Terwyl hier nou 'n gebrek aan kampgesels is, kan ons maar netsowel oor koeitjies en kalfies gesels.
Wat sê julle van die die dieremedikasie Ivermektien wat die land so aangegryp het ? Ek sien daar is selfs 'n doktertjie in Gauteng, Wicus Nienaber, wat reken die afname van Covid in die tweede golf is te danke aan so baie mense wat hierdie middel reeds drink ! Wil jy nou meer ? Gelukkig het die Voorsitter van die SA Mediese Vereniging dadelik bygevoeg dat dit 'n gewaagde bewering is omdat daar geen sodanige statistiek is om dit te bewys nie.
Dr Gerhard Verdoorn, 'n jare lange kenner van toksikologie (vergiftiging) en verbonde aan die Griffon-gifinligtingsentrum se standpunt is dat die donkiemiddel nie as voorkomend suksesvol teen Covid gebruik kan word nie en in die geval van iemand wat reeds ernstig siek is aan Covid, sal baie groot dosisse toegedien moet word om die virus te dood, MAAR dis onbekend hoe hierdie vergiftiging van die menslike liggaam beheer sal kan word.
Wat sê jy ?
Staatmaker forum
Dankie vir julle terugvoer. Soos aangedui sal ons dit slegs gebruik in geval van nood, nie voorkomend nie. Ons sal uiteraard ook nie net dit gebruik en nie na ‘n dokter toe gaan nie. Mens sal in elk geval uit die wildtuin moet gaan om te laat toets.
Die Burger bl. 5
ChrisWH, lees gerus op bl.5 van Die Burger vanoggend oor die besit en gebruik van Ivermektien





Ek stem saam ....
... met Len. Ek kan net sê dat ons GP aanbeveel het dat ons voortgaan met ons 2-weeklikse voorkomings-toediening. Op die vraag of dit aangesmeer of gedrink moet word, het hy gesê dat hy glo nie daar behoort 'n onderskeid in effektiwiteit te wees nie, maar hy drink syne. Ons is juis vandag weer "due" vir ons 2-weeklikse dosis.