Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60712 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeiemôre kampvriende! … Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -6 minutes ago
The missing third.... Planning begins in earnest THE MISSING THIRD....… TWTFAWC -36 minutes ago
Dis juis Google THE MISSING THIRD....… TWTFAWC -1 hour ago
Goeie môre almal,

Terug op…
Oktober 2019 Koffiekroeg Dusty -1 hour ago
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -9 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -9 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -9 hours ago

Jors se Kampstories op fb ...

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Fri, 19/07/2019 - 07:52

Môre vriende,

Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 19/07/2019 - 07:55

Môre vriende,
     Vanoggend vat ek jul ver terug in tyd, sommer na n ander land toe ook. (n ware verhaal)

Ek en n klomp van julle was nog nie eers gebore nie.Die jaar is 1931.Daar word n seuntjie gebore in  Bruinissse NL. Sy naam is Jan Stekelenburg.Jan het daar opgegroei en n kort fris seun geword.Sy ma het hy as jong kind verloor.Sy pa, die het op skepe gewerk, n hardwerkende man.In n streng huis groot geword maar in n mooi jong man ontwikkel.
     In Rotterdam ontmoet hy n nooi Maartje Claasen (noudat ek haar naam skryf, ek is seker hul moes dit seker daar as Maartcjhe uitgespreek het)Dit is mos n pragtige taal as jy hoor hoe praat hul dit.Sy kry die noemnaam Maap.   
     Op 23 jarige ouderdom die jaar 1954 immigreer hul na ons pragtige land.Hy vestig hom in die Vaaldriehoek waar hy begin werk in die ingenieursbedryf.
    Behalwe sy spreektaal Hollands,het hy ook sy liefde vir die natuur en kamp saamgebring.Hy was n baie sosiale jongman en het sommer maklik vriende gemaak.
   Sommer gou gou het hul en hul pêlle n paar 2de handse padwerkerstente aangeskaf.Jul onthou nog daai ronde seiltente wat so by die padwerkerskampe gestaan het. Net so een koop hy vir hom en Maap om mee te kamp.Almal het sulke houtstretchers gekoop wat nog uit houtbalkies gemaak was, party met sulke drie, ander met vier houtkruise onder die slaapseil wat dan styf getrek is deur die parallelle houtbalke op die sykante.
     Dit voel sommer nou of ek op een van hul kan gaan lê.Dink dit was nog die enigste oordentlike stretchers wat ooit gemaak was.Ek sien myself op een van hul lê in so n tent.Maar nou eers weer terug na die verhaal. 
   So begin hul te kamp, n gewilde kampplek onder hul was Rustenburg kloof.Maklik het hul die vrouens sommer deur die week soontoe gevat met hul karre van daai tyd.Consols,Prefekts en Opels.Dan is hul weer terug werk toe vir die res van die week, net met een voertuig. 
     So gebeur dit een vrydag dat hul oppad Kloof toe is na die vrouens toe met ou Jaap Toet se Opeltjie.Hy moes seker lief gewees het vir sy toeter,(wat n pragtige woord)seker van daar,die naam Toet. In die Tarlton omgewing gaan staan die Opeltjie laataand.Daai manne in die Opeltjie is daar uit die kar.Almal is tegniese ouens.Sommer vinnig het daai ouens vasgestel wat is fout.Net daar langs die pad trek hul die Opeltjie se enjin uit en begin strip. n Bearing wat gegaan het,hul bou n bearing uit n leergordel wat ou Jaap Toet aangehad het.Sit weer alles aanmekaar en die enjin weer terug in die Opeltjie.Rustenburgkloof,hier kom ons,sê hul vir mekaar toe hul daar wegtrek. 
     Na die kamp het Jaap Toet se Opeltjie nog seker so twee weke geloop daar in Sasol voordat daar geld was vir nuwe bearings.Kyk daai ouens kon darem n plan maak. 
   Later het Jan vir hom n Hollandse tent ingevoer.Hulle was ook lief om in die Kruger te gaan kamp.Soos wat die ouens nou se dae mekaar se mooi karavane uitkyk, so is Jan-hulle se tent bekyk as hul gaan kamp het.Met hierdie tent is hul as gesin ook menigmaal in die Drakensberge in. Die beste tent van daardie tye. 
    In 1966 bou hy en n pêl hul eie karavane. Maap het self die tente gemaak.Man was dit nou iets om mee te spog. As hul by n oord ingetrek het, het almal gevra om te kom kyk.Jan se wa het alles gehad.Hy het bekend geword as Jan Gadgets.
     Ek is so lief vir die dinge van daardie tye,sou darem graag daai tye se dinge saam met hul wou gedoen het. 
     Miskien is dit dan nou ook vir my n goeie tyd om uit respek,van oom Jan gadget te begin praat.
      Oom Jan Gadget en tannie Maap en hul gesin het die wêreld vol gekamp.Later jare het hy n Jurgens gekoop.
   Baie is hul met daai wa af Haroldsbaai toe.Gesinvakansies wat vir altyd onthou sal word.
   Toe word oom Jan Gadgets naderhand oupa Gadgets.Die trotse oupa en ouma van hul kleinkinders.
   Oom Jan Gadgets en tannie Maap het aan n karavaangroep The Golden Oldies behoort. Saam met hul is daar menige kampe ingewerk..
Sou jy iets wou weet van kamp, voertuie of kampe was hulle die ouens om te vra.
     Oupa Gadgets tree af en hy en ouma Maap word  semi-permanente kampeerders, hul behou hul huis maar hul kamp nou n hond uit n bos uit. Iets wat hul nog altyd wou doen.Hul geniet dit so baie,dit is heerlik na soveel jare van werk en afsloof.Hul kamp die land vol.Waar dit vir hul mooi is slaan hul hul kamp op. 
      Hul geluk word toe gekniehalter, tannie Maap kry kanker.n Bietjie meer as n jaar na oom Gadgets se aftrede is tannie Maap oorlede,maar sy het in haar laaste ure oom Jan laat belowe hy sal nooit ophou kamp nie.

More vertel ek verder.Oom Jan Gadgets hou by sy kampbelofte.

Vreugde en vrede vir jul almal. 

NS. Met dank aan Hans Stekelenburg  van Sasolburg vir inligting omtrent sy ouers.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 20/07/2019 - 09:48

More vriende.
    Gister het ek vertel van tannie Maap wat haar man,oom Jan Gadgets voor haar dood laat belowe het hy sal nie ophou kamp nie.(n ware verhaal)
    Oom Jan het swaar gekry, sy lewensmaat was nie meer daar nie.
     Hy weet hy moet weer gaan kamp, hy het oorlede Maap belowe.
     Die eerste kamp saam met sy kampvriende was moeilik. Hy kamp ook nog gereeld saam met die Golden Oldies.So met verloop van tyd het die mans en vrouens egter vir hom n maat begin soek en oom Jan was nog nie reg daarvoor nie.
     Hy was nog in rou.Dit het hom begin irriteer dat hul alewig vir hom iemand soek.Sê een, jy moet dat ons jou aan so en so voorstel.Volgende een sal sommer dieselfde naweek sê, ek ken net die regte vroutjie vir jou.
      Hy begin hom distansieër van die groepkampers en kamp meestal alleen.Hy geniet al sy gadgets.
   So besluit oom Jan hy gaan sy huis verkoop hy gaan kleiner gaan. Koop vir hom n oulike plek in Vaalpark in n kompleks.
     Na n ruk leer ken hy daar n weduwee in dieselfde kompleks.Haar man is dood in n vreemde ongeluk waarvan hul nooit die waarheid kon uitvind wat werklik gebeur het nie.
   Die tannie se naam is Tienie.Sy was n maer en kort tannetjie.Party mense het haar Tiny genoem.Hul kuier daar oor en weer.
   Naderhand het sy oom Jan se kinders en kleinkinders ook ontmoet.Sou hul saam kuier en Hans, oom Jan Gadgets se seun vra, tannie Tienie kan ek vir jou ietsie ingooi,sou sy altyd sê, ja maar net n halwe enetjie of dalk by n ontbyt, wat van nog n stukkie toast tannie, sou sy sê, net n halwe enetjie. 
   Die kinders en kleinkinders het haar toe tannie Halfies begin noem.Ook omdat sy omtrent net die helfte grote van n normale mens was. 
   Oom Jan en tannie Halfies het groot maats geword.Sy was ook lief vir kamp en toe begin hul saam kamp.
     Aanvanklik het party kampmaats gekla dat hul nou in sonde saamkamp, maar oom Jan Gadgets het net gesê daar is twee beddens in die karavaan.Sou ouens verder kla of kerm daaroor het hy hul dan in hollands n paar dinge toegevoeg.
     Die twee was groot pêlle.Apart gebly maar saam gaan kamp.Hulle het lankstaan kampeerders geword.Swaeltjies praat die ouens van. Hul was lief vir n oord daar naby Warmbad.Elke jaar het hul daar gaan oorwinter.
   Daar was n groep kampeerders wat elke jaar saam kamp vir die winter.
     Op n stadium begin die oord opgradeer en bring verbeterings aan.Waar kry jy ouens met meer kennis as by so n klomp afgetrede manne.Hulle spring in en begin net eers raad gee.Naderhand sit hul hand by. Gou het die eienaar gesien hy kan die manne gebruik.Hy gee die ouens n beter maandtarief, hulle gee raad en hou toesig en hy vergoed hul met die tariewe.Hul help so vir twee drie ure en dan kamp hulle.Hy het ook vir hul gereeld n braai gehou. Dit was n wen wen situasie vir almal.
    Was dit n gespottery so tussen hul as oom Jan Gadgets aangekom het dan sê hul "chips, hier kom die voorman"
    Hul het toe daai plek so mooi gemaak, asof dit hul eie eiendom was.
    Oom Jan Gadgets en tannie Halfies het bly voortkamp.
   Sou hul by n oord aankom het hy vir haar n stoel eenkant in n koeltekolletjie neergesit.Vir haar gesê, jy bly net hier sit, anders is jy onder my voete.Sy kon eers naderkom as hy alles op hul plek gehad het.
    Daar het sy dan rustig gesit en rook tot hy klaar was.Om hom te sien opslaan, sê Hans vir my, was n belewenis. Hy het glo so wieletjie gadget gehad wat hy aan die geutjie van die wa gesit het wat die tent ge-guide het binne die gleufie in.Vingeralleen kon hy alles doen.
    Hy het alles gehad, jy kon hom net vra.
    Sou iemand vra vir n snoeiskêr om n tak wat teen die karavaan skuur te knip, sou hy vra, n kort handskêr of n lange of sal jy nie eerder n saag wil hê nie.Sou jy vra of hy vir jou n blikoopmaker het kon hy jou een gee of sou jy n blikskêr verkies het hy die ook vir jou gehad.
    Een van latere kampe saam met Hans het Hans by tannie Halfie bly sit toe die kleinkinders saam oupa Gadgets en Hans se vrou op n staproete gegaan het.Hy was al ver oor die tagtig. Later kom hy so alleen aangestap, al fluitende met sy kieretjie wat net so hier en daar grond tap die ander doodmoeg n hele ent agter hom.
    Oom Gadget het tot op vier en tagtig sy tentpenne ingekap toe doen oom Jan Gadgets n longaandoening op.Hy het dit nie oorleef nie.Sy tentwoning se penne op aarde is uitgetrek.Hy is toe herenig met tannie 
 Maap. Tot die einde het hy sy belofte nagekom.
   Hans sê toe hul oupa se karavaan uitpak na sy dood, kon jy nie glo wat alles daar uitkom nie.As hy n beter gadget gemaak het, het hy net bygevoeg, niks uitgehaal nie.Vragte en vragte gadgets. 
     Hy sal in tere herinneringe onthou word as Oupa Gadget.

Vreugde en vrede vir jul elkeen.

NS. Met erkenning en dank aan oom Jan Gadgets se seun Hans Stekelenburg van Sasolburg vir sy pa se kamplewe inligting.  

Ek heg vinnig hierdie aan, sy kleinkind se reaksie op plasing.

Ek is oupa Jan en ouma Maap se kleindogter. So bevoorreg dat tussen Oupa, en na sy dood my pa Hans, hulle seker gemaak het hierdie liefde vir kamp bly voortleef in ons familie. Saam gaan kamp ons gereeld en ja...van oupa se gadgets is steeds tussen ons verdeel!
    Hans Stekelenburg se antwoord op wat het van tannie Halfies geword
     Ja, dis nog n hartseer storie, tannie halfies was baie hartseer na sy ook n tweede maatjie verloor het, en minder as drie maande later op die stoep gesit en koffie drink, opgestaan en op haar bed gaan le en is rustig daar oorlede. Ons en die familie was baie hartseer, maar ek dink op so leeftyd wil mens nie meer alleen wees nie

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 22/07/2019 - 07:31

Môre vriende.
     Laas week het ons gesêls oor oom Jan Gadget (n ware verhaal).Sy seun het my van sy lewe vertel. As jy dink jy het n mooi storie(daar moet derduisende van hul tussen julle wees) message my. 
      Vanoggend vertel ek n kampvuur storie wat vriend Jan lief was om te vertel.
     Ou Jan is n plaasboer. Toe hy sommer nog n jong boer was,het die familie maklik kom kuier.Hy vertel dat hy n neef Stoffel gehad het daai jare wat op universiteit was wat lief was om plaas toe te kom.Sy ouers het ver gebly, ou Jan was sy naaste familie. 
     As hy n af tyd gehad het, het hy kom kuier met sy Volla.Agter op die geel Volla het daar in dik swart letters gestaan "SKRIK-VI-NIKS" Hy het vertel dat hy al n hele paar dices opgetel het met daai naam.Daar het hy sy batterye kom herlaai.Naderhand het hy gevra of hy n koshuisvriend kan saambring.
   So het Gert met n volgende kuier saamgekom. Het die klomp dan nou lekker gekuier daar op die plaas.Springhase gaan jag in die aand,geskiet,jy noem dit, dit wat daar op n plaas te doen was, het hulle gedoen.Baie sports gehad.
    Een aand sê Stoffel so om n braaivleis vuurtjie dat hy nou n vriendin het waaroor hy nou baie erg is.Jan sê, bring haar saam laat ons haar kan ontmoet. 
   Sommer gou het Stoffel sy girl, Sonja saamgebring om Jan-hulle te kom ontmoet.Jan-hulle hou sommer baie van haar.
    n Maand of twee later weer so om n braaivleisvuurtjie vertel Gert van die meisie waarby hy vry en vra of hy haar ook maar kan saambring as hul weer kom.
    Sommer vinnig het hul weer n naweek gereël en op n Vrydagaand het die vier met Gert se studente Ford Prefect, wat n bietjie groter as "Skrik-vi-niks" is, daar op die plaas  aangekom.Agter op hom het in swart letters gestaan "SKRIK-OK-I"
      Heila is die girl se naam.So iewat van n snaakse meisie.
    Laataand toe Jan hul in die kamer kom sê Jan vir sy vrou hy dink Heila is n regte drama Queen.Sy stem ook dadelik saam met Jan.
   So het die vier al meer en meer kom kuier.Elke tweede naweek is hul daar. Soveel so dat ou Jan-hul gesê het as dit so aangaan gaan hul vir die res van hul lewens net opkomende boere bly.Soos dit maar is het studente nie geld nie en die geldelike las van die kuiers het op Jan hulle se skouers gerus.
      Jan het n buurman gehad, oom, Ziets.Eintlik was hy Zietsman.As opkomende boer het Jan opgekyk na oom Ziets.Eendag vertel ou Jan vir oom Ziets van hierdie ding met die studente.Oom Ziets sê, sê net as hul weer kom kuier, ons sal n plan maak. 
      Twee weke na hul gesprek sê die klomp hul wil kom kuier. Ou Jan ry oor en gaan vertel vir oom Ziets.Oom Ziets sê vir Jan hy moet die klomp nege uur Saterdagaand op Verlatenkraal,een van sy plase hê. Daar staan n opstal leeg en nege uur sal daar spoke wees.Dit word toe so afgespreek.
     Vrydag trek die Prefect in op die plaas.Daar word lekker gekuier.Saterdag is ook gou verby en die aand om die vuur druk ou Jan die gesprek in n spoke rigting. Dit is volmaan en Jan sê dit is wanneer die spoke wyd loop.Nou kyk, studente leer hul nie slim nie, hulle is lankal slim. Lag hul die spoke storie af as nonsens.Ek meen met sulke kar name (Skrik-vi-niks en Skrik-ok-i) kan jy verwag dat hul sal braaf wees. 
     Jan sê dat dit hier op Verlatenkraal sy buurman se plaas kwaai spook hy sal hul gaan wys.Hy sien hy moet hul nog so n halfuur besig hou.
     Kom ons drink nog eers ietsie sê hy,julle moet maar dalk iets sterkerigs vat vir die ding met die spoke,lag hul te lekker. Die manne vat brandy en coke en die twee meisie gaan maak vir hul tee.
    Jan sê na die tyd hy dink hul het die tee te lank laat trek. So tien voor nege is hul toe daar weg. Jan en sy vrou en hul twee laerskoolseuns met hul bakkie en die kuiergaste in "Skrik-ok-i" .
      By Verlatenkraal aangekom ry hul so op met die plaaspaadjie tussen n laning bome deur en stop voor die ou opstal. 
     Dit is nog een van die ou plaashuise met die baie trappies wat so oplei tot op n groot stoep wat reg rondom die huis strek.
      Met die wat dit volmaan is,is daar geen ekstra ligte nodig nie.Die studente is braaf en klim sommer eerste teen die trappe op.
     Jan sê hy weet self nie waar die bloemen boerbok vandaan gekom het nie.Daai blêrende bok vlieg daar by daai voordeur uit.Die studente gil en vlieg om.Dieselfde tyd kom daar twee spoke met sulke wit gewade om die twee hoeke van die stoep.Almal hardloop vir die karre, Jan hulle ook.Die Prefect is eerste aan die loop met die twee mans studente binne. Met die girls nog buite trek hul weg.
     Toe hul so wegtrek kom daar nog vier spoke agter die boomlaning uit. Daai mannetjies traai die girls so deur die venster in die kar intrek sonder om te stop.Die spoke gryp gryp so na hul enkels terwyl hul nog so halflyf buite hang met hul bene.
     Daai touch touch so aan die enkels en die sterk tee van n halfuur terug het nie saamgewerk nie.Ou Jan vertel hy kon in sy bakkie se ligte sien hier voor hulle lyk dit sleg. 
      Hul kry toe weggejaag.Terug by die huis is dit toe n storie.
      Jan sê daai girls het hulself bedinges.Hy glo nog steeds dit was daai tee wat te lank getrek het wat hul mae omgekrap het.
    Na ure in die badkamers het dit stil geraak.Sondagoggend vroeg was Stoffel en Gert daar uit om "Skrik-ok-i" te gaan was en skoonmaak.OuJan sê daai kar het aan die kante gelyk soos sy lorrie as hy beeste vendusie toe vat. 
     Skaars was die kar skoon, toe ry hul.Agt uur was dit doodstil op die plaas.Die studente het toe nooit weer kom kuier nie.Jan hul het n paar jaar later gehoor Stoffel is nou afgestudeer. 

Vreugde en vrede vir elkeen van julle.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 24/07/2019 - 08:16

Môre vriende.
     Terwyl ons nou hier om ons oggenkampvuur sit met n lekker boeretroos in die hand wil ek jul vertel oor klein plattelandse dorpies.
     Moenie die ouens glo wat sê daar gaan niks aan nie.Ander gaan weer sê, sjoe daar kan hul skinder.Daar is mos n gesegde wat sê moenie alles glo wat jou ore hoor nie.Wel,die een kan jy maar glo,hulle leer nie om te skinder nie, hulle kan skinder.
     So is daar op die klein dorpie n gemeente wat afgevaardiges moet stuur sinode toe.Daai jare het die ouens nog met die trein gery.So die trein kom sommer ver daar van Lichtenburg af, dan Coligny,Ventersdorp Krugersdorp, Pretoria toe.Op elke dorp klim daar twee drie gemeentes se verteenwoordigers op.
    In een kompartement is daar vier predikante van veskillende dorpe wat saam ry.
    Die manne praat kerksake en op n stadium sê een hy wil bieg oor n probleem wat hy het.Dadelik moedig die ander hom aan om dit te bely.
     Hy vertel toe hy het n probleem met vrouens, sê hy,hy het so ietwat van n dwalende oog.Ai en die orrelis, ai tog.
      Die ander sê,broer jy moet breek met die sonde jy mag nie begeer nie, ons sal vir jou bid wat hul ook sommer dadelik doen.
    Hul gesels voort oor sondes toe nog een sê hy wil ook bieg. Weer moedig die ander hom aan.
    Sê hy,hy trek finansieël swaar.Sondae help hy die diakens met die tel van dankoffers dan skiet hy so nou en dan n shieling in sy baadjiesak in.
    Weer vermaan hul ook vir hom.
    Broer, jy mag nie steel nie.Jy moet ophou daarmee.Ook vir hom word daar n gebed gedoen.
    Skaars is daad amen gesê toe begin n ander een bieg.
     Broers, ek het so n ou probleempie. Drank,na nagmaal help almal om op te ruim, dan vat ek n paar oordentlike slukke uit die beker uit.
    Nadat hy betig is word ook vir hom gebid.
    Toe is dit doodstil in die kompartement.
    Niemandht  zegt of spreeckht een woordt nè.
     Hul ry Pretoria stasie binne en een vra vir die vierde predikant.
    Nou broer het jy dan niks om oor te bieg nie.
    Na n ongemaklike stilte sê hy.
     Jul dring nou so daarop aan.Ja ek het ook n probleem en dit gaan jul ten volle raak.
     Vertel broer, vertel sê n ander een.
     Ek het n probleem, ek kan skinder en ek kan nie wag om terug te kom by die huis om almal te vertel nie.

Vreugde en vrede vir jul almal.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 25/07/2019 - 17:44

Middag sê vriende.
Gedink om bietjie vandag n middag koffietjie by jul te kom drink.
  Gister vir jul vertel van klein plattelandse dorpies en hoe die ouens kan skinder.
    Vandag wil ek jul vertel van n storie wat n predikant my vertel het, dit het glo baie jare gelede gebeur. Hoe waar dit is moet jul maar self besluit.
    Die verhaal speel af in n baie klein plattelandse dorpie.Nou,daai jare was daar nog oggenddienste asook aanddienste op Sondae. Dus het die predikant twee preke voorberei.
    Die Sondag is daar n baie mooi opkoms by die diens.Sondagmiddag gaan hy deur sy preek vir die aand.
   Sondagaand toe hy en sy vrou by die kerk kom sien hy, dit is net hy,Mev. Ds, die orrelis die koster en een oom daar.
   Net voor hy wil ingaan konsistorie toe,vra hy vir die oom, oom dit is nou net ons hier.Die koster moet oop en toe sluit, die orrelis moet speel, my vrou is saam my want ek moet preek, so eintlik gaan ek net vir oom preek.Dink oom nie ons moet dit nou maar los nie.
   Hy antwoord. 
Dominee,ek is maar net n plaasboer.Ek weet nie veel van kerksake af nie.Ek boer maar met beeste, maar weet dominee wat, as ek honderd beeste het en net een bees kom die aand kraal toe dan gee ek vir daai een bees kos.
     Die dominee het net gesê,oom ek hoor wat oom vir my sê en sy toga gaan aantrek.
     Hy begin toe preek maar hy is so meegevoer in sy preek en boodskap dat hy n uur en vyftien minute preek.
    Na hy klaar gepreek het stap hy na die oom toe en vra of hy tevrede is.
   Die oom antwoord. 
Dominee, ek is maar net n plaasboer.Ek weet nie veel van kerksake nie.Ek boer maar net met beeste. Maar weet Dominee,as ek honderd beeste het en net een kom die aand kraal toe dan gee ek darem nou nie vir daai een bees honderd beeste se kos nie.

 Vreugde en vrede vir almal

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 26/07/2019 - 07:56

Môre vriende.
   Ek wou eintlik vanoggend oor n heel ander storie geskryf het, maar het so pas besluit ek wil met jul oor heeltemal iets anders gesels.
      Vanoggend praat ek kopsake.Kyk n mens is mos n verskriklike stupid ding.Ons,en nou praat ek van mans en vrouens,se koppe vat mos nie aldag lekker nie.
     Ek maak eers vir jul n lekker koppie koffie.Ek weet dit is nou eers net na 5 in die oggend, maar gaan jul omgee as ek vir myself nou n driedubbelle whiskey ingooi.Terwyl jul nou rustig met n warm beker koffie sit is ek lus en down hierdie glas nou.
     Kom ek vertel jul nou wat het aanleiding gegee dat ek vanoggend n wrak is.
    My flukse vroutjie spook mos met allerhande goed.Sy hou so vier vyf keer n jaar n mark.Ann se Huiswinkel Mark noem sy dit.Haar huiswinkel is altyd in bedryf, so n deel van die huis gebruik sy om te woeker met haar talente. Nou kyk dit is so drie dae grappie,die markte.Dan kom die kliënte in hul getalle hiernatoe om te kom koop.Hier is uitstallers in die tuin, in die garage, onder die afdak en hy is groot, daar kan so vyf karre onder hom inpas en nog die karafaan ook.
   Man dit lyk naar.Die vrouens is besig om my mal te maak.Hulle klets mos aanmekaar.
    Kyk, dan is ek mos nou die selfaangestelde sekuriteits streep karwag.Ek help ook om alles by die kliënte se karre te kry. 
       Dit is nou vir jou n ondankbare werk,ek het nog nie een tip gekry nie.As ek kla sê Ann, dan weet sy die mark is n sukses, hulle beursies is leeg,hul het nie meer geld vir n tip nie
   Ek weet nie lekker hoe meet n ou een ou se sukses teenoor n ander ou se verlies nie.
     Maar dit nou daar gelaat.Deesdae moet n ou maar versigtig wees,so die hoof van sekuriteit (ekke) het n paar dinge gedoen om dit vir almal veiliger te maak.
    Dit is redelik veilig hier, maar n ou weet nooit.Gaan slaap ek die aand gaan ek eintlik net in nagwag "mode"
   So was dit ook laasnag.Ek slaap maar slaap ook nie eintlik nie.Jy drift mos net so in en uit die slaap.
   Word ek vanoggend wakker, so teen twee uur.Drift weer net so weg.WAT WAS DIT? Lê en luister, hoor nie iets nie. Nou skop daai stupid kop in.
     Is daar iemand besig om iets te steel by die uitstallers se stalletjies buite die huis.Lê  fyn en luister.Miskien moet ek maar gaan kyk.
    Vat die nege mm pistool en staan op in die donker, sit net die ganglig aan.So beweeg ek deur die huis, niks nie.Beweeg in rigting van Ann se huiswinkel so in die semi donkerte met die vlou ganglig ver in die agtergrond,pistool so voor my uitgehou.
    Wat se flou lig skyn so in haar winkel, daar is ook beweging hier voor.Skielik is hy hier reg voor my, die blik....Ek skrik my g...  af. Net voor ek die sneller trek loop ek in die glas skuifdeur vas wat Ann toegertrek het.Hy staan altyd oop. Nou is hy toe. 
   Amper skiet ek my refleksie met ruit en al in hulle se moer in. 
    Ek staan daar en bewe.Toe sit ek al wat n lig is aan, die buite spotlights ook. So deurgekyk maar alles is wel.
    Ek is n bleddy wrak. Sondag gaan ons Marloth Park toe.Ek moet nou op vakansie gaan. 
     Gooi nog n koffietjie vir jouself, maak daai whiskey van my nou net so vyf vingertjies jong, ek moet nog die kliënte se karre gaan oppas. 

Vreugde en vrede vir julle, en wees veilig.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 29/07/2019 - 19:18

Naandsê vriende,
     Vandag gesêls ek met julle hier uit Marloth.
    Sommer net lekker om al die bosgeluide te hoor. Die diere dop te hou.
       Dit alles kan n ou hier doen sonder Bethlehem se koue.
      Die bosveld hou darem net n ander bekoring in.
     Ek wil jul eers gou vertel van toe ons gister oppad was hiernatoe.
       My skoonsuster is n ou wat vir alles bang is.Alles kan nogal vir haar n gevaar inhou.
    Oppad hiernatoe word Ann ook bang toe hul mekaar bang praat van slange en spinnekoppe en alles waarvoor hul bang is.
    Op n stadium sê hul ons moet uitkyk vir n stopplek, hul wil n draai loop.
   Nou kyk mans,ek in elk geval,wil ry en daar kom.Aikona,nie hulle nie.As hul n padstal sien moet daar gestop word.
    Ons probeer om n gemiddelde spoed van darem so 100 tot 110 km per uur te handhaaf maar hul bring die gemiddeld af na 65km per uur soos wat ons stop vir draaie loop en stalletjies kyk.
     Stop ons by n boer se padstal. Mooi skoon en netjies en die vrouens vra vir badkamers.Hul is toe daar weg na die vroue badkamers.
     Ann stap eerste in met skoonsus agter haar.Sê Ann vir haar om die deur toe te maak.Sy stoot die deur toe.Agter die deur het n besem gestaan. Wat hul nie sien nie is toe sy die deur toedruk dat die besem saamkom en so tussen haar blaaie inval, sy gil en gee pad maar daai slang val so al met haar rug af tussen haar blaaie deur oor die boude,teen haar kuite af tot op die grond. Die volgende oomblik is dit net n gil, my swaer trek sy 45 en ek pluk my Josef Roger knipmes uit my sak uit so in die hardloop.
    Ons storm daai badkamers soos wafferse Rambo's.Pluk daai deur omtrent uit sy skarniere uit.Daar staan hul soos twee skoolgirls en giggel toe hul agterkom wat het eintlik gebeur.
    Ou Pieta druk weer sy 45 terug in sy skede en ek laat klap daai Josef Roger se lem so toe.
    Ons is toe daar weg, hul het hul dingese weggeskrik,was after all nie nodig vir die badkamers nie.

Vreugde en vrede vir almal.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 31/07/2019 - 12:09

Môre vriende.
     Vanoggend n lieflike oggend hier in Marloth.
      Die seekoeie en die leeus was lekker besig laasnag hier by die rivier.
      Sit ons gisteraand so by ons braaivleisvuur.Die nagapies lekker bedrywig by die kosbak wat ons uitgesit het in n boom.Die vlermuise swiep ook af om n kossie op te pik.
     Hier is gewone asook vrugtevlermuise.Ek is nou glad nie n vlermuiskenner nie.Vra een van die vrouens watter is vrugtevlermuise.
       Sover ek dit het is hul groter en met n baie breër vlerkspan sê ek.Ek sê toe dit is die wat n appel en n piesang onder elke vlerk vasknyp, hulle is vrugtevlermuise.Hulle het my amper geglo.
     Die ouens loop hier rond in die park, wat ek wel opgelet het is almal loop met n stok of n kierie.
    Kom ek vertel jul n storie van n kierie.
    Daar word vertel van hierdie dokter wat op n baie klein plekkie gepraktiseer het.Sy praktyk het hy in n baie ou huis gehad wat hy omskep het in spreekkamers.
      So het hy baie gewild geraak,soveel so dat die pasiënte naderhand van heinde en verre die dorp besoek het om by hom uit te kom.Die gastehuise in die dorp was vol geboek vir maande vooruit.
    Daar is toe eendag n man van Pretoria, hy het ook van die dokter gehoor en hoe goed hy is,hy skakel vir n afspraak.Hy kry eers een vir ses maande verder.Hy bespreek ook twee nagte by n gastehuis.Hy sal amper 600 kilometer moet ry om by hierdie man uit te kom.
    Uiteindelik breek sy tyd aan en die dag voor sy afspraak is hy uit Pretoria.Sy afspraak is vir twaalfuur maar hy is toe daar weg spreekkamer toe vir ingeval hy die dokter dalk vroeër kan sien.Elfuur toe stop hy by die spreekkamer,of sal ek eerder sê so naby as wat hy kan aan die spreekkamer.Daar is karre sover jy kyk.
     In die tuin is daar tuinstelle,daar sit mense,op die stoep rondom die huis sit mense,binne die huis in die wagkamers sit mense.Hy meld aan by ontvangs,die dame sê " jy moet maar n sitplekkie soek Dr.is agter,soos jy kan sien hier is baie pasiënte wat vir hom wag"
   Na omtrent twintig minute gaan daar darem vir hom n stoel oop in die tuin.So het hy maar geduldig gewag en naderhand het hy op die stoep gesit.In die namiddag het hy gevorder tot in die wagkamer.
   Die ontvangsdame roep n Mev.Vermaak en daar staan n ou tannie van seker in die tagtig moeisaam uit n stoel uit op.Sy loop so krom krom met haar kierietjie treetjie vir treetjie ondersoekkamers toe.
   Vyftien minute later kom daaiselfde tannie daar uit.Sy loop gemaklik, kiertsregop.Sy tap net so hier en daar met die kierie en vra vrolik "waar betaal ek" en so is sy met n flukse stappie daar uit.
   Hierdie man kan sy oë nie glo nie, toe word sy naam uitgeroep.In die ondersoekkamer ontmoet hy die dokter.
     Hy sê " Wragties dokter ek het gehoor jy is goed,vandag het ek met my eie oë gesien jy is goed.Hierdie tannie voor my het krom krom met haar kierietjie hier by jou ingestap en kiertsregop met n lied  in haar hart hier uitgestap. Hoe de dinges kry jy dit reg? 
     Die Dr. antwoord "o Mev Vermaak, nee meneer sy was nou regtig een van die  makliker pasiënte, al wat ek gedoen het was om haar kierie agt duim langer te maak. Sy het krom geloop omdat die kierie te kort was."

Vreugde en vrede vir jul elkeen.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 01/08/2019 - 17:20

Dagsê vriende.
  Vandag praat ek oor iets wat vir my mooi is.
   Murasies,ek kan my verkyk aan hulle.Sou ek tyd hê en ek sien een langs die pad sal ek maklik stop en na hom toe stap.Ek weet dit is betreding maar gelukkig het niemand my nog ooit met n haelgeweer verdryf nie.
    Dan sal ek mos nou daar rond dwael en alles van alle hoeke af bekyk en bewonder.
     Wonder ook wie het daar gebly en dalk daar groot geraak.Ek meubileer daai plek,sit weer vir hom n dak op.Houtraamvensters en houtdeure kry ook weer hul plek.
     In die kombuis kyk ek waar was die skoorsteun. Daar bou ek weer die Welcome Dover in met die stronkekas langs hom,aan die anderkant van hom staan die ou houtkas.Op sy blad skroef ek die swart koffiegrinder vas.Die kas pak ek weer vol met swart potte en ek maak vuur en sit die ketel op die stoof.
    Ek maak ook weer die meelblik vol meel. n Groot kombuistafel met agt stoele word ook weer terug gedra.Ek pak weer die spens vol met kruideniers.Die rakke is vol met Consol bottels.Daar is vye,appelkoos,waatlemoen konfyt.Langs hul staan ingelegte perskes, boontjies,uie en beet.
   Ek sit in elke vertek n blou parafien lamp. Die houtkatels kry ook weer hul staanplek in die kamers met hul donskombers oorgetrek.Elke kamer kry ook weer sy hangkas terug.Voor die venster hang ek die gordyne op wat uit die wakis uitgehaal word.
  In die woonkamer kom die bal en klou stel met sy wynrooibekleedsel.Die koffietafeltjie in die middel.Op n kleiner tafeltjie langs n stoel lê n pyp met tabak en ek ruik daai tabakrook in my neus.
  Met die uitstap daar ruik ek die moerkoffie en kosgeure uit die kombuis.
   Ek hoor die ma roep na die kinders om in te kom, dit raak laat.Ek hoor die man inkom en sê n koppie boeretroos gaan darem nou lekker wees.
   Na ete sien ek hul om die kombuistafel sit, besig met huisgodsdiens. Almal kniel toe hul bid.
     Ek besef ek sal nou weer moet ry,hulle is nou weer tuis.
   Vreugde en vrede vir jul almal.

Fb skakel vir foto's.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 02/08/2019 - 07:47

Môre vriende.
   Loop saam met my terug na toe ons jonger was.
    Gaan diep ek n ou kwitansie op van my skoolfondse van 1972.
    Man daai tyd was geld darem nog geld.Jy kon nog sommer baie doen met n Rand.
    Kan nog onthou toe ek in die laerskool was hoeveel swiets ek gekoop het met n tiekie,n hele kardoes vol.
   n Sausage roll by Motara se kafee daar in Ventersdorp het n sikspens gekos, daai roll was maklik agt duim in lengte  en twee duim in deursnee.Hy het ook nie eers vir die grootmense sooibrand gegee nie.
   My pa se groen Chev (soos op foto) het nog gallons gevat as jy hom volmaak met petrol.Met daai tyd se petrol kon jy myle en myle ry. Sy bande was bande boetie, jy het hul nie met bar gepomp nie.n Bar was n ding wat jy by die Hotel op die dorp gekry het. Brandstof het ons eers later van gehoor.Hy het ook n radio ingehad, daaityd het hul hom n draadloos genoem.Op hom kon jy nog "Die du Toit's van Soetmelksvlei" luister. Staalburger het toe ook nog geleef. 
   Die Lister het met plaasdiesel geloop. Goedkoop krag in die drade gehad daai jare.
   Toe koop pa hierdie groen Ford Fairmont.Hy het liters gevat en kilometers geloop teen soveel en so kilometer per uur.
  Karavane was gebou om te hou.Deesdae praat hul van karavane wat lek,daai jare het net n tyre n lek gekry,nie daai waens nie.
   Toe gaan koop ek vir my hierdie Chrysler 383 net om weer te voel en hoor hoe loop n V8 met perde onder die bonnet.Sy aircon maak ook anderster koud as n lugverkoeler. Vir my voel dit in elk geval so.Sy seats vat n groot gesin, deesdae het jy n kombi of n taxi nodig. 
    Man,dit was darem lekker jare daai jare.
  Vreugde en vrede vir elkeen van julle.

Fb skakel vir foto's.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 03/08/2019 - 09:30

75 of 95.....waarvoor moet ek regmaak.....

Toe my skoonpa op 75 oorlede is, het die dominee gesê..... “Gelukkig het oom Gert n vol lewe gehad”......toe dink ek so by myself....ag dominee waarvan praat jy, 75 is nog jonk.....inteendeel as ek net 75 sou word, het ek op daardie stadium nog net 22 Kersdae en 22 Desember vakansies oorgehad.....en dit is heeltemal te min

En so stap die tyd aan en die rolletjie Papier hardloop dat dit bars, hoe nader jy aan die einde kom.....en hoe verder jy gaan hoe meer gekreukel is die papier en hoe vinniger raak dit klaar. Nou 10 jr later is die Kersdae en Desember vakansies nog net 12.... as ek so bevoorreg sou wees om dalk 75 te kon maak.....nou begin ek wonder oor die 75....is dit haalbaar🙊

Op 40-45 is die meeste mense op die draaipunt van die lewens-golf.....dan groei niks verder behalwe jou neushare en jou ore.....jou pille raak meer, Desember op Desember se vetrolletjies wys duidelik bo-op mekaar en raak permanente skade.....die borskas sak af, die bene raak dunner en die boude wil nie meer die broek ophou nie.....as jy n nuwe kortbroek aanpas, moet jy in die spieel kyk, want van bo af kan jy nie meer alles sien nie....jou hemp lyk of jy jou helmet daarin weggesteek het

Jou kar se voorste modderskerms kry al hoe meer stampe en krapmerke by....hoekom stamp almal jou kar se neus nou spesifiek op die bumper en ry weg🙉.....inteendeel krapmerke sien jy net as iemand anders vir jou vra wat het daar gebeur.....dit pla nie meer so baie nie....dit sal met die volgende groot stamp reggemaak word....jou kar word baie mooi gediens en instand gehou, want hy moet nou hou tot die dood....daai tyd is daar seker nie eers meer diesel karre nie. Jy ry net met outomatiese karre deesdae, anders ruik jy heeltyd iets wat soos n clutch ruik by die opdraendes

Jy bly in jou baan, maak nie saak hoe stadig die ou voor jou ry nie, jy raak gehipnotiseer met die agterkant van sy kar....en jy ry net saam....reverse kan jy nie meer doen sonder n spieel of Spieels nie....die nekkie kraak so as jou hom probeer draai, jy word skoon duislig.... jy koop net karre met PeePeeps in, wat kan skreeu as jy naby iets kom.....nie dat jy altyd weet wat dit is nie, maar jy stop dadelik......selfs Taxis speel nie meer n rol in jou gemoed nie....hulle moet net ry sodat hulle kan wegkom

By die lughawe storm as die wagte op jou af as jy deur die radar stap en al wat n alarm is gaan af agv al die nuwe stainless heupe en knieë...... en die skroewe in jou lyf.....as jy n hand vol kleingeld by die tolhek vir die Sqweeza gee, maak sy dadelik die hek oop sodat jy kan deur ry.....sy tel nie....want ons omies is tot op die sent reg....elke keer

Wat my natuurlik grensloos irriteer is die karwagte wat jou Oom roep en dan lyk hulle meer gehawend as jy.....oorvriendelik en worry glad nie oor jou kar nie.....worry net oor jou beursie.....met respek....hulle irriteer die witwaks uit my uit want as jy niks tip nie en jy kyk in die spieel kan jy duidelik sien hoe vorm hulle lippe n “f.......”, hulle sê seker maar “foertsek” of “foorspoed”....maar dit lyk tog of die woord weer met n “f” eindig🙉

Kom jy by n restaurant, wil almal weet of jy in die sonnetjie of naby die kaggel wil sit.....ek wonder of almal oor 60 lyk of hulle koulik is.....gelukkig as jou vleis taai is kan jy die waiter roep, jou tanne uithaal en dit vir hom gee en vra hy moet kyk of hy die vleis gekou kan kry.....dan kry hulle vinnig die boodskap. Jou drank rekening is deesdae baaaaie goedkoper, want jy kom agter dat nie net alle duur wyne lekker wyne is nie......en na 2 glasies is die resultate in elk geval dieselfde.......jy klim nie meer trappe sonder om aan die reeling vas te hou nie....geen spesifieke rede nie....jy is net nie lus vir gebreekte beendere as jy iets miskyk nie

So .......gaan ek nou 75 maak soos my Skoonpa of 95 soos my eie ma....indien dit 95 is sal ek graag wil sien hoe ons hedendaagse kinders gaan reageer as jy in die Lazyboy in die sonnetjie sit en jou Absa dagboekie is al kliphard van al die kwyl tydens jou tussen-in slapies.....en hulle moet jou voer, met kos wat altyd op jou wang sit sonder dat jy dit weet....presies nes hulle was tot op 2.....al is dit nie nodig nie, dink ek mens moet tog as hulle na jou kyk vra vir weggooi doeke....net om hulle gesigte te sien as jy hulp nodig het.....hulle vergeet gou van hulle Killer no 2 doeke

Ek hoop maar die gesondhied en die verstand hou, want tans is mens nog springlewendig, maar die rolletjie papier hardloop al vinniger. Ek was in Junie in Namibië en gaan Sondag Mubuashube toe......hoe lank sal mens nog leertjie op en weer leertjie af as die blaas jou wakker maak 3 uur in die oggende

Natuurlik wat die heel lekkerste is, is die feit dat jy nie hoef te gesels as jy nie lus is nie en as almal vra wat is fout se jy net “Sê weer”.....dan hoor jy net “ons sal moet laat kyk na Pa se ore....hy hoor deesdae niks”. As jy langpad moet bestuur en jy raak moeg, wag jy net totdat daar in kar van voor af kom wat redelik naby is, dan vra jy “Kan ek nou verbygaan, dit lyk vir my skoon”.....dan vervang hulle jou Onmiddelik met n ander bestuurder en jy kan verder gaan kwyl in jou sakboekie

Wie het gesê na 60 is sleg....glad nie, jy hoef ook nooit op te hou werk nie, jy vat net baie meer vakansies....n week n maand....en die meeste mense voel jy verdien dit.....behalwe die begunstigdes van die “Erfgeld-vreter-aftreefonds”
Wat ek wel al baie gesien het is hoe vinnig ouer mense se skete en pyne verdwyn....en hoe rats hulle kan raak as daar n nuwe Perskoppie of afgetrede boer kom inboek by die oord.....die aftreeoord....dan is dit asof almal lewe gekry het soos die Testosteroon inskop

Wag dat ek klaarmaak sodat ek my Bloeddruk, Moerkoer, en halwe Disprin gaan uithaal saam met n glasie van Dr Vogel se Alkaliniteits poeier, Appel asyn, Citrus soda .....o ja en n half sterkte Kroniese Viagra om te keer dat ek nie van die bed af al met die nuwe heup nie🙊🤪😂

Bespreek onmiddelik vir dit wat jy nog wil sien en beleef.....die geld sal hou....mens raak mos net ouer, jy hardloop nooit uit planne uit nie😎🥂

Mooi loop en lekker toer👍

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 03/08/2019 - 18:35

Dagsê vriende,
    Die twee fotototjies geplaas om jul te wys hoe mans en vrouens verskil oor wildtuin besoeke.
     Vrouens hou van shopping.Hul kan dit vir dae en weke aanmekaar doen.Ons mans is minder lief daarvoor.
     Sit my in die veld of langs die see neer, dit kan ek nou weer vir dae of weke aanmekaar doen.
     Hul kan mos van item tot item loop, die pryse kyk en die hele label deurlees.So beweeg hul van rak tot rak.Dit is mos ses tree vorentoe en dan drie tree terug.So word elke rak in die wildtuin se winkel deurgegaan.
    As hul alles deurgekyk het,dan begin die shopping.Dan stap hul weer terug na die items toe wat hul gefassineer het.Waarvan hul hou word nou in n mandjie gesit.
    Nadat hul nou al hul aankope het kom sy en skoonsus bymekaar om nou hierdie goedjies te bespreek.Nou hoor jy daai,wat dink jy hiervan, of, sal daai een nie beter wees nie.Dink jy nie dit is te duur nie.
    Sodra die koukus verby is word daar terug beweeg na die rakke om dit wat nou nou nie meer reg is nie terug te sit. 
     Na hul betaal het ry ons aan.Sal ons dan vra het jul n swietie gekoop.O hang nee, plaas jul gesê het.
      Kyk ons nou lekker wild oppad na die volgende kamp.Daar aangekom sal jy hoor een sê,kom ons gaan kyk net wat het hul alles hier.
    Ek en ou Pieta sal dan n sitplek soek en hul kans gee om klaar te maak.
    Dit is ook baie intressant om die mense dop te hou.
     Hul kleredrag is al iets om te aanskou.Hier sien jy nou alle shapes en sizes.Ouens wat vir die eerste keer in hul lewens in die son kom.Spierwit,so bly my bril word donker buite.
    n Buitelandse vroutjie wat n taal praat wat ek nog nooit gehoor het nie praat die heeltyd met haarself,sy het jeans aan met sulke rooi tekkies.Die broekspype is in geel sokkies met sulke wit strepies aan die bokant ingedruk.Hulle kom so halfpad teen haar kuit op.
    Sy het so n breërandhoed op wat tot gelyk met haar skouers uitkring.Weer praat sy in n vreemde taal en iemand antwoord haar in dieselfde vreemde taal, ek dog dit spook.Toe sou ek eers sien daar staan iemand langs haar.Daai mannetjie  is so gekamouflarge ek het hom nooit gesien nie.Tot sy kamera is vol groen spots.Die lens hang omtrent tot waar die vroutjie se sokkies opkom.
    Kyk,die Kruger kan n ou lekker besig hou.Mooi renosters en twee cheethas gesien.Olifante, buffels met al die ander diere wat jy in oorvloed kry.Die leeus en luiperds het ons egter ontwyk.
   Vreugde en vrede vir almal.

.

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 05/08/2019 - 20:11

Naandê julle,
      Man was dit darem nou weer vir jou  lekker in die Kruger vandag.Ingegaan by Krokodilbrug en opgery Skukuza toe.
    Baie wild gekry met die opgaan vroegdag.Oppad terug was dit n warm 37 grade.
    Net so voor Laer Sabie, klomp motors in die pad.
     Klomp bobbejane in die pad.
     Een van die mannetjies kyk my so aan,hy lyk nogal vir my bekend.Spotenderwys groet ek hom om die ander in die voertuig te vermaak.
    Sal hy my so aanstaar en in n suiwer afrikaans sê hy "goeie middag meneer,ek is die agterkleinkind van Kaspaas"
      My magtig,ek wou sê jy lyk bekend.Leef hy nog?
       Ja oom,hy is hoeka hier onder by die rivier,hy verjaar vandag en dit is n party wat ek vir hom gee vir sy verjaardag.
      Hoe langer ek en hy praat hoe meer bondel die karre daar om ons.Daar teen die rivier is daar leeus,olifante, buffels,seekoeie, te veel diere om op te noem.Almal kuier lekker saam.
     Oom,ek wil oom n groot guns vra,die maroelabier het opgeraak.Sal oom my nie Komatipoort toe vat en vir ons  drank gaan koop nie.Ek het nie geld nie so as oom dit sponsor sal ek baie bly wees.
     Hy klim ook sommer dadelik op voordat ek die a van ja ge-uiter het.
      Jul moes die mense sien,hulle neem aanmekaar foto's van hierdie petalje.So is ons toe daar weg.Op pad hek toe kry ons die rooinekke ook oppad party toe.By die hek aangekom, het die personeel ons net so een kyk gegee en ons n permit gegee vir Kaspaas Jnr.
     By die bottelstoor ken almal hom,hul sê vir my terwyl hy die drank aandra,dit is n ou trick van hom.Dit bleik toe te wees dat hy een of ander "Party Planner" is.
      Terug by die venue nooi hy ons saam. Ons steek die voertuig daar in die bosse weg by een van daai inhampaadjies.
    Daar het hy ons toe aan almal voorgestel, wat n aangename klomp.Almal het hul toe nou aan drankies gehelp.Oom olifant drink sy dop sommer so uit n twee liter coke, terwyl ou kaspaas hom aanmoedig met, "vat hom boetie, vat hom"
   Ou Kaspaas lyk eintlik nog goed vir sy ouderdom. Loop met n kierie, maar hy het nog n lekker huppel in sy stappie. 
     Al die bosluise het ook afgeklim van hul voogde af en hul bondel daar saam.Kan so klomp bosluise nou vir jou suie, hul lyk naderhand soos miniatuur seekoeitjies.
    Vroeër vanoggend het ons n trop leeus met welpies gekry.Hulle was ook by die party.So vanuit die karre lyk hul oulik.As jy saam hul kuier is hul eers oulik.Hul kom lek aan ons kuite en prrr soos n huiskat as hul so teen ons skuur.
       Het ons toe nou lekker saam die klomp gekuier.Dit was ook lekker om die mense so van hulle kant af dop te hou.Al die voertuie wat so stop en ons so nuuskierig aanstaar.Jy kan sommer sien hul is niks gewoond nie.
    Met trane in ou Kaspaas se oë het hy ons gegroet toe ons moes ry om die hekke nog oop te vang.
  
Vreugde en vrede vir almal,o ja, ou Kaspaas stuur groete vir almal wat hom nog kan onthou.

Fb skakel vir foto's.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 06/08/2019 - 08:37

Môre julle ouens,
Wil jul nog verder vertel van daai wilde party saam met Kaspaas Jnr,oom Kaspaas en al hul diere pêlle.
Kyk daai ouens is wild.Hulle kan hul drank vat.
Oom Kaspaas het ons n paar lekker stories vertel daar waar ons so onder die bome teen die rivier gesit het.
Kameelperd het hier langs ons gestaan en so nou en dan n happie uit die boom gepluk.Vir hom het ek n lekker brandy en coke met ys ingegooi in n holte in n klipplaat hier voor ons.…
So nou en dan het hy sy bene so wyd uitmekaar gesit en n suig kom vat met daai los lippe van hom.
Oom Kaspaas vertel vir my van die dag wat Ben en Babsie ook daar by hul gestop het.Kaspaas Jnr het hul ook met dieselfde verjaardag trick gevang.Hierdie wilds party's is elke dag se storie.
Ewenwel,toe daar nou weer baie drank was,was dit weer n joligheid van n ander wêreld.
Hy vertel dat Ben en Babsie met hul gesin hul gate uit geniet het.Die aap en bobbejaankinders het nou en dan n spin gekry saam oom Ben in hul kar tot hul pa's en ma's gesien het oom Ben se kar begin nou nes hy slinger nadat hy die kar met die slinger gestart het.
Soos dit elke dag gaan stop daar baie karre.So was dit ook gister.Sodra hul sien die karre raak min loop n leeu of n olifant net n draai by die pad,dan stop daar weer hordes karre.
Man het ons darem lekker gelag vir die mense.Het jy al gesien hoe lyk n kameelperd so van onder af as hy met daai los lippe so lag.Daai lippe tril so, sy oë knyp hy toe jy sien net die lang oogwimpers waar sy oë moet wees.
Op n stadium wurm n ou hom so deur n venster en sit so in sy kar se venster en foto's neem oor die kar se dak.Hy het n lens op daai ding, hy is omtrent net so lank as wat sy kar breed is.
Roep oom Kaspaas n hiëna nader en fluister iets daar in sy oor.Hy is toe daar weg.
Nou kyk n hiëna kan mos lekker agteraf wees.Hulle kan mos goed bekruip.
Vanwaar ons mos nou sit het ons nou front row seats om die mense dop te hou.Toe kom die hiëna agter die karre uit die bosse uit na die karre toe aangesluip.Die mense se oë is op ons en die party gerig.
Hiëna sluipstap so tot by daai mannetjie wat in sy kar se venster sit en ruik ruik so aan sy gat.
Ek weet nie of die hiëna se nat snoet aan hom geraak het of wat nie,maar toe hy sy kop so draai en die hiëna so agter hom sien het dit kompleet gelyk asof daar n onsigbare supertube is waarmee hy afgly.Hy is binne daai kar in sonder om kante te raak.
So met die wegry net gehoor die vroutjie sê kwaad "I told you to stay in the car"
Almal lag te lekker.Die olifante trompetter soos hul lag,die seekoeie hog... hog..... hog hog hoghoghog ook so diep uit hul mae.
So het oom Kaspaas my baie dinge vertel.Onthou dat ek jul vertel van die hoenderboudjies vir padkos.
Vreugde en vrede vir julle.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 08/08/2019 - 08:40

Dagsê vriende,
      Veilig terug in Bethlehem na ons Marloth kuiertjie.Vanmiddag toe ons n padkossie geniet sommer dadelik aan julle gedink.Veral toe ek n hoenderboudjie eet.
     Oom Kaspaas het my die storie vertel van die padkos toe ons so sit en kyk na al die toeriste daar in die Kruger.
    Hy vertel dat hul ook een middag n partytjie gehad het daar langs die rivier.Koning leeu het so draai gaan stap by die teerpad net om weer die toeriste se aandag te trek.
     Hy staan daar langs die pad. Die mense stop in hul hordes daar.
     Daar stop toe n bus vol mense,dit is net n gebeduie en gepraat.Die een wil harder as die ander praat.Kaspaas sê hy dink dit was Suid Afrikaners.   
    As Nefie nog geleef het sou hy dadelik kon sê watse taal hul praat.Hy was mos wel ter tale.
     Vra ek,oom Kaspaas,nou wat het met Nefie gebeur?
     Jong, dit was ook nou vir jou n ding.Eintlik n baie tragiese gedoente.Ons het daai dag n wilde party gehad.
     Die meeste van die diere was nie meer hul selwers nie.Daar van die oorkant van die rivier af het n luiperd besluit dit lyk na n lekker party en hy het oorgestap en soos n wafferse party crasher het hy ongenooid daar aangesluit.
      Nefie,wat toe al redelik aangeklam was het besluit hy gaan vir luiperd daar verjaag en hul het toe daar op n klipplaat handgemeen geraak.
    Nodeloos om te sê maar Nefie het die fight verloor.Net daar op daai klipplaat het luiperd toe vir Nefie opgevreet.
   Al die partytjiegangers was verskriklik getraumatiseer deur hierdie "kill"van oom luiperd.
   Die Kruger se bestuur het toe deur die toeriste,van Nefie se afsterwe verneem. 
    Van die diere het toe as gevolg van hierdie gebeurtenis te veel begin drink en het die meeste van die tyd dronk onder n bos gelê.Soveel so dat bestuur ingegryp het toe hul besef dat hul besigheid gaan verloor as die diere nou nie meer perform nie.
     So is daar toe met koning leeu gereël dat al die patytjiegangers een maal n week Skukuza toe sal gaan vir berading by een of ander "animal whisperer"
      Oom Kaspaas sê dit lyk darem of dit gehelp het.Dit gaan nou weer goed met almal.
    Waar was ek nou weer, o ja,by die hoenderboudjies storie.
   Hy vertel dat die ouens hulself toe daar gemaklik gemaak het in die bus en padkos uitgehaal het.
     Daar was worsies, toebroodjies,gekookte eiers,pap,hoenderboudjies,alles wat jy aan kan dink.
   Hulle laat val so deur die vensters eierdoppe soos wat hul die eiers afdop. Hy sê die mongoosies het mal gegaan daar om daai bus soos wat hul gedink het daar gaan n heel eier uitgegooi word.
  Oom Kaspaas sê,daai dag het hy gesien hoe n vrou n hoenderboudjie aan die dun beentjiekant vat,die hele boudjie so in sy lengte in haar mond indruk en haar mond toemaak.
    Dan trek sy die been uit, hy is gestroop van alle vleis.Hy sê toe sy die beentjie so by die venster uitskiet het hy gesien dit lyk soos n been wat al tien jaar in die veld in die son gelê het so wit is hy.Hy het te vertelle dat nie eers die hiënas of die wilde honde belang gestel het in daai bene nie.
   Ek weet ook nie of n ou alles kan glo wat oom Kaspaas vertel nie.

Vreugde en vrede vir een en elk.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 09/08/2019 - 12:04

Môre vriende.

      Wie gaan vir ons n kampvuurtjie aansteek en n swartgebrande keteltjie koffie maak vanoggend?
    Ek moet jul net gou die een vertel.Een van ons vriende het my van hierdie kampketeltjie vertel.
     Hierdie gesin was n redelike groot gesin, n paar broers en nog n suster of twee.
      Een van die broers besluit toe om te trou nadat hy sy trouvrou ontmoet het.
    Dit is n gereëlery van n ander aarde.So word daar vir die aanstaande man n rumparty gereël by n vriend van hom se huis.
    Dit moet vir hom n surprise wees en daar word gekonkel hoe om hom daar te kry.
  Op die dag het hy toe in die leeu se bek ingeloop toe hy by die ou se huis aankom.
    Soos dit nou maar is by so n geleentheid is daar maar n paar ouens wat bietjie kop verloor.
    Laataand besluit die pêl van die bruidegom hy gaan n kampketel op die vuur sit en vir die manne koffie maak en hoop dat sterk koffie die ouens sal regruk.
    Die ketel was skaars op die vuur toe haal een van die broers hom van die vuur af en sit hom op die grond neer.
     Met n dronkerige sleepstem bulder sy stem sodat almal kan hoor. "niemand drink koffie op my broer se rumparty nie" en hy spring bo-op die ketel.
    Hy spring daai ketel poer in sy ..... dinges in.
Die manne kraak hulle.
   Die manne is daar weg sonder koffie.
  Die hele storie het egter n nadraai gehad. Die ketel was n erfstuk van die pêl se vrou en die gort was gaar.
      Die bruidegom moes n ander strooijonker kry want die ou en sy vrou het toe nie troue toe gekom nie.
     Daai keteltjie en die druk van daai man se vrou het hul hul vrienskap gekos.
  
Vreugde en vrede vir almal

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 11/08/2019 - 15:07

Dagsê vriende,
    Vandag wil ek jul iets vertel wat laas week Saterdag gebeur het.
     Netnou het ek n plasing gelees van iemand wat by n dam kamp en vanoggend sou hul agterkom hul is deur die nag besteel.Na aanleiding van sulke gebeure by kampe het ek besluit ek gaan iets moet doen om te probeer keer dat so iets met ons gebeur.
    Lees ek so maand gelede n advertensie raak van hierdie Trap Shot wat iemand in Nelspruit vervaardig.
    Met die wat ons in Marloth vakansie gehou het besluit ek toe dit is n ideale geleentheid om Nelspruit toe te ry en die gadget's te gaan kyk en koop sou ek daarvan hou.
   Ek en swaerie en die vrouens is toe daar weg uit Marloth.By Malelane trek daar n bikergang met hul bikes by n robot by ons in.Dit is n swart groep ryers.Groot fietse,op een fiets is n dame wat alleen ry.
      Kyk sy is groot, as ek sê groot, bedoel ek groot.Ek weet nie waar het sy daai jean gekoop nie, ek sukkel om n 44 te kry en sy is maklik twee keer so groot as ek.
    Daai fiets se agterwiel is maklik net so breed soos n groot SUV voertuig se bande.
      Hierdie ouens rev daai fietse, ek was bang hul gaan sommer al daar by die robot uit brandstof uit hardloop.
    Jy kry mos n Fat Boy fiets,ek wonder toe of daai een was.
   Was eers lus en dice hulle,toe ek so rev rev is ek egter gou terug geruk na die hede deur die vrouens se skril stemme. 
     Die elektrisiteit by die robot het skaars by die groenlig gekom toe is hul daar weg met n helse lawaai.Ek sou my naam darem lekker met n plank geslaan het as die vrouens my nie terug gehou het nie.
     Van Malelaan se kant af kry jy mos dan n tolhek.By hom gekom hoop die verkeer op.By die een baan staan n trok wat seker besig was om te betaal by die deurgang.
   Agter die trok staan die Fat Boy dame redelik in skok, met haar fiets wat plat op die grond half onder die trok se agterbumper inlê.Voorwiel gebuig.
   Ek dink die fiets het seker in n stilstaande posisie nie gehou van al die gerev nie en die clutch het seker gegly en sy is toe teen die trok se bumper vas.
   Haar fiets het tweede gekom.Gelukkig het sy nie seergekry nie.
   By die ou in Nelspruit aangekom,kyk ons na die Trap Shot.Sommer so in sy rylaan langs die motor.Die vrouens het in die motor bly sit.
     Die toestel word aan n muur of selfs n boom gemonteer. Hy het n twaalfboor slagdoppie in en word dan gespan.n Tripwire word dan gespan.Sodra die skelm dan in die lyn vasloop trek hy die pennetjie uit by die slagpen.Dan klap daar n skoot.
   Op n vraag hoe hard hy klap sê hy, kom ek wys jul. Hy laai hom en sê hy klap redelik hard.Daai skoot gaan daar af.Die vrouens sê altwee my voete was in die lug soos ek gespring het.Ek dink hul oordryf maar ek moet erken ek het nie so n harde slag verwag nie.
  Hulle gaan soos n bom werk.Die ou wat hom gaan aftrap gaan sy dinges afskrik, ek gaan wakker skrik en as hy nog daar is as ek buite kom gaan hy in n 9mm loop vaskyk.
    Ek en die FatBoy dame het ons skok vir die dag gehad. 

Vreugde en vrede vir julle. Wees veilig.