Goeie more almal.
Julie het aan gebreek. Geniet die rusdag
More Freda. n Lekker Sondag…
More Freda. n Lekker Sondag vir jou ook.
Goeie môre! Mag julle 'n…
Goeie môre! Mag julle 'n wonderlike maand en Sondag hé ![]()
Goeie môre Freda Ek het…
Goeie môre Freda
Ek het gesien wat jy sê op die ou koffie draad en stem saam met die stille forum. Ek persoonlik was ook baie minder aktief die laaste maand. Ek blammeer dit natuurlik gedeeltelik op die koue, en dan natuurlik ook ander projekte waaraan ek aandag moes gee. Sou graag meer op almal se insette wou reageer het, maar het eenvoudig nie tyd gehad het.
So, ek glo darem nie dit het enigiets met jou te doen nie ![]()
Goeie môre al die mense van…
Goeie môre al die mense van die mensdom. Vandag het Tax season begin en gaan myne netnou doen as ek goed wakker is.
Hoop ek kry so ietsie terug.
Nou eers n lekkee koppie java.
Goeie môre Stoffel, Freda en…
Goeie môre Stoffel, Freda en Anton asook die pragtige mense wat deelneem op ons forum.
Julie is die koudste maand in die suidelike halfrond, ook my geboorte maand (ja ek is nie ge-issue nie?) seker daarom dat ek swaar kry as dit so warm is Desember tot Februarie.
Hoop dat die maand vir elkeen aangenaam gaan wees.
Goeie môre Gesie, geniet die…
Goeie môre Gesie, geniet die dag.
Tax vir e-filing maak seker weer eers later oop?
Hmmmm.... oom Johann word…
Hmmmm.... oom Johann word een van die dae agtentagtintagag. Sjoe amper so oud soos tannie Freda wat op 82 nog karavaan sleep!
More oom Lock, ek dink dit…
More oom Lock, ek dink dit maak vandag oop, maar nie dood seker nie, gaan nou nou kyk,
Wil myne doen, bietjie platsak die jaar en so extra geldjie sal baie lekker wees.
Ek seg dit is koud vanoggend…
Ek seg dit is koud vanoggend, hoe gaan ek hom vind as ek netnou n draai moet gaan stap, aai tog. ?? More oom Seg.
Freda, ek het gou jou inset…
Freda, ek het gou jou inset gaan lees, nee wat, jy het niks verkeerd geseg nie. Ek stem saam met oor hoe jy voel, ek voel ook baie keer "is iemand kwaad vir my?"
Nee, hierdie, en enige "seisoen gebonde" forum sal stil raak "buite seisioen", en ons moet dit so aanvaar.
Onthou, min mense kamp in die winter en voel nie om deel te neem aan kamp aktiwiteite buite seisien nie.
Wat die "aanlyn" lesers betref, ek het ook al baie vergeet om uit te log, of my tablet se batery het gevrek so in die ry?, dan kom ek eers weer later "by"
Jy insette word baie waardeer, jy is die eerste een wie gemis word hier!
Goeie more lede…
Goeie more lede
Junie maand het gevlieg. Julie maand is die koudste maand en koue sal seker nog kom
. Die weer is nog lekker heerlik gedurende dag en ek geniet die winter sover. Ek sal eerder koud kry as om warm te kry ![]()
Geniet jul rustige Sondag vandag !!
More oom Noel, ek stem saam…
More oom Noel, ek stem saam oor die eerder koud as warm, slaap die lekkerste in die winter.
Goeie more aan al die…
Goeie more aan al die pragtige, vriendelike kampperders hier, en 'n baie spesiale goeie more vir ons liefling Antie hier! Freda nee wat jy het niks verkeerd gese nie, en moenie worry nie, al antwoord ons nie altyd jou skrywes nie, ons waardeer jou insette en is nog altyd baie lief vir jou!
Gister baie lekker kerk basaar gehou hier innie kamp, lekker dik ge-eet aan basaar pannekoek en jaffels. hoekom is 'n basaar pannekoek altyd lekkerder as een wat jy by die huis maak? Ai dit is so lekker om daai warm pannekoek sommer so staan staan te eet, dan loop daai kaneel suiker so by jou vingers af, lekkerrrrr!
kry toe ook sommer vroeg vroeg gisteroggend 'n lekker verasing....... Stoffel [Dusty] se broer en die se vroutjie, daag toe sommer so heel onverwags hier by ons op. As die twee broers nie so baie na mekaar lyk nie, sou ek nie geweet het wie nou kom kuier het nie. Hom seker 4 of 5 jaar laas by Tsippise gesien.
Altyd lekker om 'ou" kamp vriende weer raak te loop.
Hello almal, ja toemaar, ek…
Hello almal, ja toemaar, ek het darem nie gedink julle dink ek het iets verkeerd gesê nie. Ek is maar self skuldig daaraan dat ek soms iets lees wat iemand geskryf het, dan voel ek om dit of dat daarop te antwoord en dan doen ek dit nie. M.a.w. dit kom seker voor ek het dit ignoreer, terwyl dit nie regtig so is nie.
Mmmm, ja, ek is ook lief vir julle.
Net Segie wat my so oud wil maak sodat die mense sal dink ek is 'n ou oor-die-muur tannie. 69 Seeg, 69!!! Ek soek darem nog nie vir iets as dit koud word nie.![]()
Watter dag in die maand verjaar jy, Johann? Arie, jy maak my nou so lus vir pannekoek, skaam jou. Ek probeer om nie sulke vetmaakgoeters te eet nie, die lewe is ook maar soms bitter!
Goeie morê aan almal
Goeie morê aan almal
Lekker rustige Sondag vir almal hier. ![]()
Môre sê geagte lede, hoop…
Môre sê geagte lede, hoop julle het 'n heerlike dag in vrede.
Ek voel die laaste twee dae nie lekker nie maar dit is my probleem en sal weer beter gaan.
Jammer om te hoor Wilsur. …
Jammer om te hoor Wilsur. Jy gaan mos nou kamp, dan nie? Hoop dis nie iets ernstig nie en jy voel gou beter.





Môre Dusty
Ek het nou gladnie eers daaraan gedink dat 'n nuwe draad vir Julie mos vanoggend oopgemaak word nie, eintlik ook maar vergeet vandag is die 1ste. Toe het ek nog steeds gepos op die Junie draad. Miskien ook maar goed so, want my relaas daar sou nou nie die regte een gewees het om die nuwe maand mee af te skop nie.
Ek sê dan weer, môre almal, ek hoop Julie gaan julle goed behandel. Vir my is Julie altyd die koudste maand. Bly dus warm, om jou lyf en in jou hart.