Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -36 minutes ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -1 hour ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -3 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Kgalagadi-paaie Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago

September 2019 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie môre mede forumiete. 

Lente het aangebreek. Mag elkeen 'n heerlike lente geniet. 

Dit lyk amper of die Augustus winde vergeet het om te waai en nou dit op een dag probeer inhaal. 

Lekker rusdag vir elkeen.

.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 01/09/2019 - 06:46

Ek hoop almal gaan 'n mooi Lentedag hê.   Die koue windjie hier by ons, maak dat dit nog nie soos lente voel nie.   Maar mens kan darem aan die plante sien dat dit lente is.

Geniet julle dag.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 01/09/2019 - 08:02

Goeie môre op hierdie eerste en heerlike warm lente dag vanuit Ramsgate.

Dit gaan 'n baie warm windlose dag wees hier, ons gaan swem vandag, na gister se Augustus winde wat verwoed was, is die wind stilte lekker vanoggend.

 

Son opkoms
Hierdie foto het ek geneem (met die foon) net sekondes na die son sy verskyning gemaak het,  op die kamera is paar paar mooi fotos 

Gister het ons 'n skouspel van doltyne en walvisse beleef, vandag is hulle baie rustig.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 01/09/2019 - 14:30

Ten spyte van die droogte is daar heelwat struike in ons kompleks wat oortrek is van blomme.  'n Mens leer baie by die natuur.

.

.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 01/09/2019 - 15:56

Goeiemiddag!   smiley

Ons was bietjie by die 4x4 skou by swartkop renbaan.   Toe spring daar mense met valkserms - special forces -  maar die een ou val dat hy hop, en toe lê hy doodstil.  Ons het so 200m weggestaan en kon hoor toe hy die grond tref.  Hoop hy is ok?

Geniet julle namiddag! yes

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Mon, 02/09/2019 - 04:52

Goeie môre almal.

Nuwe dag, nuwe week en nuwe week. Sit lekker by Fred en tee drink.

Lekker dag vir elkeen.

Ns. Fred is kort vir: Flippen. ridiculous. electronic. device.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 02/09/2019 - 07:07

Nuwe dag, Nuwe week, Nuwe maand, om te lag en huil.

Geniet julle dag en wees veilig

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 03/09/2019 - 04:31

Staar siekte.

Nog lekker koel by ons.

Griep het my bekruip. Seker laas saterdag se werk aan A-raam in die koue.

Geniet julle dag en wees veilig.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Tue, 03/09/2019 - 04:49

Goeie môre Harry en ook die ander.

Jy begin nou meer en meer aan die staarsiekte ly sien ek. Wanneer jy vir 'n vriend van my sê dat jy griep het dan sê hy gewoonlik dat jy meer vodka moet drink. Weet nou nie of dit gaan help nie. Dalk vergeet jy dan van die griep.

Lekker dag vir elkeen

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Tue, 03/09/2019 - 04:52

Lekker Stoffel.

Klink op die ontvoerde dogtertjie van Vanderbillpark gevind is vanoggend.

Baie goeie nuus. Meer inligting moet nog volg

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus