Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

60708 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Mooi Gespeel Bokke.   Daai… Kampforum SuperBru Voortrekker -6 hours ago
Anton, bly julle het dit… Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -6 hours ago
Ek het, soos nog altyd weer… Reiskombers (travel blanket) Johann L -6 hours ago
Baie Welkom Cobus Uys!  Welkom Voortrekker -6 hours ago
Naandsê!     Ek en Anton jnr… Oktober 2019 Koffiekroeg Voortrekker -6 hours ago
Dankie Shaun, ek hou nogal… De Voetpadkloof Oktober 2019 Johann L -7 hours ago
Naand 😂 Oktober 2019 Koffiekroeg Johann L -7 hours ago

Nuwe lede

Tom Burke
Submitted by Hennie@kamp on Sun, 06/10/2019 - 19:45
Forums

Baie dankie vir die aanvaar en toelating tot die forum. In kort... Ons was aktiewe tent kampers tot so 10jr terug en na 'n reeks aaklige en minder aangename ondervindings het ons die kamp lewe verruil vir die grief van vakansie wooneenhede. Maar ek en ma kyk om vir ons n woonwa aanteskaf en weer die lekker kamp lewe te ervaar. Ons sal eers oor n jaar in die mark wees vir n karavaan en daarom het ons besluit om vroegtydig deel van die kamp gemeenskappe te word en die voorbereiding  oor watter karevaan ens vroegtydig te doen. Dankie

Centurion

Voortrekker

Sun, 06/10/2019 - 19:52

Hallo Hennie en dankie dat jy julself kom voorstel hier aan ons.   Sterkte met die beplanning en soek na die perfekte kamp wa yes    Ons hoop om julle binnekort raak te kamp.smiley

Groete - Anton

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 06/10/2019 - 20:30

Hallo Hennie !

Baie welkom by Kampforum.  Ek glo hier is baie mense op ons forum om julle te help om die ideale karavaan aa te skaf.  Om ons te help om in die regte rigting te begin dink, gee ons so 'n bietjie meer inligting oor julle behoeftes, soos byvoorbeeld :-

  •  Is julle jong mense met kinders of is die kinders al uit die huis uit ?
  • Oorweeg julle afgeleë kampeerplekke op stofpaaie, 4x4 tipe kampering of teerpaaie en gevestigde oorde ?
  • Gaan julle 'n spesifieke sleepvoertuig aanskaf of is julle huidige voertuig daarvoor geskik ?
  • Voorkeur vakansie-bestemmings ?
  • Oorweeg julle dalk permanent karavaan-kampering ?
  • Vertel ons 'n bietjie meer van die onaangename ervarings wat julle voorheen gehad het.

Dis maar net 'n paar vrae wat ons gedagtes in die regte rigting kan stoot.

Secunda

Sleep nou

Mon, 07/10/2019 - 10:11

Welkom op die forum Hennie gesels lekke saam gaan besoek n caravan dealer naby jou klim in en kry die gevoel van wa se opset besluit ook wat wil jy maak met die wa is dit gewone kamp so bietjie grondpad , regte bos , woestyn kamp volgens dit glo ek kan dit jou help om n keuse te maak sterkte met soek en besluit

Baie dankie Len
Ja, as ek ons ouderdom moet klassifiseer sal ek se ons is in ons middeljare (45-52). Tans werk beide ek en my vrou nog. Ons het nog 'n kind op skool (Gr10) huidiglik. Ons woon op 'n plaas in die lieflike bosveld en tans is ons gunsteling vakansie bestemmings maar binnelandse warm water bronne asook die Natalse suidkus. (Uvongo, Munster en Port Edward).

My eerste karavaan was 'n 1970's Venter opvou karavaan wat ek met Nissan 1400 gesleep het later jare met 'n 1983 Vw Kombi. Nadat die ou karavaantjie weens houtvrot nie meer diensbaar was nie en ek as staatsamptenaar nie geld gehad het om hom te restoureer het ek hom as projek verkoop en het ons maar met tente begin kamp. Dit was baie lekker maar die nat reen, koue, diefstalle ens. het maar gemaak dat ons besluit het om dit te verruil vir die gemak van wooneenheid akkommodasie. Ons het nou maar weer met die gedagte van kamp en karavaan begin wat ons dan wil opbou sodat ons ook na aftrede kan voortgaan daarmee.

Ek kyk tans meer na gevestigde oorde, teerpaaie, mooi grondpad veral langs die kus. Glo nie ons sal die extreme en 4x4 kampering aanpak nie. Ek het tans net 'n Nissan 2.7 d D/C ldv om mee te sleep, moet ongelukkig tans eers voorberei om vir hom 'n voertuig na skool te koop maar is van plan om daarna ons voertuig op te gradeer sodat ons die karavaan dan ook kan sleep. 

Het maar gedink om nie te groot te gaan met die karavaan nie. Voorentoe begin die ouderdom ook weer tel.
Dink ook om te kyk na mooi tweedehandse karavaan.

Dankie

Soos julle kan sien is ek dalk bietjie vroeg om te begin en als maar nog 'n denk rigting maar goed is so duur vandag dat man maar moet beplan en vroegtydig weet waarvoor jy jou inlaat

 

Middag Hennie

Jislaaik---ek dog middeljare [wat 'n vloekwoord] skop eers in op 75 jarige ouderdom.

Ek sien julle bly op 'n plaas, dit is moontlik jou eerste kriteria---hoe vêr is dit grondpad na die plaas. Sal 'n gewone padwa dit kan hanteer, of kan jy dit stoor op die dorp?

Jou aanhaling " mooi grondpad" kan beteken dat julle na effe harder as padwa moet kyk, soos die Sprite tourer, of dan na die boswaens. Onthou, mens kan met boswaens ook darem op 'n teerpad ry, en dit sleep baie lekker, want dit is net so breed as jou bakkie.

Jou opmerking " net'n Nissan 2.7 DC", wat is fout daarmee. Dit sal sekerlik 'n wa lekker sleep, het dit 'n turbo of nie.

Ek het 3 jaar huiswerk gedoen, dis die lekkerste deel want dit kos mens nie geld nie. Lees tydskrifte soos Wegsleep, Caravan& outdour en gaan na skoue waar julle al die opsies kan bevoel en bekyk. Daar is gereeld sulke skoue by Mbizi buite Warmbad.

Die belangrikste kriteria met julle keuse is ---mammie moet daarvan hou!!!

Groete

 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 07/10/2019 - 17:45

Hennie, en daar steel Wessel my donder (donner klink beter).  Ek kry egter die gevoel die skaal swaai in julle geval na 'n teerpad-karavaan waarvan julle 'n lekker groot keuse sal hê, veral in die gebruikte karavaan mark.  Julle kan nog altyd stofpaaie opsoek met julle basis by 'n teerpad-oord  -  die meeste van ons met teerpad waens doen dit maar so.

Die laaitie van julle gaan lekker saamkamp in 'n add-a-room of hy kan voortgaan om in een van julle huidige tente te kamp.

Jy sal gou agterkom ek is ook 'n Nissan-man en daarom kan ek met vrymoedigheid sê jou Nissan 2.7 dubbelkajuit sal 'n lifelike sleepvoertuig wees.

Nouja, lekker droom en vra maar nog as ons jou drome in 'n rigting moet stuur.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 07/10/2019 - 18:50

Hennie, met daai 2.7 D bakkie kan jy maklik 'n Penta, of soort gelyk, sleep daar is genoeg whooma in die voertuig. Jy het 'n wye keuse👍

Ek het my Penta al baie grondpaaie gesleep, natuurlik baie stadig, en net as ek moet, maar dit kan gedoen word.