Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

53670 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nee, glad nie Anton. Ek sal… Kampforum & CCSA Suidrand… leeu -18 minutes ago
Trained not tame Aasvoëlkrans "Predator… Wildehont -38 minutes ago
Was ek te hard gewees met my… Kampforum & CCSA Suidrand… Voortrekker -1 hour ago
Goeie middag. Junie 2019 - Koffiekroeg GerhardM -1 hour ago
................ Aasvoëlkrans "Predator… Len Loader -2 hours ago
Wilsor kamp 4-6 Okt WilSur kamp 4-6 Oktober 2019 Hein -3 hours ago
Len---'n liedjie vir jou Aasvoëlkrans "Predator… wessels -3 hours ago

Satara hier kom ons

Brits
Submitted by wessels on Thu, 30/05/2019 - 08:04
Forums
Môre vriende Ek vertrek DV komende Saterdag op my weeklange besoek aan die wilde Krugertuin. As julle niks van my hoor nie, is dit nie omdat ek my gewip het nie, maar omdat daar dalk nie internetsein is nie. My plan is om Saterdagaand in Krokkedilbrug te slaap, dan volgende oggend te sleep tot in Satara. Daar sal ek weer penne optrek die volgende Saterdag, en afsleep tot by Malelane kampie. Vandaar die volgende oggend met die N4 terug huistoe. Hopenlik loop ons vir die verlore forumvriend, Chris daar raak. Ek sal maar vêr van klein koepeltentjies staanplek soek.
Centurion

Voortrekker

Thu, 30/05/2019 - 08:35

Jy moet dit geniet Wessel, veilig ry en bring asb baie foto's en stories terug - dan kan ons arme wesens wat by die huis moet sit darem ook bietjie saam toer en kamp! smiley

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 30/05/2019 - 08:38

More Wessel, lyk my ons gaan mekaar met twee weke mis,  sou graag wou ontmoed. Julle moet veilig ry en dit geniet.👍 

Kan jy asb vir my 'n guns doen, ek het te laat jou onderwerp raak gelees, en 'n ander een na Pretoriuskop begin.  Ek soek daar roete raad, asb👍

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 30/05/2019 - 20:17

....................Wessel, geen verskoning nie  -  daar is 'n lekker sterk Vodacom-sein by Krokkies en Satara.  Ons wag dus vir daardie toerfotos !

As dit nie was vir my annerhelfte se rugoperasie nie, sou ons vanaand in Balule gekamp het tot die 3de Junie en dan kon ons mekaar iewers ontmoet het. (Let wel ontmoet met 'n "t" en nie 'n "d" nie).  Maar hierdie ontmoeting sal dus moet wag tot volgende jaar.

Kamp julle gereeld in Satara en indien wel, waar verkies julle om te staan ?

Hier is ons vorige staanplek, heel suid in die kampeerterrein, net onder die verste suidelike ablusieblok.

.

Brits

wessels

Mon, 10/06/2019 - 14:10

Middag vriende

Wil net meld dat ons veilig tuis is, van 'n lekker vakansie in wille tuin. Ek sal sodra die fotos verklein is, daarvan hier kom uitstal.

Net gou vir julle wat oppad is soheentoe, die N4 bly 'n wenner om te sleep. Ongelukkig vanaf die bekende Milly's padstal/vulstasie is daar padwerke. Gister was dit sonder ry-stop gewees, maar verlede Saterdag was daar 3 stoppe. Laasgenoemde werk beter, want dan is mens nie ingedruk op 'n smal strook tesame met aankomende trokke nie. Dit kom so sporadies voor tot by omtrent Schagen.

Die pad vanaf Malelane tot by Komatiepoort is klaar, en sonder enige padwerke.

Paaie [teer of grond] binne die park is in goeie toestand. Al die groot rivier kruisings se brugge [kry nie kappie u nie] is herstel of total oorgebou, tot nuwe laagwaterbrug by Balule.

Satara is weer skoon van die muis/rot plaag van verlede jaar, moontlik te danke aan inwonende vaalboskat wat daar rondsluip.

Die keer het ek Satara vreeslik vol aangetref. Ek het maar later stilgehou en tevoet na 'n krag staanplek gesoek. Gelukkig het 'n dame my toe van 'n beskikbare plek vertel, eintlik gaan wys. Sommer heel gerieflik net regs van die middelpad, soos mens die kampterrein inry, en sommer binne so 15m van die oostelike ablusieblok.

Weens 'n swak internetsein het ek , en ek raai Chris ook, stilgeraak. Chris en Ralie is springlewendig, het hulle daar in lewende lywe ontmoed.

Malelane kampie is weer iets heel anders. Baie raserig, want mens hoor die suikerfabriek reg deur die nag.  Effe vreemd gevind dat mens self die lendelam hek moet oopmaak. Ablusie en gemeenskaplike kombuis uit die boonste rakke. 

Baie dankie vir almal se "veilg sleep" wense. Dit is altyd lekker om na 'n lang tog ongedeerd by jou huis terug te kom.

Groete

Wessel  

Secunda

Sleep nou

Mon, 10/06/2019 - 15:16

Al kla oor dit en dat die wiltuin bly n wenner ja Wessel ons wag virrie foto of 10 bly julle veilig tuis

Roodepoort

HennieBo

Tue, 11/06/2019 - 08:42

Hier is ons vorige staanplek, heel suid in die kampeerterrein, net onder die verste suidelike ablusieblok.

.

Met jou vorige Pathfinder....of is die foto net misleidend.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 11/06/2019 - 09:13

.....Hennie, hoekom dink jy die foto is dalk misleidend  -  lyk my ou Pathfindertjie vir jou stokoud ?  Dis beslis my huidige 2013 Pathfinder met 'n CF nommerplaat  -  die vorige een het 'n CA nommerplaat gehad.  Die foto is in 2016 geneem.

Roodepoort

HennieBo

Tue, 11/06/2019 - 09:32

Hierdie Pathfinder lyk wit en nie silwer soos jou "huidige" een. Dit is maar net die son wat so helder op hom skyn. Jammer uncle, sallie weer.......

Brits

wessels

Tue, 18/06/2019 - 07:44

Môre vriende

Die paar beloofde foto's van ons kuier in wildtuin.

Om pad korter te maak het ons 1ste dag van Brits gesleep tot by Krokkodilbrug, en daar geslaap. Lieflike klein kampie. Volgende dag tot by Satara, en weer vandaar tot by Malelane kampie. Sodoende kon ek die pad terug[ N4] ook korter maak. Leeuwyfie op brug by Onder Sabie het verkeer aan bande gelê, letterlik. 

Aangeheg 'n paar fotos van wat ons te siene gekry het. Veld was droog ruig, en soms makliker om voëls te sien. Ek het baie lanklaas soveel buffels en olifante gesien as die jaar. Troppe van honderde teegekom, maar katte was skaars.

Sal dalk fotos in paar sarsies oplaai.

Groete