Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

Rondeberg Clanwilliam

Algemene Inligting

Resensies

Die wapad.

Koos Mol

Fri, 30/11/2018 - 20:43

Ons het vanaf 11 November 2018, 5 nagte hier deurgebring.

 

Rondeberg is 26km Noord van Clanwilliam geleë, op die N7 roete. Die oord is op ‘n aktiewe boerdery teenaan die Bulshoekdam geleë. Die grondpad vanaf die N7 na die kamp is ongeveer 0,5km en bietjie ongelyk. Dit is is ‘n baie mooi oord, baie netjies en skoon. Ontvangs was vriendelik en ons het ‘n rustige tydjie hier deurgebring. Alhoewel die oord naby die N7 roete gelee is, en die roete redelik besig is, was die verkeer nie vir ons ‘n probleem wat betref lawaai nie.

Die oord het chalets, karavaanstaanplekke met privaat ablusie en staanplekke met gemeenskaplike ablusiegeriewe.

Die staanplekke is gras en gelyk. Die staanplekke is gemerk, afgebaken en groot genoeg vir ‘n groot karavaan. Daar is nie veel skaduwee nie, die staanplekke met bome en skaduwee is skuins en nie aan te bevele vir ‘n karavaan nie. Al die staanplekke het ‘n uitsig oor die dam en die berge oorkant die dam. Elke staanplek het ‘n geboude braaier met ‘n krag aansluitingspunt. Elke twee staanplekke deel ‘n waterkraan.

Toegang tot die oord word beheer met ‘n valhek. Die oord is nie omhein nie en op navraag is ons ingelig dat veiligheid op die oord nie ‘n probleem is nie.

Die ablusie geriewe is van ‘n goeie standaard, baie mooi, netjies en skoon. Skottelgoed opwas fasiliteite en ‘n wasmasjien is beskikbaar in die ablusie gebou. Verhitting van warm water geskied met elektrisiteit.

Die oord sal ek met vrymoedigheid aanbeveel. Clanwilliam en die omgewing bied ook heelwat aan vir die nuuskierige toeris.

https://www.rondeberg.com/selfcatering-accommodation/camping-caravanpark

"'
Ons staanplek

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Kamp Datum
11 tot 15 Nov 2018
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Op spesiale versoek
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Gras
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Nee
4x4 attraksies
4X4 roetes
Vir kinders?
Slegs speelpark
Boesmansriviermond

Sarel Marais

Wed, 05/12/2018 - 11:24

Ons het al verskeie kere by Rondeberg gestaan en dit was elke keer puik. Ek dink jou gradering is in die kol