Red Sands is 'n aangename…
Red Sands is 'n aangename park - veral as jy vooraf een van die staanplekke met eie ablusie bespreek. Alhoewel ek 'n groot voorliefde vir Sanparke het, is Augrabies (wat kampering aanbetref) een van die swakkeres. My ervaring van die ablusies (2 jaar gelede) was nie goed nie. En die blou-ape en bobbejane was amper erger as wat ons tans hier in Punda Maria ondervind. Maar as jy nog nie voorheen by Augrabies was nie, behoort jy dit beslis 'n deel van jou reisplan te maak. Die valle en ravyn bly maar mooi.
Augrabies
Môre Chris en ander
Dankie vir die insette, net jammer om te hoor van Augrabies. Dalk moet ek ook soos ander maak en by Oranjerus oorstaan en inry vir die dag.
Ek het gedink om die namiddag by Augrabies te kom, en dan net 1 volle dag te staan om valle en omgewing te geniet. As ablusie sleg is, sal ek maar mossie bad in woonwa vat, en ordentlik gaan stort in Twee rivieren.
Nog indrukke sal waardeer word.
Wessel
Wessel ....
.... die fasiliteite by Augrabies is darem nie só sleg nie. Maar Oranjerus klink ook na 'n goeie opsie. Nog net goeie dinge van Oranjerus gehoor. En om alles by Augrabies te sien, het jy inderwaarheid nie meer as 'n dag nodig nie.
Wessels, Red Sands is baie…
Wessels, Red Sands is baie oulik om oor te slaap. Ons het ook in Augrabies oorgeslaap en dit nie te sleg gevind nie, want ons wou eintlik na die valle en omliggende gebiede in die park kyk. Ons sal moet terug gaan want ons het laat middag daar aangekom en weer vroeg die volgende oggend Riemvasmaak toe vertrek. Dit was nie vir my genoeg tyd nie, want ek kon nie die res van die park per voertuig verken het nie. Die ape/bobbejane was 'n pes, maar hou net alles toe. Ek stem saam met jou, sal eerder my eie badkamer opslaan, maar as jy net vir een nag gaan, sal dit nie 'n te groot probleem wees nie.
Augrabies
Middag Tinkie
Dit is eintlik jammer om sulke terugvoer te kry van 'n plek. Ek kan baie dinge hanteer, maar 'n ablusieblok moet skoon en diensbaar wees.
Van die primate se probleme wil ek nie eers praat nie. Mens kan net tot 'n punt voorsorg tref. Ek hoop van ganse harte dat SA-parke die insette op die forum volg en kennisneem van die klagtes.
Gelukkig het ek baie tyd om te besluit oor Augrabies, maar dit blyk dat Red Sands 'n wenner kan wees.
Groete
Wessel





Hallo Wessel. As ek nou my…
Hallo Wessel. As ek nou my mening hier gaan moet gee met btrekking tot die 2 bogenoemde plekke dan gaan ek net snert praat. Ek gaan maar op jou staatmaak om vir my verslag te kom lewer nadat julle daar was. Sterkte met die beplanning en ek hoop jy gaan hope insette en mening kry.
PS. Hoe lyk jylle beplanning vir Asvoëlkrans 14 - 17 Junie 2019?