Willem het destyds in die WegSleep-forum tyd baie moeite gedoen om 'n lys met name en kontakbesonderhede van forumlede saam te stel en dit onder daardie lede te versprei. Omdat lede oor die hele land versprei is, was dit gerusstellend om te weet dat tydens 'n kampvakansie waar probleme opduik, hulp altyd naby is.
Wessel het elders gevra of die lys nog bestaan en Willem het bevestig, maar hy is besorg oor die POPI-wet (Protection of Personal Information) wat beslis 'n kwessie is om mee rekening te hou.
Miskien moet Willem die name op die lys wat nie deelneem op Kampforum se webblad of Kampforum se FB-blad nie, van die lys afhaal en alle nuwe lede nooi om deel te neem. Om by die betrokke wet verby te kom, word die lys dan slegs versprei aan die deelnemers wat bereid is om hulle inligting op die lys te plaas met 'n onderneming om die lys slegs vir kamp-noodgevalle te gebruik. Verder kan Willem ook die inligting (wat tans uiters volledig is) afskaal met net die heel nodigste inligting om met iemand kontak te maak ingeval van nood.
Dankie Len. Ja dit is iets…
Dankie Len.
Ja dit is iets wat ek al oorweeg het om dalk dit stop te sit, al die inligting is vrywillig met die wete dat dit word net met ander lede gedeel.
Hier is die oorspronklikke gesprek, "WilSur se Omgee Kampvriende"





Frikadel en Popi
Middag Willem, Len en Frikadel
As ek reg onthou is Frikadel 'n prokureur. Hy kan seker sy mening oor Willem se bekommernis deel, en of so 'n lys deur die wet aangespreek word.