Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 minutes ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -33 minutes ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -4 hours ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -5 hours ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -5 hours ago

Die Lapskag se Kaapse tuin roete toer

Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag
Submitted by Lapskag on
Forums

Na baie lugkastele bou, dag drome as ons kamp en aande se denke as ek wakker lê, het van die beplanning gebeur om die Kaapse tuin roete te toer en te bekyk. Van Mosselbaai Kaap toe ken ons glad nie en van die dele tot by Port Elizabeth het ons al gesien maar nog nie gekamp nie.

Baie inligting gekry op Flip en Tilla se web, by Chris Boucher en by Chris Small en alles in plek. Ons plan is om van Bloemfontein oor Graaf Reinette te ry tot in PE, Jeffreysbaai, Buffelsbaai, Klein Plaas by Oudshorn en dan na Glentana, Jongensfontein en Gansbaai. Van daar terug draai na Franshoek en Karoo Nationale Park toe. Ons gaan Montagu en Robertson mis weens Paasnaweek wat hulle volbespreek is en sal daar langs gaan met die volgende toer.

Weens omstandighede buite ons beheer, was die toer amper uitgestel tot later, maar my dogter hulle het aangedring daarop dat ons die pad moet vat en lekker kom vakansie hou, ons eerste kamp toer en ons het al die karavaan al amper 6 jaar.

Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Tue, 16/03/2021 - 20:18

Maandag oggend het goed begin met Wimpy ontbyt by Colesberg. Later uitgespan by Camdebo park buite Graaf Reinette waar ons vir een aand oorslaap en te sien wat is daar. Lekker stil oord met so 14 staanplekke tussen die bome wat lekker privaat is. So bietjie wild gekyk en die Vallei van Verlatenheid besoek. Sal weer wil gaan om die staproetes ook te kan doen.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 16/03/2021 - 21:04

Wow, dit is nou 'n lekker toer, sommer so vinnig en skielik, ek hou daarvan.

Die fotos is baie mooi, laat my dink, my volgende kaap toer gaan ander paaie insluit.

Ons kyk uit vir nog baie fotosyes

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Tue, 16/03/2021 - 21:21

Ons het vandag oor Jansenville gery na PE, nie slegte pad nie maar het al beter gery. Willows is so effens weg van al die stad se geremoer en rustig hier met net die see wat gesels. Kon darem so hoender sosatie en worsie braai vandag. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 17/03/2021 - 07:59

Ons uitsig vanaf die karavaan

Pragtig! Julle moet veilig reis en heerlik toer. Dalk by Oom Neef ook ‘n draai maak wanneer julle in Oudtshoorn is.  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 17/03/2021 - 18:57

Ai, maar dit lyk darem te lekker vir woorde. As julle Swartberg pas kom ry, kontak my dan drink ons iets daar by Kobus se Gat. sit op die voet van die pas.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 17/03/2021 - 20:33

Vandag was maar n rustige dag hier by Willows vir ons. Net lekker koffie met beskuit gehad vroeg oggend, later ontbyt gemaak en tussen die rotse gaan klouter. n Paar mooi vissies gesien onder andere 2 mooi Angels wat in die gety poel geswem het. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus