
Wie gebruik nog papier kaarte? Ek onthou nog so vêr terug as vroeg 2000's was dit nog algemeen om 'n groot en duk boek kaart te hê van 'n stad en provinsie.
Deesdae met GPS en fone is dit heelwat makliker, maar kan 'n foon of tablet daardie groot "skerm" en uitsig bied soos 'n tradisionele padkaart?
Ek het my amper 20jr oue padkaart bietjie herstel en versterk en geniet nog om hom uit te pluk en oop te vou vir daardie lang-roete beplanning.
| Attachment | Size |
|---|---|
| Namib Noord | 250.42 KB |
| Namib Suid | 299.35 KB |
| Kaokoland | 133.11 KB |
| Richtersveld | 236.51 KB |
| Botswana | 446.94 KB |
| Mozambique | 489.63 KB |
Ek moet sê dit was altyd…
Ek moet sê dit was altyd lekker om met die kaart op die skoot te ry wanneer 'n mens onbekende paaie gery het. Alta het altyd met die kaart (of boek) op haar skoot gehad en ons het die pad so gevolg.
Ek het nog steeds my kaart wat ek saam met my 1200 Datsun koepee in 1975 gekry toe ek dié gekoop het. Dit was saam met die eienaars handleiding in die sakkie gewees





4x4 Anton
Middag Anton
Ek merk op jy raak darem nou al te bekkig, nadat jy 'n 4x4 Karoo-lammetjie aangeskaf het.
Toemaar, my dag sal kom, dan volg ek neef se raad.
Om jou tergende vraag te antwoord; ja my eseltjie is 4x2.
Groete