
Wie gebruik nog papier kaarte? Ek onthou nog so vêr terug as vroeg 2000's was dit nog algemeen om 'n groot en duk boek kaart te hê van 'n stad en provinsie.
Deesdae met GPS en fone is dit heelwat makliker, maar kan 'n foon of tablet daardie groot "skerm" en uitsig bied soos 'n tradisionele padkaart?
Ek het my amper 20jr oue padkaart bietjie herstel en versterk en geniet nog om hom uit te pluk en oop te vou vir daardie lang-roete beplanning.
| Attachment | Size |
|---|---|
| Namib Noord | 250.42 KB |
| Namib Suid | 299.35 KB |
| Kaokoland | 133.11 KB |
| Richtersveld | 236.51 KB |
| Botswana | 446.94 KB |
| Mozambique | 489.63 KB |
Môre Anton, ek het ook nog …
Môre Anton, ek het ook nog 'n pad kaart, dit is steeds vir my nog beter as digitale kaarte. My GPS is handig, maar vir my werk 'n kaart beter vir beplanning.
Kaarte ...
Die groot kaart is lekker vir beplanning, maar as ek ry love ek my GPS.
Beplan met n padkaart. Sit…
Beplan met n padkaart. Sit roete in, en ry met gps. Padkaart deur n stad werk nie meer nie.
Ek gebruik......
Ek gebruik ook 'n gedrukte padkaart vir beplanning, maar dan elektroniese hulpmiddels terwyl ek ry.
In die Kruger Wildtuin gebruik ek egter die gedrukte padkaart met roetes en ander interessante inligting.
Map Studio
Toe ek toere gedoen het in Zimbabwe, Zambië, Malawi, Tanzanië, Kenia en Botswana het ek vir die eerste 5 lande die Map Studio Southern and East Africa Road Atlas gebruik. Dit het goed gewerk, selfs toe ek ‘n “blinde” toer gedoen het toe ek die eerste keer van Johannesburg Nairobi toe gegaan het. In Botswana het ek die Shell kaarte van hulle reservate gebruik. Hulle was puik.
Ek het heel goed reggekom met die papier hulpmiddels, en net een of twee keer effens verdwaal. Tegnologie maak mens lui. Toe ek op skool was het ek al my maatjies se telefoon nommers geken. Nou ken ek net my vrou en my beste vriend s’n. Ek gebruik steeds ‘n papier kalender om verjaardae te onthou. Ek is nie op Facebook nie, so ek word nie daar herinner wie verjaar nie.
Just one teeny problem....
I don't have a cell phone....
Really.........
Can't seem to find the two-long-one-short-one-long crank handle....
Gospel.... I don't have one...Hate the blooming things.
Google maps
Ek hou daarvan om plekke waar ek nog nie was nie te loer op Google maps waar hulle gelee is en hoe die omgewing alles om dit inmekaar sit. As ek ry, is dit maar volgens GPS instruksies, maar binne KNP en Pilanesberg met n padkaart boek
Een ding wat ek net nie van…
Een ding wat ek net nie van my huidige padkaart hou nie is dat dit nie veel van ons buurlande wys nie, en Namibia gedeelte worde belemmer met 'n dorp indeks. Ek sal moet kyk vir 'n kaart wat bietjie verder Noord ook wys.
Ek moet darem eerlik wees,…
Ek moet darem eerlik wees, ek is afhanklik van die GPS, maar gebruik kaarte nog vir beplaning van nuwe "ontdekkings" reise, soos bv wes kaap.
Hierdie kaartboek is ‘n wenner
Kry vir jou so een. Dis ‘n puik boek wat Namibië insluit, en jou sommer lus sal maak om bietjie verder te ry ook...
Kaarte ...
Ek het op Anton se openings pos so paar kaarte gelaai want ek kan dit nie hier doen nie, wat dink julle ?
Jy kan hom aflaai en dan vergroot om beter te kan sien.
Wat ek sien
Middag Willem
Dankie vir moeite. Ek het gou gaan loer na Richtersveld se kaart. Ek sien net;
goeie gruispad, 4x2 grondpad en slegs 4x4 paaie. Nou wonder ek watter pad my eseltjie sal kan baasraak, seker net die goeie gruispad, ai tog.
Groete
Wessel, ek dink jy gaan met…
Wessel, ek dink jy gaan met 4x2 net tot by die kantoor vorder. Daarna is dit maar rowwerig en partyplekke so sanderig dat selfs 4x4 sukkel. Kry nou n v6 4x4 an gaan jy net waar jy wil, en kom sommer 1ste daar aan.
Lyk my Anton raak nou meer…
Lyk my Anton raak nou meer blond![]()
4x2 Wessel?





Kaart vir my
Môre Anton
Ek is 'n padkaart mens. Die elektroniese middele het groot voordele, maar ek het nog 'n ou padkaart boek, waar die provinsies en tussen in areas aangetoon word. Mens weet presies watter roetes om te vermy, by voorbaat.
Groete