Vertel my vriend my vanoggend dat hy nou erg swaar begin trek finasieel!!
Hulle moes laasmaand een van sy pragtige vroutjie se niere op die swartmark verkoop om te kan oorleef!!
Hy reken as dinge nie vinnig begin verbeter met sy finansies hy dalk maar baie ernstig moet begin dink om sy DSTV te kanseleer!!
Ja kyk die ekonomie druk hard!
Arie se nier-storie....
Arie of sy vriend kyk teveel 7de Laan op DStv - volgens my annerhelfte is dit ook 'n kwessie op dié program dat 'n nier vir iemand op die swartmak gekoop is.
Maar ja, finansies lol maar oral - selfs die ANC kan al vir maande nie hul werknemers (uitgesonderd natuurlik die hoë kripvreters) se salarisse betaal nie. Ons maak maar almal planne om te oorleef, byvoorbeeld ek bied gereeld aan om ons huishoudelike goedjies te gaan koop eerder as om vroulief in die winkels los te laat. Byvoorbeeld, sy het aartappels nodig en kom dan by die huis aan met elke beskikbare groentesoort wat Food Lovers Market aanbied (want dit was mos op "special"). Dis baie goedkoper om maar gou vir haar 'n klompie aartappels te gaan koop en net dit huis toe te bring.





Die 3 poot vark
Môre vriende
Arie se hartroerende verhaal ruk aan my hartsnare. Dis so jammer dat die mense so trots kan wees deur hulle swaarkry, want;
1]daar is mos ander maniere hoe pragtige vroutjies die inkomste kan aanvul
2] waarom inwendige organe verkoop, as daar uitwendige ledemate is? Om hulle penarie weg te steek.
Julle ken mos die storie van die dominee wat huisbesoek doen op 'n plaas. Daar waggel 'n spekvet vark op 3 pote rond. Vra die predikant die boer uit daarna. Seg die boer, die vark het sy seuntjie se lewe gered toe dit sy seuntjie van verdrinking uit die plaasdam gered het. Nou kry hulle dit nie oor hulle hart om die vark te dood en te slag nie. Hulle sal dit eerder met verdrag doen.