Shaun....
Shaun, jy moet baie versigtig wees met hierdie besluit.
Vriende van ons het met hulle nuwe aftree- tweeslaapkamerhuis so-te-sê "off-grid" gegaan en die koste het R140 000 beloop en hulle moet nog steeds (alhoewel in 'n mindere mate) soms op Eskom-krag steun.
In ons aftreehuis in 'n kompleks hier in Brackenfell het ons 'n gasstoof en 'n son-geyser wat net Eskom-krag benodig as dit reën of dig bewolk is. Ons het ook 'n swembadpomp en ons huiswaterpomp wat albei Eskom-krag gebruik. Ons kragverbruik is 700 eenhede per maand teen R2,209 per eenheid, dus R1550 pm.
My punt is : moenie oor-kapitaliseer nie - jy kan heelwat minder krageenhede gebruik deur net die elektriese stoof en geyser met 'n ander energiebron te vervang.
Doen goed huiswerk
Dit is nie só “eenvoudig” om ‘n huis van die netwerk onafhanklik te maak soos om jou kampeertoerusting vir ‘n week of twee sonder 220V krag te laat werk nie.
Dit word weliswaar goedkoper, maar ek glo jy gaan steeds in die omgewing van R250 000 betaal om jou huis onafhanklik van munisipale/Eskom krag te laat funksioneer soos dit nou funksioneer. Hier is ‘n artikel van verlede jaar. Ek glo nie die koste is meer akkuraat nie, onthou die rand het deur sy eie gat geval en baie van die toerusting word ingevoer.
Die artikel verduidelik wel die twee soorte stelsels grid-tie waar Eskom krag steeds gebruik word wanneer die son nie skyn nie en off-grid waar batterye gelaai word en krag voorsien snags en wanneer die son nie skyn nie. Laasgenoemde is aansienlik duurder omdat batterye so duur is, en onthou die batterye moet elke 8 tot 10 jaar vervang word.
Moet ook nie staat maak daarop dat jou munisipaliteit oorskot krag by jou gaan koop (teen aansienlik minder as wat jy hulle betaal) of jou krediet gaan gee daarvoor nie. Ons elektriese afdeling wil nie meer by huishoudings elektrisiteit koop nie, want die elektrisiteit is “vuil” en maak hulle stelsels onstabiel. ‘n Winkelsentrum of kantoorblok vol sonpanele is ‘n perd van ‘n ander kleur as ‘n klomp huishoudings waarvan elke stelsel verskil.
Onthou ook dat afhanklikheid van Eskom begin by vermindering van verbruik. Hoe minder jy van hulle hoef te koop; hoe minder is jy afhanklik van hulle. Begin dus deur al jou gloeilampe en spreiligte met LED te vervang, ‘n gasstoof te kry en ‘n sonkrag geyser. Laasgenoemde is die grootste elektrisiteit verbruiker in ‘n huis. Die paar dinge kan relatief goedkoop gedoen word (seker onder R50 000) en soos Oom Len sê gaan dit reeds baie spaar. Jy sal dit in elk geval moet doen as jy sonkrag wil begin gebruik, want hoe minder elektrisiteit jy gebruik, hoe kleiner kapasiteit stelsel het jy nodig. Kry dan twee 110Ah diep siklus batterye en ‘n 2400VA inverter soos wat ons al voorheen elders bespreek het (te lui om nou op my foon die draad te gaan soek om te skakel hier - die titel was Huiskrag tydens beurtkrag as ek reg onthou) om tydens beurtkrag te gebruik.
Bg is waarvan my navorsing oor die onderwerp my oortuig het die beste benadering tans is sonder om ‘n tweede verband uit te neem (tensy jy ‘n kwartmiljoen het wat ‘n gat in jou sak brand).
Shaun, my partner hier is so…
Shaun, my partner hier is so sonkrag boffin. Hulle sit die panele by lughawens etc op. Hy het self nie sonpanele nie omrede wat die mense noem. Het wel so stelsel met batterye en inverter soos Wildehont noem. Dit spaar hom nie krag nie, inteendeel is so stelsel nie eers 90% effektief nie, maar hy reg by loadshedding. Verder sal jy kan onmoontlik nie krag opwek teen R2/ eenheid nie in ag genome die koste van die installasie, en moet nie vergeet nie, die panele en batterye het n beperkte leeftyd. Grid tied is n ander storie waar jy nie batterye gebruik nie, maar dink nie dit is wat jy beplan nie.
My huis het solar vir warm water, met n gasgeiser as bystand, 2 yskaste, 2 frieskaste en gas stoof, wasmasjien etc Ons gemiddelde gebruik is onder 10 eenhede per dag. My raad ook, bespaar deur goeie toebehore, en beslis Solar en gas warmwater en gas stoof. Jy sal verbaas wees hoeveel jou verbruik verminder, en dan pla loadshedding nie die kosmaak en stort nie.
Foto voltaise panele
Middag vriende
Hierdie kan 'n warm onderwerp word, selfs op politieke gebied.
Ek was etlike jare gelede betrokke met die plaaslike vervaardiging van sonpanele, dit is nou die wat elektrisiteit opwek. Die projeknaam was heel gepas, :Power for the people. Die doel en aanwending van sonpanele is juis daar waar nie ESKOM netwerk is nie.
'n Markgereedheidsstudie het soveel weerstand uitgewys dat dit haas onmoontlik sou wees om dit op kleinskaal "off grid" te implementeer. Byvoorbeeld, die plaaslike bevolking dring aan dat elektrisiteit ten minste oor 3 heuwels met 'n draad kom. So kan ek nog 'n paar voorbeelde noem.
Groete
Ek het nou 'n hele storie…
Ek het nou 'n hele storie verhaal hier geskryf, toe is Al's weg.
Shaun, doen deuglik huis werk, dit kan duur wees. My voorstel is om net 'n "backup" stelsel in te sit vir beurt krag, met gas stoof, solar geiser, en LED ligte, soos reeds genoem.
My vriend, wat by Eskom werk…
My vriend, wat by Eskom werk, het n plot met 4 huise op.
Hy het so 36 panele op sy stoor se dak. Hy het tans nie batterye nie, maar sit krag in die grid. Hy het nog wieletjie meters. Deur die dag draai se meters in "revers" en sit hy krag in die grid en in die aand trek hy weer krag uit die grid uit.
As daar nie krag is nie gebruik hy sy generator. Hy gebruik ook net gas vir stoof en geysers.
Dankie julle
Ek almal se inset gelees en ja ek doen my huiswerk deeglik soos ek genome het geyser en stoof gaan gas wees wat ek dan wil hardloop op son krag is yskas wasmasjien , tv, twee dak fans en paar ligte so die stelsel hoof nie te groot te wees nie ek wag vir kwitasies en ja van die ouens vat maar kanse hulle het ek reeds die deur gewys
Gekoppel
Die panele en db etc, etc is vandag konnekteer. Mense ons, is dit nou n klomp skakelaars en sekerings.
Wat nou in die db is, ń change over switch. Indien daar fout gaan op die stelsel, skakel ek dit oor op Utility, en dan is dit weer 100% escom.
Soos julle weet, het ek nie n te groot stelsel ingesit nie. Die inverter is gestel om die hele db vanaf panele te loop. Indien die vraag oorskry word, sal dit outomaties escom bysit. Huidiglik gebruik die huis so 360 watt , seker net die yskas en 2 vrieskaste. Waneer die panele nie voorsien nie, skakel dit escom aan, nie die battery nie, dit bly vol. Slegs waneer daar loadshedding is, sal die battery inkom.
En dit is presies wat ek verlang het


Spoggerig Herman !.............
..............hoeveel panele het jy op die dak ?
Len daar is net 4 panele van…
Len daar is net 4 panele van 48volt, en lewer 550 watt per paneel. So lekker fris. Vandag 14hoo het dit 1,7kw gelewer.
Hang seker af van die tyd…
Hang seker af van die tyd van die dag Wessel??? Meer weet ek nie.
Die panele het nou 19h30 ophou, maar toe was dit seker net n paar wattse. Inverter het escom reeds vasgemaak.
BTW die 4 panele is gekoppel, 2 panele in series wat dan saam gelas word in parallel na die inverter.
En dit is presies wat ek…
En dit is presies wat ek verlang het
Net soos ons bespreek het. Ja, 'n geweldige klomp drade em skakelaars as dit reg gedoen word.
...wat het van ander 500W…
...wat het van ander 500W geword??? Is jy seker al 4 panele is gekoppel?? Dit lyk baie verdag dat jy ongeveer 1 paneel se uitset kort
Wessel, dit kan wees dat hy net maks 1.7kw op daardie stadium benodig het, vir gewone verbruik en dan die laai van die batterye.
My gemiddeld deur die dag ook slegs so 300 - 400W, alhoewel ek maks 5500W beskikbaar het. Indien my geyser aankom dan gaan dit outomaties op na +-2400W.
Herman...
More, ek sit nounet en dink aan daai verlore 500watt, en dalk is hennie op die regte spoor.
Eers iets anders, wat is 'n enkel paneel se uitset, seker 550watt 24volt. As twee in serie is, gee dit 48v. Twee serie rye in paralel se spanning uitset is dan steeds 48v.
Wat meet daardie drywing meter.??? Die drywing wat beskikbaar is vanaf die sonpanele, of soos Hennie vermoed, die drywing wat benut word op 'n gegewe oomblik??
My stelsel in die woonwa is sodanig dat ek;
1] die oomblik wat ek "laai" aansit, wys dit die beskikbare stroom van die panele af
2] soos die batterye vol word, toon dit net die laaistroom na die batterye.
3] ek kan ter enige tyd die "laai" skakelaar afsit, en as ek dit dadelik weer aanskakel, kan ek die beskikbare stroom vanaf panele sien. Binne paar sekondes hervat punt 2. Veral as batterye naby aan vol is.
Hallo Wessel,Sien…
Hallo Wessel,
Sien hieronder my statistieke op die oomblik. Ek genereer net so oor die 2680w uit panele met 'n verbruik van 2362w wat benodig word, aangesien my geyser tans aan is. Net voor die geyser aangekom het was dit maar so 350W. Eskom is ook tans gladnie in gebruik, en die batterye "float" tans. Indien ek nou die ketel moet aansit sal die generasie uit die panele natuurlik weer opgaan.
Nog 'n statistiek so bietjie later. Die batterye word nou weer opgetop en die panele voorsien 4070W waarvan 1219W na batterye gaan. Nogsteeds geen Eskom.
Puik Hennie
Daai sonstelsel werk lekke van jou my stelsel het saterdag en sondag geen krag getrek van eskom af nie maar laaste twee dae wel agv baie bewolk en ligte reen ek vat lesesings al vir 2 jaar om 06H00 om te sien wat my gebruik is in eenhede voor solar systeem ingebruik was.My daaglikse gemiddeld vir huis sowel woonstel so 30 tot 45 eenhede nou is eenhede met solar systeem in gebruik 10 tot 22 eenhede n dag geld wel spend





Sonkrag
Middag Shaun
Baie mense beweeg weg van EKSDOM, veral die op plase.
Laat ontwerp en bou net jou stelsel deur 'n professionele persoon. Die aanvanklike uitleg is duur, mens moet nie kanse vat nie.
Ek sal jou aanraai om 'n paar kwotasies te bekom, en dan goeie oordeel aan die dag lê met keuse.
Daar is 'n goeie gesegde: The pain of poor quality lingers long---- long after the sweetness of the cheapest price paid, is forgotten!!!
Groete