Ai lekker, ons vertrek DV Maandag 17 April tot 25 April na Buffelspoort vir 'n heerlike wegbreek.
Omdat ons nie meer seisoen gebonde is nie, kan mens uit sien na 'n rustige paar dae met die kinders en kleinkinders.
Raak nou haastig?
Geniet dit
Klink baie lekker, veral as die kinders en kleinkinders saam kamp. Geniet jul familietyd saam.
Dankie Voortrekker en Freda…
Dankie Voortrekker en Freda. Buffelspoort is altyd 'n wenner en ons kan nie wag nie.
Dit gaan ons jonsgte kleinkind, Armand (2 maande oud), se tweede kamp wees, en Adriaantjie (4 jaar) gaan sy 40st kamp kerf verby steek.??
Johann, lekkerrrrrrr
Johann, julle moet geniet, en dit sommer enjoy ook!!!!, en, MOOI ry!!!

Dankie Frans
Gaan so maak dankie Frans.
Vandag my tent loop haal, na die paar veranderings wat ek nog laat doen het, Maandag sleep ons. Glo die pad behoort redelik lekker te wees.
Geniet hom
Johann, gaan geniet hom, my beurt kom ook al nader en die stress ook minder.
Basies gaan ons mekaar oorgrens, ons ry die 22ste Eastco Magalies toe tot en met die 1ste
Dankie, dieselfde
Johann, julle moet ook veilig reis. Ek vertrou dat die pad sal stil wees.
Ons verdien om batterye te gaan herlaai.
Lekkerrr stil met al die geraasgatte huis toe.
Lekker leesstof en stilte, eish man!!!
So paar fotos van…
So paar fotos van Buffelspoort
Regtig baie aan gename bure…
Regtig baie aan gename bure gehad, dit maak dinge net so veel lekkerder. Coenie H. van Meyerton neem nie aan sosiale media deel nie, maar wat 'n aan gename mense.
Hier is paar fotos van kamp terein.
Drie broers van Kimberley wat so saam-saam met hul waens kamp, maggies daai kaapse vriedelikheid, regtig lekker gesêls.

Jis jis dit lyk sooo lekker…
Jis jis dit lyk sooo lekker.
Koningskinders se lekker nêh
Dit lyk sommer lekker
Kan sien julle het lekker gekamp, Johann. Wat meer kan mens vra. Dankie vir die mooi foto's.
Lekkkerrrrrrrrr!!
Johann, bly julle lekker gekuier!!, dit lyk so tipies "uit ons verlede"!!!!!
Lekker "memories"!!!
Die atmosfeer by ATKV…
Die atmosfeer by ATKV Buffelspoort is amper net so lekker as by ATKV Eiland, die mid week was besig en besonders lekker, die naweek was die oord vol.
Dit klink vir my ook heerlik…
Dit klink vir my ook heerlik. Dankie vir die deel en foto's en julle moet dit geniet!
Tuis
Anton, ek dink Johann hulle is al reeds tuis, volgens wat ek kon onthou van oorspronklike datums.
Johann, snaaks dat daardie plekke van sulke oorde, Buffelspoort, Rob Fereirra van ouds, Warmbad (van ouds) Eiland en so aan, 'n "ander" tipe atmosfeer het (gehad het), soos ons dit ook ondervind het.
Jy het amper "tuis" gevoel, so asof dit JOU eie deeltjie van die natuur (ontspanningsplek) is.
Buffels bly tops!
Buffelspoort is soos n Wimpy brekfis, stel nooit teleur nie.
Buffelspoort
Ons was van laas Woensdag af daar en die oord war redelik vol gewees en teen Vrydag het die res van die ouens in gekom, lekker vol gewees.
Ja die oord is baie lekker net soos ek die ATKV oorde ken, maar my keuse vir die binne land se oord sal steeds by Eiland bly.





Julle moet dit geniet!
Geniet julle tyd daar Johann.