Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -6 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -8 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -13 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -14 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -15 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -16 hours ago

Diefstal buite Kruger Wiltuin

Secunda
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on
Forums

Ek lees vanoggend in 4x4 community forum dat Malelane hek ook getarket word deur mense wat plinder en steel van besoekers wat in en uit daar ook kom nou vra ek hoekom met alles wat deesdae verkeert gaan buite die ingang hekke van die wiltuin word niks aangedoen nie verseker gaan die stront n negatiewe inpak op besoekers he die polisie weet daarvan maar ja of is dit die norm in ons land die rower meer reg , se as jy wat die besoeker is angry

Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/10/2022 - 09:32

Môre Shaun

Jis, ek kan dit amper nie glo nie. Dan moet dit op die N4 gebeur, want die hek is nie vêr van die afrit af nie. Die stukkie van N$ na hek loop voor die gewilde sekuriteits komplekse, en buiteklub verby. 

Wel, in onse bose land is alles moontlik. Kyk maar net wat sê Malema in die Wes Kaap 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/10/2022 - 11:06

Middag vriende

Ek het die berig gevind, die info is redelik min, maar dit lees soos iemand wat se voertuig nie gesluit het nie. Daar word bespiegel dat die persoon se sluit aksie nie gebeur het nie, omrede;

1] die rowers bloot elektronies die sein geblok het, toe die persoon sy knoppie druk

2] kan ook gebeur dat hulle ongemerk 'n deur effe oopmaak. Sekere modelle sal dan nie die sluitaksie uitvoer nie. Nuwer Hilux  modelle se toeter begin skree in so 'n geval. Blykbaar gebeur dit nie by ouer modelle nie. 

Dit lees dus soos 'n tipiese insident wat by enige winkelsentrum gebeur. Ek maak maar seker om al 4 deure te bevoel. Ek is ook al aangeraai om eerder my trokkie met die sleutel te sluit. sodoende kan skelms nie die frekwensie van my "remote" aftas nie. Hulle gebruik glo die "scanners" om jou frekwensie te bekom, en dan kan hulle gou die voertuig oopsluit. 

Ek vermoed dat voertuie met 'n "start" knop dan sommer maklik aangeskakel kan word. Gelukkig moet ek Grompie met die sleutel aansit.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 22/10/2022 - 12:35

Hou nou op om mens bang te praat om wildtuin toe te gaan. Ek wys of sê niks van hierdie dinge vir Ralie nie. Sy's al bang om Wes-Kaap te verlaat - en ek wil baie graag volgende jaar 'n 2 maande toer onderneem (ingesluit 9 nagte wat reeds in wildtuin bespreek is).

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 22/10/2022 - 14:01

.......hoekom dit niks sal baat om Numbi-hek te sluit nie.  Booswigte skuif net na 'n volgende hek en pleeg hul misdade daar.  Behoorlike wetstoepassing en sekuriteitsmaatreëls moet ingestel word om besoekers te beskerm by alle ingangshekke.

Ns. By Malelane was die sekuriteitskameras vir 'n geruime tyd buite werking en die private sekuriteitswagte was nie skerp en wakker genoeg nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/10/2022 - 16:19

net inlig. Ek het juis die berig gaan soek om vas te stel of dit verswarende roof/moord was, of iets relatief gering.

Die berig het nie eers die plaaslike koerant, die Laevelder, gehaal nie. Na my mening was dit 'n tipiese oppertunistiese diefstal. Ons moet net nêrens ontspan nie. Die drek kan enige plek 'n mens besteel. 

Len se mededeling oor kameras en wagte by die hek, is baie meer kommerwekkend. Dit beteken dat sulke diefstal uit voertuie gereeld daar gebeur. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus