Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

41050 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ry ook maar altyd n 12V… Is jou spaar styf Harry Du Randt -35 minutes ago
Ons tel die 3 slapies saam… Amper tyd! Voortrekker -51 minutes ago
Stephan, daai opgewondenheid… Amper tyd! Johann L -54 minutes ago
Stephan julle moet dit… Amper tyd! Dusty -1 hour ago
Baie beter!!!

Net 'n meer…
Army Dae Arie -1 hour ago
More golden words Lag 'n slag Voortrekker -1 hour ago
Golden words. Lag 'n slag Johann L -1 hour ago

Baie Welkom Sarel en Suzette Marais!

Centurion
Submitted by Voortrekker on Wed, 05/12/2018 - 12:53
Forums

welkom  Sarel en Suzette, baie baie welkom by kampforum.co.za!  Dit is lekker om julle as deel van ons te hé!   Ek hoop julle gaan nog baie lekker saam met ons hier kuier, kamp en gesels!  smileyyes

Gebruik sommer hierdie draad om meer van julself te vertel, julle avonture en dinge en hoe julle kamp!   Ons sien uit om meer te hoor en sien wink

Verskoon tog asseblief van die ander lede hier wat partykeer bietjie hand uitruk van van die pad af gaan, maar ons bly darem lief vir almal, of die meeste van hulle laugh

Boesmansriviermond

Sarel Marais

Sat, 08/12/2018 - 14:20

Net so dat julle darem weet met wie julle praat, en andersom:

Suzette en ek is albei 1952 se kallers, dus 66 jr oud.  het mekaar 1ste jaar op die ou UPE raakgeloop, saam regte geswot, saam grad gevang, saam getroud, slaap saam en het selfs vir 'n tyd saam gewerk as staatsaanklaers en landdroste. Binne 'n jaar nadat ons getroud is (Des 74) het ons begin motorfiets ry, tot groot ontsteltenis van ons base. Hoe durf ons die Dept van Justisie se naam so skaad? Net skollies ry motorfiets.  Ek het gou besef Justisie is nie vir my nie en het by die regsafdeling van 'n groot finansiële instelling aangesluit, waar ek tot by my aftrede 4 jaar gelede gewerk ket.  Suzette het egter as landdros by Justisie gebly tot sy Des 2016 afgetree het.

Ewenwel, dis toe ons die eerste keer met die kamplewe te doen gekry het.  Ons het die land vol getoer met die motorfiets en tent opgeslaan waar ons ons ookal laatmiddag bevind het. Elke April 'n nuwe fiets gekoop - Kawa 750, BMW 1000, Kawa 1000, Suzuki 1000 ens ens. En ons het gery! Tot 44000 km in 12 maande. Sorgvry. Toe kom die kindertjies en en die motorfietsry moes eera noodgedwonge gestaak word, alhoewel ek altyd 'n fiets gehad het. Weer ernstig begin ry toe die kinders groter geraak het maar nie gekamp nie. Een BMW GS 1200 na die ander.

Toe tref 2 groot rugoperasies my en ons besluit om die motorfietslewe maar vaarwel toe te roep.

Ons het laat in ons lewe weer begin kamp. Ou vriende van ons het besluit om na jare weer 'n karavaan te koop en die gogga het ons ook gebyt. Omdat ons hou van grondpaaie ry het ons 'n Jurgens XT 120 met daktent, sytente die works aangeskaf.  Sommer op die eerste trippie Bontebokpark toe besef dis 'n fout.  Die Suzuki Grand Vitara wat ons daardie tyd gery het was heeltemal te lig in die broek vir daardie sleepwa.  Ek dink dit het meer te doen gehad met die argaïse 4spoed outo ratkas waarmee hulle vadag nog uitkom.  Toe begin rondkyk na iets ligter. Op Maun loop ons 4 jaar gelede 'n oubaas raak wat met 'n Skipper daar gekamp het. Hy het ons vertel hoe hy basies enige plek met sy Skipper ry.  Ons het begin navrae doen en 'n Skipper Oyster bestel, iets waaroor ons nog nooit spyt was nie.  Ons was Feb hierdie jaar weer daarmee Kgalagadi toe vir 12 dae. Van Twee Rivieren  Nossop toe. Vandaar Mata mata toe. Die van julle wat die Kgalagadi ken sal weet daardie paaie is 'n uitdaging, maar die Skipper loop heerlik daar.

Wanneer ons vir 'n paar dae op 'n plek staan slaan ons die voltent sowel as die rallytent op.  As die wind moeilikheid gee sit ons shadecloth mure aan die rally en ons kamp lekker gemaklik.  Ja, ons het al oorweeg om 'n groter wa te koop, maar dan sal dit n veldwa moet wees wat te swaar gaan wees vir die X-Trail 2.5 wat ons tans ry. Dan raak ons maar weer van voor af lief vir die ou Skippertjie. Het al wyd gesleep daarmee.

Maar genoeg nou.  Wil julle nie verveel nie.  Lekker kamp!

 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/12/2018 - 15:02

..................welkom Sarel en Suzette !  Dis nou wat ek noem 'n ordentelike bekendstelling, voel of ons al jare vriende is.  Moet wees omdat jy ook 'n Nissan-man is en ook 'n Skipper fên is.  As ek jonger was (ek "beat" julle met 5 jaar) sou ek beslis ook 'n Skipper besit het.  Dis vir my een van die beste ontwerpte en geboude tent-waens.  Die Kerkhoff broers wat hulle daar in KZN bou is al jare betrokke by karavane en dit is geen wonder nie dat hulle waens seepglad loop in die Kgalagadi.  Daar is nie 'n tent, karavaan-tent of boswa wat se seile so netjies span soos 'n Skipper nie.

Ons hou ook baie van Kgalagadi, maar kan ongelukkig nie verder kamp as Tweerivieren met ons teerpad-Exclusive nie.

Skep 'n bietjie 'n afsonderlike draad en vertel ons 'n bietjie meer van die Skipper en julle Kgalagadi trippie daarmee.  Moenie fotos vergeet nie, dis baie maklik.

Ons het tot 2 jaar gelede in Bellville gebly. Nou kan jy seker ook raai by watter finansiele instelling ek gwerk het.

Toe Suzette afgetree het, het ons besluit om terug te kom Boesmans toe waar ons jare gelede gewoon het. Heerlik hier met Addo op ons voorstoep.

Ek sal 'n poging aanwend met daardie Kgalagadi draad waarvan jy praat maar ek het nog nie regtig die kennis om foto's te laai nie. Sal eers moet oefen.

Het jy geweet dat Robbie Kerkhoff die Gazelle karavaan ontwerp en gebou het? Een van die groot karavaanvervaardigers het hulle oorgekoop. Nou vervaardig hulle net Skippers. Wil hulle juis kontak om te hoor of hulle hierdie jaar weer op Port Alfred kom staan soos hulle al jare doen.

Moet se, die Skipper se seilwerk is regtig indrukwekkend. Ons het 'n tyd gelede by Strandskloof naby Gansbaai gekamp toe die wind stormsterk begin waai het. Die parkeienaar het tot stormpenne uitgedeel aan mense wat nie gehad het nie. Sommige mense het skade opgedoen maar ons tent het skaars geroer in die wind. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/12/2018 - 21:12

Sarel, ja ek weet dat die Kerkhoffs daardie uiters luukse en populêre Gazelles (waarvan daar nog steeds 'n klompie loop, selfs 'n trippel-as een).

Addo is ook een van ons gunstelinge en ons was selfs 'n maand gelede in Bontebokpark waarvan jy ook iewers iets gesê het.

Ons wag vir daardie Kgalagadi storie en fotos.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 08/12/2018 - 21:31

Sarel, iewers is hier 'n video clip wat presies verduidelik hoe om fotos te laai. Ek sal kyk, en dit vorentoe bring vir jou.👍

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 09/12/2018 - 11:03

Dagse Sarel en Suzette, bly dat julle kom saamgesels. Hier is n paar wat net so erg oor die Kgalagadi is, dit is ons gunsteling park, as ons moet kies.  Woon so 180km van Karoo N Park af, en probeer so paar besoeke n jaar doen. 

Wag vir daai fotos, sal kyk of hier so paar is wat ek kan byvoeg.

Port Elizabeth

Antie

Mon, 10/12/2018 - 06:29

Môre Sarel en Suzette.   Baie welkom op die forum.   Ons het al gesels op ander drade.   Ek weet tot al dat julle jare gelede in dieselfde kompleks gewoon het as waar ek tans woon.  Julle is ou Baaienaars en nou Oos Kapenaars.   Ek glo Boesmans is 'n lieflike plek om in af te tree.

Ons hoor graag van jul reise met die Skipper.   En geniet die forum.

Boesmansriviermond

Sarel Marais

Mon, 10/12/2018 - 06:42

Dis lekker om te lees en saam te gesels.

Koos, presies wat ek ook gedink het. Ek gaan beslis by jou kom hulp soek met die foto's

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 10/12/2018 - 07:59

................ek moes dit iewers misgelees het, wanneer kamp julle by Vanzylsrus hier om die draai van my ?