Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -44 minutes ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -3 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -3 hours ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -3 hours ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -4 hours ago

Welkom

Hartenbos
Submitted by Bouts on
Forums

Welkom aan al die nuwe lede

welkom

Worcester

Wildehont

Thu, 23/05/2019 - 16:33

My noemnaam is Chris. My ouers het 'n liefde vir die natuur en veral die bosveld en KNP in my gekweek en ek was nog nie een jaar van my lewe nie ten minste een keer in die KNP nie (en is nou 47 as ek reg onthou). Ek het Stadsbeplanninge geswot en dit vir so amper 4 jaar gepleeg voor ek besef het ek mors my tyd en my werkgewer se geld (toe die voormalige Sandton Stadsraad) want hulle het my aangestel om hulle raad te gee oor besluite wat hulle moet neem (hulle = die politici) maar neem dan politiek gemotiveerde besluite (dit was 1997 en waar die ou regering stadsbeplanning gebruik het om mense uit mekaar te hou, wou die nuwe een dit gebruik om mense saam te voeg - teen natuurlike patrone in).

Ek het toe besluit om van loopbaan te verander en het in toerisme gaan werk as 'n veldgids waartydens ek getoer het deur SA, Swaziland, Lesotho, Zimbabwe, Namibië, Zambië, Botswana, Malawi, Tanzanië, Zanzibar, Kenia, Gaboen, Kameroen, Sentraal Afrika Republiek en Madagaskar oor 'n tydperk van 12 jaar. Ek het ook in Botswana gewoon vir 2,5 jaar. Dit was baie lekker maar kon ongelukkig nie vir ewig aanhou nie en ek moes 'n regte werk kry.

Ek het toe in konstruksie gaan werk as site agent (projekbestuurder) vir 5,5 jaar voor ek amper 5 jaar gelede in Worcester kom werk het as projekbestuurder by die munisipaliteit. Ek wend my salaris aan om vir my gesin te sorg (waarmee ek laat begin het, ons het 'n 4 jaar oue seun en 'n 2 jaar oue dogter) en hulle op naweke en vakansies weg te neem.

Toe ek in Botswana gewoon het, het 'n trop wildehonde 800m van ons kamp af den gemaak en ons het hulle elke dag gesien en hulle het in ons kamp kom water drink meeste dae. Dit is een van my gunsteling soogdiere en dis waar my bynaam op die forum vandaan kom.

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 25/05/2019 - 08:31

Sien ou Fyko ingelog welkom ou vriend en res van forum kom julle log in en gesels saam

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 02/06/2019 - 09:59

Baie welkom Cabs, gesêls 'n brak uit 'n tak hier saam met ons.

Alle nuwe lede, kyk asb na die twee saamtrekke wat beplan word. 

Kampforum en CCSA - Die lsng naweek in Junie

WilSur se vriende en Kampforum se saamtrek 4 tot 6 Okt.

Laat die lysies groei👍

0
Middelburg

Noel

Sun, 02/06/2019 - 10:23

Baie welkom die nuwe lede en gesels saam. Ons sal jul insette waardeer. Kom sluit by Aasvoelkrans saamtrek wat oor 2 weke plaasvind. Almal is welkom vir die saamtrek !!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus