Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

52207 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bal-slot! Sleep veilgheid "Tips en… Wildehont -1 hour ago
Seker Bulle vir n wen oom… Kampforum SuperBru Harry Du Randt -1 hour ago
Johann, vuurwapen hernuwing. Mei 2019 Koffiekroeg Harry Du Randt -1 hour ago
😂😂😂 Lag 'n slag Johann L -2 hours ago
Dankie Len, dit maak sin. Sleep veilgheid "Tips en… Johann L -2 hours ago
Anton, nou hoekom kom julle… WilSur kamp Oktober 2019 Willem Brits -2 hours ago
Johann,

Die geboue…
Mei 2019 Koffiekroeg Willem Brits -2 hours ago

WEN! Weg Ry & Sleep Inskrywings!

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on Fri, 01/02/2019 - 06:13
Forums
Wen weg Ry En Sleep

Vannaf Weg Ry & Sleep , vir Kampforum se  2de verjaardag, het ons 'n paar 12 maande digitale inskrywings gekry, en 3 van ons lede kan elkeen een WEN! 

KOMPETISIE REËLS:    Wenners sal aangekondig word eerste week Maart 2019.     Om in te skryf plaas 'n inset op hierdie draad en sê eenvoudig in jou eie woorde dat jy graag 'n Weg ry & Sleep inskwrywing wil wen.

WENNERS:  Alle inskrywing name sal in 'n hoed gegooi word en drie name sal getrek word om die wenners aan te dui!

KOM NEEM DEEL en WEN 'n digitale 12 maande Weg Ry & Sleep subskripsie! smileyyes

WEG

 

video
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 01/02/2019 - 07:23

Ek sal baie graag die inskrywing wil wen want dit is 'n tydskrif "WegSleep" wat ek van die begin gevolg het, maar nou dat ek nie meer werk nie is die los geldjies ook weg en moet elke sent mooi omgedraai word.  Maar as kamper wil ek steeds ophoogte gehou word met die nuutste inligting en verwikkelinge in die Kamp omgewing.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 01/02/2019 - 08:20

Ek is 'n jarelange intekenaar eers van WegSleep en deesdae van Weg ! Ry&Sleep en dit sal 'n welkome meevallertjie wees as ek die koste van een jaar se subskripsie kan oorslaan !

Port Elizabeth

Antie

Fri, 01/02/2019 - 08:25

Sit asseblief my naam in daardie hoed.   Ek wil graag wen.  Behalwe vir al die artikels en nuus oor kamp en kampplekke, geniet ek die resepte en blokraaisel baie.   Ek hou duim vas!

Dankie Weg Ry & Sleep dat jul bereid is om dit te doen.

Roodepoort

HennieBo

Mon, 04/02/2019 - 08:14

Ek was ook 'n intekenaar maar het my subskripsie gekanselleer toe die 2 boeke saamsmeld.

Dalk sal die 12 maande vry subskripsie my weer oorreed om in te skryf.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 04/02/2019 - 09:55

Goeie môre mnr. Rousseau ! (Dis nou JacquesR vir dié wat nie weet nie).

Waarom dan so skaars op Kampforum ?  Ek weet jy is baie besig op verskillende FB geselsery, maar loer en gesels darem ook 'n bietjie meer hier in.

Staan die Jeep nog onder 'n kombers en wanneer sleep jy weer met hom, of is brandstof te duur ? (Ek weet die algemene gevoel is dat as jy so 'n duur voertuig kan bekostig, worrie jy nie oor brandstofkoste nie).

Centurion

Voortrekker

Mon, 11/02/2019 - 07:49

Net 11 mense wat graag 'n gratis Weg Ry & Sleep digitale inskrywing wil hé? surprise

Dink hoe lekker sal dit wees om sommer op jou foon, tablet of rekenaar elke maand 'n nuwe uitgawe te kan lees!!! laugh