig.

Besluit toe om n bietjie te gaan swem, heerlikheid, is dit darem vir jou n ent om te loop en nog opdraende ook maar ok ons is oppad.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

.

So het ek toe die hele week lekker gekamp, was lekker warm gewees en eers teen donderdag begin toe trek en koud raak maar die res van SA kry koud en kry baie reen.

Sondag oggend het ek kamp op geslaan teen tien uur, om 12 uur kom n ander persoon in met n karavaan en het vooraf gereel om te hoor of hy vroeer kan inkom want hulle kom van ver af. het goedkeuring gekry, so ry hulle toe na hulle staanplek toe, staanplek A.A, en wat kty hulle? twee VX Landcruisers op hulle staanplek, eers 5 uur die middag kom verwyder die mense hulle voertuie en die mense kan nou kamp opslaan. so die storie is so, die mense het in chalets gebly en het toe die voertuie sommer op n kamp plek gaan karkeer en die res van die dag gaan geniet, de duiwel wie daar moet kamp, want hulle het R30K vir die naweek spandeer want hulle is n klomp Christene wat n kerk kamp gehad het en 5 chalets bespreek het, en jou punt is? omdat jy n kerk kamp gehad het het jy die reg om te doen net wat jy wil?

Donderdag aand trek daar n bussie in en gaan na blok D toe, vandat hulle gestop het is die lawaai verskriklik, dromme wat geslaan word, klink of die iempies oppad is tot na 11 in die aand is dit die geraas, mense begin kla en niks word omtrent die saak gedoen nie. Die ander kultuur kom weg met moord.

Vrydag middag trek daar vir jou n klomp Land cruisers, Hilux en Ford mense in, seker tien voertuie, hulle slaan kamp op so in die reen, maar hulle trek n laer rondom hulle op, n klomp jong mense, eerste bier word oop gemaak en slaan verder kamp op, vinnig, binne 30 minute is hulle almal lekker in gerig, die musiek speel, ordentlike musiek dat die hele kamp kan saam luister, van boere musiek tot golden oldies speel.

So daar is die wedersydse respek, oorkant in blok D is die dromme van die Iempies wat oppad is en dan hierdie groep jong mense, teen 7 uur in die aand word die musiek sagter gesit en hulle as groep geniet hulle self, die n geskree of lawaaierige groep nie, respekteer die om jou en hulle sal jou respekteer tipe van houding, ek haal my hoed af vir daai groep mense.

Ek sal verseker wil he dat Buffelspoort bietjie aandag moet gee aan hulle badkamers, nie die skoonste of mooiste nie, alhoewel daar toilet papier is en papier om jou hande af te droof is die badkamers vuil en het n bietjie aandag nodig, n bietjie verf sal ook goed wees.

Die opwas area is ok maar kan ook beter en as jy jou skottelgoed klaar gewas het en jy trek die prop uit dan word jou voete nat want die pype gaan af en dan word die water weg gevoer soos n tipe van n "piepie Krip" vir mans, sou eerder se koppel dit met pype op tot op die einde.

die Stort hokkies is lekker groot en jou klere bly droog terwyl jy stort, van die stort koppe kan gerus bietjie ontkalk word sodat hulle weer lekker kan spuit maar ek sal weer daar gaan stort.

Ek was teleurgesteld in die Swembaddens, die buite koue swembaddens is lou warm en nie koud nie, die warm swembad buite is warmer as die onder dakse warm swembad. daar was baie min vermaak terwyl ons geswem het of net gele en rus het. oor naweke wemel die plek met mense maar deur die week is dit lekker rustig. 

Ek wil gou hier praat oor kostes ook, ek het vir die hele week gekamp, sondag tot sondag, ek lees op n FB groep van baie baie mense kla oor dit so duur is om te kamp by die ATKV. 

Kan iemand dit vir my verduidelik asb, of ek is onnosel of my wiskunde steek my in die skande. hoe kan jy R235 per dag vergelyk vir n staanplek en ander plekke vra R130 per persoon of n fixed rate van R400-600 per nag? ek vra maar net! 

 

 

 

 

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
5-12 Februarie 2023
Koste
R1780
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Nee
Staanplekke?
Gras en plaveisel opsies
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel en restaurant
Ablusies
3uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Vir kinders?
Baie fasiliteite
rolstoelvriendelik
Ja
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus