Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Bly julle het goed gery... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Selfde een Neef Herman Aartappelsop (Vichyssoise) Rona du Plessis -4 hours ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) neef Herman -5 hours ago
Well done Chris en Ralie… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -6 hours ago
hier kom brommer bollie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago
Veilig by die huis Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Willem se (kinders) Gypsey 3B

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Hier is die kinders se Gypsey 3B toe ek hom gekoop het.

Ek sal hier 'n paar foto's plaas van wat ek als gedoen het.

.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 12/04/2022 - 17:59

... 'n baie goeie yskas, net reg vir 'n groot buckett KFClaugh

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 13/04/2022 - 15:23

Dit is wat ek gebruik het tussen die kas en yskas, hoop maar dat gaan werk, hoop dit is droog by Vrydag oggend as ons vroeg ry.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 27/04/2022 - 09:11

Soos reeds genoem op die gesprek van Behandelig van sytent.

Herman se jurgie se stoep tent is 3m (van karavaan tot voor) ek het gister gemeet as ek myne ook 3m maak sal ek ander pale moet gebruik, wil nie graag nie want die pale wat ek het is ge"anodize".  Dit wil dan vir my lyk om die dak net 2.5m te maak met sykante en dakkies wat oorhang aan alby kante. 

Wie weet hoe breed is die dakkies op die standaard nuwer karavaan tente ?

Die sykante wil ek laat aan zip maar daar moet deurskynende dele wees om lig in te laat.  Onder moet 'n kous wees sodat ek die pype wat ek het daar deur kan sit om op die grond vas te hou.

Ek soek nie "canvas" materiaal nie maar die wat Jurgens tans gebruik (so plastiek agtig)

As iemand weet van 'n plek wat goeie tente vir karavane maak laatweet my asb.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 04/05/2022 - 13:58

Ek het nou al van voor die lang naweek begin om vir kwotasies te vra vir die maak van 'n nuwe Rally / Patio vir die 3B, maar mense is traag.  Ek het al vir 13 plekke e-pos gestuur met al my sketse en vereistes.  Tot nou nog net een terug gekry wat belaglik is, wag vir die 2de een wat my reeds gebel het en kontak gemaak het met die ouens wat die (Jurgens tent dak materiaal het) produk invoer wat in die Kaap is.

Ek soek die selfde dak materiaal wat Jurgens gebruik want ek hou nie van die "Ripstop" nie.

My vereistes
.

Lys aan wie ek gestuur het
.

My sketse met inligting
.

.

.

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 04/05/2022 - 16:47

Wow Willem, dit is 'n deuglike stel sketse, gin wonder ek het tegniese tekeninge met my gat velle deur geskeur op skool nie👍

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 04/05/2022 - 19:15

Ek is bly julle kyk, sien na ek dit geplaas het het die gesien gestyg van 1170 tot 1190 views.

Dit wys my daar is baie wat kyk sonder om deel te neem. ☹ maar dit is. 👍

0
pretoria

pieterc

Wed, 04/05/2022 - 19:25

Willem.

Ek kan nie op jou lys sien nie, maar het jy alloutdoors probeer?

Ek weet hulle was baie besig voor die lang naweke, maar Romeo het baie vinnig op my navraag reageer.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 04/05/2022 - 19:37

Pieter, ek en hy sit nie om die selfde kampvuur nie, van my vorige ondervinding.

Sal môre beter een laai. 👍

 

0
pretoria

pieterc

Wed, 04/05/2022 - 19:50

Pieter, ek en hy sit nie om die selfde kampvuur nie, van my vorige ondervinding.

Soos ek oor Tentatoria voel terwyl ander weer baie tevrede is met hulle werk.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 04/05/2022 - 19:53

Willem. Neef weet bokkerol van tente maak, maar om die dak te maak soos jy aanvra, moet jy dalk meer inligting gee.  n Afmeting op die roete van die glybaan teenaan die karavaan tussen die punte van die buitenste dwarspale..  Dit sal langer wees as die mates soos op jou skets wat die voorkant aandui.2135 mm + 21oo. Dink sommer so in die afloer.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 04/05/2022 - 19:56

Neef Herman, ek het maar dit net nie hier geplaas nie, sal môre dit wys. 👍

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 05/05/2022 - 15:51

Herman hier is die ander skets en foto's.

Sodra ek pryse / Terugvoering gekry het sal ek meer inligting vir die finale kwotasie aan die tent makers stuur.  

Ek kan nie verstaan hoe mens kla daar is nie werk nie maar as jy e-pos stuur is hulle gevrek.

Hier is die ouens wat ek gekontak het.
Hayford se produk is nie meer nie en hulle maak nie tente nie.
C & A Concepts se prys in R 18,034.59

1 Hayford Traders info@hayfordtraders.co.za 2 C & A Concepts info@caconcepts.co.za 3 Liddle's Caravans & Canvas jckcliddle@gmail.com 4 All Out Gear  willie@alloutgroup.co.za 5 DM Supplies maryke@dmsupplies.co.za 6 Blue Hole info@bluehole.co.za 7 Venture Tents venturetents076@gmail.com 8 Howlingmoon DeshnieM@howlingmoon.com 9 Tent Repairs @ Montana carina.luan@gmail.com 10 Caravan Experts caravanexperts@gmail.com 11 Tent Repair co tentrepairco@outlook.com 12 Spick n Span spicknspancaravans@gmail… 13 Titch Camping Tents titchcampingtents@yahoo…

Hier is die ander inligting met paar foto's.

.

.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 05/05/2022 - 18:52

Willem,  vat net die laaste skets, net die in plan deel met jou afmetings, kort net die wydte, en vra vir quotes. Dalk gee jy te veel inligting, en die manne is bekommerd dat hulle gaan kleitrap.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 05/05/2022 - 19:46

Dankie, die eerste mails wat ek gestuur het het baie min detail.  As ek op die bestes besluit het sal ek meer inligting stuur en met hulle bespreek wat ek verwag.  Hoop die wat ek gaan kies is nie te ver van Pretoria af nie.  Howlingmoon wat in die Kaap is het (dalk nog) vir Jurgens tente gemaak, so hulle behoort dit maklik kan verstaan.  Daar is ook ouens in Durban, het vanmiddag hulle nommer by Jurgens gekry, sal ook vir hulle stuur.

Ek vra eers of hulle al karavaan tente gemaak het voor ek vra vir kwotasie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 16/05/2022 - 10:49

Ek het na ek van die pryse gekry het en baie vra geantwoord het wonder ek nou of dit nie beter (wel baie goedkoper) sal wees om net die bestaande Stoep Tent te her-seël nie ?

Canvas & Aluminium Concepts = R 18,035.00
D & M Canvas = R 8,000.00
Spick n Span Caravans = R 8,850.00
Howlingmoon = R 4,899.99 ex vat (net die prys op e-pos, het nou vra gevra met kwotasie)
All Out Doors = Romeo het net baie vra gevra wat ek geantwoord het, wag nog.

Paar ander van die 19 e-pose wat ek gestuur het het nie terug gekom nie en ander maak net van Rip-Stop materiaal.

Ek wag nog vir 'n paar verskaffers van die Seël produkte om my vra te beantwoord.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 31/05/2022 - 18:56

Ek het al genoem dat dit "PT" is om elke keer daai 20L waterkan te gaan vol maak en dan is die kraan te laag om die kan onder in te sit of die kraan is te hoog om hom daar te hou tot hy vol is.  Onthou die 3B het nie 'n ingeboude water tenk nie so ek moes plan maak.  Ek het lank terug op die Regal so 80L tenk gebruik wat ek met 'n tuinslang vol gemaak het maar moes die vertrek dag onnodig baie water uit gooi.  Dit het my aan die dink gesit en besluit om 'n klein tenk te gebruik met 'n "float valve" gelukkig het ek nog die een wat iemand jare terug vir my gegee het.

Ek het hom in die plastiek houer gesit en plan gemaak met die klein blou pompie sodat hy nie uit trek nie maar amper tot onder in die bak is.

.

.

.

Het dit dié naweek getoets en hy werk baie lekker, soos jy water by die wasbak tap raak hy weer vol.  Dis net koue water maar die 950w "urn" werk mooi vir warm water.

Dit vervang hierdie een.

.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 31/05/2022 - 19:19

Ek het ook die naweek agter gekom dat die koneksies op die water krag punte nie lekker kontak maak na sulke lang tye tussen kampe.  Nou soek ek iets beter in die buite bloot gestelde elemente vir die 12v koppelings, het juis op die Exclusive se RCA koppelings verander na "gold plated" wat ek glo sal nie so maklik aanpak nie.

.

Die 12v krag punte sit net regs van die water punt, dit is waar die wasbak se kraan pyp en krag ingeprop word.  Ek het die water en krag punte destyds vorentoe ingesit omdat ek gedink het dit is beter sou jy die onderste "draft skirt" op sit, maar gaan dit dalk nou dwars draai. 

Ek het vandag op Communica se web gaan kyk en hierdie gesien.  Ek hou van die met die stof doppies maar weet nie hoe groot dit is nie en hoe ek dit gaan vas sit nie.

.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 01/06/2022 - 10:07

Puik gedoen Willem !  Waar kry mens so 'n "float valve" ?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus