Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -2 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -3 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -3 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -4 hours ago

210 lt Model BS213 Bauer Fridge/Freezer

Durbanville
Submitted by vivian on
Forums

Goeie Dag Het onlangs n Romany 2008 karavaan gekoop maar die sleuteltjies vir die yskas en vrieskas se deure is gebreek en ek is op soek na n spaarsleutel (of 2). Die sleuteltjie bestaan uit n plastiek handvatseltjie wat uitloop op n 8mm dia plastiekgedeelte wat hol is aan binnekant om n 4mm x 4mm vierkant te vorm wat dan in die slotjie gedruk word.In die middle van die 4mm x 4mm gedeelte is daar n 10mm lange metaal pennetjie wat ook in slottjie in pas. Dit is die beste wat ek kan doen sovêr beskrywing gaan.

Hieronder 'n foto van die sleuteltjies:

s

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 22/08/2019 - 10:55

Vivian, myne het in die gesluite posisie gebreek.  Dit het my gekos om die deur (vrieskas) af te haal en oop te maak om die binne goed uit te haal.

So myne kan ook nie meer sluit nie maar gelukkig gebruik ek die baba ding as ek sleep.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 22/08/2019 - 12:14

Skies ek het nie die foto op die Tablet nie, gou op die rekenaar in gegaan.

Jy kry dit by enige baba winkel, maak net seker jy vat nie die kort een nie want hy is te kort.  Sal foto gaan neem en ook hier plaas.

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 22/08/2019 - 12:57

More Vivian, welkom op ons lekker forum,  jy gaan vinnige advies hier kry,  en jan ook sommer advies gee 👍

Ek gaan ook 'n foto laai van wat ek met my yskas gedoen het, met hakkies wat keer dat die deur in die ry oop gaan..

Yskas
Hierdie hakkies het ek by Camp World gekoop.
Yskas
Knip maklik toe, om oop te maak, moet jy die buitenste "weerhaak" weg druk.

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 22/08/2019 - 13:58

Vivian, daai plastiek sleutels werk nie so lekker nie. Ek het dieselfde yskas en ook in my Romany en myne hou ook maar net. Ek begin daaraan dink om vir my met staal nuwes te maak

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 22/08/2019 - 13:59

Ok hier het ek 'n foto van hoe onsin lyk.

Ek het nie die "double sided tape" wat hom vasplak vertrou nie en op die yskas deure 'n "poprivite" ingesit en op die kas 'n skroef in die middel.

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 22/08/2019 - 14:55

Stem saam met Willem, daai dubbel sided tape help soveel as krap jou kop as jou toon jeuk.

Ek kon nie die metode / tipe gebruik soos Willem nie,  daar is nie plek op die Penta vir so iets nie, en ek moes die yskas verwyder en myne direk met pop rivets aan die deur en kas se dop vas rivet.

Die Penta se groter yskas is "flash mounted" met die kassie.

0
Middelburg

Noel

Thu, 22/08/2019 - 18:14

Fleetline se yskas het ook plastiek fitting gehad soos Johann sin en die plastiek het nie gehou nie. Ek het die fittings gekoop by Mica vir R30 en is einde van die probleem en is meer betroubaar 

0
Durbanville

vivian

Fri, 23/08/2019 - 08:11

Baie dankie vir julle almal se insette/raad. so lyk my hakkies of straps soos die baba ding is maar my voorland. Groete hier uit Durbanville.

Vivian

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus