Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto's oorlaai Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -15 minutes ago
Stap 2.   Wag vir… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -7 hours ago
Stap 1.  Aanvaar die… Ek gaan verloor!!! Voortrekker -7 hours ago
Kampe wisseling Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Goeie môre Anton, ek sien… Oktober 2026 saam gesels Lapskag -10 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago

Dibiki

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ons het vroeg gistermiddag hier by Dibiki arriveer. Dit is 'n klein karavaanpark met minder as 30 staanplekke. Die park is vol met bykans uitsluitlik langstaners.

Dit wat ek gelees het van Dibiki op Kampforum sowel as CPC se resensies, is absoluut korrek. Dit is 'n uiters netjies versorgde oord. Skadu is skaars, maar die gras tussen die geplaveide staanplekke word behoorlik gemanikuur. Die ablusiegeriewe is puik.

Ek kan beswaarlik hulle tarief glo. Vir ons 7 nagte hier betaal ons slegs R180 per nag - goedkoop vir die kwaliteit geriewe wat ons hier geniet. Maar jy kan jouself blykbaar gelukkig ag om 'n staanplek hier te kry.

Jy is egter nie by die see nie. Dit is so 10 minute se loop tot by die Hartenbosriviermond. Ons moes 'n bietjie proviand gaan aanvul in Hartenbos nadat ons opgeslaan het. Ons het toe gou na die kampeerterreine gaan kyk. Die een langs die saal en die een waar Len en Willem gewoonlik staan is die enigstes wat oop is - en redelik vol. Die wind het gister gewaai, maar die wind by Dibiki was nie 'n "patch" versus hoe dit in Hartenbos gewaai het nie.

Maar ek wil dadelik sê dat hier by Dibiki nie naastenby die atmosfeer is wat jy by die ATKV Oord beleef nie. Ek wou egter Dibiki beproef en is geensins spyt daaroor nie.

Ons gaan nou-nou sommer na Mosselbaai Punt ry om 'n draairoomys te gaan eet. Ralie is oor Die Punt soos 'n klein klonkie oor 'n winkelstoep. As ons in die omgewing kuier moet sy eenvoudig minstens een keer by Die Punt gaan draai.

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 10/11/2022 - 14:24

Toe die Kavango se afdak omskep is in ‘n voltent het Ludwig ook slopies ingestik waardeur die horisontale pale stoot. Ek gebruik net vier regop pale waarvan die drie weg van die wa in ringpenne staan en elk met toue en Maxcon tipe penne geänker word. My tent kan waarskynlik ook staan sonder stormtoue, maar die geflap van die dak as die wind sterk waai kan nogal irriterend wees. Daarvoor help die stormnet darm so bietjie, maar dit lol steeds. Ek het ‘n video van hoe erg dit was die eerste aand by Dwarswegstrand verlede jaar. Ek hoop die jaar is beter. Ek hoop ook die wind bedaar Dibiki daar. Dit bly maar ‘n onplesierige ding. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 10/11/2022 - 17:09

Chris, dit lyk regtig of wind nie daai stoep gaan pla nie, baie nice. 👍🏻

Ek het nie daai "pockets" op my nuwe aangebring nie en ek het ook nie pale van die hoeke na die middel paal nie.  Seker maar omdat ek nie in die Kaap met sy wind bly nie. 🤔☹

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 10/11/2022 - 18:27

Daar is seker nie pille vir stupidgeit nie, skryf ek 'n hele relaas oor hoe netjies Chris se opset is, en hoe ek van die moue / slope hou wat die pale in plek hou, toe druk ek per ongeluk die kruisie wat die forum "toe maak".

Weg is als, nietemin, ek hou van jou idees en opset Chris.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 10/11/2022 - 19:54

Chris, ek hou ook nie van stormtoue of stormnette nie.  Jou nuwe tentpale en tentoue is op die presiese plekke waar my Exclusive se standaard paalstruktuur is.  Ek gaan egter beslis ook vir my slopies laat instik waar die horisontale-pale teen die daktent is.  Die effense oplig van die dak tydens wind is die begin van probleme wat naderhand al hoër oplig.

Netjies !

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 12/11/2022 - 09:33

.... ons kuier nog rustig hier by Dibiki. Gister was 'n lieflike see-dag, maar vanoggend roer die windjie weer uit die suidwes - gelukkig nie weer reg van voor nie.

Dit is lekker om net rustig te wees, laat te slaap en aand na aand 'n vuurtjie aan te steek. Alhoewel, ek maar besluit het om nie afgelope Donderdagaand vuur aan te steek nie. Dit sou te onplesierig wees om buite te wees terwyl mens braai. Uiteindelik het ons maar die hele aand in die karavaan weggekruip en seker vir die eerste keer in my kamplewe 'n ham en kaas toebroodjie vir aandete gehad het. Maar dit was ook lekker om te sit en Rummikub speel en aan 'n lekker wyntjie te teug terwyl die wind tierend was buite.

Gisteroggend se lekker Wimpy brekfis moes opmaak vir die ligte ete van die vorige aand. Ons sal waarskynlik vandag sommer in die rigting van Wildernis ry en 'n deel waar ons lanklaas was weer 'n bietjie gaan verken - o.a. van die woonwaparke in daardie omgewing (Ebb & Flow, Island Lake, Lake Pleasant ens.)

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 12/11/2022 - 10:20

Hello Chris

Hopenlik kry jy die ene betyds. Ry tot by Buffelsbaai, daar is ook woonwapark. Eet dan ontbyt op die strand by heerlike kafee/restourant.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 13/11/2022 - 13:39

Môre-oggend is ons kort wegbrekie iets van die verlede. Omdat ons net die stoeptent met sykante opgeslaan het - nie eens 'n grondnet nie, danksy die plaveisel - slaan ons eers môre-oggend af. Dit behoort gou-gou te gaan - ons moet 10:00 uit wees.

Gister het ons toe sommer 'n ent gaan ry en o.a. by Ebb & Flow gaan inloer. Dit bly maar mooi daar langs die Touwrivier. Ek dink dit is tyd dat ons weer 'n slaggie daar gaan kamp.

Van Wildernis af het ons Hoekwil toe gery en vandaar na Karatara. Mensig - dit is darem maar mooi wêreld! Toe met die N2 teruggekeer.

Vanoggend het ons onsself bederf met 'n lekker Spur "brunch" by Die Punt in Mosselbaai. Ons beleef maar weer 'n mate van 'n winderige dag, maar darem nie naastenby soos wat ons Donderdag ervaar het nie.

Toe ek destyds in Grabouw gewoon het, het ek die langtermyn weer-besonderhede t.o.v. reënval, temperature en wind by die plaaslike LNR proefplaas bekom. Daarvolgens is November die winderigste maand in Grabouw - uitgedruk as km wind per 24 uur. Ek verstout my om te sê dat dit min of meer van toepassing is op die meeste plekke in die Wes-Kaap - veral langs die kus.

Maar soos genoem, môre is dit huistoe. Woensdag gaan die Hilux in vir sy 30k diens sodat dit gereed kan wees om Saterdag die langpad Noord-Kaap toe te vat.

Nou vir my laaste middagslapie in die karavaan.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 14/11/2022 - 07:48

Dankie vir die saam toer. Sterkte met die oppak en ry veilig huis toe. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 14/11/2022 - 08:16

Veilige ry, geniet dit.  Was lekker om saam "virtueel" te kon kamp.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 14/11/2022 - 17:19

Ons was 14:00 terug by die huis en sit nou met 'n goue koue nadat die afpak en uitpak afgehandel is. Na dié harde werk voel dit of ek 'n vakansie nodig het.

Ek kan net gou terugvoer gee oor my "draadlose" kamera. Dit het puik gewerk. Ek het nie een "hick-up" ervaar nie.

En by Dibiki was die geplaveide staanplek so gelyk dat ek nie nodig gehad het om die "movers" te gebruik nie.

Net 'n finale terugvoering oor Dibiki. Dit is 'n puik-versorgde park - alle fasiliteite. T.o.v. sekuriteit sal ek hulle nie meer as 3 sterre gee nie. Die omheining se vibtacrete-muur is 5 panele hoog met 'n enkellaag lemmetjiesdraad daar bo-op - wat maklik geknip kan word. Daar is ook geen nagwag opgelet nie. Mense - dit is die "Nuwe Suid-Afrika".

Maar ablusies, staanplekke en waarde vir geld kry sonder twyfel almal 5 sterre.

Ek wou Dibiki beleef nadat ek baie daarvan gelees het - alles was positief. Maar die klomp permanente kampers, met die uitsondering van my onmiddelike bure, het ons laat voel soos "inkommers" - soos wat een vrou ons beskryf het. Die mense wat daar kamp kan vir tot 3 maande op 'n keer daar staan. Dan verhuis hulle gou na 'n ander nabygeleë oord (veral Dibiki Riversdal) vir 'n maand of twee en keer weer terug. Teen R2 700 per maand en die uitstekende geriewe, kan ek verstaan dat die lot graag by Dibiki staan. Hulle laat egter geen lankstaners toe oor Des/Jan nie - tensy hulle bereid is om die hoē seisoentariewe per dag te betaal. Maar ons R180 per nag was ook 'n "bargain".

Ek moet dadelik sê dat dit 'n klompie (net 30 staanplekke) netjiese mense is wat daar kamp. Jy kan sien aan hulle groot, nuwe karavane en sleepvoertuie dat hulle nie 'n klomp hierjy's is nie. My bure was o.a. 'n afgetrede elektriese ingenieur, 'n HR bestuurder by Anglo American, 'n pastoor ens.

Maar ek dink ek het nou twee keer by Dibiki gekamp - my eerste en my laaste keer.

Dankie vir die saamkuier. Nou weet ek nie wanneer die 6B weer gehaak sal word nie. Ek raak seker maar oud, maar kamp (die in- en uitpak en die op- en afslaan) raak nou 'n groot werk. Naweekkampery is heeltemal uit vir ons. Vorentoe sal dit 'n minimum van 10 nagte op een plek wees.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 15/11/2022 - 06:14

Dankie Chris vir die terugvoer/opsomming, en bly dat julle veilig tuis is. Ja, ons het die plek ook al gaan "recce" en het daarvan gehou. Die stap strand toe het dit nie vir my gedoen nie en ek kon ook nog nooit daar plek gekry het oor Feb/Mrt vir slegs 2 weke.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/11/2022 - 12:15

Middag Chris B

Ek neem deeglik kennis van die terugvoer, veral oor die sekuriteit. 

Dit is dieselfde by Dwarswegstrand, mens is heeltemal oop aan die seekant. Daar is datrem nie 'n plakkerskamp in die onmiddellike omgewing nie, wel nie wat ek van weet nie.

Ek het Aprilmaand so tussen gegoede lankstaners in Van Zylsrus-Kuilsrivier gestaan. Die lot het my gou laat tuisvoel. Nogal snaaks, deur die dag het hulle almal gaan werk, en namiddag stroom hulle terug. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 15/11/2022 - 13:08

Chris, so iets wat jy beskryf sit my geweldig af.  Ek wonder of dit 'n kwaal van ouer garde is ?  Ek is self deel van die "ouer garde" en hoop werklik nie dat ek ooit my mede-kampeerders ontuis laat voel nie.

Ons kamp dikwels by ATKV Hartenbos en het al meermale gelees van hoe lekker mense by Dibiki kamp, maar omdat dit nie naby die see is nie, sal ek maar eerder dit 'n "skip" gee want by Hartenbos wil ek 'n see-vakansie hê.

Ek is bly julle het julle kuiertjie geniet en dat julle veilig terug by die huis is.

Ek is baie bekommerd oor jou vermoede dat jy besig is om te oud te word vir die op- en afslanery tydens kampering, want dit is 'n noodsaaklikheid vir 'n Kruger Wildtuin-vakansie. Trouens, verlede jaar (2021) was ons by 6 kampe, 5 dae elk, ek met my halwe dikderm en al ! Hierdie jaar (2022), steeds met my halwe dikderm, was ons by drie kampe vir 7 dae elk, maar ons moes die laaste kamp met drie dae verkort toe ek siek geword het.  Ten spyte hiervan het ek nog self afgeslaan en opgepak.

Tot dusver kom ek nog maklik reg vir so 5 tot 7 dae per keer.  En vir naweek kampe, maklik vanaf die Vrydag-oggend tot Maandag-oggend.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 15/11/2022 - 13:39

Ek is baie bekommerd oor jou vermoede dat jy besig is om te oud te word vir die op- en afslanery tydens kampering

 

 Dalk is dit tyd vir só een Mnr Boucher. 10 min om op te slaan. Ek wonder of dit self afslaan ook?

video
0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 15/11/2022 - 13:59

.... maar as hierdie twee oumense moet trappies klim om te gaan lê - of dié ouballie met sy stywe knieknoppe soggens moet afklim om die wakkermaak boeretroos te gaan maak, is die Opus OP2 'n besliste "no-no".

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 15/11/2022 - 14:03

.... die korter periodes tussen kampplekke kan nog gaan. Maar om hier by die huis in te pak en weer uit te pak vereis 10 dae plus.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus