Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57136 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek moet bieg die nuwe… Kampforum SuperBru Groot G -44 minutes ago
Paar nuwe lede - welkom en… Welkom Groot G -49 minutes ago
Slowstrike---Lucky strike Julie 2019 - Koffiekroeg wessels -49 minutes ago
Mirrrag!!

Danie, geniet die…
Julie 2019 - Koffiekroeg Groot G -1 hour ago
oom Wessel, moet nou nie vir… Waar is almal Groot G -1 hour ago
Ski verskoning Waar is almal wessels -1 hour ago
Wesel ek is heeltemal in die… Waar is almal ski -1 hour ago
Anton

Ek weet nie. Dis `n…
Julie 2019 - Koffiekroeg Slowstrike -1 hour ago

Voorkeure : Forums, Facebook of WhatsApp-groepe ?

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Sun, 14/04/2019 - 19:54

Ek is nie seker onder watter seksie hierdie gesprek hoort nie en hoop maar dit is naby aan reg geplaas.

Ek het agtergekom dat sommige kampgeesdriftigers een van die bogemelde drie tipe geselsplekke verkies, maar nie noodwendig aldrie nie.  Wat sou die rede wees ?

Ek gesels wel op aldrie groepe, maar in die volgende volgorde van voorkeur :-

Forums : Op 'n forum voel dit vir my of die groep geselsers kleiner is en dat 'n onderwerp in meer detail gedebatteer kan word, oor dae en selfs weke.  Die lede is amper 'n soort hegte vriendekring.

Facebook : Die groep deelnemers is baie groter en dikwels totaal onbekend aanmekaar.  Die kommentare is meestal baie kort en kragtig  -  gewoonlik een, twee of drie sinne.  Kommentare is dikwels beledigend, afbrekend en nydig.

WhatsApp groepe : Die gesprekke op hierdie groepe het nie veel konteks nie, is meestal ligsinnig van aard en het net 'n paar deelnemers wat daagliks mekaar se been trek.  Grappies wat oral op sosiale media verskyn, word voortdurend ook hier met ander lede gedeel wat dit alreeds elders raakgeloop het.  Om mekaar daagliks te groet vind ook graag hier plaas.

Onthou, ek kritiseer nie, ek is net daarin geïntresseerd hoe beskou jy die drie groepe en waaraan gee jy voorkeur  -  ook hoekom ?

Secunda

Sleep nou

Sun, 14/04/2019 - 20:11

Len Forum vir my dis meer persoonlik en akuuraat Facebook het ek maar nie lief vir hom nie kry die fake gevoel op hom

Centurion

Voortrekker

Sun, 14/04/2019 - 20:40

Ja kyk, facebook is nou 'n mengelmoes van allerhande snert en moet mens maar deursnuffel om akkurate of waardige inligting te verkry.   Ek vind deesdae word daar baie onoorspronklike dinge "geshare"  en mens like en comment net -  meeste te lui om te comment en dan word daar net ge-like. Dit is asof daar maar min oorspronklike idees vannaf mense self kom en word dieselfde goed oor en oor geshare deur mense?  Ek sien ook deesdae gereeld ou inhoud van jare gelede wat weer opkom?    Daar is wel lekker en waardevolle groepe, en dit is 'n goeie platvorm om mense bymekaar te bring op 'n visuele manier?

Ek hou nogal van twitter ook - maar dit is meer vir my 'n bron van nuwe inligting en gebeure - sonder 'n spul snert wat gepraat word?   OP twitter is daar nie goed soos vriende nie en kies mens eenvoudig wie of watter instansie se inligting of nuus jy wil sien.    OP twitter volg ek 'n paar wat nuus, buitelewe, kamp en afrikaanse inhoud en nuus uitsaai.

Whatsapp is maar meestal 'n kommunikase platvorm - ons gebruik dit bv vir groep kommunikasie  vir die skool se klasse en aktiwiteite en vir ons familie groepie.   Inligitng en projek groepe vir werk - maar ek behoort aan geen sosiale groepe op whatsapp nie.  Whatsapp word ook deesdae baie gebruik vir besigheids kommunikasie en oproepe.  Ek doen 75% van my werksoproepe op whatsapp.   Ek sien in van die oosterse lande word wechat baie gebruik en moes ek maar daar 'n profiel geskep het vir van my kliente.

Forums, daar kan mens gaan aanklop vir gestruktuere en gefokusde informasie - mens kry ook die gevoel van 'n gemeenskap met een gesamentlike doel en 'n plek waar vriendskappe gebou kan word.   EK het al oor die jare baie mense fisies ontmoet deur forum vriendskappe.  Forums is ook 'n plek waar jy kan skryf en jou opinie lewer en glo dat dit van waarde kan wees  eerder as wat jou inset net verdwyn na 'n ruk soos op FB en al die ander platvorms.

In Amerika is Pinterest en Instagram nogal gewild?   Maar ek het regtig nie tyd vir nog platvorms nie?   

Roodepoort

HennieBo

Mon, 15/04/2019 - 06:27

Len, die Forum is defnitief my voorkeur. Ek sal whatsapp maar verkies eerder 'n oproep. FB kan baie beledigend raak en ek "scroll" die meeste van die tyd maar net daar, met 'n like, share of twee. Ekself was baie lank weg vanaf FB maar het nou onlangs net hier en daar weer vriende aanvaar.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 16/04/2019 - 20:34

Stem saam met wat julle reeds genoem het, fb is in werklikheid net 'n geskinder en dwarstrekkery, dit staan my glad nie aan nie. 

Ek gebruik whats app baie, veral vir familie groepe, dit is 'n vinnige kommumikasie middel,  en werk goed vir my.

Die enigste forum waarop ek regtig aktief is, is hierdie een, want hier is opregte / eerbaarlike mense met respek vir mekaar, al verskil ons soms, is dit op 'n vriendelike beskaafde manier.

 

Centurion

Voortrekker

Wed, 17/04/2019 - 09:04

Ek moet sê dat Facebook my baie vreugde bring wat vriende aanbetref.   Ek het laasjaar 54 van my matriek klasmaats d.m.v  facebook weer kon bymekaar bring en ons het lekker ou foto's  kon deel en gesles oor die "goeie ou dae" toe ons nog snotkoppe was met snaakse haarstyle laugh    Het ook onlangs weer te danke aan FB baie van my klasmaats van Bybelskool  weer opgespoor en kan ons groep nou na 20 jr bymekaar gebring word - so kan ons saam getuig van die paaie wat ons gestap het nadat ons uitmekaar gegaan het - die wêreld in! smiley

Centurion

Dusty

Thu, 18/04/2019 - 05:49

Ekself is meestal op hierdie forum. 

Is maar bitter min op FB.

WhatsApp het ek net 'n paar groepe. Een is die GPF groep. Kominikeer heelwat met vriende en familie.