Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

Kleinplaas Oudtshoorn

Algemene Inligting

Resensies

Hierdie is voorwaar nou n "gem" in die Klein Karoo soos hulle se.

Ons besoek die oord minstens 3 keer per jaar, ons jaarlikse Desember 2 weke kamp, 4-5 dae tydens jaarlikse KKNK  (backpacker kamer) en gewoonlik weer rondom September (chalet).

Ons kan eenvoudig net nie wegbly van die plek nie en het al telkemale ander oorde gaan soek om ons jaarlikse Desember vakansie te gaan vertoef, maar is bevrees kry nie iets wat vir ONS kan kers hou by Kleinplaas nie.

Elke keer wat ons hier kom sien ons iets anders wat gedoen is om die plek te verbeter.

Die kamp ablusies as as voorbeeld Maart vanjaar heeltemal oorgedoen, nie dat daar enigsins iets fout was met hoe dit was nie.

Siende daar baie bome is, is gras maar beperk op die staanplekke en daar word ook vanaf vanjaar wood chips op die staanplekke gestrooi om stof en moontlike modder as dit reen te voorkom.

Tydens ons September besoek het ek weer positiewe verandering gesien.

Die park bied n swembad, klein speelpark met n groot oop vlak vir as mens wil bal skop, krieket speel ens asook n petting farm, hoenders, ganse ens wat jy kan voer.

Diefstal het hier al baie hier plaas gevind tydens die jaarlikse KKNK, maar dus die oppertunistiese skelms wat steel - spesifiek tydens die KKNK want hulle weet die dorp is vol. Diefstal is volop by al die kamp plekke tydens die fees en totaal ruk dit hand uit by die informele kamp terreine bv skool sportsvelde ens.

Ons het nog van GEEN insidente gehoor of ervaar hier tydens ons besoeke uitsluitlik tydens KKNK fees tyd nie.

Ons tel die dae af want op 26 Desember die jaar trek ons weer hier in vir ons jaarlikse 2 weke kamp vakansie!

Hier staan ons tydens ons 2 weke Desember vakansie Desember 2017.

.

Foto van kamp area

.

 

Foto van ingaan na Kleinplaas

.

 

Swembad - heerlik tydens Desember se 38 grade daagliks!

.

 

Hier is hul 5 bed 1 bedroom chalet. Ons het tydens ons laaste besoek September 2018 in hierdie chalet gebly. Fantasties!

.

 

Foto van oord, oop vlak en klein speel park regs. Chalets links op foto is hul 6 bed 2 bedroom chalets.

.

 

Foto van kamp area

.

 

Die is die backpacker kamers. Ons bly in hulle tydens ons jaarlikse KKNK. Als wat jy benodig is hierin vir 2 mense.

.

 

4 Bed luxury chalets regs op foto met jou eie agterstoep, gras en braai. Stunning!

.

 

Swembad met kamp ablusies direk agter dit.

.

 

4 bed open plan standard chalets.

.

 

Foto van oord

.

 

Kamp area

.

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
10 uit 10
Kamp Datum
September 2018
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Gras
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Ja
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 22/11/2018 - 20:02

...ek stem eenhonderd persent saam !

Roodepoort

HennieBo

Fri, 23/11/2018 - 06:34

Die lekker van hierdie oord is dat dit baie sentraal gelee is as jy ook die R62 wil verken. Dagtrippie uit na George (70km). Cango grotte ook nie ver daarvandaan. Volstruis plase, krokodil plaas ens ens.

Ek het ook al daar oorgebly oppad Hartenbos toe. Een jaar met die BMW bike festival daar oorgebly in een van hulle chalets.

Ek stem saam baie lekker park om in te kamp

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
des 2013
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Grond
Swembaddens?
Koue Swembad

Ons het 18 Desember 2018 hier oorgeslaap. Dir was ons eerste besoek aan Kleinplaas, maar verseker nie die laaste nie. 'n Puik oord!