Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Rona Aartappelsop (Vichyssoise) Geert -22 minutes ago
3 Doodgeskiet? Oktober 2026 saam gesels Geert -23 minutes ago
Paraat!!!! Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -38 minutes ago
Selfverdediging Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Ek sal graag wil sien hoe… Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -3 hours ago
Lekker man 😎 Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -3 hours ago

Willem se (kinders) Gypsey 3B

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Hier is die kinders se Gypsey 3B toe ek hom gekoop het.

Ek sal hier 'n paar foto's plaas van wat ek als gedoen het.

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 07/07/2021 - 15:05

Ek het die kleedkamer net so gehou het net die drein pyp verander en onder in die een drein gekoppel.  Kort flex pyp in die 40mm PVC verder.  Die kraan se bedrading het ek ook vervang.

.

Dan het ek die bestaande lig se binne goed uit gehaal en twee stroke LED's ingesit.  (Hier was ook die eerste toets loop met die dak verf om te sien hoe klou dit en is nie ooglopend as die deur toe is nie)

.

.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 08/07/2021 - 13:07

Ek het die 12v drade wat deur die karavaan se kant panele behou want dit is nie moontlik om dit te vervang nie.  Maar ek het al die ligte met LED's vervang en ook 220v ingebring.  Die 12v het ek gedoen sonder 'n battery maar wil nog 'n konneksie aanbring om die 12v ligte vir 'n vinnige oorslaap te koppel aan die voertuig se battery vir die nag of in geval die 220v sou wegraak.

Hoof krag konneksie aan kant van Neuskas.

.

DB met Aardlek, 2 vir plugs en een vir die 12v Transformator.

.

Brandblusser by die deur.

.

12v Transformator vir ligte en 12v water pompie met sekerings.

.

Lig bo werksblad voor.

.

Dak strook ligte.

.

Lig by hoof bed.

.

Bite lig.

.

.

Ek het ook 12v punte vir ligte buite aangebring.

.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 08/07/2021 - 14:01

Ek het vir eers besluit om net die dak te verf want hy was maar bruin van al die jare.

.

.

.

.

.

.

Die ou yskas se vent het ek mooi afgeseël.

.

Die dak het nie sleg uitgekom nie, waar die ou ligte was moes ek maar die gate toe plak.

.

.

Daai kolle is net lig weerkaatsing.

.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 08/07/2021 - 14:48

Hel Willem, dit lyk baie mooi.  Met so 'n wa sal 'n mens heerlik kan kamp.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 11/07/2021 - 12:25

Voor die hangkas kon die bed uit trek en 'n 3/4 bed maak.  Ek het besluit om dit net 'n enkelbed te maak aangesien my een dogter een kind et en die ander een twee klein kinders het.

.
Dit is hoe die 3/4 bed gelyk het.

.

.

.

.

Hierdie pak spasie is vir die Tent, Rally, Grondseil en Silverseil.  Die rede is agter is die meeste pak plek en dit kan die karavaan se neus dan te lig maak en die kinders sal nie al dié goed in die voertuig pak nie.

Agter het ek besluit om die twee kant banke wat 'n groot dubbel dwars bed maak permanent in 'n bed te verander en onder die bed kan ligte goed soos opwas bakke ens. gepak word.

.
Dit is hoe die agterste 2 banke gelyk het.

.

.

.

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 11/07/2021 - 12:30

Ek het geen van die oorspronklike hangmatte saam gekry nie.  Het toe by 'n kamp vriend Wimpie een gekry.  Dit was egter effe langer as was die "brackets" uitmekaar was en moes ek dit korter maak.  Die hangmat was altyd in my gedagte want dan kan die dogter met 2 kinders (seun & dogter) elkeen op hulle eie slaap plek slaap.

.

Aan die bo kant is daar net die een skeur.

.

Na hy gewas is et y nie sleg gelyk nie.

.

Die onderste raam was vir die kleintjie (nou nie meer nodig nie) 

.

.

.

.

Nou is daar ook plek so Wijan iemand saam vat.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 11/07/2021 - 12:48

Lekker projek

Dit is lankal klaar het dit in 2017 reeds gedoen.

Sit ook soos 'n sleg hond hier rond. sad

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 09/08/2021 - 14:03

Wijan het besluit dit is nou sy karavaan en met die op/af klim op die Hangmat het jy nou 'n erge skeur.  Sal maar gaan uitvind om 'n nuwe lap te laat maak.

.

.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 12/08/2021 - 14:57

Ek het orals rond gevra en 'n paar mense het my gekontak, een van hulle was in Wonderboom Suid.  Ek het toe gister deurgegaan en die vrou het toe 4 daar met rame.  Die wat lyk soos die een wat ek het se materiaal was ook geskeur maar twee ander het no goed gelyk, die vrou sê toe ek moet altwee met rame vat.

Gister middag dit gewas en opgehang.  Vandag gekyk en dit lyk goed, toe ek een vat om te gaan insit sien ek dat hy is so 100mm korter as die raam wat ek het (die ou een was weer so 50mm te lank.

.

Hier kan gesien word hy is korter.

.

Maar dit sal nie pla nie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 04/10/2021 - 14:47

Lekker bewolk hie vandag, besuit toe dit is die regte tyd om die 3B uit te stoot en 'n welverdiende was te gee buite, binne het ek reeds so tyd terug skoon gemaak.

Wel hy is mooi skoon en terug op sy plek, reg vir die kinders later in Oktober.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 16/11/2021 - 14:37

Nou ja, siende dat die 3B seker my Desember 2021 vakansie karavaan gaan wees met die huidige 33°C+ se temperatuur, het ek gedink om dalk 'n lugversorger te laat insit aangesien ons Kruger NPark en Tshipise toe gaan.  Surette reken eerder 'n regte "portable" een te gekry. (sou sy later besluit om 'n Gypsey Light te koop)

Ek was nog nooit 'n voorstander vir die "portable"  een nie, maar begin wonder ?

So iets.

Of so iets.

Sal moet gaan voel hoe werk die goed, dié is nie "water coolers" nie.

Enige iemand dit al gebruik ?

 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 16/11/2021 - 15:11

Ek het sommer op Gumtree een gekoop vir R1 800 as ek reg onthou. Ons het dit saamgevat Kgalagadi en Augrabies toe Desember. Daar was dit lekker warm, en die lugversorger was ‘n lewensredder. Die voorste gaasvenster van die Kavango se opwipdak kan ooprits, en ek het die uitlaatpyp daar uitgedruk en vasgerits. Dis belangrik om te onthou dat dit nie net die warm lug wat by die uitlaatpyp uitblaas is wat die ruimte wat jy wil afkoel kan laat warm word nie. Die uitlaatpyp self word warm, en die straling van hitte van sy wande af kanselleer die koue lug wat die lugversorger uitblaas. Ek het handdoeke om die pyp vasgewoel om dit te verhoed, en toe het die wa afgekoel na ‘n leefbare temperatuur. 
 

Onthou ook dat die vog wat uit die lug kondenseer soos die masjien dit afkoel iewers heen moet gaan. Myne (‘n baie ou model) het ‘n bakkie aan die kant waarin die vog versamel. Dit het ‘n float in wat maak dat die masjien afskakel as die bakkie vol raak. Dan moet die water eers uitgegooi word. Maak seker die lugversorger staan mooi gelyk, want by Nossob het myne die mat in die Kavango nat gemaak omdat die vog verby die bakkie wat dit opvang gedrup het. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 16/11/2021 - 16:38

Ek het gesoek maar die beste wat ek kon opspaar was dié een.

Ek is maar 'n bang gat vir 2de handse produkte soos dié.  Het die ouens van BR Air-Cons gevra of ek hom kan kom toets, hulle is naby my.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus