6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -46 minutes ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

Versekering op 4x4

Brits
Submitted by wessels on

Môre vriende

Na aan leiding van 'n insident wat onder " Positief en negatief" genoem is, sal ek insette waardeer oor die volgende;

1] hoe werk versekering as mens 'n 4x4 aanskaf. Is die versekering duurder as op die 4x2 gelyke?

2] Wat is gedek onder die gewone versekering? Indien mens nou as sport, of net vir die lekker 'n 4x4 roete ry, en jy rol berg-af, is die voertuig gedek?

3] OF, moet mens vir so 'n geleentheid ekstra versekering uitneem. 

Na my mening is daar 'n groot verskil om met 'n 4x4 in die Kalahari of Richtersveld te ry, teenoor 'n spesiale 4x4 hindernisroete in die Waterberge 

Hoor graag van julle

 

Balfour

phillipcil

Tue, 28/04/2020 - 18:48

Hi Wessels

Al hoekom versekering duurder is op 4x4 is hoekom sy waarde meer is as 4x2.

Myne is by Cross country. Hul het n produk spesiaal vir 4x4s. En dek alle omstandighede van 4x4 ry. Veral oorgrens.

Hoop dit antwoord jou vraag

Worcester

Wildehont

Tue, 28/04/2020 - 20:16

Ek glo ook die waarde waarvoor die voertuig verseker is en die demografie van die bestuurder bepaal die premie. Toyota mag dalk ook duurder as bv Ford wees omdat hulle so gewild is onder motordiewe omdat die enjins lekker pas in die minibusse. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 28/04/2020 - 20:32

Wessel,  my 4x4 Pathfinder is by Santam verseker en my makelaar is PSG Insure.

Ek het my polis nou lyntjie vir lyntjie deurgelees en daar is geen beperking geplaas op die gebruik van die voertuig nie.

Soos Phillip hierbo noem, glo ek die 4x4 se premie is iewat duurder net omdat 'n 4x4 duurder is as 'n 2x4 en nie noodwendig omdat 4x4 op rowwer terreine gebruik word nie.  As iemand wel 'n ernstige 4x4 entosias is, sal ek aanbeveel dat jy jou makelaar vra om dit addisioneel by te voeg of om 'n versekeraar te gebruik wat spesifiek daarvoor voorsiening maak soos Phillip hierbo aanbeveel.

Worcester

Wildehont

Tue, 28/04/2020 - 23:49

Santam verseker en my makelaar is PSG Insure

Ek is ook by hulle verseker en my Fordjie (ook ‘n 4x4) is ook gedek vir oorgrens gebruik en repatriasie. As ek reg onthou is net die bybetaling vir sleutelvervanging duurder vir ‘n 4x4. Hulle reken seker daar is ‘n beter kans dat jy dit sal verloor. 
Ek moet vra waarom Wessel ‘n 4x4 wil koop. Voor ons kinders gehad het, het ek redelik gat geskuur in Botswana, Zimbabwe en Mosambiek op plekke waar 4x4 weens sand nodig is met my ou 4x4 bakkies (eers ‘n Hilux en toe ‘n Colt).  
My Fordjie was al in Mosambiek maar solank sy bande pap gemaak word ry hy soos ‘n droom in sand sonder 4x4. Ek het 4x4 net gebruik toe ek iemand wat nie bande afgeblaas het nie en in 4x4 vasgeval het, uitgesleep het. 
Tensy mens beplan om in dik sand te gaan ry soos in Botswana sal ek nie ‘n 4x4 koop nie. Dit kos onnodig meer om te koop en te laat loop. Die ratverhoudings is anders as die 4x2 ratkaste s’n so brandstofverbruik is hoër. Dis my ondervinding. Ek is ook nie een vir 4x4 roetes nie. Dit het ek gedoen toe ek jonk was. Mens kry baie keer onnodige skade of krapmerke op sulke roetes, veral met die fynbos hier in die Wes-Kaap. 

Al my goete is virseker by OUTsurance, normale pryse op alle rygoed, karre, bikes en my Hilux wat 4x4 is en daarvoor betaal ek niks ekstra nie.

My vorige Hilux was vrek duur omdat hulle so n hoe risiko voertuie was wat diefstal aan betref.

Ek mag net nie dice met die karre, bikes of 4x4 nie.

Wie wil nou in elkgeval dice?

Verder gaan haal hulle my in enige SADEC land, gelukkig was dit nog nooit nodig nie.

Net die bikes het al 3 keer insleepwa gery en ek agterna in die ambulans.

 

Vaalpark

Johann L

Wed, 29/04/2020 - 07:24

Ek wi nie hoes, poep, nuus, of skinder nie, maar as jou voertuig huite die lands grense gaan,  hetsy daar of hier gesteel, gaan jy jou gat af sukkel om dit weer op jou naam te kry. 

Dit is nou, van "stolen" na terug na wettig op jou naam, dit vat hope kopseer en baie geduld. By gesê, as jy dit weer wil hê.

Marlands, Germiston

Jaada

Wed, 29/04/2020 - 08:32

Vir my is daar net een plek vir 4x4 versekering: Tuffstuff, hulle is spesiaal gerig vir die mark. My seun is baie betrokke by 4x4, ek kuier saam met die 4x4 ouens en het al baie goeie terugvoering gekry. My 4x2 bakkie is ook deur hulle verseker. Jy is verseker vir veldry - maw wiel beskadig oor 'n klip, kan jy kleim. Die opsie waarvan ek hou is jy kan al jou bybehore bysit (winch ens) by die waarde van jou voertuig en dit sal uitbetaal word. Persoonlike ondervinding: 4x4 vriende het getoer in Namibie, hulle voertuig breek, Tuffstuff het vir hulle 'n soortgelyke voertuig gebring - hulle kon verder toer en die stukkende voertuig terug gebring. Hulle is goed met die herwinnning van jou stukkende voertuig uit buurlande - weet persoonlik van 'n paar gevalle. Het my bakkie se waarde ook vasgepen, wat hy vir my werd is, nie markwaarde of boekwaarde. My karavaan is ook by hulle verseker - wat hy vir my werd is!. Jy kan ook vierwiele by hulle verseker. Ek het ook die maand 'n 20% afslag op my premie gekry! (agv lockdown) Hulle borg 4x4 geleenthede en is betrokke by die 4x4 gemeenskap en klubs, dus is hulle vesekering volgens my meer relevant as 'n gewone versekering. Kyk na hulle web blad en vergelyk pryse en die addisionele voordele.

Môre vriende

Dis darem lekker om so te kan put uit ander se ervaring en kundigheid. Ek is ook by Santam verseker, en sal seker maar by hulle bly.

Chris WH: In antwoord op jou vraag, ek wik en weeg en bedink sommer opsies. Ek kyk rond, en indien daar 'n goeie gebruikte bakkie oor my pad kom, en dit is is toevallig 'n 4x4, sal ek dit moontlik oorweeg. Ek is van mening dat dit handig, dalk noodsaaklik is om van die mooiste dele te besoek. Ek lees juis nou die dag weer dat mens blykbaar Baviaanskloof net halfpad mag/kan ry met 'n 4x2. 

Ek het die geskikte wa, maar om dit ten volle te benut kort ek 4x4. Ek hou nie van sukkel nie, nog minder om in 'n verleentheid te wees. Byvoorbeeld, as ek in Kalaghadi moet vassit in sand, omdat ek nie daar moes/mag ry met 4x2 nie, skaam ek my bloedrooi.

Ek sal graag saam met vriende sulke plekke wil besoek, want dit is net beter om in 'n groep na sulke plekke te gaan, maar die meeste sulke persone het reeds die luukse van 4x4.

Onthou, jy het reeds daar gatgeskuur, ek nog nie.laugh

Groete

 

Secunda

Sleep nou

Wed, 29/04/2020 - 08:42

Ek al gehoor van Tuffstuff ek by out surance ek gelukkig met hulle maar kan niks verloor om tuffstuff te kontak nie Wessel ek gaan ook n 2 handse 4x4 aanskaf wat in goeie kondisie is maar waarvoor ek nie jammer gaan wees vir n skraap of 10 nie

Worcester

Wildehont

Wed, 29/04/2020 - 11:23

Baviaanskloof net halfpad mag/kan ry met 'n 4x2

Ons is daar deur van Willowmore na Patensie in 2016. Toe ons die wildernisgebied in is (die oostelike deel), het hulle net gesê jy moet ‘n bakkie of voertuig met hoë grondvryhoogte hê - nie 4x4 nie. Ek weet nie hoe lyk die pad nou nie, maar ek sou dit nie sonder 4x4 wou aandurf nie. 
Na my mening het jy genoeg motivering om ‘n 4x4 te koop. My filosofie is altyd dat dit beter is om ‘n sekere stuk gereedskap te hê en dit nie nodig te kry nie as om dit nie te hê nie en dit nodig te kry. 
Onthou net; 4x4 ry in sand is een ding - sleep in sand met ‘n 4x4 is ‘n perd van ‘n ander kleur. Probeer ‘n sleepvoertuig kry wat dieselfde aswydte het as jou Kavango. As jou wa nie in die vore loop wat jou sleepvoertuig maak nie is dit soos om ‘n anker te sleep deur die sand.  

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus