TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

Badenklub

Algemene Inligting

Resensies

Worcester

Wildehont

Tue, 23/03/2021 - 16:30

Ons sou eers Karoo Nasionale Park toe gaan van 22 tot 28 Maart. Begroting en die oorweging om eerder die vier dae verlof te behou het ons van besluit laat verander. Salomien moes Vrydagaand foto’s neem hier in Worcester, en ons sou eers tuis bly die langnaweek. Ter elfder ure het ons besluit om wel weg te gaan en natuurlik gesukkel om plek te kry. Vriende van ons gaan gereeld Baden klub toe en was die naweek ook daar bespreek, en ons het toe besluit om daar te probeer. Hulle het vir ons plek gehad en ons het Saterdag 14:00 daar aangekom. Ons vriende het vir ons ‘n staanplek aanbeveel onder ‘n reuse wildevy, wat heel dag lank skaduwee gegee het. 

A

Ook maar goed so, want dit was lekker warm die naweek. Ek sou nie onder die boom wou staan in die somer wanneer die boom vrugte het nie, maar dit het nie nou meer gehad nie en ek het gister net ‘n paar blertse wat deur geveerde vriende gelaat is afgevee van my tent se seil af.

B

Baden klub kom al lank aan, en was blykbaar eers net vir lede. Volgens hulle webwerf mag nie-lede bespreek buite seisoen. By die hek kry jy ‘n A5 vol reëls wat jy moet onderteken.  

C

Sommige daarvan is bietjie vreemd. Ek het bv nie enige gaatjies in my ore of lyf waarmee ek nie gebore is nie, maar vind dit vreemd dat mans nie bv ‘n oorbel mag dra nie. Dis ook vreemd dat daar nie uitbundig geskree mag word in die swembad nie, probeer dit vir ‘n sesjarige seuntjie verduidelik. Van die ander is ek dankbaar voor – soos bv dat daar nie musiek gespeel mag word nie. Ons bure het egter wel musiek gespeel Saterdag, en is nie gevra om die oord te verlaat toe iemand wat in die kantoor werk kom kyk het na die krag by hulle staanplek terwyl die musiek gespeel het nie. Gelukkig was hulle musiek nie hard nie, maar ek verkies dit om nie na iemand anders se musiek te luister wanneer ek kampeer nie.

 

Die oord bestaan rowweg uit twee dele, wat geskei word deur ‘n rivierlopie. Aan die ver kant waar ons gestaan het is ‘n warm swembad (ek het nie ‘n foto daarvan geneem nie, maar hier is hoe van die staanplekke daaruit sien).

C

Aan die ander kant is die staanplekke rondom ‘n groot koue swembad.

D

Meeste van die staanplekke is in die skadu van groot bome. 

E

Dit beteken ongelukkig ook dat die staanplekke meestal nie gras het nie. Aan die een kort kant van die swembad is ‘n kroeg en ‘n  kafeetjie wat baie basiese goed verkoop.

F

Hulle bedien ook spotgoedkoop etes wat basies maar heel smaaklik is.

G

So ent verby die laaste staanplekke aan die ver kant is ‘n dam met ‘n foefie slide oor. 

H

Ons kinders (en ons) het hulle gate uit geniet daar. Jy kan ook visvang in die dam.

I

Ek en my kinders het ‘n entjie gaan fiets ry op die plaas en die omgewing is regtig mooi.

J

Die oord is in ‘n soort van ‘n kloof, so die son kom later op en sak vroeër.

K

Daar is ‘n groot klomp huisies agter die karavaanstaanplekke, en blykbaar word 92% van hulle permanent bewoon.  

 

Die badkamers aan ons kant van die kamp was redelik oud, maar is skoon gehou en alles het gewerk.

L

Daar was ook ‘n lekker fasiliteit waarin kamptoilette leeg- en skoongemaak kan word.

M

Ons het die naweek geniet, al is die oord ‘n bietjie aan die groot kant en was dit vol. Ons verkies gewoonlik stiller plekke met minder mense. Ek dink die streng reels het egter dalk gehelp dat dit nie te raserig was nie. Nog ‘n vreemdheid is dat mens per dag betaal, nie per nag nie. Ons het dus vir drie dae betaal en nie vir twee aande nie. Jy mag wel op die dag wat jy uitboek tot 16:00 bly, so as jy naby genoeg woon kan jy soos ons ‘n lekker ontbyt eet (waarvoor ons baie lank gewag het, die kafeetjie was nogal besig), rustig oppak en dan nog ‘n laaste swem vang voor jy huis toe ry. Die Kapenaars is egter oorwegend vroeg weg. Ons het met mense gepraat wat Vrydag vyf ure lank gery het van Kraaifontein af. Die toue by die tonnel se tolhek was blykbaar vreeslik lank. Ons het deur die Koo vallei terug gery na die N1 toe om die verkeer deur Ashton en Robertson te vermy. Die pad was lekker stil, maar die twee steil passe wat jy moet klim stoot vir seker die brandstofverbruik op.

 

My Gradering
7 uit 10
Toegangbaarheid
Grondpad met enige sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Nee
Staanplekke?
Gras en grond opsies
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Ablusies
4uit 5
Sekuriteit
5uit 5
Vir kinders?
Baie fasiliteite