Môre vriende,
Ek gaan probeer om dié Jors se Kampstories gereeld hier te plaas ?
Hier is die fb skakel.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Haak daai karavaan en reis saam met my vanoggend,
ons gaan see toe.Die jaar, vroeë tagtigs.Nie enige see nie.St.Michael's On Sea. Ons gaan saam met Manie en Elize Groenewald vakansie hou.
Nou, ek het jul die afgelope paar dae van hul kampervarings vertel en julle weet nou seker al dat waar hul gaan,gebeur daar dinge.
Party mense trek mos dinge.Hulle trek snaakse dinge aan.
Ons, dit is nou ek en julle is sommer vroegdag daar en ek het vir ons n staanplek bespreek van waar ons die hele kamp kan dophou.
Pak vir ons n kampvuur en hang ons koffieketel oor die vuur.
Trek ou Manie in met sy gesinnetjie.Stap met sy vakansie klere, blomhemp, kortbroek en visplakkies,aan kantoor toe om in te boek vir hul drie weke kamp.
Skool vakansie is die kamp tot barstens toe vol, nou is dit ook so.
Met sy deposito kwitansie in die hand wag hy sy beurt af om gehelp te word.
Naderhand is hy voor. Mnr en Mev M.Groenewald praat die dametjie met haarself terwyl sy haar pienk nael al met die besprekings laat afgly, Mnr en Mev M. Groenewald se sy weer en begin weer bo.
Nou word Manie ouer in jare,om alles te kroon word die Meneer nou nog ook "Jammer oom,ons het nie vir oom n bespreking nie"
Iets het skeef geloop.Hulle is egter baie hulpvaardig en gaan hul kan inboek vir drie weke, maar dit gaan n twee dae hier,drie dae daar,n week daar en weer n paar dae hierdie kant van die kamp moet wees.Hulle sal die trekwerk vir Manie-hulle doen.
Manie hulle boek in.So het hul toe daai vakansie rond getrek in die kampterrein.
Kort kort het hul nuwe bure en hul ken naderhand almal in die kamp.Hulle gaan strand toe, as hul terug kom staan hul op n ander plek, alles netjies opgeslaan.
Ontmoet die nuwe bure en kamp weer voort.Van die ouens het seker gedink hul moet VIP kampeerders wees,want alles word vir hulle gedoen.
So raak dit Kersfees en omdat Manie omtrent almal, kinders ingesluit, nou al op hul voorname ken word hy gekies om Kersvader te wees vir die oord.
So word ou Manie toe getooi in n Kersvaderpak vir die geleentheid.
Daar kry die kinders elkeen n beurt om op Kersvader se skoot te sit vir foto's,elkeen kry n klein geskenkie van die oord en dan kan hul n versoek rig vir nog geskenke.
Manie sal dan sê hy sal kyk wat hy kan doen en die volgende kind kom dan aan die beurt.
So is dit naderhand hul klong en dogter sê beurt.
Manie sê die klong het nie net die wind uit sy seile uit gevat nie, hy het sommer die Bokke wat sy sleë sleep hier vlak voor hom doodgeskiet.
Sy seun sê hy soek n boetie vir Kersfees.Manie se versie van "Ek sal kyk wat ek kan doen" val net daar plat.Dit was nie haelbaar nie en Manie gee vir hom sy persentjie en sê ek gee vir jou n bomber fiets vir Kersfees en jou verjaardag as jy by die huis kom, hy verjaar die 3de Januarie.
Hul seun hardloop in ekstase na sy ma en sê, "Kersvader sê ek gaan n fiets ook kry, en weet mamma wat,Kersvader het Pappa se hemp aan onder sy suit"
Was lekker om saam jul te kamp.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Ek het al gepraat oor banke,hul diens en die lang toue in banke.
Gister laat weet een van ons lede op Jors se Kampvuurstories my van die ding wat met hom gebeur het.
Hy het banksake wat hy by hul bank moet doen maar het baie opgesien om dit te doen as gevolg van die bogenoemde redes.
Gister skraap hy sy moed bymekaar en gaan bank toe.Soos hy verwag het is daar ellelange toue.
Soveel so dat daar n tou mense staan voor die rye stoele waar jy eintlik moet sit en wag om n konsultant te sien.
Die mede kliënte hier rondom hom praat hard en stoot kort kort aan hom.
Dit is warm in die bank en hy kan voel hoe hy nog warmer onder die kraag raak.
Op n slakkepas beweeg hy wel vorentoe.
Naderhand is hy by die ry stoele en kry n sitplek.Nou is dit sit sit so vorentoe tussen twee vetterige dames.Die een dame ruik erg na rook,regte konka rook maar hy maak maar vrede daarmee.
Hy sê hy besluit toe,om sy tyd te verwyl,gaan hy n bietjie op FB rondhang en haal sy foon uit sy sak uit.
Dit is een van hierdie bigscreen fone wat deeske dae op die mark is.
Met sy bril op sy kop begin hy rond dwaal op FB.Sy bril het hy laat maak om op n gemaklike een en n halwe voet weg van sy oë lekker te kan lees.
Die twee dames sit al geselsend hier oor hom en praat in Zulu.Hy woon in Zululand,Natal.
Hul hou ook sy foon belangstellend dop.
Hy is n man met baie gemeenskaplike belange en sien iemand van die SPCA het vir hom n videotjie gestuur wat handel oor pofadder slange. Eintlik oor klein pofaddertjies wat gevang is en hoe agresief hul is.
Hy begin die videotjie speel en hul hang oor hom om ook die movie te kyk.
Die video begin waar daar n groot karton box op die grond staan en dan beweeg die kamera na,en oor die box.
Die volgende oomblik sien jy omtrent so twaalf pofadders in die box.Die pofadders blaas vir die kamera wat hul rus kom verstoor.
Nou is dit n ge-aauw hier om hom.Die kamera beweeg nader na die opening en die volgende oomblik pik twee slange gelyk na die kamera teen die lens vas.
Lid X sê hy het net n geskree gehoor toe is die twee seats weerskante van hom leeg.
Nou is dit n oor en weer pratery in Zulu en toe hy hom kom kry sit hy alleen daar met n klomp kliënte wat eenkant in die bank saambondel.
Die bank se sekuriteit personeel is soos blits daar en probeer die mense beheer.
Vingerwysend beduie hul na hom.Hulle wyer om daar naby hom te kom.
Nodeloos om te sê is hy toe vinnig gehelp deur n konsultant wat hom senuagtig dop gehou het vir enige verdagte bewegings.
Na sy sake afgehandel is het hy loshande na die deur beweeg onder sekuriteitsbegeleiding,n paar tree agter hom.
Hy het hul gevra of hy nie die sekuriteitsbandjie kan kry nie maar hul het volstrek geweier.
Hy sê hy het die video gesave vir toekomstige banksake.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Kom ons praat n bietjie kamp en veral oor kampeerders.
Daar is hoevele kampgroepe met derduisende lede.
Baie ouens sal jou vertel,eenmaal n kampeerder,altyd n kampeerder.
Ek glo dit is in jou DNA. Daar is nou maar net een vakansie en dit is kamp, vir my in elk geval.
Kyk,n mens is n "stupid" ding.Ek weet nie van n mooi afrikaanse woord vir "stupid"nie.Dom klink darem vir my te grof.Sê vir iemand hy is dom,en netnou loop jy met blou oë.Sê jy iemand is" stupid",kan dit beteken hy is snaaks.
Hoekom is dit net kampeerders wat groepe stig oor die manier hoe hul vakansie hou?
Ek weet nie van groepe soos "Die Vakansiehuisers" of "Die Woonstellers" of "Vyfster vakansiegangers" nie.Hoekom stig daai ouens nie sulke groepe nie,hulle is tog baie meer as ons.
Wil jy nou vir my vertel dat die minderheid nou die leiding neem met hul manier van vakansie hou.
Nou,dit is net hier waar die mens se stupidgeit inkom.
Nou wil die een,die ander een oortuig dat sy manier van vakansie hou die beste is.
Dan kom die ouens met hul sompompies, hul bereken die kostes van karavaan,trek voertuig,assuransie en ek weet nie wat alles nie.Hul vergeet nie van die rente en of die stoorplek van jou wa nie.
Nee boetie,hul werk hom,brandstof ingesluit tot op die laaste sent uit.
Dan sluit hy af "met daai geld kan ek elke jaar in n 5 ster hotel gaan bly"
Goed en wel,dink ek dan by myself.Wie het jy leer ken,miskien net die ontvangsdame en die portier.
Wie het het saam jou vakansie gehou,nee man, nie jou vrou en kinders nie, ek praat nou van jou bure rondom jou.
Het jy geruik hoe ruik hul braaivleisie en gewonder wat is op daai rooster wat so lekker ruik.
Het jy jou buurman genooi vir n bier of hy vir jou.
Hul hoef my nie te probeer oortuig nie.Enige vakansie of wegbreek is lekker.
Dit is lekker om in n mansion te gaan bly of in n Hotel waar alles vir jou gedoen word.
Maar dit is darem nie sooo lekker nie.
Ek dink wat ons manier van vakansie hou so lekker maak,is ons gemeenskaplike belangstelling in kamp,die natuur en die buitelug.
Die besig wees, somtyds met niks.
Sit nou n klomp sulke ouens bymekaar in n kamp, dan sien jy hoe word daar vakansie gehou.
Staaltjies word vertel, raad word gegee.Ek het al baie geleer by ander kampeerders.Die manne is slim, hulle het baie planne.
Ek loop graag in n oord en kyk hoe ander ouens dit doen.
Mense kamp verskillend.Ouens doen dinge verskillend.
Verskillende tente, karavane,voertuie.
Een hou van die beste en die grootste,n ander van die eenvoudige.
Ek byvoorbeeld sal by n pragtige nuwe wa verby loop en hom bewonder, maar by n ou wa sal ek soos n steeks donkie gaan vassteek en meer van hom wil weet.
Die een vat alles wat hy kan saam,die ander ou, soos ek,soek die minste en die ligste om te sleep.
Die een ou glo n geel lig hou muskiete en goggas weg,gister sien ek n ander ou sê groen is die lig wat hul afskrik.Nogals met foto's by, nogal mooi.Eers gedink dit is een of ander maantuig uit die buitenste ruimte.Ek moet n bietjie daai een probeer.
Die ander ding waarvan ons hou is hoe om tyd uit te rek.Weke voor die tyd word goed reg gekry en begin jy pak.
Nee, nie hulle nie, miskien n kortlys van wat moet saam,alles is mos daar.
Kom die dag van vertrek,word alles teen spoed gedoen.Party ry selfs vinnig om daar te kom.
Nee wat,nie ons kampeerders nie.Party keer slaap ons selfs oor.
As hulle daar kom moet hy sy motor tussen ander ouens in n smal parkering indruk en dalk met duike in sy deure terugkom.
Ons,ons het ruimte.Kampeerders hou van ruimte.
Kom ons gun dan nou ons mede kampeerders die manier van hoe hul wil kamp,net soos ons die ander hul woonstelle, huise en wat ookal gun.
Die lewe sou darem skrikwekkend gewees het as ek vanoggend moes wakker word en my vrou het net soos ek gelyk.Almal en alles van almal was dieselfde en lyk dieselfde.
Almal doen dieselfde.Niks wat ek doen,is lekkerder as iemand anders nie.
Vervelig ou broer, Vervelig sê ek jou nou.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Gister sommer so gepraat oor hoe ons verskil.Vanoggend oor hoe eenders ons tog in n mate is.
As jy nou na hierdie kampfoto's kyk,dan word jy sommer lus en pak die wa.Die eerstes is van Willem Brits se netjies opset by Eiland Spa.
Dan het ons Geert de Jong se pragtige foto's van sy kamp by Monks Cowl in die Drakensberge.
As daar twee plekke in die Drakensberge is waaroor ek mal is dan is dit Monks Cowl en Mahai.
Nader aan die berg kan jy nie as by Monks Cowl nie.
As jy Malls soek,gaan jy hulle nie daar kry nie.n Parkeraad winkeltjie is daar wel,maar met minder as die nodigste.
Daar is egter rus,vrede en skeppings natuurtonele in elke sekonde van die dag vasgevang.
Sit jy vir die berg en kyk,verander hy die heel tyd.Wolke,mis en skadu's is maar net n paar dinge wat die skilderdoek voor jou verander,en in jou geheue vas te vang.
Met die getjirp van voëls rondom jou sien jy dalk n arend in die lug bo jou rondsirkel.
Staproetes is daar in oorvloed,dit is waarvoor albei kampe bekend is.So pak maar jou stapstewels en stapstokke in.
Ek het al op n vorige plasing vir julle vertel van ons kampe by Monks Cowl en Mahai.Gaan lees hul weer.
Gaan in op Jors se Kampvuurstories,tik by die vergrootglas in,Monks Cowl,en daar het jy dit.
Daar het ek al n paar ouens gesien wat met hul pavement trappers die berg kom aandurf het en dan bewoë daarvan afgekom het.
Of ouens wat hul misgis het met die afstand of die moeilikheidsgraad van n roete.
Maar kom ons gesels nog n bietjie oor ons kampeerders,na aanleiding van ouens se reaksie op gister se plasing.
Kamp is vir jonk en oud.Die het ek nou die dag weer gesien.Van babagrote tot baie oud.
Stap ek en ek sien n tannie by hul karavaan met haar loopraam,sy is al oud.Die oom kom van sy bakkie af gestap met krukke.
Nou as dit nie kampeerders in murg en been is nie,wat is.
Blykbaar het die werkers en bure hul luukse karavaan vir hul opgeslaan en die water en krag vir hul gekoppel.
Hulle beweeg moeilik, maar kamp sal hul kamp.
Solank my groottoon die brandstofpedaal kan bykom sal ek ook kamp.
En skielik is ek terug in n skoolbus in die sestiger jare en ek hoor onsself sing "Omie trap die petrol dat ons vinniger kan ry"
Vreugde en vrede vir julle.





Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Die afgelope tyd het daar baie mense aangesluit by ons groep.
Ter inligting wil ek net noem dat daar Sondae nie n storie van my af is nie,maar n Sondag Oordenking.
Dit is n kort gedeelte uit Die Bybel met n gebed.
Baie dankie dat jul verstaan dat ons nie Sondae die normale storie het nie.
Groete Jors.
Psalm 43:3-4
3. Stuur U lig en U waarheid, dat dié my lei en my bring na U heilige berg,na U woning!
4. Laat my ingaan na die altaar van God,
die God oor wie ek wil jubel en juig,dat ek U kan loof met die lier, o God, my God.
Gebed
Onse Vader, in hierdie oggend kom ons opnuut om U te dank vir n nuwe dag aan ons lewens toegevoeg.
Vader ons jubel en ons juig dat U ons Vader is.
U gee vir ons alles,ons dank U daarvoor.
Here,ons is n groot groep mense,wil U elkeen seën.U ken elkeen van ons by name, U ken elkeen se omstandighede,U weet waar elkeen op hul lewenspad is.Omvou elkeen in hul omstandighede.
Wil U O Vader ons lewenspaaie gelyk maak en gee U vir ons die krag om dit te loop met U aan ons sy.
Gaan dan nou met ons in hierdie dag waar ons opgaan na u woning en seën die Woordverkondiging.
Vergewe ons ons sondes en help ons om elke dag soos Jesus kinders te leef.
Amen.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Ek het jul al vertel van Manie en Elize Groenewald wat nou lankstaankampeerders is en so plus minus sewe maande van n jaar kamp.
Op die oomblik kamp hul by Plettenbergbaai.
Hy vertel my van n kamp baie jare gelede.
Deesdae kyk die ouens mos flieks met sulke brille wat jy opsit,dan bring dit mos die goed so uit die skerm hier voor jou,en laat dit jou voel jy is deel van die movie.
Bring jul kamp stoele en kom sit saam my hier om my kampvuur,sit nou vir jul elkeen van daardie brilletjies op.
Ek het ou Manie nou nie so spesifiek gevra nie maar dit moes so in die laat sewentigs,vroeë tagtigs gebeur het.
Hulle gaan kamp by TO Strand.Hul seun was by geboorte met n ingewande defek gebore en het binne die eerste drie maande drie groot operasies gehad wat elk drie ure lank geduur het.
Tydens hierdie operasies is n derde van sy dikderm en dunderm verwyder.
As gevolg van die operasies gaan die kossies wat hy inneem baie vinnig deur sy liggaampie.
Manie vertel dat hul tussen sewentien en twintig doeke per dag moes ruil vir die eerste twee jaar.
Nou het hul die klong van die doeke af en hul gaan op n welverdiende vakansie.
Hy vertel dat hul heerlik gekamp het.Klong is so twee en n half jaar oud en dit gaan baie beter met hom.
Maar met hom wat nou van die doeke af is en met sy probleem moet hul nog steeds bontstaan.As hy wil gaan, wil hy gaan,nou darem net so agt tot tien keer n dag.
Na n heerlike vakansie breek hul kamp op en pak die terugtog aan terug Pretoria toe.
Manie stop kort kort by vulstasies vir die outjie,vir moet,ingeval en dalkies wil hy poefie.
Hul kom uiteindelik Johannesburg binne met die verbypad na Pretoria vanaf Heidelberg.
Dit is sulke tyd,en dit sonder n motorhawe in sig.
Manie trek onder n brug in.Omdat hul ietwat ordentlik is spring Elize met boeta in die karavaan in,daar is n porta potty wat regstaan vir ingeval.
Boeta doen sy ding.Elize doen haar ding met papier en waslappies en boeta is weer reg vir die pad.
Met alles nou in die Porta potty kan mamma nou net die klappie trek vir die deposito.
Julle weet mos hierdie toilette op passaierskepe suig mos so.Sjluppp... en alles is weg.
Nee,nie daai Porta potty nie.Ek weet nou nie of was dit die geskommel agter in die karavaan of wat nie,maar êrens het daar kragte opgebou.
Met Elize wat vorentoe buk en die klappie trek blaas daai ding alles terug in haar gesig.
Sy is ge-makeup,bruin maskara oor oog en wenkbroue. n Stuk toiletpapier hang oor haar oor.
Aan haar ken het sy sommer ook n bokbaardjie bygekry wat so windskeef hang.
Met die ontploffing het hul nooit die spietkop met sy motorfiets langs die woonwa hoor stilhou nie.
Die volgende oomblik druk hy sy kop by die oop deur in en sê julle mag nie hier piekniek hou nie.
Nou dit was nou nie net genoeg om die Porta potty te laat oorloop nie maar ook Elize se woordeskatemmertjie.
Elize is n dame,maar sy haal toe daar woorde uit wat party seker nog gebore moes word.
Manie sê, hy weet nie of het die spietkop vir hierdie gesig of die stortvloed woorde geskrik nie,maar hy is met klippe wat onder sy bike se tyres uitspat inderhaas daar weg.
Die res van die reis was in stilte.Manie sê, as hy durf lag het sou hy nie meer vandag met ons gewees het nie.
En Boeta het ook seker geskrik vir hierdie gesig. Hy het geknyp tot by die huis.
Vreugde en vrede vir julle.
NS. Nou kan julle seker verstaan hoekom ek gesê het jul moet jul brilletjies opsit. 😁 😁
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Ai ons bly darem in n gawe land.Kyk nou net wat het Sondag gebeur hier in Bethlehem,kragdeling.Ek glo dit gebeur ook daar by julle.
Ons huisgebonde kampeerders is egter mal daaroor.Ons sien net een ding en dit is kamp.
Gelukkig het ons geweet dit gaan gebeur en kon ons,ons kamp reëlings in plek kry.
Kyk in die Vrystaat doen ons mos dinge anders as in die res van die land.Ons is bang ons ou lewentjies word kortgeknip,so ons begin by die poeding vir "in case".
Ons eet mos n skaap van agter af op.Saterdagaand het ons weer Ovis Aries sterte en pap ge-eet.Jy eet daai skaapstertjies tot binne die been af,so lekker is hulle.My broer noem hul Vrystaat prons.
Dan vat ons daai skaap van kort duskant die stert,in die middel deur tot voor op sy snoet.Dit is soos n wors broodjie, die lekkerste is in die middel.Met n skaap is dit ook so.Ons eet n skaap eers hol in die middel dan gaan ons tjoppies toe.
Toe Saterdagaand ook die voorbereiding met die afval begin, hulle moet oornag in n bietjie asynwatertjies lê.
Sondagoggend die potjie staan gemaak daar voor die karavaan en die afvalpotjie aan die prut gekry, die stoele en tafeltjie uitgehaal uit die karavaan en sommer net rustig by hom gesit en n koffietjie gedrink.
Op n stadige hitte met genoeg vog in die pot is ons eers kerk toe.
Nou ons liewe ESKOM het gesê die krag gaan tien uur Sondag af.In die middel van die kerkdiens.
Gelukkig vir ons was die ou wat dit moes afsit seker ook kerk toe en het hy eers kwart voor elf afgegaan.
Na kerk terug by ons afdak kamp,kon ons toe net verder kamp.
Afvalpot jou lekker ding.Kamp en afval loop vir my saam.Hulle is so eenders, jy begin mos die goed,by albei,voor die tyd regkry.
Jy kan mos dan nou lekker,met al die tyd in die wêreld,om hom kuier.
Potjiekos en vrouens is baie dieselfde, jy moet hul albei met baie liefde benader en tyd aan hul spandeer om die beste uit hul te haal.
Maak ons nou hierdie lekker afvalpotjie,ek en die vrou.Kuier heerlik daar voor die karavaan met n wyntjie in die hand.
Ons was nou wragties besig om die krag probleem en n paar politieke kwessies amper op te los,toe is die feesmaal gereed.
Ou broer was daai pot lekker,my vingers behoorlik stompies ge-eet.Die skenkelbeentjies suig jy uit,eerstegraadse murg.
Jy kry mos midweek kampeerders.Sondag was ons midday kampeerders,en die kamp gerek,met n middagslapie in die wa,tot na vyf.
Voor die wa gesit en kuier tot die son sak.Dankie ESKOM vir n lekker afdak kamp.
Vreugde en vrede vir julle.


Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
n Ou kry darem baie verskillende soorte mense, en dit is goed so.
Maar so verskillend soos wat ons is,so eenders is ons ook in n mate.
Veral as jy kyk na belangstelling.Kom ons kyk na een spesifieke belangstelling,kamp.
Ons hou almal van kamp.
Ek wil meer ernstig met jul gesels vanoggend en jul vertel wat gister gebeur het.
Ek hoop jul het almal gister my storie oor my afdakkamp en afvalpotjie gelees.
Anders gaan jul nie lekker die kloutjie by die oor kry nie (afvalpot. 😁)
Kom ek vertel jul wat gebeur het.Ons kampeerders sluit mos by verskillende kampgroepe aan.Ons lees graag wat ander doen,hoe hul dit doen en wanneer hul dit doen.
Kom ons wees nou maar eerlik,sou onsself iets plaas is dit vir ons lekker om te sien dat ander mense dit lees (like) en deelneem aan die gesprek anders sou ons dit nie geplaas het nie.
Dit dien geen doel om n "noticeboard), ja ek weet dit is n kennisgewingbord,noticeboard klink net lekkerder, in n begrafplaas op te sit nie, doen dit?
Gister se plasing het ek met die meeste kampgroepe gedeel.Na my verskil met admin in een groep wat my plasing verwyder het omdat dit volgens hul nie kampverwant is nie,hul ook nie kerk en politieke plasing toelaat nie,het ek met hul via Messenger in gesprek getree.
Ek het toe op die groepe ingegaan en die volgende statistiese inligting daar verkry.
Kamp-Mal :180934 lede
Seniorkampeerders:18726 lede.
Sleepsaam:58955 lede
n Groep wat baie onlangs gestig is, Lankstaan:2545 lede.
Op al die groepe is die plasing goed ontvang.Op Kamp-Mal 186 likes en n menigte comments waarvan nie een negatief was nie. Ook op al die ander groepe geen negatiewe reaksie nie behalwe die groep wat hom verwyder het.
My vraag aan hul admin was, as die verwysing "ons was kerk toe" na "kragdeling" en "Eskom" in die plasing,n verbreking van hul groep reëls was, weet ek darem regtig nie.Nie in die konteks van die plasing nie.
Na ek hul daarop gewys het dat n mede admin van hul groep,kerk foto's en ander nie kampverwante dinge plaas,was hul antwoord dat hul haar gevra het om verslag te doen van haar toer.
Maar so verskil ons maar almal, nê?
Ons voorouers was die ouens wat eintlik hierdie kamp liefde by ons laat posvat het.Die osse wat ingespan word voor die wa.Om die beste uit hul te haal moes hul saam sleep.Sleep jy nie saam nie,vorder jy nie goed nie.
Druk jy die span in n rigting en jy laat die ander een toe om skuins te neuk omdat jy hom gevra het(toelaat) om dit te doen, dan breek jy jou eie span osse op in twee.
Die groep "Lankstaan" verwelkom my stories, selfs die wat nie kampverwant is nie. n Seniorkampeerder sal ek bly, "after all" is ek klaar oud.
O ja,amper vergeet ek,die admin waarmee ek verskil het verwys na my as n skrywer.Ek is nie n skrywer nie,ek vertel maar net vir jul stories.
Eintlik behoort ek lekker stories van hul te kan vertel.
Ons is storie mense.Jul onthou nog vir Heidi en Liewe Heksie op TV.
Ek moet vir oom Kaspaas kontak dat hy vir Nefie vra,hy is n taalkenner,wat is n Hoofdame,sien hul praat van so n persoon deesdae op forums.
Op skool kry jy n Hoofmeisie.Wonder of sy iets met kinders te doen het.n Hoofdame?
Julle ken my nou al goed genoeg om te weet dat ek my nie laat afsit nie.Geensins,môre lag ons weer.


Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Gisteraand n lekker reëntjie gehad hier in Bethlehem.
Ek nooi jul uit om saam met my te kamp.Kom trek jou wa hier in ons laer in en slaan jou tentjie hier neffens my op.
In die middel het ons n groot oop area met n plek waar ons met n berg hout kan vuurmaak wat eenkant op n hoop lê,van die stompe sommer so in n ring om die vuur gepak om op te sit.
Hier gaan ons kan kuier.In die bome hang lanterns,die hele kamp vol.Vanaand maak ons n groot kampvuur en gaan ons stories vertel.Dit is net vir aansteek.
Jul moet my bietjie al jul stories stuur op messenger.
Gister gepraat van begrafplase. Hoeveel kennis en stories lê nie al daar begrawe nie.
Ek hou die manne dop soos hul intrek vir ons saamkamp. Daar is ouens met nuwer waens,mooi trekvoertuie.Ouer voertuie met ouer karavane,hier en daar met regtig ou karavane.Ander ouens met tente en gazebos.
Jongmense met kinders,middeljariges, ouer mense, almal hier.
Hier daag selfs enkelinge op met tentjies.
Hier is selfs n enkel dame wat met haar bakkie kamp,agter in die canopy is sy ingerig boetie.
Dit was n ope uitnodiging.Hier is bekendes van ons groep waarvan ek jul al vertel het.
Manie en Elize daar van Jongensfontein. Die eerste keer wat ek hom ontmoet het,vra ek waar dit is, hy sê by die mooiste plek op aarde, toe sê ek dan moet dit baie naby aan Bethlehem wees want dit is die mooiste plek.Hy het maar net vir my gelag en toe beduie dit is naby Stilbaai.Hulle is ook hier.
Pieter en Martie van Pretoria het hul lankstaan kamp opgebreek om ook hier te wees.
Oorlede oom Gadget daar van Sasolburg se wêreld se familie is ook hier.
Ek het selfs vir die Duitser en sy mooi vroutjie in Duitsland laat weet dat ons groep saam gaan kamp. Hulle mos daar by Monks Cowl ontmoet,onthou julle.Hul het gesê hul mis dit vir geen geld in die wêreld nie,en gaan invlieg SA toe.
Vir oom Suurknol en tannie Suurlemoen ook laat weet maar kon nie eintlik n ja of n nee uit hul kry nie.Nog net so suur soos altyd.
Dan het ek ook natuurlik vir Speedoman en sy nuwe bruid laat weet.Hul sien ook uit om jul almal te ontmoet.
Ook vir Heidi en Liewe Heksie van TV faam laat weet, maar ek dink nie hul gaan kom na ons onderonsie nie.
Die oom en tannie wat die nagmaaltafel met ouderlinge, dominee en al platgeduik het,het net gevra, is daar wyn,hulle kom.
Oom Kaspaas en Nefie met n gesukkel daar in die KNP in die hande gekry en hy sê as die lewe hou is hul hier,as hul net n lift kan kry.Hulle sê hul lewe deesdae maar in vrees daar in die wildtuin,met die wat die mense hul glo nie in die kampe soek nie.
Hy vertel my hy soek nou n sponsor vir paintremover.
Sê ek,maar oom Kaspaas, wat wil jy nou met paintremover maak, jy bly dan in die bos.Vertel hy my die storie,dat hy en nefie nou die dag saam hul trop daar in n kamp ingegaan het om te gaan kyk hoe lyk dit daar.
Hy sê hy het al op FB gelees op die kampgroepe dat die kampeerders dit nou doen.Hoop nie dit was een van julle nie.
Waaragtig,sal daar nie n man met n painballgun op hul lostrek nie.
Hy sê jy het net paint en aapdinges gesien soos wat hul uitmekaar gespat het.
Hul soek maar net die paint remover om hulself weer respektabel te kry.Hy is glo bang met die dat hul nou amper onerkenbaar is dat daar inteling gaan plaasvind.
Nou wag, ek het nog n paar dinge om te doen voor vanaand se bring en braai.Julle het nou seker nie gedink ek gaan vir al 1100 van julle met jul gesinne kos gee vanaand nie, het julle?
En sê vir die kinders hier is baie plek vir hulle en hul skopfietsies.
Vreugde en vrede vir julle.


Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Ou broer en ou Sus,kyk wat n aand was dit nou darem nie so om ons Kampvuur nie.
Maar kom laat ek jul wat nou nie daar was nie,vertel wat jul alles misgeloop het.
Die ouens het mos vroeg vroeg begin intrek met hul kampgoete.
Jy staan waar jy wil,jy kies jou eie staanplek.Dit is n oor en weer gekuier.Nuwe vriende word gemaak,ou vriende sien mekaar weer.Dit is n gelag net waar jy hoor.
Stap ek so bietjie rond en knoop geselsies aan met almal.Regtig n lekker spul hier bymekaar.
Laatmiddag word die kamp en braaivuur aangesteek.Die kinders steek ook al die parafienlampe wat in die bome hang aan.
Ons kamp is sprokies mooi met die vuur se vlamme wat die lig verkleur, die kampliggies wat flikker by die staanplekke en die lanterns rond net alles mooi af.
Die ouens kom aagestap met hul stoele en mandjies vir hierdie kuier.
Die wat mekaar nog nie deur die dag ontmoet het nie,ontmoet nou.
Kyk n ou kan mos partykeer by n geleentheid kom, dan tel jy mos iets op wat vir jou sê,dinge is nie lekker nie.Ek dink die kinders praat van die vibes wat hul optel is nie lekker nie.
Nee ou maat nie hier nie,hier is n lekker vibe.
Aanstelerige mense gaan jy nie hier kry nie.Hierdie is kampeerders wat plat op die grond is.
Mense mense,die klomp van ons.
Sommer net so met almal geloop en gesels,van die wat ek daar raakloop om die vuur was Thinus Vos hulle,Joseph Henning hulle het ook kom saam kuier.
By n ander geselskap kry ek vir Piet Nienaber en Ken Hiepner en sy verloofde Liz.
Hoor ek drie vrouens so staan en giggel, stap ek na hulle toe,dit is toe Hannetjie van Staden,Isabel Henning en Elsabe van der Walt wat weer praat van oom Kaspaas.
Pieter en Martie van Wyk, Manie en Elize Groenewald,Maré Van Wyk,Hannetjie Brenkman, Speedoman en sy bruid is ook hier.Te veel name om op te noem.
Die wat kon kom het gekom.Was so bietjie teleurgesteld dat oom Kaspaas-hulle nie daar was nie.
Ewenwel die mense kuier lekker.
Die manne braai,vertel iemand (n boer) daar by die vuur vir ons hy wou n skaap borg,maar ongelukkig het die skaap toe gesond geword.Almal bars uit van die lag.
Kom daar n Taxi met sy doef doef musiek aangejaag, en hou in n stofwolk daar ten aanskoue van almal naby die vuur stil.
Toe die stof gaan lê, wie klim uit? Niemand anders as Oom Kaspaas,Nefie en n kleinkind nie.
Hulle het wragties toe gekom.Die taxidrywer sê oom Kaspaas het gesê ek sal betaal.
Nic Scheepers dring aan om te betaal, hy sê hy het n hele paar vra om vir oom Kaspaas hulle te vra. Later die aand ook gesien hy is in n baie diep gesprek met hulle toe hoor ek net iets van landsake.
Speedoman het my gevra of ek hul vleis sal braai, eintlik sy vrou sin.Jul onthou mos hy is blaarvreter, seker hoekom hy so maer is.Terwyl ek dit toe doen kuier hy met die vrouens.n Regte womanizer die Speedoman.
Vertel Manie en Elize later die aand vir almal van n storie daar om die vuur.
Hul woon op Jongensfontein maar doen hul kuideniers aankope op George een maal n maand so 140 km van die huis af.
Dan begin Manie so lag hy kan nie verder vertel nie, neem Elize maar oor.
Daar is n groot Mall,maar daar word toe nog een gebou.Hul besluit vandag gaan ons daar shop.Nou bars sy weer uit van die lag en Manie neem oor.Hy stop op die verste parkering sodat die ouens nie sy kar krap nie.Nou stap hul Mall toe.Manie lag....Elize neem oor.
n Ent van die ingang af kom n man en vrou met hul aankope uit die sentrum uit maar stap so skuinsweg weg van Manie hulle af weg.
Manie moet nou weer oorvat.
Manie skree vir die ou, NOU GROET JY NIE N MENS NİE, die mense steek vas,kyk om na agter hulle na die ander mense en stap aan.
Elize moet nou weer oorvat soos hy lag.
Sal hy wragties weer skree, HAAI, JA JY, EK VRA GROET JY NİE N MENS NİE,weer gebeur dieselfde en hulle stap weer verder weg.
Ek vra vir Manie so terwyl ons in stap in die sentrum in,ken jy die mense, Hy sê ja, hy kan dit nie vat as mense hulself so upstairs hou nie.
Ek vra nou wie is die mense dan, nee sê Manie, dit is Frans van Stilbaai.Sy bars uit van die lag en sê dit is nie hulle nie, ek ken vir Frans en Linda goed, daai was nie hulle nie.
Hy vertel die mense hier om hul kon nie verstaan dat hul so lekker lag nie.
Het ons nou vir die twee gelag.Net een van hul sal nooit daai storie klaar vertel kan kry nie,weens hul gelaggery.
Oom Kaspaas het toe vir ons vertel hoe die ou hul met die paintballgun geskiet het daar in die wilftuin.Net daar het ou Nic onderneem dat hy vir die hele trop n skenking wil maak.
Hy gaan vir elkeen wat hul noem onluste toerusting laat maak.Dit is nou bulletproof vest, helmet,skanse en knuppels.
Jul moet uitkyk in die wildtuin vir n trop wat nou gepanser hul strooptogte uitvoer.Dit is oom Kaspaas hulle.
Oom Kaspaas het ook sy nommer vir almal gegee en gesê ons is ook welkom om in die toekoms van hul dienste gebruik te maak om skarebeheer toe te pas waar nodig.
Vreugde en vrede vir julle.
Besondere persoon
Willem ek lees net hier en daar maar die skrywer het n intersante uitkyk tot die lewe en geniet kamp soos ons ook
lees net hier en daar
Julle moet dit gereeld lees, nogals lekker stories.
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Laat ek jul maar nog so n een en n ander vertel van hierdie kamp van ons.
Die Duitser en sy beeldskone blonde vroutjie is ook hier.Spesiaal ingevlieg.
Nou kyk die manne op ons groep het mos nou al gelees waar ek vertel het van toe ons saam gekamp het daar by Monks Cowl.
Hulle is mos nie gepla nie.Het so half en half n kaalgat gewoonte an hul.
Jul mos vertel van sy geelwit onnie wat so gatkant eerste uit n daktent uitkom,my kop maar so in skaamte sywaarts gedraai.
Maar o weë toe dit haar beurt is om af te kom met haar sjoebroek slaapbroekie was dit mos asof daar so n saligheid in my gemoed gekom het.
Was hierdie ouman nou bly oor sy nuwe brille.Hulle werk.
Maar wat,jul moet dit maar weer op jul selwers gaan lees.
Noudat ons daarvan praat.Vertel ou Manie ons van n vakansie wat hy, Elize en vriende op was.
Hulle het die wêrel getoer.Van Singapore af gaan hul Mauritius toe.
Hy vertel hul kom daar op die strand, pak hul goedjies uit en geniet die son.
So skuins voor hul kom lê twee girls op hul strandstoele.
Af is die bikini tops en op kom die olie.
Ou Manie vertel hoe die son hom en sy pêl gebrand het,dan wil die vrouens terug hotel toe, dan sê hul,nee, kom ons swem nog n bietjie.Dan is hy en sy pêl weer in die see in.
Solank daai girls daar is,bly hulle.Al die foto's wat hul neem word almal so geplaas dat hierdie girls in die agtergrond is.
Die pêl gaan stap agter hul verby, dan neem Manie hom kamstig af met die girls nou in die voorgrond. Netnou is dit weer Manie se beurt.Die vrouens lê onder die sambrele,nie Manie hulle nie,hul wil tan.
Teen die tyd wat die girls oppak is hierdie twee manne tamatierooi gebrand.
Daai aand loop hul in die Casino die girls raak maar erken hul nie met klere aan nie.Die vrouens moes hul daarop wys dat dit dieselfde girls was.
Ou Manie se verskoning was dat eerste indrukke tel,dit is hoe hy hul sal onthou.
Ek dink die ouens wat nou langs die Duitser hul kamp sal ook vir ons n paar stories kan kom vertel.
Kan jy glo,oom Suurknol en tannie Suurlemoen,ook van n vorige storie,het toe wragties ook opgedaag.
Het hul toe nou vir die ander vertel wat ek en Ann met hul gedoen het met die kamp daar by Monks Cowl.Jul mos vertel van "Die Spook van Monks Cowl"
Lag ons te lekker.Toe hul nou ontluik sal ons eintlik ontdek dat dit twee pragtige mense is.Maar net n bewys dat n mens mekaar net beter moet leer ken.
Liewe Heksie-hulle het toe seker nie hul weg oopgesien om te kom nie.
Laarnag het oom Kaspaas gesê dit is nou tyd vir hom om te gaan slaap en daar in die boom bokant ons koppe ingeswing.
Shame, ek het die ou oom so jammer gekry. Ek het hom lank dopgehou, hy probeer nog luister wat praat ons hier onder hom om die kampvuur, dan knip knip sy bobbejaan oë met hul lang wimpers so.
Maak hy hul weer oop en dan sak hul weer so stadig terug.Knik sy kop soos wat hy wegraak.
Dink ek so by myself,so raak ons almal oud.Ons wil tog so graag nog sien en hoor wat gebeur rondom ons.
Almal wil hul kinders groot sien. Dan wil jy hul getroud sien,nou wil jy jou kleinkinders sien, en ook vir hulle wil jy groot sien.
Soos oom Kaspaas nou daar sit,sy pote vasgeklem om n tak, so klem ons aan die lewe vir n dag van môre.
Nooit sal ons weet wanneer ons ooglede finaal toeval nie.
Vreugde en vrede vir julle
Jors se Kampstories op fb ...
Dagsê vriende,
Ek het nou die dag vir jul vertel van begrafplase en hoeveel kennis en stories al daar begrawe moet lê, baie dinge nooit oorgedra aan iemand anders nie.
Dikwels sal n ou hoor hy of sy is graf toe met sy geheim en nou sal ons altyd wonder.
Deel dit bietjie met my op messenger dan skryf ek daaroor. Dit is heerlik om ander se stories te hoor.
Vertel Piet Nienaber my hul kamp omtrent vier en twintig jaar gelede by Graskop se Panorama kamp.
Dit is nou na aanleiding van wat ek vertel het van die Duitser en sy vroutjie wat Piet toe sy storie onthou.
Hy vertel sy twee dogters was nog jonk en hy,sy vrou,twee dogters en n klomp speelmaats speel blikaspaai.Hulle leer die kinders om dit te speel.
Onthou jul nog blikaspaai.Ek het dit gegoogle en plaas dit hier onder vir julle.
Man ons het darem geweet vroeër jare om te speel.Heeltemal anders as vandag se kinders,hul speel nie meer soos wat ons gespeel het nie.
So terwyl hul speel merk Piet n klein motortjie met n verhuringsagentskap kenteken op die deur,oorkant hul,langs bosse en struike stilhou wat tussen twee staanplekke groei.
Sommer dadelik hoor Piet dat die mannetjie en sy vrou Duits praat.
So terwyl Piet-hulle speel slaan daai tweetjies hul drieman tentjie op neffens die karretjie.
Die tentjie se dakkie is skaars hoër as die onderkant van die karretjie se vensters.In hom sal jy verseker nie kan regop staan nie.Piet sê in sy verbeelding kon hy al sien hoe staan hul op hul knieë en aantrek binne daai tentjie.
Die girltjie het hoeka so n stywe jeantjie aan waarin sy haarself seker moes inspring om alles in te kry.
Op n stadium besluit Piet dat daai struike n goeie wegkruipplek is en duik onder hul in.
Dit is toe ook die tyd dat die Duitse vroutjie besluit om klere te verwissel en haar bikini aan te trek,sy kom staan tussen die motortjie en die struike om dit te doen.
Piet kon omtrent aan haar raak.
Sien ander kampeerders rondom hul hom nou daar onder die struike gaan hul dink hy loer haar af.
Kom hy uit gaan sy haar doodskrik en verseker glo dat hy haar wel afgeloer het, en een teen tien nog gil ook.
Hy sê hy is nie seker wie aan was nie maar kry hul hom nou is hy in nog groter moeilikheid.Hoe gaan n ou dit aan jou twee dogters en hul ma verduidelik.
Piet vertel dat hy daai struik bekyk het om haar maar geleentheid te gee om klaar te maak.
Hy sê oor daai paar minute se studie van die struik sal hy n boek kan skryf.Ek weet darem nie so lekker van die een nie.
Toe sy klaar is en weg beweeg het hy nog so n bietjie gewag,uitgevlieg en gehardloop asof sy lewe daarvan afhang.
Die kinders,vrou en maats kon nie verstaan dat hy so skielik besluit het om nie meer blikaspaai te speel nie.Met n rooi gesig en papnat van die sweet het Piet net volstaan met ek het nou klaar gespeel en in sy kampstoel neergesak.
Met die kinders wat toe weer aant spele geraak het, kon hy sy vrou vertel.Sy wou haar doodlag vir die storie.
Van toe af moes blikaspaai seker heeltemal n ander betekenis gehad het vir Piet.
Miskien moet n ou hom blik-a-spy spel want ou Piet was daai dag n spy, heel onskuldig.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Kuier ons die naweek saam met vriende.Lag ons te lekker.
Julle al vertel van ons een vriendin.Nou soos julle seker sal sê,sy is rond en gesond.
Behalwe haar gesondheid is nie regtig baie goed nie.
Nou,sy is n verskriklike reguit persoon.As sy nie van n ding hou nie gaan sy jou reguit sê.As sy kwaad is gaan sy dit vir daai ou in tale so sê.
Sy kan maar n woord of twee inkry as sy die dag lus is.
Sy praat darem party keer in verklein woorde.Sy sal byvoorbeeld sê "ek vat niemand se k... kies nie" En glo my sy doen.
Sy is nou regtig so gemaak en gelaat staan.
Sy is ook ver geleerd en beklee n hoë pos in n groot maatskappy,maar so is sy maar.Hulle ken haar,sy vorder sommer tjop tjop geld in by hul kliënte wat hul geld skuld en dan praat ek van sewesyfer bedrae.
Maar soos sy met die een is,is sy met almal.Regdeur tot by die predikant.
So is ons eenmaal saam by die see.My vrou is nie een wat sommer dieper as heuphoogte ingaan in die see nie en so is die vriendin ook.
Soos julle weet,op daai diepte is die see wat my aanbetref net mooi op sy rofste.
Die een oomblik breek n golf op jou en die volgende oomblik staan jy basies op droë sand.
Daar sal hul nou staan en hulself gate uit geniet.
Ek gaan naderhand lekker diep,agter die branders in.Buite hoor afstand.
Op n slag kyk ek so terug en sien net my vrou.n Golf lig my en toe sien ek die vriendin.
n Brander moes haar omgeslaan het,sy lê in die water en ry rol soos n tolbos hier in die vlak water rond.Ann is so bietjie dieper in en sy sien dit nie.Nou begin ek waai,eers met twee hande dan sak ek in die water weg, net om haar aandag te kry want netnou verdrink die vrou hier langs haar voete.
Naderhand sien sy my en waai terug.Nou wil ek wys dit is haar vriendin en kom ek so bo die see uit en wys n ronding met my arms en dadelik weer,sy moet onder toe kyk, dan sak ek weer weg onder die water in.
Traai dit bietjie, jou kop kan nie bo die water bly as jy met jou arms bokant jou kop probeer iets beduie nie.
Dan kom ek weer uit en beduie met die een hand sy moet langs haar kyk.
Nou het ons omtrent al die mense se aandag, met die vriendin wat rond rol in die vlak water en ek wat so verskriklik waai en wegsak in die water.
Die volgende oomblik sien ek net ouens met rooi swembroeke en sulke geel dobbergedoentes die see instorm.
Hulle duik met daai geel goed wat hul soos n torpedo voor hul vashou deur die branders,lyk kompleet soos dolfyne soos hul deur die branders duik.
Toe besef ek dit is die lifesavers wat oppad is na my toe.Nou wil ek beduie dit is nie nodig nie.Beduie ek met twee hande hul moet stop,dan sak ek weer in die water weg.Die volgende oomblik toe ek wegsak voel ek net hoe trek hul my van onder die water uit.
Hul draai my op my rug.Dan sê ek ek is oraait, reken hul my "don't worry,just stay calm"
So is hul met my daar uit tot op die kant.Daar op die kant het hul eers seker gemaak ek is regtig oraait, en my baie verleë alleen gelos by die vrouens.
Terwyl ek gered geword het,het n ander man die petalje hier voor in die vlak water gesien en besef dat dit eintlik die vrou wat rondrol is wat hulp nodig het.Hy het toe vir haar gevra,kan ek jou ophelp, ja asseblief,sê sy.
Hy vra waar kan ek vat, sy sê vat net waar jy donners wil, kry my net regop.
Het ons nou weer lekker gelag oor daai vakansie.
Vreugde en vrede vir julle.
Jors se Kampstories op fb ...
Laas week toe ek gepraat het van Speedoman het die ouens gevra wie is hy. Julle moet eintlik al daai vroeëre stories gaan lees.Maar ek plaas hom dat jul kan sien waar hy in die storie ingekom het.
Die ding het eintlik begin met ou Willie se papegaai,Pollie,wat saam hul kamp.Ek het mos die papegaai onwetend amper vermoor.Ek hoop jul vang op met die storie.
Vandag gesels ons steeds oor sintuie: sig,gehoor,gevoel,reuk en smaak. Nou ja, Aristoteles het hierdie vyf breedvoerig bespreek.Ons ervaar hierdie dinge mos as sintuiglike waarneming.Die slim ouens reken daar is sewe, party sê selfs meer.Pollie het my baie daarvan geleer.(vervolg)
Ewenwel,weereens het ons n gat in n karavaanbed geslaap.Man n ou slaap darem lekker as jy kamp.Dit voel net so cosy met die kampeerders so om jou.
Wat n pragtige oggend, ek is so dankbaar vir n nuwe dag so in die wonders van die natuur.Rustig gaan sit ons met n koffietjie voor die tent.Sien ons toe ou Willie is klaar besig met sy kamptake.Sê ek vir die vrou, ek gaan n bietjie oorstap en hoor hoe gaan dit met Pollie.Sy sê nogal weer ek moet wegbly daar en die mense nou alleen los.Sê ek, maar magties skat, dit is darem ons bure en n mens moet darem belangstel in hul lief en leed.
Selfversekerd, ek het mos n bietjie "Parrots" gisteraand ge-google (raak ek darem nou slim met al hierdie grent goed) stap ek oor. Ek kan darem nou n sinvolle gesprek met ou Willie oor Pollie voer.
Dit gaan sommer goed met die ou. Hy gesels en lag, maak voël geluide en bel selfs iemand.Willie is hoeka besig om sy hok skoon te maak.Sien ek toe eers hoe grend die hok is, sulke fancy clips wat die vloerbak van die hok losmaak.Dan lig Willie die hok net so effentjies van die bak af en trek die vloer onder die hok uit. Die bodemlose hok word dan met Pollie veilig in die hok versigtig tot op die tafeltjie laat sak.Willie is besig om die vloerbak skoon te maak terwyl ons sommer heerlik praat oor moets en moenies van hierdie voëls.
Nou moet my asseblief nie vra nie, ek weet nie hoe dit gebeur het nie.
Met Willie se terugstap hok toe en my vorentoe tree om te help trip Willie oor my nommer 12 stapbootse.Ek sien net hoe hy soos n wafferse rugbyspeler daai tafeltjie se pote onder hom uitvat. Ek is seker hy was n flank op sy dae.Die tafel en die hok val so in paaiemente soos n lang slot.Die hok is so 90 grade met die tafelblad.Pollie het met n " Nwaaa..." skreeugeluid met sy wegvlieg so wit spertstreep regoor Willie se rug gelos.Ek dink sy maag was nog nie heeltemal reg nie.
Ek was egter bly Pollie was nie naby nie, die woorde wat daai tannie geuiter het. As ek dit kon terugspeel sou jy net n gesensorde buzzzz.... gehoor het.
Met al hierdie amok was die hele kamp soos blits daar om te sien wat gaan aan.
Ai, dit is wat ek van kamp hou,die ouens kan saamstaan. Vinnig vinnig is ons in soekgeselskappe ingedeel.Elke groep met n toegedeelde area.Elkeen met n verkyker, selfoon en n stapstok,party met kieries, selfs n tannie met n loopraam.Daar word gesoek en geroep.Verder in die kloof af hoor ons Willie se "Pollie kom pappa toe" en dan weer sy vrou se "Pollie kom mamma toe" links van ons in die bosse en toe skielik Pollie se bekende " hahahaha... hahaha" so asof hy wil sê ek is nie so dom nie.
In my groep was daar n ou(seker so in sy sewentigs)altyd met n speedo aan in die kamp rondgeloop.Bruin getan.Daai hahaha van Pollie was net waarvoor hy gewag het. Hy skiet soos n pyl uit n boog in daai rigting.Nou ek weet nie wat drink hy, viagra of salusa 45 nie,maar hy het stamina.Daai man is soos Tarzan deur die bosse met sy Speedo agter die gelag aan met ons naderhand so honderd twee honderd meter agter hom.Later eers gehoor hy is een of ander "Parrot Whisperer". Iedergeval,toe ons daar kom staan hy met Pollie veilig in n handoek toegedraai.
Daai aand is daar n gesamentlike braai gehou ter viering van Pollie se veilige terugkeer.
Terug in die karafaan moes ek vroulief belowe ek sal nie weer sonder haar toesig erens in die kamp rond beweeg nie.
Vreugde en vrede vir jul elk.
Jors se Kampstories op fb ...
Môre, môre vriende. Vanoggend wil ek sommer n paar dinge aanraak.Pollie kamp nog steeds saam maar "Speedoman" kry ook nou n kans.
Ek was nog besig om te vertel.Met die wat moelikheid en ek nogal soos Mpho en Mphojanie is wat saamloop het ek mos na Pollie se "Welcome back" party vir vroulief belowe ek sal my probeer gedra en uit die moeilikheid uit bly.Na stiltetyd het ek en sy so gelê en gesels en besluit ons,op my voorstel,om n beesstert potjie te maak die volgende dag.Sommer dadelik opgespring om die vleis uit die vrieskas te haal.
Praat ons toe sommer so oor die lekker kampbraai. Ou Pollie se redder se naam is toe blykbaar Arrie.(so het hy homself glo voorgestel aan haar).Nou,ek het toe al gesien die ou is nou skielik almal se hero.Nogal so effens tenagekom gevoel, ek meen, as dit nie vir my was nie was hy nie nou n hero nie.
Ek het lekker vroeg opgestaan die oggend,terwyl vroulief so bietjie inlê,en vir haar n lekker ontbyt gemaak buite op die gasbraaier. Die ouens is al klaar besig om warmswembad toe te beweeg en so in die kosmaak praat ek maar met hulle.
Daar kom ou Arrie ook in die paadjie af met sy Speedo en net daar besluit ek hy is nou "Speedoman". Groet nogal so in die verbygaan.So in my stilligheid dink ek hy is so vol energie soos wat die kleinkinders se "Superman" seker moet wees.So n flink regop stappie en ek kan sweer sy bors is groter en breër vanoggend.
Bedien vroutjie se ontbyt vir haar in die bed waar sy nog steeds inlê.Ek meen ek moes darem weer in haar goeie boekies kom en hierdie is maar deel van n sagmaakproses(moenie vir haar sê nie). Vra ek of gaan ons nie ook maar n bietjie swem nie.So gereël begin sy na ontbyt haarself regkry.Ek trek my swembroek aan, myne is n two in one, sy speedo is binne die swembroek vasgewerk en jy kan hom maar net nie sien nie.
Gaan sit naderhand buite die karavaan en wag.Verstaan mos die ding van mooimaak, make-up en hare mooimaak as jy gaan swem nie lekker nie. Kom staan sy dan voor my en vra "hoe lyk ek". Natuurlik sê jy pragtig,wil ook darem nie n kamp bederf nie.
Stap ons in die pad af en groet ou Willie,hy heel vriendelik, Pollie het my net so aangegluur en Willie se vrou groet net met so stywe kopknik. Miskien beter so nadat ek gister met Pollie se onsnapslag gehoor het wat uit daai mond kom.
By die swembad is dit besig.Die ouens hang daar aan hul poolnoodles en tjoopies.Baie ouens float.Hier n groepie mans,daar n groepie vrouens en dan weer groepie mans en vrouens. Daar word gekuier en gesels. So wissel die ouens maar daar rond.
Speedoman(en Pollie) is hoog op die besprekingslys,hy geniet dit,die kan ek sien.Hoekom hy as hy nou van die een groep af na n ander toe wil gaan juis homself opwip op die kant van die swembad en dan breëbors soontoe naderstap en daar naby induik sonder n spatsel water, die weet ek nie.
Was lus en sê vir hom, kan jy nie sien almal gebruik die leertjies nie.
Op n staduim so naby n groep vrouens rondgedobber en gehoor iemand se "darem n oulike man die Arrie". Wel ek sien nie sy oulikheid nie. Nie nadat hy my show gesteel het nie.
Wat ek ook nie van die man kan kleinkry nie is almal daar kan float, kan hy met sy maargat nie float nie.Hoekom gaan jy warmswembad toe en dan lê jy breebors op n Li-lo bo op die warm water.
By iemand daar gehoor hy is n wewenaar.Toe verstaan ek sommer baie dinge.
Sê ek naderhand vir die vrou ons sal moet loop ek moet die potjie aan die gang kry.Nou dit is mos n anderste lekkerte om potjie te maak.Gee n ou mos baie dink en kuiertyd, so n pot.
Praat môre verder Vreugde en vrede vir elkeen van julle.😁😁
Jors se Kampstories op fb ...
Ek is besig om jul te vertel van hierdie maer, breëbors,bruin gebrande sewentigjarige oom met sy speedo wat soos n kapokhaantjie dink die hele vakansieoord en kamp se hennetjies behoort aan hom,en dit net omdat hy n wewenaar op steroids is,so lyk dit vir my.
As jul gisteraand gedink het die Parlement is n sirkus,moenie weggaan nie.Jy gaan nog lekker lag vir my en hierdie mannetjie,so moenie soos die EFF uitloop en uitmis op die storie nie.
Jors se beesstert pot met baie dinktyd.(vervolg)
Nou ja,met die vuurtjie wat se vlammetjies so om die rondings van die swartpot vou en met my wat nou lekker kan terugsit voor die karavaan,kan ek bietjie my gedagtes wegvat van soveel uitjies, aartappeltjies en soveel aromat en peper.
n Mens se kop is darem n wonderlike ding.As jy hom kans gee om soos n wilde perd die vlaktes in te hardloop,dan gaan maak hy sulke ver wilde draaie,kom net so nou en dan vinnig by jou (die hede)verby,so asof hy jou net wil bewus maak daar is ook werklikhede.
Vroutjie kom teruggestap van die ablusieblok af, (onthou my laat ek julle vertel van die ablusieblok,oom Piet en tant Nelia), gestort en gepoeier.Kan dit ook mos nie lekker verstaan nie, ek het dan nou net geswem, is mos nou skoon.Maak sy vir ons n lekker koppie koffie.Sy glo mos daaraan dat koffie op n sekere manier gemaak moet word, eers koffie, melk en versoeter en dan die kookwater.Ek dink dit is nonsens,het haar egter al probeer uitvang en eers die kookwater en dan die ander goed bygevoeg,sy weet sommer dadelik,proe vir my net dieselle.Maar hul sê mos smaak verskil.
Kom sit vir haar n stoel langs my stoel neer en terwyl ons koffie drink praat ons sommer weer so oor die swemmery.Vertel sy dat sy daar twee weduwees ontmoet het wat in die permanente tente by die oord tuisgaan.Ook iets waaroor ek al baie gewonder het, is dit kamp of nie.Die paadjie swembad toe loop tussen die tente deur en ek het al opgemerk dat hy goed volgeboek is.
Sit gou nog n droë stompie onder die pot in. Jy soek mos nie nou n haastige vuur nie dit is dan nou eers twaalfuur.Kyk ook sommer dat daar genoeg vog in die pot is.Hy moet net so saggies prut. Jy moenie haastig wees met n pot nie.Hul vertel mos die storie van die ou wat dokter toe is vir sy jaarlikse ondersoek.Na baie vrae en n deeglikke fisiese ondersoek sê die dokter, "jy is besig om jouself stadigaan dood te drink" sê hy "moenie worry nie dok,ek is in elk geval nie haastig nie"Diesefde met n pot, moet nooit haastig wees nie.
Het al vir julle vertel van vroutjie met haar brei en hekelgoed.Sy sit heerlik en hekel hier langs my.Magtig al moet ek dit self sê, hierdie pot ruik darem nou vir jou lekker, dit is of ek al sy lekkerte in my mond proe.
Vra ek vir die vrou wat hekel sy, blykbaar toe n jassie op bestelling.Hoor toe n geselsery af in die paadjie en sien n groepie mense aangestap kom.Erken toe van hulle as van die swemmers by die swembad, so entjie agter hulle kom Speedoman (alias, Arrie - The Parrot Whisperer) aan met sy Speedo en sy handoek so oor sy kaal seningrige bruingebrande skouer gegooi.In die een hand dra hy sy opgerolde opblaas li-lo.Hy groet darem heel vriendelik so met die verbystap.Moet darem erken dat hy vir sewentig seker nie sleg lyk nie.Die ouens wat netnou verby geloop het,het groot pense weggesteek onder daai los t-hemde,hul het nogal hoeka gesê die pot ruik heerlik en in my geestesoog sien ek hul mage en die ronding van die swartpot lyk dieselfde.Lyk nogal of party van hul n swartpot of twee heel ingesluk het.
Sit so bietjie en dink en vra ek vir Ann my vrou of sy vir my iets sal doen.Jy weet mos ek sal, hoekom vra jy nog antwoord sy.
Sal jy vir my n Speedo hekel.Vat ek die wind helemal uit die vrou sê seile,ek dog sy verstik in haar koffie. Kan nie glo dat die vrou wat nou net gesê het sy sal, so skielik volstrek weier nie.Verduidelik ek dat ek hom maar net wou aantrek en ook bietjie gaan afshow by die swembad.Kry ek net n "is jy mal" van haar af.
Laat ek jul gou vertel van oom Piet, net eers nog n stompie op die vuur sit en kyk of die vog nog reg is,en tannie Nelia.
Hy vertel.
"Ry ek en Nelia een jaar op vakansie af Kaap toe met die V8 Ranchero en die Jurgens.Dit is ver boetman.Ons gaan oorslaap,dit n driedag trip maak.Gaan nie eers afhaak nie, net die stutte laat sak. By die eerste oornagkamp aangekom soek ons staanplek.Dit blyk toe,hoe later jy daar aankom hoe verder staan jy van die ablusie af.Kry toe n staanplek ver van daar af, die sleepkombinasie oor twee,drie plekke getrek. Slaan net die canopy op, twee stoele,tafel en die los braaiertjie.Gooi vir ons n koue dingetjie in en steek die vuur aan.
Toe wil die tannie toilet toe,ek sê toe, wag ek vat jou sommer gou,dit is ver.
Wat n gemors, vyf tree verder eers onthou,ek het mos nie afgehaak nie"
Trek daai V8 daai tentpenne uit hul gate uit. Hy sê dit is waar die V-Sringsteel penne eintlik ontstaan het, hy het hul daai dag ontwerp,net nie gepatenteer nie.
Môre praat (prut) ons verder.
Vreugde en vrede vir jul almal.
Jors se Kampstories op fb ...
Die pot prut voort (vervolg) Nou ja, vanoggend prut ons verder.
Druk nog n droë stompie onder die swart driepootpot in, lig die deksel en sien dat daai kossies lekker saamgesels,jy kan sommer sien hul is besig om groot pêlle te raak.
Sit weer so terug en hoor so ou Pollie by Willie se kampplek gesels.Sit ek maar so en kyk.Eintlik is dit half en half sy skuld (selfs oor dit ook al gewonder,half en half is mos dan heeltemal)dat ek nou gehok is deur die vrou.Kry ek skielik myself en vir Pollie baie jammer, ons is nou voëls van eenderse vere,ons is altwee gehok.
Waaraan dink jy vra Ann, hoekom is jou oë nou so waterrig.Deel ek my gedagtes met haar.Sy stem saam oor Pollie maar met my het sy nie veel simpatie nie, sê ewe ek het jou gesê jy moet wegbly daar,kyk nou net wat het jy gedoen.Eers het jy met jou gevoerdery vir Pollie by die dood laat omdraai en toe laat jy hom ontsnap.
Maar magties vrou, ek kan mos nou nie help as Willie oor my boots trip en Pollie sê hok afduik van die tafel af nie.
Het haar mos belowe ek sal probeer uit die kwaad uitbly,vandaar die gehokkery.Eintlik het ek myself gehok.Raak maar weer stil en sit haar so en kyk, baie lief vir die vrou.
Sit toe mooi en kyk hoe sy hekel,het al gehoor sy praat van lang en kort beentjies.Ek is seker ek sal vir myself n Speedo kan hekel,as ek twee lang bene en een kortetjie kan doen sal ek seker alles kan toekry.(verskoon die woordspeling).
Sê ek, vrou sal jy my leer hekel, ek gaan vir myself n Speedo hekel.Allermins dink sy nie ek is snaaks nie, sy sê net. Los nou die man en sy Speedo uit.Helaas het ek toe maar die Speedo plan laat vaar.
Kom daar twee vrouens met die paadjie opgestap. Ann erken hul dadelik as die twee weduwees van vroër.Ann praat so bietjie met hulle, ja nee, hulle is genooi vir tee by Arrie, is juis nou oppad soontoe.Is toe nogal bly Speedoman kry geselskap, moet seker maar eensaam wees.
Terwyl Ann alles regkry om te eet maak ek die sousie n bietjie dik.Ons skep op en begin weglê aan die beesstertpot. Sjoe, maar hy is lekker.
Hy het so n spesiale taaierigheid, jul weet waarvan ek praat, daai taaierigheid wat jou lippe so aanmekaar laat klou.Ann het net so ge "Hmmmmm...." toe weet ek sy eet nou lekker.
Na ete en die skottelgoed gewas gaan sit ons weer voor die tent.Laatmiddag is die oumense mos weer oppad warmswembad toe, kompleet soos beeste wat kraal toe gaan in die aande.
So gaan Speedoman en sy twee girls ook al laggende daar verby. Merk op dat hy darem nie in die aand ook met sy li-lo gaan nie.
Sit so by myself en dink, die man het darem n houding aan hom, nou so ewe met twee girls wat aan sy lippe hang. Voel lus en spring op en trap daai lippe in die teerpad vas.Ek is egter nie agressief van aard nie en bly sit.
Met die wat plan A (die Speedo) van die tafel af is begin ek sommer dadelik aan plan B dink.
Stook ek vir ons die vuurtjie en gooi vir my en Ann n lekker rooiwyntjie in en gaan sit by haar daar langs die vuur.
Ons het nou net klaar ge-eet maar die ander kampeerders maak nou vuur om te begin braai.Party ouens se vure brand lekker maar o weë,die meeste spook met daai hout. Wie van jul kan nog een van die eerste TV advertensies onthou van Smokey Robinson of was dit Robertson.Nou dit is wat ons nou hier gadeslaan. Hierdie manne koop hout langs die pad.Man nou laat ek jou vertel, daai goed leer nie om te rook nie, hulle kan rook.Die vrouens(Ann ingesluit) moan want nou gaan alles na rook stink.Ek hou nogal weer van daai kampreuk,ruik dit mos so aan jou kussing as jy wakker word deur die nag.Die manne blaas en blaas en kom net so nou en dan met sulke rooi gesigte orent om vars asem te skep.Party weer,blaas en blaas en kom al hoesende weer regop as hy n rookwolk ingeasem het.Ander het weer(moet seker ou kliënte wees)sulke klein blaasbalkies,van hul het sulke miniatuur draaiblasertjies.
Van die ander begin ook terugkom van die swembad af, dit raak nou so skemeraand.Sien van die mans begin ook nou hemploos rondloop en toe tref dit my,kan nog sommer die vrouens onthou van vanoggend toe hul hier verby gestap het, dit was absoluut asof van hul n gedaanteverwisseling ondergaan het.Hier is n snaakse ding besig om in hierdie kamp te gebeur.
Skielik wil die man's hul lywe Takoeza hou en die vrouens wil soos modelle lyk.En dit net oor hierdie maargat met sy Speedo.
Terwyl die ouens braai begin plan B vorm aanneem. Die stel waar alles moet afspeel word gekies.Ek werk hom in die fynste detail uit.Wat waar moet wees, wat waar gesê moet word,dit is so goed ek werk n draaiboek uit vir n film.Die rolspelers word met oorleg gekies en waar elkeen moet wees wanneer wat gebeur. Selfs in watter rigting sekere rolspelers moet kyk wanneer sekere dinge gebeur.
Die oggend lekker vroeg opgestaan,koffie gemaak en gedrink.Ons gaan ook n lekker vroë swem inwerk.Kry my swembroek en trek hom aan, trek sy toutjie om die middel met mening vas,hy "moettt...." breek.Met n klapgeluid breek hy toe en ek sê net "o my magties" vir Ann toe ek so met die twee stukke tou in my hande voor haar staan.Het jy vir my n doekspeld(wetende sy het), sy gee een en ek trek die swembroek so styf om die middellyf en steek hom vas.So is ons toe daar weg swembad toe,sien toe daar is nou sommer baie ouens wat so hemploos swembad toe aanstap,boepense wat die helte van die swembroek toehang met die opgetofde vroutjies langs hul.
Heerlik geswem, rondgehang en gekuier vir n rukkie toe ek sien dat Speedoman,my hoofrolspeler, en sy girls hul opwagting maak.Die hele bleddie show sou nou platgeval het as hy nie opgedaag het nie.Magties dink ek by myself ek was nou baie dom, ek moes kaartjies verkoop het by die deure.Ek kon geld gemaak het.
So het ek maar daar rondgehang en gewag dat almal op hul regte plekke kom, met Speedoman naderhand op sy li-lo het ek sommer geweet dat met my beplanning was daar nie fout nie.Dobber ek en vroulief so met die poolnoodles rond en met my wat so kort kort vaskop en onself in die rigting van die twee weduwees forseer verloop alles nou klopdisselboom.Knoop toe n geselsie met die twee dames aan en spoedig begin die drie vrouens naaldwerk en resepte praat.Gee my noodle vir Ann en sê ek wil n bietjie float.Sy het net vir my gesê gedra jou nou soos n grootmens.
Ek het nou altwee my hande nodig en so float ek daar weg.Man ek het die ding mooi uitgedink, sommer geweet as ek haar by hulle kan los sal dit werk.Met hul wat mos nou net oë vir Speedoman het,het ek geweet hul sal die heeltyd vir hom kyk en dan sal Ann se rug mos na my en Speedoman toe gekeer wees, alles volgens plan.
Skop skop my so stadig al floatende nader aan hom.Naby hom gekom, kom ek regop en maak die doekspeld los van my swembroek af.Maak seker dat my rolspelers op en in plek is.Toe die li-lo voetenend weg en ek buite sig van die weduwees af is vat ek my kans. So met die drie vinnige perdeby steke in die li-lo dink ek, Speedoman, vandag leer ek jou float.Swem toe nader aan n groepie mans en kry omtrent n front row seat so vyf meter weg.Die li-lo word vinnig pap en Speedoman sak al laer water toe.Toe hy waterslaan is dit n hengse ding, hy kan nie float nie en val van die papperige li-lo af.
Hy klim toe half verleë uit met die pap ding met die mense wat saggies lag.Dadelik is ek spyt en kry hom jammer. Toe doen ek iets wat nie beplan was nie, net om die aandag van Speedoman af te trek klim ek by die leertjie uit, vat so n paar vinnige drafstaptree by hom verby en duik naby n groepie vrouens in.Die ander ouens het later gesê,dit was n bom,nie n duik nie.Met my kop wat opkom onder die water uit het ek net gesien hier is n klomp gillende vrouns met nat slierterige hare wat op my afstorm, daar was nie tyd om n leertjie te soek nie en ek springdruk so by die wal in my poging om weg te kom.Die ou arms is ook nie meer wat hul was nie en met n slag val ek so met my bolyf buite die swembad met my voete nog in die water.
Daar lê ek kaalgat,gat in die lig op die kant van die swembad met almal wat vir my lag.So op my knieë nader gekruip tot by die pap li-lo wat toe die naaste was en regop gekom met hom so om my lyf gedraai.Net vir Arrie gesê "Sorry ek sal vir jou n ander een koop"
Ons is daar weg, ek met een helse rooi gesig en Ann, ja sal ek maar liewers nie sê nie.
Wederom vriende.





Jors se Kampstories op fb ...
Môre vriende,
Ons het Saterdag veilig terug gekom in Bethlehem en is dankbaar daarvoor.
Ons het lekker gekamp by Plettenberg Forever Resort.
Kom ek vertel jul nog n storie wat Manie en Elize Groenewald my vertel het laas week op ons kamp daar.
Manie hulle is gesoute kampeerders,hul kamp al soos ek jul vertel het van hul honeymoon dae af.
Manie hulle het sommer vroeg op pensioen gegaan.Toe hy 53 was het hy afgetree.
Vir die laaste 17 jaar is hul nou semi-permanente kampeerders.
Wat hul doen is,hul vat aan die einde van die jaar hul kalender en beplan waar hul gaan kamp die volgende jaar.
Skool vakansies en lang naweke is hul by hul strandhuis.Dit bring mee dat hul +_ sewe maande van n jaar kamp en die res by die huis is.
Elke jaar word daar ook n Kruger Wildtuin vakansie ingewerk vir n maand lank.
Met hul Kruger besoeke is hul lief om by Letaba,Skukuza en Berg en Dal te kamp.Hul begin dan ook bo en kom onder by Berg en Dal uit.
So vertel hy van die dag wat hul afskuif Skukuza toe.Binne hul karavaan was n vol 5liter wyn onder die bed.
Op een of ander manier het die box begin lek en die karton het sag geraak.Toe hul in die karavaan inklim ruik hy soos n shebeen.
Hy vat toe die box en sit hom in n skottel,die skuif hy so onder die karavaan in en begin toe die karavaan skoonmaak en alles weer opslaan vir hul kuier daar.
Namiddag gaan ry hul om te sien wat se wild hul kan kry.
Terug gekom,sommer so in die nader ry na hul wa sien Manie daar is moeilikheid.
Hul het besoekers gehad in hul afwesigheid.Die skottel met die box wyn is uitgetrek onder die karavaan.Die stukkende box lê nog in die skottel,maar vol gate gebyt.Van die 5 liter wyn is daar niks oor nie.
Op hul twee stoele lê sit twee apies,hul oë dof gedrink.Hul gee pad nie eers nie.Hy verjaag hul, hul klim wagelrig af en loop dronk dronk weg.
Op n tak lê n ander een so op sy sy,arm op die tak en sy een poot wat sy kop stut.Kompleet soos iemand op n strand sal lê.
Manie probeer hom verjaag, maar verniet.Hy lê Manie net so en aangluur.
Hy het eers met sonsondergang sy ry gekry.
Manie reken hy moes die diepste in die box gekyk het.Met die kenmerkende stappie van n dronke, een tree links, een tree vorentoe en een tree regs is hy toe daar uit die kamp uit.
By die draad het hy vir oulaas met sy babbelaas ogies terug gekyk en iets probeer sê.Manie reken dit het vir hom geklink soos "Chanks tjom,Sjien julle môre"
Vreugde en vrede vir julle.