TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74310 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dis nog nie buitensporig… Geniepsig Wildehont -1 hour ago
Die ou mense het mos altyd… Geniepsig Johann L -3 hours ago
Daarshy.  Die fietrsryers… My eerste Mahindra? Voortrekker -4 hours ago
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -4 hours ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -5 hours ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -7 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -6 hours ago

c

Eerste keer in 18 jaar weer tent opgesit.

Elarduspark
Submitted by GerhardM on Sat, 26/01/2019 - 23:04
Forums

Eerste keer in 18 jaar opgesit weer.

Die 'Ou Lady' se voltent is 49 jaar oud en gaan verseker nie die reën buite hou nie. smiley Ons wil graag probeer om weer dieselfde tent te laat maak maar sal nog wag vir die skip om te kom, wink ek hoor dit kos baie.

Old tent Jurgens

 

Elarduspark

GerhardM

Sat, 26/01/2019 - 23:16

Die tent was laaste gebruik in Junie 2001, na dit het die rally tent by gekom en tent is nooit weer gebruik nie. Dit is die kondisie waarin hy was toe my ouers die wa gekry het Februarie 2001.

Hier is die foto's van vandag se opslaan

tent

tent

tent

tent

tent

tent
Muskiete gaan beslis buite bly ​​​​

tent

binne

binne

binne

hoek

 

Secunda

Sleep nou

Sun, 27/01/2019 - 06:22

Sterkte met tent ja kyk vir daai ouderdom kort tent bietjie liefde maar anders lyk hy nog goed

Elarduspark

GerhardM

Sun, 27/01/2019 - 08:00

Dankie oom Willem, oom Johann en Sleep nou. Vir die ouderdom is die tent nog mooi ja.

Die oorspronlike merke is nog op die tent vanaf die fabriek.

nommer
Nommer op die tent
sak
Op die sak: 13FT 70

Ons wil eers die tent herseel en patch maar sal later van tyd 'n nuwe tent laat maak.

Die grootste probleme is ook maar eintlik klein. Hier en daar in die dak is 'n plekkie wat ek clear silicone sal gee en verder is dit naald en garing met baie liefde saam.

Nog so paar foto's

tent
Onderkant​​​​
tent
Patch bo op dieselfde flap

tent

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 27/01/2019 - 10:51

Gerhard

dak is 'n plekkie wat ek clear silicone sal gee 

Ek sal dit nie aanraai nie, werk toe wat toe gewerk kan word en dan kry jy daai tent seel goed.

Kyk na Tentco se Care & Maintenance

Seam Leakage

Ensure tent has been initially wetted and allowed to dry before first usage in order to allow natural swelling & Seizure of both canvas & Stitching. Thereafter if small leakage still occurs, use of a wax stick applied along the inside of the entire seam should suffice.

Hier is nog een.

PVC Seam Sealer

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 27/01/2019 - 17:22

..... jy moet asseblief meer duidelik wees met jou kommentaar-opskrifte.  Ek dog jy het weer vir die eerste keer in 18 jaar "opgesit"  -   jy weet, "opsit-kers" stories !  Ek dog ek gaan nou weer 'n lekker mooi storie lees en toe gaan dit oor 'n ou tent !

Elarduspark

GerhardM

Sun, 27/01/2019 - 18:15

Oom Len, Eskom het nog nie weer die liggies afgesit nie, so die kers is weg geberê in die kas. laugh Ek sal probeer om vir oom 'n mooi storie te soek. 

Anton, ek het ookal gewonder of ek daai tent weer kan kleur maar ek twyfel.

Centurion

Voortrekker

Sun, 27/01/2019 - 20:17

Dyeing a canvas tarp is an easy project as the untreated natural canvas will hold dyes better than many other fabrics. Because a tarp is generally quite large, you will need to dye it in a large wash tub or a bathtub instead of your washing machine, then wash it in an industrial-sized washing machine before and after dyeing to ensure that it is properly cleaned. Any fiber-reactive dye will work on canvas and will produce better, longer-lasting results than clothing dyes like RIT.

Step 1

Wash the canvas tarp thoroughly.

Step 2

Fill the tub or bath with at least 20 gallons of warm water, pouring in the non-iodized salt at the same time so that it dissolves completely.

Step 3

Dissolve the dye in about 2 cups of warm water (or according to manufacturer's instructions), then pour the dye into the tub of water. Stir slowly to make sure the dye is completely dissolved throughout the water.

Step 4

Place the canvas tarp in the dye water, and stir it every few minutes for at least 20 minutes.

Step 5

Dissolve the soda ash fixer into about 2 cups of warm water. Over the course of 15 minutes, add the dissolved soda ash to the dye water, stirring constantly. Do not allow the soda ash mixture to touch the tarp directly—move it aside with the stick or paddle.

Step 6

Continue stirring the dye bath every three to four minutes for the next 30 minutes (light colors) to one hour (dark colors or red).

Step 7

Drain the water and rinse any excess dye from the tarp. Wash the tarp in hot water to remove the rest of the excess dye.

 

Centurion

Voortrekker

Sun, 27/01/2019 - 20:23

Ek het 'n girlfriend gehad baie jare gelede wat in die dye Industrie gewerk het en ek weet dit is moontlik, maar dit gaan 'n GROOT proses wees en jy gaan 'n groot "was" bak nodig hé met baie warm water en dan die nodige middels wat op die regte manier ingemeng word om die pH ens reg te kry soadt die kleursel "vat" -   die grootste uitdaging sal ook wees om die kleur eenvormig te kry en nie kolle of plekke waar dit donkerder of ligter as ander is nie.    Daar is plekke wat sulke jobs sal doen en die nodige boilers en potte en kleursels het met die nodige ondervinding natuurlik.

Hi Gerhard,

Voor jy 'n klomp onnodige geld uitgee op daai tent, wil ek en jy nie een Saterdag kyk of ons saam met Ouma se Singer nie weer die outjie kan heel maak nie.?

Ek is geensins professioneel met die tipe van besigheid nie maar het al nuwe ritssluieters vir manne ingesit, afdakkies gemaak en kan my self help met die stikwerk.

Naald en gare gaan nie heel spoggerig werk nie so gee my 'n luitjie by Nul agt 2 - 292 - Twee 7 Twee 8 dan maak ons plan.

Ek bly in Birchleigh langs die R21, so ook nie myle weg van jou as julle in Elarduspark bly nie.

Groete

Andre

 

Elarduspark

GerhardM

Mon, 28/01/2019 - 08:49

Dankie oom Andre. Ek sal laat weet oor die tent. Op die stadium sit ek sonder wiele en sal ek maar later weer worry oor die 'ou tent' soos oom Len sê. 

Ek gaan beslis die aanbod aanvaar en dit is naby aan ons ja. smiley

Môre almal

Stikwerk met 'n Singer!!! My ma het ook 'n Singer, mens moet dit letterlik met die hand draai.

Klink my of ons rerig handige mense op die forum het---tot naaiwerk

Groete

Wessel

Centurion

Dusty

Mon, 28/01/2019 - 08:57

Stikwerk met 'n Singer

Het ook een by die huis en dit werk ook goed met tente. Het egter 'n semi-industrieële een ook wat nog werk al is dit oud 

Nou hoe bedoel die meneer nou.

Stikwerk - ek doen daai een met 'n slinger Singer. Stukwerk het ek nog altyd verstaan as oordintlike Afrikaans vir "piece job".

Naaiwerk - daai kan OOK stikwerk  wees, of ????, ons "kerkmense" praat nie uit oor die ander moontlike betekenis nie ne.devil

Middag Andre

Is onse moedertaal nie pragtig nie, al klink dit soms op die oor as blatant.

Lekker stiklaugh

Wessel