6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -46 minutes ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

Plasties of Yster diesel containers ??

Secunda
Submitted by Sleep nou on
My probleem met die water stoor as ek en Berdien vir lank gaan kamp waar min tot geen water is nie is nou opgelos Frontrunner maak n 67 liter water tank wat dwars oor jou bakkie se bak heel voor ge mount word ek wil soos 40 / 50 exstra diesel ook saam ry net vir gemoedsrus nou my vraag jy kry sulke geel plastiek kanne wat soos n yster jerry can lyk wat 25 liter hou of jy kry mos die Jerry can gemaak van yster wat die ou weermag groen kleur van is , nou wat sal julle se pastiek of yster houers die houers gaan agter by bakkie op canopy vasgemaak word wat sal jou keuse wees
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 22/12/2020 - 16:38

Shaun, ek gebruik goeie gehalte staal Jerrykanne. Myne is al vrekoud, en word ook gebruik om diesel vir trekkers op dorp te kry, so permanent in gebruik. Duike in, verf af en het net n paar keer die rubber seels vervang. Mens kry oordentlike Jerrykan houers wat op jou dakrak vasbout en hulle so stewig vasmaak. Met die Jerrykan kry mens so tuit wat op die bek vasknip om mee in te gooi. Het nogals n ingeboude lugpypie sodat die kan nie so sluk- sluk gooi nie.Kanne

Ek het 2 blou Jerry- waterkanne wat binne geseel is teen roes. Wat lekker werk is, jy sit die kan langs die vuur as jy warm water wil maak. Die kar is hier gepak vir n trip Kunene toe.

Himba

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 23/12/2020 - 09:14

Ek het 'n paar jaar gelede, toe daar 'n diesel-tekort was en ek die langpad wildtuin toe gevat het, twee van die geel plastiek dieselkanne gekoop. Ek het die 2 vol kanne agter in die bak saamgery, net vir ingeval ek nie iewers diesel kon kry nie. Ek het amper nie 'n vulstasie verby gery sonder om elke keer die bakkie vol te maak nie. Maar nêrens het ons probleme met leë dieselpompe ervaar nie en gevolglik het dié 2 vol kanne onaangeraak teruggekom. Nadat ek die inhoud in die Hilux gegooi het, staan dit steeds ongebruik in my karavaan-garage op 'n rak.

Waarskynlik kan die metaalkanne rowwe hantering beter verdra, maar na my mening is die plastiekkanne van goeie gehalte.

Ek het intussen ook 'n rooi plastiekkan vir petrol vir die generator aangekoop. Die plastiekkanne het 'n tuit wat opdraai en 'n klein proppie aan die teenoorgestelde kant wat jy afdraai om die diesel/petrol lekker te laat vloei.

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 23/12/2020 - 14:46

Chris, jy sal nie met n plastiek petrolkan agter in jou voertuig ry as jy Richtersveld of enige rowwe pad wil toer nie. Dit is vra vir probleme. Saamry op n teerpad sal n Cokebottel ook werk. Ek is onder die indruk Shaun wil homself inrig vir die 4x4 paaie, en daar sal n plastiekkan dalkies nie die hardebaard opsie nie, wel my opinie elk geval.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 23/12/2020 - 15:52

Chris, jy sal nie met n plastiek petrolkan agter in jou voertuig ry as jy Richtersveld of enige rowwe pad wil toer nie. Dit is vra vir probleme.

Ek is dit eens met jou as die primêre gedagte is om dit vir "off-road" doeleindes te gebruik. Persoonlik is ek in geen opsig ingerig om die boendoes in te vaar nie. My twee geel dieselkanne is slegs een keer gebruik en die rofste paaie wat ek gery het was gruispaaie in die wildtuin. En laasgenoemde sal seker maar altyd my rofste paaie bly. My ander helfte is hoegenaamd nie geneë om te gaan 4x4 nie. En as sy 'n 'veltie' moet gaan maak as moeder natuur roep? O jissie, dit sal uitloop op skeisake - waarvoor ek nie kans sien na 45 jaar van getroude lewe nie.

Middag vriende

Help my asb reg, is daar 'n kleurkode vir jerrykanne? Ek het 4 groen metaalkanne saam met my Kavango gekry. Of dalk is dit anderom. Die vorige eienaar het 'n diesel voertuig gery. Twee kanne is permanent op sy stert gemonteer, en die ander 2 kan ek in die plek van 'n koskas vasbout, of agter op die bakkie ry. 

Ek aanvaar dat ek dit maar net kan volmaak met petrol, sonder enige probleme. 

Groete

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 23/12/2020 - 19:47

Wessel, moet sê dat ek ook al geel kanne gesien het, en weet nie of dit vir parrafin is nie. My blou kanne het n epoxi laag binne wat keer dat dit nie roes nie, en die tuit is 2 keer groter as die groen kanne sin, so die petrolkan ingooi "tuit" pas nie. Miskien is die kleure daar om dit idiot proof te maak. Water in die Landy se tenk te gooi , of parafin in die ketel te beperk.

Chris, ons familie is gebore en het grootgeword met boskamp. My vrou kom van n wildplaas waar skoonpa leeus geskiet het wat sy heeste gevang het, so veltie vat en uit n waskom bad nie vreemd nie.  Bygesê, ons geniet ons luuksheid ,  doen dit gereeld, maar nie die voorwaarde vir n toer nie.  Veelsydigheid is die wagwoord.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 24/12/2020 - 09:27

Toe ons destyds (15 jaar gelede) in Zimbabwe gebly het waar petrol en diesel so te sê onverkrygbaar was, het ek 4  staal jerrykanne (army-groen) gehad om ons met ons Nissan Sani en ons Penta tot by die SA grens te kry.  Wat ek baie  van gehou het, is dat dit altyd 100% reukvry binne-in die Sani vervoer kon word. Dus, pasop vir goedkoop kanne, belê maar 'n klompie geld in 'n goeie, veilige produk.

Sedertdien het ek daarvan ontslae geraak omdat dit in onbruik hier rondgestaan het. 

Middag vriende

Ek het gou gaan loer na my weermag-groen blik kanne. Daar is plakkers op wat duidelik noem, 20liter petrol.

Nou begin ek wonder of die groen kleur vir beide diesel en petrol geld, want die vorige eienaar het 'n diesel Ranger gery.

Of, dalk is daar geen kleur kode gekoppel aan jerry-kanne nie.

Groete

Secunda

Sleep nou

Thu, 24/12/2020 - 10:28

Na ek gister by Builders , Game , Conquer was is my keuse verseker die Yster army groen  jerry kanne die rede is hy kan n geskut vat ordentelike seel met veiligheids pin hy lek nie sommer nie die geel yster jerry kanne kan jy ook gebruik vir die petrol / diesel voertuie soos die geval met ou army groen kanne ek het twee groen jerry kanne toe gekoop wat my toe R900 uit die sak gejaag het verseker sal daar nou nie gemors van diesel wees nie

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 24/12/2020 - 10:29

Therefore, the colour coding for metal Jerry cans are: Yellow for diesel, Green for petrol and Blue for water.

4x4 Community. Klik op die skakel vir nog info.

Then during the early 2000, colour coding for plastic containers were applied, and as far as I know, there are no law or regulation regarding the colour coding. However, most city sleekers have not learned to smell before to drink or pour! and a market was created. The safari industry started to blossom as well as overlanding and it is easier to inform clients that the blue container holds the water. Consider the fact that clients on an overlanding trip participate in all camping chores, it is therefore wise to make use of the colour coding of Jerry cans. As a safari operator you enjoy the help of your clients but you don’t want them to pour diesel in the petrol generator or fill up the diesel truck with petrol! Therefore, the colour coding for metal Jerry cans are: Yellow for diesel, Green for petrol and Blue for water. The earlier plastic containers caused a great problem, they were not durable. Many times a plastic Jerry can look-a-like fell from the trucks roof and burst. Static electricity another problem. But metal Jerries are expensive and are mainly used for fuel and plastic for water. If you want to use plastic containers, always get the most durable versions, slightly cheaper than the metal ones, but at least the do not make a noise when empty!

Hello Willem

Dankie, daar is die kleure nou kleurryk opgeklaar. 

Ek het beslis iets geleer hieruit. Ek wonder net hoeveel winkel assistente is deeglik opgelei om mense korrek te adviseur met aankope van jerrykanne.

 

Groete

Secunda

Sleep nou

Fri, 25/12/2020 - 06:39

Daar leer ek ook nou ek onder indruk groen kleur beide petrol en diesel toe nie so

Vaalpark

Johann L

Fri, 25/12/2020 - 16:53

Alhoewel die kleur kode belanrik is, gaan dit meer oor groot maat gebruik, ek het bv 'n rooi 10l kan vir my grassnyer se ⛽. Sou ek dit vir water wou aankoop, moet ek net sorg dat dit NET daarvoor gebruik word,  en nooit verander nie. Dit is maar my mening....

Drink water kom in blou of deurskynende wit kanne.

Secunda

Sleep nou

Sun, 22/08/2021 - 16:52

Ek het toe ek draad begin het gese die Frontrunner tenk wat ek gaan gebruik is 67 liter dis verkeert dis 55 liter water tenk ook nie veel water nie so ek en Berdien moet mooi besin oor vars drink water 

Vaalpark

Johann L

Sun, 22/08/2021 - 19:53

Shaun, jy kan by Makro kyk, hulle het 'n 100 L plat tenks wat onder 'n onderstel in kom, of 'n 60L tenk soos myne. Die 100 liter kon nie onder die Penta se onderstel in kom nie (waar ek dit wou hê nie). 

60l
So lyk die 60liter kan, dalk bietjie bonkig vir jou?

Warren is by die maatskappy wat dit vervaardig, hy kan vir jou baie goeie voorstelle gee, dalk 'n goeie prys. 

Kontak hom op die forum se pm.

Secunda

Sleep nou

Sun, 22/08/2021 - 20:07

Ek gaan by Makro draai met daai exstra 60 liter Johann sal ek en Berdien ver kom wil nie te veel op roof sit nie dankie Johann

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus