Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -48 minutes ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -3 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -13 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -15 hours ago

Waarvoor is die ketting aan 'n sleepwa se A-raam nou regtig?

Worcester
Profile picture for user Wildehont
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek gooi , soos seker enige ander sleepwa gebruiker/eienaar, eers die ketting wat aan die sleepwa se a-raam vasgesweis is oor die haak voordat ek die sleepwa haak. Die afgelope naweek was ons in die Karoo met my Everest/Venter Bushbaby. Die tweespoor teen hellings en deur driffies was met tye taamlik ongelyk maar 'n ou met 'n Hyundai i20 het ook tot by die kampeerterrein gery.

Toe ek by die kampeerterrein aankom sien ek die ketting het afgebreek aan die een kant en moes ek natuurlik gister terugry sonder om eers die ketting oor my voertuig se haak te gooi. Toe wonder ek, waarvoor is die ketting nou eintlik?

Kom ons wees eerlik; sou die sleepwa op een of ander manier loskom van die sleepvoertuig se haak, gaan daardie ketting hom nie aan die sleepvoertuig vashou nie, hy gaan mos breek? Is die idee dalk om net te keer terwyl jy is besig is om hom aan te haak, dat hy val as jy hom dalk nie mooi gehaak kry nie?

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 20/05/2019 - 09:34

Môre Wildehont

Dis 'n goeie vraag wat groot debat gaan ontlok.

Deesdae se waens het nie meet daai ketting nie, maar slegs 'n noodkabel wat jou wa se handrem styftrek in 'n noodgeval. Ek het nog nooit 'n wa besit wat die ketting ook het nie.

Soos my buurman en groot woonwa verskaffer toentertyd vir my gevra het;

wil jy rerig hê dat jou wa vasbly aan jou voertuig as iets met dit verkeerd gaan?

Ek sal verkies dat ek en gesin veilig bly indien wa wil omslaan en rondruk.

Groete

Wessel

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 20/05/2019 - 09:36

Dit is veronderstel om dra waantjie of karavaan daar te hou tot jy stilstaan.  Die nuwe karavane het dit nie meer op nie maar wel 'n kabel wat aan die rem gekoppel is.  Dit is veronderstel om die karsvasn se remme te aktiveer en tot stilstand te bring om te verhoed dat die karavaan voor ander voertuie in beweeg.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 20/05/2019 - 10:00

My Exclusive het net met 'n remkabel uitgekom en ek het 'n lekker fris ketting aan die A-raam vasgeskroef.  My "mover" man wys my toe daarop as die wa sou afhaak en die ketting breek nie, sal die kabel nie kan styftrek om die rem te aktiveer nie en in sodanige geval sal jou woonwa binne-in die agterkant van jou sleepvoertuig vasjaag met skade aan albei.  Dit maak logiese sin en ek het dadelik my ketting weer verwyder.

Ek het nog altyd geredeneer die ketting se doel is net om te keer dat die wa nie dalk in aankomende verkeer vasjaag nie, maar die ketting illimineer die werking van die rem wat moet vasslaan en dus groter skade sal veroorsaak.

As jy dalk 'n ligte sleepwaentjie sonder remme het, maak 'n ketting sin, maar vir 'n wa met remme, gooi daardie ketting weg.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 20/05/2019 - 10:26

gooi daardie ketting weg

My karavaan is nie so nuut nie en het slegs die ketting en geen kabel nie. Dus kan ek nie die ketting weggooi nie. Omdat myne nie 'n kabel het nie maak dit dat ek gewoonlik baie versigtig en veilig probeer ry om by my bestemming veilig te ariveer. En ja, ek plaas eers die ketting oor en dan die res van die koppeling.

Dit is veronderstel om die karsvasn se remme te aktiveer en tot stilstand te bring om te verhoed dat die karavaan voor ander voertuie in beweeg.

Willem, hieroor kan ons heelwat redeneer. Die karavaan gaan nie sommer dadelik stop nie.

0
Ermelo
Profile picture for user Mona

Mona

Mon, 20/05/2019 - 11:07

My 1994 Super Sport het ook net die ketting.

Dit het al met my gebeur dat my wa so 3 blokke van die huis af, op pad om te gaan kamp, los gekom het, ek vermoed dat ek nie doodseker gemaak het die hak het mooi om die bal gehak nie. Die ketting het verhoed dat die wa neus eerste in die teer vas steek en skade veroorsaak en gelukkig het ek nie vinnig gery nie.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 20/05/2019 - 11:36

My waentjie se haak het al afgespring (was  weens haas nie behoorlik op / vas nie) en gelukkig het die ketting als mooi vasgehou.cool   Dit het gelukkig by die kamp gebeur met die wegry en nie op die pad nie  surprise

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 20/05/2019 - 11:48

So hier is twee gelukkige verhale van kettings wat skade voorkom het. Ek kan net nie dink dat die kettinkie aan my Bushbaby daardie gewig gaan dra nie. Ek dink ek sal maar 'n frisser ketting aanbring.

Ek maak egter altyd seker dat my waentjie goed gehaak het voor ek wegtrek. Na die veiligheidsknip teruggespring het lig ek die A-raam op tot die kar se haak 'n ent saam oplig.

Kettinkie

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 20/05/2019 - 12:26

Ek glo nog altyd dat daai ketting die gewig moet dra van n trailer , of caravan ek lees nou en dink oor almal se insette

0
Paarl

911

Mon, 20/05/2019 - 13:32

Wel , ek het op slegte grondpad gery met sleepwa wat leeg was. Die een bladveer het aan voorkant afgebreek en in grond vasgesteek. Dit het veroorsaak dat die wa die lug in opskiet soveel so dat die hy op die hak loskom. Ek het dit gelukkig gesien en petrol gegee om onder die wa uit te kom sodat wa nie op my voertuig land nie. Daar was boonop mense op die bakkie. Met die versnel het die ketting my gehelp dat die wa se neus vorentoe en afwaarts geruk word en het wat 'n noodlottige ongeluk kon wees gekeer. My waens het almal kettings aan.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 20/05/2019 - 13:53

Arrive Alive sê die volgende:

The safety chain attachments must be mounted adjacent to the tow coupling and arranged so as to maintain the direction of the towed vehicle in the event of coupling failure or disconnection. Safety chains should be crossed under the tongue to prevent the tongue from dropping to the road should the primary hitch accidentally disconnect. It is recommended that chain hooks have latches or devices that prevent accidental disconnect. The breaking strength of each chain should equal the gross weight of the towed trailer.

0
Elarduspark
Profile picture for user GerhardM

GerhardM

Mon, 20/05/2019 - 14:18

Nou sit ek en wonder my 2 kettings ooit lank genoeg is om te kan kruis soos hulle sê frown

Safety chains should be crossed under the tongue to prevent the tongue from dropping to the road should the primary hitch accidentally disconnect

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 20/05/2019 - 14:29

Middag mede slepers

Solank julle tonge net nie sleep nie.

Nou wonder ek ook, as Arrive alive so sterk uitsprake maak ivm die ketting, waarom het die handelaars daarmee weggedoen. Beteken dit dat ons sonder die ketting, die wet oortree?

Dit wil voorkom of nuwer Jurgens modelle nie 'n ketting het nie. So ook nie my Echo Kavango nie. Wat van ander make soos Bush lapa, Conqueror, Sensation Mobi Lodge, sal graag van eienaars wil hoor.

Ek is amper te bang om die ketting van die verkeerowerheid hieroor te gaan trek.

Wessel

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 20/05/2019 - 14:43

Die inligting van Arrive Alive wat ek hier bo geplaas het gaan spesifiek oor sleepwaens (nie oor karavane nie). Hier is die skakel https://www.arrivealive…

Die foto wat hulle wys van hoe om jou wa te haak strook ook nie met die kruis van die ketting wat hulle aanbeveel nie. Dit lyk definitief nie asof daardie ketting gekruis is nie...

o

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 20/05/2019 - 15:38

Ja, so iets soos met Voories, het jare gelede ook met my gebeur, gelukkig ook met die weg trek slag.

Ek sidder om te dink wat gaan 'n karavaan, van oor 'n ton, met enige sleep voertuig doen as so ding teen 90 plus kilo meter per uur gebeur. Glo nie ondervinding of stabiliseerder gaan jou help nie. Ek glo dit is juis die rede waarom daar weg gedoen is met kettings op woonwaens. 

Die rem kabel op woonwaens is beslis 'n massiewe verbetering.

Wildehont, ek wil voorstel, dat jy 'n dikker kettang gebruik, soos jy self voorstel, as jy wil kan jy selfs die twee kettings met 'n "U-bolt / shackel "verklein" onder die haak, (naby die haak) nadat jy gehaak het, deur dit deur weerskante tussen skakels in te sit, hoop dit is verstaanbaar.laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 20/05/2019 - 16:26

Dankie Johann

Ek sal die gids van Arrive Alive hier onder gebruik om die regte ketting te koop. Ek verstaan jou voorstel van die U-bolt.  Mens sal net moet seker maak sy breekkrag is ook voldoende. 'n Ketting is mos net so sterk soos sy swakste skakel.

The breaking strength of each chain should equal the gross weight of the towed trailer.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 20/05/2019 - 18:25

......moet maar self besluit of "Arrive Alive" se mense by die Departement van Vervoer die beste weet.  Al wat ek weet is dat as daar iets fout gaan met die koppeling tussen my sleepvoertuig en my 2-ton Exclusive terwyl ek redelik op spoed is, gaan hy nie tot stilstand kom sonder dat die remme op al vier sy wiele geaktiveer word nie en dit gaan my Pathfinder van agter en my Exclusive aan die voorkant vernietig.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 03/04/2023 - 11:15

Ek lê gisteraand en Len se wa wat agteruit geloop het toe hy hom af gehak het.

Ek kan nie onthou wanneer laas ek die karavaan se handrem gebruik het nie.  Maar die iets waaraan ek gedink het (ek het dit al so gebruik) is om nie die kettin of kabel van die hak af tehaan as jy die karavaan van die bal af haal nie.  Want sou hy begin loop sal dit net wees tot die ketting of kabel stys getrek het.  Dan hoef jy nie bekomerd te wees dat die karavaan teen 'n boom gaan beland nie.

Skies vir die dubbel plasing 🤫 (skakel)

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/04/2023 - 13:54

Middag maters

Hierdoe onderwerp is ook onlangs op 'n ander gesprek snuif getrap.

Die wetlike aspek, soos van SABS verkry, word gegee onder gesprek;

Woonwa noodrem en gedateer 9/03/23.

Die doel van beide die ketting en noodremkabel is bloot om tydens 'n ontkoppeling te verhoed dat die wa onbeheersd rondhol.

Willem: Glo my, daai kabel trek do....ns vas, self binne 500mm agtertoe.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus