Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bome omwaai November 2026 Geert -20 minutes ago
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -12 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -13 hours ago
Hael November 2026 Geert -13 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -14 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -18 hours ago

Len se Kruger Wildtuin beplanning vir in Mei 2021

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek is sommer lus om oor my opgewondenheid oor ons uitgestelde Kruger Wildtuin besoek in Meimaand volgende jaar te gesels.  Dis nou presies oor 159 dae wat ons by 'n Kruger Wildtuin-hek sal inry.  Ons besoek in 2019 is deur siekte in die wiele gery en 2020 se besoek is deur Covid-19  se inperking beduiwel.  Dit behoort dus vanselfsprekend te wees dat 2021 se Wildtuinbesoek iets besonders gaan wees.

Die plan is dat ons op Sondag 2 Mei uit Brackenfell, Kaapstad sal vertrek en die sowat 450km tot by Karoo Nasionale Park sal aflê om so teen middagete daar te arriveer.  Ons gaan net rustig verkeer en miskien so 'n draaitjie of wat ry.  Sou ons besluit om op die N1 te bly, is ons volgende stop 500km verder by Reyneke Park in Bloemfontein. (As alternatief kan ons die N12 ry tot by Riverside Lodge by Modderrivier, 30km duskant Kimberley).  Vandaar is ons volgende stop Pretoria waar ons 6 nagte sal oorbly.  Ons het heelwat vriende en familie in die omgewing en gaan hier 'n hond uit 'n bos kuier.  Presies waar ons die wa in Pretoria gaan trek, is nog onder bespreking.

Ons ingangshek is hierdie keer by Orpen en ons sal eerder nie die N4 en dan oor Lydenburg ry nie, maar eerder met die N1 en dan oor Tzaneen, daarna met die R36 en R521 tot by Klaserie en daarna met die R531 tot by Orpen.  Dis omtrent 470km se ry en ons sal seker eers laat die middag van 10 Mei daar arriveer.  As iemand dalk onlangse, eerstehandse kennis het van 'n oornagplek by Klaserie, sal ons oorweeg om daar oor te slaap, andersins sal dit maar Maroela by Orpen moet wees.  Ons het 'n klompie jare terug nie 'n goeie ervaring op 'n gasteplaas in die Klaserie-omgewing gehad nie.

Vir eers is dit genoeg.

.

 

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 16/01/2021 - 13:29

Len, ek plaas die volgende sommer op hierdie draad van jou. Ek het vanmiddag op RSG gehoor dat die Mingerhoutdam in die Letabarivier (op die S47-roete) word ook eersdaags gebreek.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 16/01/2021 - 13:47

Korrek Chris  -  hier onder is die persverklaring.  As ek dit nie mis het nie blokkeer hierdie dam die vloei van die Letabarivier verby Letaba en Olifans- kampe.

13 January 2021

The Kruger National Park (KNP) in conjunction with South African National Defence Force (SANDF) will demolish Mingerhout Dam, found on the S47, about 9km north-west of Letaba Camp. The demolition operation will be conducted from Sunday, 24 January until Saturday, 6 February 2021. Explosives will be used to demolish the structure; after which the rubble will be removed as part of the rehabilitation process undertaken by the Expanded Public Works, Biodiversity Social Program.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 17/01/2021 - 06:29

More wildtuin vriende

Nou wonder ek;

1] hoe lank is die dam al daar. Is dit nie nou deel van die ekostelsel nie.

2] is dit nie dalk om net meer water in naasliggende  Mosambiek te kry nie.

Groete

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 17/01/2021 - 08:36

Die debat oor die afluiting van kunsmatige drinkplekke (damme en boorgate) in die Kruger Wildtuin is al jare aan die gang,  en netso die sameswering-teorieë om dit af te kraak.  Ek is geen kenner nie en verlaat my op wat die wetenskaplikes uit navorsingstudies aanbeveel.  Dit is baie interessant dat wetenskaplikes buite Sanparke saamstem met Sanparke se navorsers dat dit die regte ding is om te doen.

Alhoewel dit vir my ook teleurstellend is dat sekere drinkplekke nou nie meer vir toeriste beskikbaar is nie, word dit gedoen om natuurbewaring in alle opsigte toe te pas en ek as 'n gereelde leke-Kruger Wildtuin besoeker berus my daarby.

Ek het ook verneem dat die Kanniedood-dam by Shingwedzi waarvan die wal 'n paar jaar gelede deur 'n kwaai vloed vernietig is, ook opgeruim gaan word.  Daaroor is ek bly want die gemors wat oorgebly het van die gebreekte damwal is na my mening 'n onnatuurlike seeroog.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 17/01/2021 - 12:22

Kyk net hoe slim is hierdie olifant.  Hy staan met sy linker-voorpoot op 'n sementblok wat lyk of dit vir hom gemaak is.  Sodoende lig hy homself genoeg op om water uit die reservoir te kan bykom.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 17/01/2021 - 12:33

Pafuri-piekniekplek is in die verre noorde van die Kruger Wildtuin.  Dis altyd 'n heerlike uitstappie om daar langs die Levuburivier ontbyt aanmekaar te slaan.

So lyk die lapa en op die tweede foto die braai- en opwas plek. (Let op hoe blink daardie koperpype onder die wasbak  -  iemand is nog baie trots op sy/haar werk).

.

.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 17/01/2021 - 13:07

Pafuri piekniekplek is seker die mooiste piekniekplek in die wildtuin. En die hele omgewing langs die Luvuvhurivier tussen daar en Crook's Corner is seker van die mooiste dele van die wildtuin.

Maar deesdae ry ek nie meer Pafuri toe wanneer ons in Punda tuisgaan nie. Daarnatoe en terug is vir my net te ver. Dalk ry ek té stadig in die wildtuin. Pafuri-toe en terug neem my bykans 'n hele dag.

Wanneer ek Chris Wildehont se verslag oor hulle Kgalagadi-besoek lees, kom ek onder die indruk dat hulle manier van kuier (om sommer heeldag lank net in die kamp te kuier) moet meer en meer van my wildtuingewoontes word.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 17/01/2021 - 15:02

Chris, ons ry ook nie van die môre tot die aand nie, maar soms sal ons tog 'n rit aanpak met 'n spesifieke doel, byvoorbeeld ontbyt by Pafuri.  Wanneer ons terugkeer Punda toe, ry ons nie noodwendig weer nie.  Vanaf Shingwedzi sal ons nie 'n ontbyt-sessie by Babalala mis nie.

Meestal is ons tussen 11:00 en 16:00 in die kamp, maar niks is in absolute terme vas nie.  Ons pas maar aan soos die tyd aanstap.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 17/01/2021 - 16:00

Middag wildtuin vriende

Mens kan beslis lank oor die voor/nadele aan KNP besluite gesels.

Ek sukkel egter met agteruit boer. Waarom na etlike jare noy omspring en strukture afbreek? As die ekologie dan so erg gestrem word, moet net nie nuwe strukture oprig nie.

Damwalle, en boorgate kan sekerlik nie so nadelig wees soos lughawens, dorpe en winkels wat meer en meer afleweringsvoertuie verg nie. O ja, damme en wild, lok nie soveel buitelandse valuta as ultra moderne oornaggeriewe nie.

Die bietjie wat ek weet van diere gedrag is, dat hulle agter water aan sal trek, en natuurlik kunsmatige lekke ook. Ek wonder soms hoeveel van KNP se eksotiese diere is weggelok na die naasliggende duur privaat wildtuine.

Ek raak sommer net so skuins bemoerak, maar wat gaan dit help.

Groete

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 17/01/2021 - 16:17

Toe ons die afgelope November daar was, was die betonwal reeds vernietig (seker maar met plofstof) maar die stukke beton het nog daar gelê. Hulle kan inderwaarheid maar die dam se voëlskuiling ook afbreek, want dit dien absoluut geen doel meer nie.crying

Ek wonder steeds wat is die kriteria wat gebruik word wanneer besluite geneem word watter damme (en ander drinkplekke) kan bly voortbestaan en andere moet gesluit of afgebreek word.

Ek dink onwillekeurig aan Nsemani, Kumana, Engelhardt (net laer af in die Letabarivier vanaf Mingerhoutdam wat ook nou verwyder gaan word), Pionierdam, Sable, Sunset, Grootvlei, Rooibosrand, Silwervis, Gudzani, Gezantfombi, Mpondo, Vervoer, en so kan ek aangaan. Of die suiping voor Punda, Lake Panic, die dam voor Berg-&-Dal, die fantastiese suiping voor Talamati ens. Ek kan nie help om te wonder wat lê nog voor nie. My vraag bly watter kunsmatige suipings het meriete om voort te bestaan en watter nie - en waarom. 

Ek het begrip vir damme wat gebreek is a.g.v. probleme met groenalge wat wild laat vrek het weens vergiftiging, bv. Nhlanganzwani, Silolweni en Ngotso.

Terloops - Ek is ook redelik seker dat die uil op jou foto het jy korrek geïdentifiseer.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 17/01/2021 - 16:21

Wessel, kry die boek "Shaping Kruger" soos wat ek vir Len gestuur het, of hy kan dalk vir jou aanstuur as hy klaar gelees het. Die antwoord op jou vraag word baie deeglik bespreek na baie dekades se navorsing. Die groter prentjie van n permanente watergat in n anders seisoenale nat area is redelik kompleks tov die spesies wat so area benut. Die lae populasie van Bastergemsbokke is een voorbeeld waar leeus permanent kon intrek neem in n droeë deel deur n  kunsmatige watergat. (As ek reg onthou)

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 17/01/2021 - 16:38

Middag neef Herman en Len

Amper glip daar 'n oom of ou inlaugh

Ek sal die boek hierbo bekom, dankie vir die voorstel. Een van die dae het ek baie leestyd.

Groete

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 17/01/2021 - 20:51

Ek verwys na Len se foto van die mooi koedoebul en sy vraag hoe mense dit regkry om só 'n mooi dier te skiet. Ek kyk nou na die laaste episode van Voetspore op Kyknet. Toe hulle twee pragtige koedoebulle wys, wonder ekself: "Hoe de donner kan 'n mens 'n behae daarin vind om só 'n dier te skiet?" Ek vra myself die vraag af: "Is dit lekker om so 'n pragding dood te skiet?" Ek sal dit nooit verstaan nie.

Ek weet sulke diere kan nie ongehinderd net aanteel nie. My vraag is: "Is dit lekker om dood te skiet?" Indien wel - motiveer en omskryf daardie lekkerte vir my.

Jammer Len dat ek jou draad so kaap.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 18/01/2021 - 10:01

Het dit ook gesien gisteraand, daai is en bly maar mooi met sy troon.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus