Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bome omwaai November 2026 Geert -5 hours ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -18 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -19 hours ago
Hael November 2026 Geert -19 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -19 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -1 day ago

Sonkrag vir die toekoms

Secunda
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on
So sit ek en Berdien een aand laas wees en gesels oor volhoubare energie en kostes van Eskom ons dorp se krag koop jy deur die munisipaliteit en nie by Eskom nie so koop ek en Berdien prepaid krag eerste Augustus vir R2000 en kry net 858 eenhede so ja jou eenhede raak minder met verhogings van elekrsiteit en ons besluit toe om sodra ons in woonstel intrek agter my huis gaan ons die stoof vervang met gastoof sowel die geyser sodat warm water ook deur gas verwarm word inverder in te sit met sonpanele , battery en dan 2x slaapkamer , kombuis ,sitkamer en badkamer ligte met sonkrag te laat loop afskaal na kleiner yskas wat ook so dan deur solar system krag kry wie van julle oorweeg ook die aksies ek glo die roete is n ou volhoubaar met krag en nie afhanklik van Eskom nie
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 21/08/2020 - 11:04

Middag Shaun

Baie mense beweeg weg van EKSDOM, veral die op plase.

Laat ontwerp en bou net jou stelsel deur 'n professionele persoon. Die aanvanklike uitleg is duur, mens moet nie kanse vat nie.

Ek sal jou aanraai om 'n paar kwotasies te bekom, en dan goeie oordeel aan die dag lê met keuse.

Daar is 'n goeie gesegde: The pain of poor quality lingers long---- long after the sweetness of the cheapest price paid, is forgotten!!!

Groete 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 21/08/2020 - 12:11

Shaun, jy moet baie versigtig wees met hierdie besluit.

Vriende van ons het met hulle nuwe aftree- tweeslaapkamerhuis so-te-sê "off-grid" gegaan en die koste het R140 000 beloop en hulle moet nog steeds (alhoewel in 'n mindere mate) soms op Eskom-krag steun.

In ons aftreehuis in 'n kompleks hier in Brackenfell het ons 'n gasstoof en 'n son-geyser wat net Eskom-krag benodig as dit reën of dig bewolk is.  Ons het ook 'n swembadpomp en ons huiswaterpomp wat albei Eskom-krag gebruik.  Ons kragverbruik is 700 eenhede per maand teen R2,209 per eenheid, dus R1550 pm.

My punt is : moenie oor-kapitaliseer nie - jy kan heelwat minder krageenhede gebruik deur net die elektriese stoof en geyser met 'n ander energiebron te vervang.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 21/08/2020 - 12:42

Dit is nie só “eenvoudig” om ‘n huis van die netwerk onafhanklik te maak soos om jou kampeertoerusting vir ‘n week of twee sonder 220V krag te laat werk nie. 
Dit word weliswaar goedkoper, maar ek glo jy gaan steeds in die omgewing van R250 000 betaal om jou huis onafhanklik van munisipale/Eskom krag te laat funksioneer soos dit nou funksioneer. Hier is ‘n artikel van verlede jaar. Ek glo nie die koste is meer akkuraat nie, onthou die rand het deur sy eie gat geval en baie van die toerusting word ingevoer. 
Die artikel verduidelik wel die twee soorte stelsels grid-tie waar Eskom krag steeds gebruik word wanneer die son nie skyn nie en off-grid waar batterye gelaai word en krag voorsien snags en wanneer die son nie skyn nie. Laasgenoemde is aansienlik duurder omdat batterye so duur is, en onthou die batterye moet elke 8 tot 10 jaar vervang word. 
Moet ook nie staat maak daarop dat jou munisipaliteit oorskot krag by jou gaan koop (teen aansienlik minder as wat jy hulle betaal) of jou krediet gaan gee daarvoor nie. Ons elektriese afdeling wil nie meer by huishoudings elektrisiteit koop nie, want die elektrisiteit is “vuil” en maak hulle stelsels onstabiel. ‘n Winkelsentrum of kantoorblok vol sonpanele is ‘n perd van ‘n ander kleur as ‘n klomp huishoudings waarvan elke stelsel verskil. 
Onthou ook dat afhanklikheid van Eskom begin by vermindering van verbruik. Hoe minder jy van hulle hoef te koop; hoe minder is jy afhanklik van hulle. Begin dus deur al jou gloeilampe en spreiligte met LED te vervang, ‘n gasstoof te kry en ‘n sonkrag geyser. Laasgenoemde is die grootste elektrisiteit verbruiker in ‘n huis. Die paar dinge kan relatief goedkoop gedoen word (seker onder R50 000) en soos Oom Len sê gaan dit reeds baie spaar. Jy sal dit in elk geval moet doen as jy sonkrag wil begin gebruik, want hoe minder elektrisiteit jy gebruik, hoe kleiner kapasiteit stelsel het jy nodig. Kry dan twee 110Ah diep siklus batterye en ‘n 2400VA inverter soos wat ons al voorheen elders bespreek het (te lui om nou op my foon die draad te gaan soek om te skakel hier - die titel was Huiskrag tydens beurtkrag as ek reg onthou) om tydens beurtkrag te gebruik. 
Bg is waarvan my navorsing oor die onderwerp my oortuig het die beste benadering tans is sonder om ‘n tweede verband uit te neem (tensy jy ‘n kwartmiljoen het wat ‘n gat in jou sak brand).

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 21/08/2020 - 13:13

Shaun, my partner hier is so sonkrag boffin.  Hulle sit die panele by lughawens etc op. Hy het self nie sonpanele nie omrede wat die mense noem. Het wel so stelsel met batterye en inverter soos Wildehont noem. Dit spaar hom nie krag nie, inteendeel is so stelsel nie eers 90% effektief nie, maar hy reg by loadshedding. Verder sal jy kan onmoontlik nie krag opwek teen R2/ eenheid nie in ag genome die koste van die installasie, en moet nie vergeet nie, die panele en batterye het n beperkte leeftyd. Grid tied is n ander storie waar jy nie batterye gebruik nie, maar dink nie dit is wat jy beplan nie.

My huis het solar vir warm water, met n gasgeiser as bystand, 2 yskaste, 2 frieskaste en gas stoof, wasmasjien etc Ons gemiddelde gebruik is onder 10 eenhede per dag. My raad ook, bespaar deur goeie toebehore, en beslis Solar en gas warmwater en gas stoof. Jy sal verbaas wees hoeveel jou verbruik verminder, en dan pla loadshedding nie die kosmaak en stort nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 21/08/2020 - 17:14

Middag vriende

Hierdie kan 'n warm onderwerp word, selfs op politieke gebied.

Ek was etlike jare gelede betrokke met die plaaslike vervaardiging van sonpanele, dit is nou die wat elektrisiteit opwek.  Die projeknaam was heel gepas, :Power for the people. Die doel en aanwending van sonpanele is juis daar waar nie ESKOM netwerk is nie. 

'n Markgereedheidsstudie het soveel weerstand uitgewys dat dit haas onmoontlik sou wees om dit op kleinskaal "off grid" te implementeer. Byvoorbeeld, die plaaslike bevolking dring aan dat elektrisiteit ten minste oor 3 heuwels met 'n draad kom. So kan ek nog 'n paar voorbeelde noem. 

Groete   

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 21/08/2020 - 20:05

Ek het nou 'n hele storie verhaal hier geskryf, toe is Al's weg.

Shaun, doen deuglik huis werk, dit kan duur wees. My voorstel is om net 'n "backup"  stelsel in te sit vir beurt krag, met gas stoof, solar geiser, en LED ligte, soos reeds genoem.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Sat, 22/08/2020 - 07:25

My vriend, wat by Eskom werk, het n plot met 4 huise op.

Hy het so 36 panele op sy stoor se dak. Hy het tans nie batterye nie, maar sit krag in die grid. Hy het nog wieletjie meters. Deur die dag draai se meters in "revers" en sit hy krag in die grid en in die aand trek hy weer krag uit die grid uit.

As daar nie krag is nie gebruik hy sy generator. Hy gebruik ook net gas vir stoof en geysers.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 24/08/2020 - 09:02

Ek almal se inset gelees en ja ek doen my huiswerk deeglik soos ek genome het geyser en stoof gaan gas wees wat ek dan wil hardloop op son krag  is yskas wasmasjien , tv, twee dak fans en paar ligte so die stelsel hoof nie te groot te wees nie ek wag vir kwitasies en ja van die ouens vat maar kanse hulle het ek reeds die deur gewys  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 19/12/2023 - 14:24

Die panele en db etc, etc is vandag konnekteer. Mense ons, is dit nou n klomp skakelaars en sekerings.

Wat nou in die db is, ń change over switch. Indien daar fout gaan op die stelsel, skakel ek dit oor op Utility, en dan is dit weer 100% escom.

Soos julle weet, het ek nie n te groot stelsel ingesit nie. Die inverter is gestel om die hele db vanaf panele te loop. Indien die vraag oorskry word, sal dit outomaties escom bysit.  Huidiglik gebruik die huis so 360 watt , seker net die yskas en 2 vrieskaste. Waneer die panele nie voorsien nie, skakel dit escom aan, nie die battery nie, dit bly vol. Slegs waneer daar loadshedding is, sal die battery inkom.

En dit is presies wat ek verlang het

Drade

Panele

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 19/12/2023 - 15:50

....behalwe dat jy nou ontpop het as 'n kundige LR mekaniek, het jy nou ook die 1ste wereld van sonpanele, inverters en derglike anti-Eskom tegnologie betree.

Geniet jou kostelose elektrisiteit, dis nou as jy eers vergeet van die kapitale uitleg.crying

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 19/12/2023 - 19:38

...wat het van ander 500W geword??? Is jy seker al 4 panele is gekoppel?? Dit lyk baie verdag dat jy ongeveer 1 paneel se uitset kort

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 19/12/2023 - 19:59

Hang seker af van die tyd van die dag Wessel??? Meer weet ek nie.

Die panele het nou 19h30  ophou, maar toe was dit seker net n paar wattse. Inverter het escom reeds vasgemaak.

BTW die 4 panele is gekoppel, 2 panele in series wat dan  saam gelas word in parallel na die inverter. 

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 20/12/2023 - 06:27

En dit is presies wat ek verlang het

Net soos ons bespreek het. Ja, 'n geweldige klomp drade em skakelaars as dit reg gedoen word. 

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 20/12/2023 - 06:33

...wat het van ander 500W geword??? Is jy seker al 4 panele is gekoppel?? Dit lyk baie verdag dat jy ongeveer 1 paneel se uitset kort

Wessel, dit kan wees dat hy net maks 1.7kw op daardie stadium benodig het, vir gewone verbruik en dan die laai van die batterye.

My gemiddeld deur die dag ook slegs so 300 - 400W, alhoewel ek maks 5500W beskikbaar het. Indien my geyser aankom dan gaan dit outomaties op na +-2400W. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/12/2023 - 07:04

More, ek sit nounet en dink aan daai verlore 500watt, en dalk is hennie op die regte spoor.

Eers iets anders, wat is 'n enkel paneel se uitset, seker 550watt 24volt. As twee in serie is, gee dit 48v. Twee serie rye in paralel se spanning uitset is dan steeds 48v. 

Wat meet daardie drywing meter.??? Die drywing wat beskikbaar is vanaf die sonpanele, of soos Hennie vermoed, die drywing wat benut word op 'n gegewe oomblik?? 

My stelsel in die woonwa is sodanig dat ek;

1] die oomblik wat ek "laai" aansit, wys dit die beskikbare stroom van die panele af

2] soos die batterye vol word, toon dit net die laaistroom na die batterye.

3] ek kan ter enige tyd die "laai" skakelaar afsit, en as ek dit dadelik weer aanskakel, kan ek die beskikbare stroom vanaf panele sien. Binne paar sekondes hervat punt 2. Veral as batterye naby aan vol is.

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 20/12/2023 - 09:34

Hallo Wessel,

Sien hieronder my statistieke op die oomblik. Ek genereer net so oor die 2680w uit panele met 'n verbruik van 2362w wat benodig word, aangesien my geyser tans aan is. Net voor die geyser aangekom het was dit maar so 350W. Eskom is ook tans gladnie in gebruik, en die batterye "float" tans. Indien ek nou die ketel moet aansit sal die generasie uit die panele natuurlik weer opgaan.

Solar

Nog 'n statistiek so bietjie later. Die batterye word nou weer opgetop en die panele voorsien 4070W waarvan 1219W na batterye gaan. Nogsteeds geen Eskom.

Solar 2

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 20/12/2023 - 10:05

Daai sonstelsel werk lekke van jou my stelsel het saterdag en sondag geen krag getrek van eskom af nie maar laaste twee dae wel agv baie bewolk en ligte reen ek vat lesesings al vir 2 jaar om 06H00 om te sien wat my gebruik is in eenhede voor solar systeem ingebruik was.My daaglikse gemiddeld vir huis sowel woonstel so 30 tot 45 eenhede nou is eenhede met solar systeem in gebruik 10 tot 22 eenhede n dag geld wel spend

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus