TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsartikels buttonsaamtrekkelekker resepte

75839 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hier is darem 'n paar mooi… Voëls Johann L -2 hours ago
Ek is so bly julle het weer… Stof in kappie Johann L -3 hours ago
Ek glo 'n batery moet altyd… Karavaan Battery Johann L -3 hours ago
Ja Wessel jou rowwe bliksem  Stof in kappie Voortrekker -3 hours ago
Oops Die Ford en die Exclusive Willem Brits -4 hours ago
Komaan man, jy verdien dit… Stof in kappie Wildehont -4 hours ago
Het jy weer die Ford gestamp? Die Ford en die Exclusive Voortrekker -4 hours ago

Zaagkuilsdrift

Brits
Submitted by wessels on Fri, 24/07/2020 - 11:37
Forums

Middag vriende

Het iemand al die plek besoek? Ek sien dit word op die forum adverteer.

Ek het dit probeer kontak, maar die telefoonnr wat verskaf word, behoort nue aan die plek nie. Ek het ook geen antwoord gekry op 'n epos na die plek toe nie. Ek het nou nog 'n epos gestuur aan 'n persoon genaamd Gerrie , hopenlik gaan ek reaksie kry vanaf wat moontlik sy persoonlike epos is.

Dit lyk na 'n baie oulike plek vir mense wat belangstel in voëls. 

Ek sal die kontakbesonderhede en ekstra info deel sodra ek antwoorde ontvang het.

Groete

 

 

 

Centurion

Voortrekker

Fri, 24/07/2020 - 12:40

Ons het daar gaan naweek hou in die Chalets en nog nie gekamp nie.    Hulle is besig om die webwerf te opdateer - ek het solank die tydelike kontakbesonderhede bygevoeg op die inligtingsblad. Marlenevanrooyen123@gmai…

Daar is 'n baie oulike kampeerplek met privaat ablusies.  Sodra ons daar gaan kamp sal ek terug raporteer -  maar dit lyk baie lekker.

Middag Voortrekker

Dankie vir die moeite.

Ek sal wag vir die inperking om verby te gaan, en dan weer hulle blad besoek.

Hulle blad moet sommer so bietjie meer info gee, soos

1] kampeertariewe

2] ablusie inligting, soos het elke staanplek sy eie, of gemeenskaplik, en beskik dit oor warmwater vir stort

3] is daar geriewe vir dagbesoekers, dit is as dagbesoekers welkom is

4] Gedagtig aan jou opmerking klink dit of sommige staanplekke wel sy eie ablusie het.

5] Beste tyd om te besoek vir voëlkyk.

6] Wat is sekuriteit situasie in daardie omgewing.

Ek lei af jy is wel in kontak met die Zaagkuil-bestuur, daarom die bogenoemde vrae.

Groete

PS: Dalk is dit nie 'n 2de Koro Koro nie, waar ons persepsies so effe verskil het. smiley  

 

Centurion

Voortrekker

Fri, 24/07/2020 - 19:13

PS: Dalk is dit nie 'n 2de Koro Koro nie,

 Haha - Wessel ek het nogal aan dieselfde insident gedink ...   Jy sal maar self moet gaan toets en vertel smiley